ReisNet Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die ReisNet / Bestemmings-kompetisie wen inskrywing

Vertel my iets wat ek nie weet nie

Gina Scheuder, 2005

Jy staan langs 'n meisie met donker hare in Arlington National Cemetery. Die stad besef die middag het gedraai, en die verkeer hou vir ‘n teug asem op voor dit weer sugtend aankoek. Julle kyk saam uit oor 'n oseaan van identiese wit reghoekige grafstene, soos ontbytpapbokse, meer as 238 in totaal. Staan op die heuwel waar JFK begrawe is, en voor jou laslappie die hoofstad van Die Land. Jy kan Capitol Hill sien, en Washington Monument, maar voor jou, verby die horison, tot jou oë traan, lê net rye en rye en rye grafte. JFK het die begraafplaas vyf maande voor hy vermoor is, besoek, en toe hy dáár staan, presies waar jy nou staan en uitkyk, het hy ironies opgemerk dat die uitsig so mooi is, "I could stay here forever."

Jy het jou sherpa-mussie op, daai een wat jy in Buenos Aires gekoop het, en jy dra 'n videokamera oor jou skouer, maar jy neem nie nou af nie. Party dinge moet mens op 'n ander manier stoor. Die meisie kou klappend kougom en dra 'n voëlmisgroen serp en neem baie foto’s wat sy dadelik genadeloos van die skerm af skrap. Jy dra jou Ray Charles-op-acid-sonbril en glimlag vir die meisie, deels omdat jy bly is dat julle nie onder een van die wit marmerblokkies lê nie, maar saam hier vries en mekaar kan proe, en deels omdat jy wil skimp vir 'n stukkie van haar kougom.

Die grafte maak jou melankolies, veral dié met kranse op, want dit beteken dat iemand êrens nog aan hierdie veterane van ‘n vergete politieke bloedbad dink, en dat hulle nie net marmerblokke is nie, maar vlees was, met skoonouers en drome en gunstelingliedjies en ingroei-toonnaels. Jy wil niemand ooit aan ‘n marmerblok afstaan nie. Jou hart dop soos verf van ‘n muur af in hierdie stad, op hierdie oomblik, vir hierdie meisie. Jy sê haar naam, die Boere-erre so onvanpas in die Yankee-blou lug. Sy draai om en sê jirre maar die Amerikaners moet darem overboard gaan met als, nè?





LitNet: 28 Februarie 2006

Stuur alle bydraes aan reisnet@litnet.co.za en kommentaar na webvoet@litnet.co.za om 'n gesprek op SêNet, ons meningsblad, te begin.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.