PoësieNet - rondom poësie; nuwe gedigteArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.
LW Hiemstra Trust



Lente-poësiefees — Groei met woorde

Die Milnerton-biblioteek speel op Saterdag 1 September 2001 gasheer vir ’n lente-poësiefees vanaf 10.30 vm. ten bate van Volwasse Leerdersweek wat vanaf 1 tot 8 September strek.

Vrywilligers by die biblioteek is gemoeid met die Volwasse Leerdersprogram en het besluit om ter viering van die week digters te nooi om hulle werk voor te lees. Die fees sal ’n byeenkoms wees van alle Suid-Afrikaners om die dinamiese gebruik van woorde in alle kulture en tale deur die gebruik van digkuns te vier.

Digkuns in velerlei tale is op die oomblik besig om ’n bloeitydperk te beleef, en dit, en die begin van die lente, het ons genoop om die tema te kies, naamlik Lente Poësiefees — Groei met woorde.

Ons is geesdriftig oor die aantal uitstaande digters wat bereid is om hulle digkuns met ons te deel deur dit voor te lees en uit te beeld met rolspel, musiek en ander oorspronklike vorms — dit alles om geld in te samel sodat talente wat in die verlede nie tot volle wasdom kon kom nie, die geleentheid gegun kan word om ontwikkel te word.

Op die program

  • Opening: Elize Parker.
  • Loit Sôls, ’n uitvoerende digter wat graag in ghoemataal optree. Loit het so pas uit Indonesië teruggekeer met Javaanse woordeboeke om die ooreenkomste tussen Afrikaans en Javaans te bestudeer.
  • Gladys Thomas van Ocean View met haar eiesoortige uitkyk op die plaaswerker se lewe.
  • Luna Pieterse, ’n Matie-sielkundestudent wie se lirieke so pas opgeneem is op ’n CD waarop bekende kunstenaars soos Lesley Rae Dowling en Laurinda Hofmeyer optree.
  • Leonard Koza, ’n gebore en getoë Kapenaar wat ernstig in die sewentigerjare begin skryf het en twintig jaar later ’n internasionale toekenning vir sy digkuns gekry het wat hom in staat gestel het om ’n tyd lank in die VSA te verwyl.
  • EKM Dido, ’n skrywer wat in Transkei grootgeword het en as verpleegkundige haar merk gemaak het. Sy is die eerste bruin vrou wat prosawerk in Afrikaans gepubliseer het.
  • Dr Henning Pieterse, wat sy merk op verskeie maniere in die literêre wêreld gemaak en al verskeie literêre toekennings losgeslaan het. Hy hou van sportsoorte waarin die mens se uithouvermoë getoets word.
  • Gus Ferguson, wat sê hy is ’n normale man met ’n gelukkige huwelik en hy hou van fietsry en jazz. Hy skryf gedigte en teken spotprente.
  • André Albas, ’n gesinsman met ’n passie vir die woordkuns. Hy verkies om dit met sang uit te beeld.
  • Luvoyo Mkangelwa, wat van die Oos-Kaap af kom en hom tans in die korporatiewe wêreld bevind.
  • Diana Ferrus van Worcester. Sy stel veral daarin belang om vrouekwessies in haar skryfwerk aan te spreek. Sy is ’n stigterslid van die Afrikaanse Skrywersvereniging.
  • Khoi Konnexion, wat bestaan uit drie talentvolle kunstenaars: Glen Arendse op sy ghitaar, Garth Erasmus op windsinstrumente en Jethro Louw met sy ghetto-poësie.

    Philip de Vos sal op sy humoristiese manier die deelnemers aan die woord stel.

    Alhoewel die digkunsmark klein is, het die voortgesette behoefte aan poësie ’n nuwe neiging geskep in die opsig dat al hoe meer digters self publiseer asook die bemarking daarvan hanteer. Die deelnemers se bundels sal dus ook by dié geleentheid te koop wees.

    Ons nooi een en almal uit om die dag saam met ons te kom geniet. Die toegangsgeld is R25 vir die volle dag, met koffie, tee en muffins ingesluit. ’n Ligte middagete sal te koop aangebied word teen R18, met ’n gratis glas wyn.

    Met hierdie wonderlike reënboog-saamgestelde mengsel vir die dag — stad en plaas, manlik en vroulik, Afrikaans en Engels; Xhosa en Ghoema, oud en jonk — belowe ons u ’n uitsonderlike woordfeesdag.

    Vir meer inligting, skakel gerus Christelle Lubbe by die Milnerton-biblioteek, (021) 550-134.

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.