Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Moslem-reaksie ’n sleutelfaktor

Chris Heymans

Moslem-reaksies op die węreldkrisis sedert 11 September is een van die kritieke veranderlikes wat die verdere verloop van gebeure kan bepaal. En net soos in die Weste het die krisis ’n aantal basiese aannames onder Moslems tot die fondamente geskud. Die gevolg is groot onsekerheid en vloeibaarheid. Dit is van kardinale belang dat die alliansie teen terrorisme hierdie faktore en werklikhede met groot omsigtigheid en taktiese sensitiwiteit hanteer.

Maar, kan lesers vra, is die Moslems dan nie juis vasgevang in ’n dogma waar hul aannames so rigied is dat dit omtrent nie saak maak hoe slim Bush en kie die węreldkrisis en Moslem-belange hanteer nie?

Die feite — veral die erg fluktuerende tendense van die huidige spanninge en die diepgaande morele kompleksiteit van die kwessies op die spel — bewys egter duidelik dat daar geensins so ’n rigiditeit is nie. Weliswaar mag die leerstellings van die Koran die algemene grondslag vir Moslem politieke en geestelike leiers wees, maar in die meet en pas van alledaagse węreldpolitiek moet daardie moraliteit steeds toegepas word. Soos ander geestelike geskrifte is daardie leerstellings nie konkreet nie, en staar elke persoon wat daarin glo, nog steeds praktiese uitdagings en eise in die gesig.

Dit is daarom nouliks verbasend dat daar nie ’n verenigde Moslem-perspektief op hierdie hele drama is nie. Teen die agtergrond van die gruwels wat op 11 September gepleeg is, is die morele kwessies erg gekompliseer. Die meeste Moslem-groepe het die terrorisme van daardie dag veroordeel, maar Amerika se aanvalle op Afganistan, die voortgesette Israeli-Palestynse konflik, en vrese dat anti-Islamitiese gesindhede in die Weste aan die opbloei is, veroorsaak dat die morele hoek vanuit meer as bloot die aanvalle op 11 September toegelig word.

Nasionale leiers moet boonop hul strategiese belange balanseer in verhouding tot sowel binnelandse as internasionale politiek, militęre werklikhede, en die godsdienstige beginsels van die gemeenskappe wat onder hul bewind staan. Lank reeds het die Israel-Palestynse kwessie, hand aan hand met die realitiet van Amerikaanse mag, van baie leiers in Islamitiese lande geverg om met groot pragmatisme na węreldpolitiek te kyk. Daar is onder hulle geen twyfel oor die morele grondslag vir ’n Palestynse staat nie, maar hoe om die Israeli’s te hanteer was nog nooit ’n eenvoudige saak waaroor alle Moslems saamstem nie. Terwyl die Anwar Sadats van die Arabiese węreld — en meer onlangs Yasser Arafat — met Israel en Amerika onderhandel het, het andere meer militante posisies ingeneem. Die jongste krisis voeg verdere kompleksiteite toe.

Kort na die aanvalle op Amerikaanse teikens het verskeie van hierdie leiers hul afsku in sodanige terrorisme duidelik gestel. Sedertdien het baie bevestig dat hulle ’n internasionale veldtog teen terrorisme steun. Maar daar is ongemak oor die Amerikaanse aanvalle op Afganistan, en dit is nie maklik om deel te neem aan veldtogte wat op die rand staan van anti-Moslem-sentimente nie. Boonop is daar binne elkeen van hierdie lande beduidende anti-Amerikaanse sentimente, en om te na aan die Amerikaners te staan is bes moontlik net nie slim politiek nie. Osama bin Laden en sy medewerkers is gesoute manipuleerders wat die sterk gevoelens oor die Midde-Ooste en oor vermeende Amerikaanse imperialisme goed kan uitbuit om ’n politieke teenwig teen meer gematigde Moslem-leiers te vorm. Ons het in onlangse weke — en veral sedert die bombardering in Afganistan begin het — gesien dat die omvang van sodanige politieke woelinge op grondvlak nie onderskat moet word nie.

