PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Ben Dekker

En die dood sal nooit hier heers nie


En die dood sal nooit hier heers nie.
Dooies nakend sal weer een wees
Met die man in die wind en die maan;
Met beendere skoon gepik en die skoon bene heen,
Sal daar sterre wees aan elmboog en toon;
Hoewel besete sal hul verstand nooit kwyn,
Al sink hulle weg in die see sal hulle weer verskyn;
Gaan minnaars verlore, die liefde duur voort;
En die dood sal nooit hier heers nie.

En die dood sal nooit hier heers nie.
Onder die woelinge van die see
Sal die wagtendes nie sterf nie;
Op pynbanke verdraai as senings skeur,
Gerek op die wiel, tog breek hulle nie;
Geloof in hulle hande sal knak in twee,
En die heidense horings deurboor hulle;
Geheel en al gesplete, kraak hulle nie;
En die dood sal nooit hier heers nie.

En die dood sal nooit hier heers nie.
Nooit mag seemeeu-rumoer meer hul ore bereik
Of die golwe se geklets teen die seekus;
Waar eens ’n blom was mag ’n blom nooit weer
Sy gesig lig na die slag van die reën;
Al is hul besete en dood, ja soos klippe,
Sal karakters se koppe nog breek deur vygies;
Breek in die son tot die son afbreek,
En die dood sal nooit hier heers nie.

Hierdie gedig is deur Ben Dekker uit Engels vertaal en verskyn in Ben Dekker vertaal en illustreer Dylan Thomas: 20 gedigte (Umtata: Bitkop Publikasies, 1998). Die gedig word hier opgeneem met die toestemming van Bitkop Publikasies. ’n Bespreking van die bundel verskyn op SeminaarKamer.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.