PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Ek het die pomp gestaart

Jan de Bruyn

Ek het die pomp gestaart
uit ysterstingels vou die waterbloeisels oop
die wind uit die weste waai die kelke wyd
kam die land netjies    die gras lê blink gebrylcreem
lammers en ooie wei of lê
en herkou in ’n kampie van ’n óú droom
in die arms van my ligblou ranteberge
en ’n gedagte van vanmôre met wakker word
kom word woorde
en woorde (soos violence) baar woorde:

gegewe die ou wat ek is
tarter en defaaier van elke soort noodlot
huursoldaat van die liefde
en ander lost causes
spesialis-hedonis
sterwer
van die meeste soorte sterwes
eggeskeide
gerehabiliteerde insolvent
dunysloper
afgrondman
vervolger vervolgde voorman teacha klerk boer

one man toiling
(het Dylan Thomas gesê)
towards the ambush of his wounds
lokvalle drome die slágpenne die skerfstukke
onder meer die afgee van drie kinders
twee aan die lewe en een aan die dood
almal eers deur die hof gevat
soos huurkoopgoed
al was my paaiemente in méér as liefde
en dakke en kos betaal
het hulle verder in telefone

en foto’s in ’n laai gewoon
met stemme met die klank van koperdraad
hulle woorde gebreekte koperdraad
in die stemmekussing van my hart snags
hulle foto’s heeltemal te klein in my arms
hulle oë heeltemal bewegingloos  ...

een se stem het later weggeraak uit die foon
net heeltemal weggeraak
en daar was ’n graf
en ’n steierende aarde
en my kiewietkind
was net ’n foto in ’n laai

die dae het die koue vlakke van foto’s gehad
soos geskeurde foto’s
het die nagte dag toe gedwarrel

maar ek kan nogtans sê ek het lig daarvan afgekom
want my sterfkind lewe helderder
in weefsel so dood destyds
dat tyd net buite-om kon vreet
(dood skeur ’n stuk hart uit
om so in stukkendheid verder te leef)
en my leefkinders lewe helderder
al is afstaan aan die lewe
’n eindelose bloeiing binnetoe
’n tydgangreen met flardes hergroei
wanneer hulle gesigte (soos dit die hof behaag)
in treinvensters verskyn
en weer verdwyn

want ’n kind se lag oor afstande
’n kind se hand in joune
vir die oomblik wat jy mág
maak elke wond vir ’n uur gesond

voor die afgee weer



LitNet: 30 Maart 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.