Daarom is dit vir die Verenigde State en sy bondgenote so belangrik om sy teenoptrede met groot omsigtigheid te formuleer en te bestuur. Die feit dat selfs Cowboy Bush oorwegend versigtig oor hierdie kwessie was, is ’n aanduiding dat die Amerikaners, straks beďnvloed deur Europese bondgenote, sensitief is vir hierdie komplekse werklikhede. Afgesien van die ongelukkige “crusade”-retoriek, en natuurlik die Italiaanse eerste minister se blatante rassistiese opmerkings oor Moslems, is dusver in die Weste met groot sorg opgetree om nie rassehaat aan te vuur nie. Bush self het verskeie moskees besoek, hy het Yasser Arafat se gematigdheid by name geprys, en hy en sy woordvoerders beklemtoon gereeld dat hulle nie in ’n oorlog teen Islam betrokke is nie. Die hernieude Amerikaanse pogings om ’n Israeli-Palestynse vredesproses momentum te gee, is ook ’n teken dat die Wit Huis en vennote nie heeltemal oorhoops met wraak is nie, en dat hulle die delikate internasionale politieke balans — en veral rondom verhoudinge met Moslems — ten minste in ’n mate begryp. Daar is beslis verskille in die administrasie hieroor, maar huidiglik lyk dit of die gematigdes, met Colin Powell aan die spits, die oorhoofse gang van beleid beheer.

Maar daar is baie slaggate, en die verhoudinge met Arabiese en ander Moslem-state en belangegroepe bly op ’n mespunt gebalanseer.

Enersyds is daar heelwat goedgesindheid om mee te werk. Vroeg in Oktober het die 56 lede van die Organisasie van Islam Konferensie byvoorbeeld die aanvalle van 11 September skerp veroordeel as in konflik met die leerstellings van “alle gelowe en mense en morele waardes”. Iran het ook vergeefs probeer om ’n direkte veroordeling van die Amerikaanse aksies in Afganistan uit die konferensie te kry. Yasser Arafat het ’n oproep by die konferensie gedoen vir internasionale aksie teen “alle vorme van donker terrorisme, okkupasie ...” Daar is talle berigte van geestelike leiers wat onomwonde sę dat daar onder geen omstandighede enige regverdiging vir die soort wandade is wat op 11 September gepleeg is nie. Selfs die leier van Hizbullah, die Beiroet-gebaseerde organisasie met ’n hoë posisie op Amerika se lys van terroristegroepe, het daardie aanvalle veroordeel. Trouens, Iran en Irak is die enigste Moslem-lande wat ongekwalifiseerd teen Amerika uitgevaar het, maar selfs Iran het 11 September veroordeel en eers meer militant geword na die aanvalle in Afganistan.

Dit alles dui op ’n gematigde en deurdagte benadering onder sleutelleiers in die Moslem-węreld. Maar andersyds sal Amerika en bondgenote bewus wees dat hulle hierdie gesindheid moet beloon en nie verdere redes moet skep vir die leiers om hulself met meer militante elemente te vereenselwig nie. Hierdie uitdaging het verskeie hoeke en kante, en het die potensiaal om toenemend kompleks te word namate die krisis voortduur.

Onder hierdie aspekte tel die konflik tussen Israel en die Palestyne en groeiende internasionale sentiment dat ’n Palestynse staat billik en noodsaaklik is; die morele dilemmas verwant aan samewerking met ondemokratiese regerings; en die kwesbaarheid van Moslem-lande vir steun aan ’n Amerika wat dalk as anti-Islamitiese boelie uit hierdie hele gedoente mag kom.

Effektiewe vordering rondom die Israel-Palestynse konflik is stellig die mees sentrale element van die verhouding met Moslems, en meer militante elemente kan slegs baat as die huidige dooiepunt in die Midde-Ooste voortduur. Dit is betekenisvol dat mnr Arafat “donker terrorisme” en “okkupasie” in een asem genoem het: laasgenoemde gaan vir hom essensieel oor die Palestynse gebiede wat deur Israel beset word. Selfs Jordanië se koning Abdullah, ’n bekende bondgenoot van die VSA, het sy steun vir die aanvalle in Afganistan en vir die veldtog teen terrorisme aan ’n oplossing van die Israel-Palestynse kwessie gekoppel. Daar is sterk gerugte dat Saoedi-Arabië — wat Amerikaanse militęre basisse huisves — ’n groot rol gespeel het om Amerika te oortuig om hernieude druk op Israel te plaas om ’n skikking te soek.

Arabiese lande het die werklikheid van Israel aanvaar. Slegs Irak en Iran praat nog asof hulle die Israeli’s van die aarde af wil vee. Die uitdaging is om die Sharon-bewind, een van die mins kompromitterende regerings in onlangse geskiedenis, so ver te kry om ernstig saam met die Palestyne te sit. En dit gaan nie maklik wees nie: Sharon het die Amerikaners reeds daarvan beskuldig dat hulle skynbaar bereid is om hul Israelse vriend op te offer deur na Arabiese pype te dans. Die pro-Israel-groepe in die VSA is ook sterk, en dit verg wilskrag en vernuf van ’n Amerikaanse regering om hier verandering te bevorder sonder om daarvan beskuldig te word dat hulle hul grootste vennoot in die Midde-Ooste aan ’n Arabiese lot uitlewer.

Die gebeure sedert 11 September het egter die prys van ’n voortgesette dooiepunt verhoog. Die spanninge in en rondom Moslem-lande, en die groot implikasies daarvan vir Amerikaanse stabiliteit en die węreld as geheel, beteken dat Amerika met nuwe passie iets aan die situasie moet probeer doen.

Daar is ’n ander komplekse kwessie in die hele proses van samewerking met Moslem-lande. Lande soos Pakistan, wat nou ’n prominente Amerikaanse bondgenoot word, is onder militęre bewind. Die Noordelike Alliansie, die waarskynlike regering in Afganistan as die Taliban sou val, is reeds berug vir menseregte-skendings. Vir Amerika om die morele hoë grond te geniet, kan langtermyn-assosiasies met hierdie mense nie wenslik wees nie. Terwyl die Amerikaners enersyds met groot vrug kan probeer om nie as die węreld se polisieman orals in te meng nie, is daar nietemin ’n ongemak opgesluit in hierdie assosiasies. Daar is nog nie veel hieraan aandag gegee nie, maar dit gaan gewis nog ’n tameletjie word.

’n Derde belangrike faset is Amerika se beeld namate die konflik voortsleep. Daar is reeds TV-beelde van siviele slagoffers en berigte van ’n weldoener-organisasie se kantoor wat getref is tydens een van die bomaanvalle; en natuurlik was daar die bom wat in ’n woongebied geval het. Oor die volgende weke gaan ons al hoe meer Afgaanse vlugtelinge sien, en die humanitęre storie gaan groter word. Die Westerse lande probeer met voedselbystand ’n positiewe beeld oordra, maar die ontvouende gebeure gaan ’n groeiende tragedie vertoon. Dit sal węreldwyd simpatie vir die Amerikaners beďnvloed, en natuurlik Moslems se voorbehoude versterk. Daarom is dit so belangrik dat die konflik nie voortsleep nie, en dat die politieke grondslag van vrede so kragtig en doelgerig as moontlik gelę word.

Daar is wye simpatie met die Amerikaners na 11 September, en selfs prominente Moslem-leiers het geen twyfel gelaat dat hulle die aanvalle op Amerika afkeur en ’n einde aan sodanige terreur wil sien nie. Maar hoe standhoudend ’n effektiewe verhouding met Moslem-lande en groepe gebou kan word, bly een van die grootste onsekerhede. Amerika en sy vennote sal ’n oog moet hou op politieke verwikkelinge binne Moslem-lande waar daar histories groot opposisie teen Amerika is. Die voortslepende konflik in die Midde-Ooste, die risiko verbonde aan vennootskappe met ondemokratiese regerings of groepe met twyfelagtige menseregte-rekords, en die negatiewe gevolge van a groeiende tragedie in lande soos Afganistan, is alles faktore wat ’n groot invloed op hierdie hele sage kan hę.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.