PaneelklopperArchive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Ingrid Winterbach, wie se roman Niggie met die Hertzogprys bekroon is, word deur Ons Paneel onder hande geneem.

Deborah Steinmair

Helize van Vuuren, akademikus en letterkundige

1. Die “vrou-met-die-verehoedjie” en helderkleurige bossies vere elders in Niggie het baie lesers totaal perpleks gehad. Kan jy altemit ’n paar leidrade gee van wat die betekenis of simboliek van die vere en die “vrou-met-die-verehoedjie” is?

IW: Die strukturende beginsel van hierdie teks is die spel van veer en tussenruimte, die pterylae en die apteria. Laasgenoemde, die veerlose areas, skakel met Barthes se uitspraak oor die wese van sensualiteit: “where the garment gapes”. Voorts was ene Frau Feder een van Jung se pasiŽnte, en deur ’n vreemde sameloop van omstandighede was barones Feather, die vrou van Victor Grayson Hardie, baron Feather (Britse Arbeiderspartyleier), by Freud in analise. Freud en Jung wys albei daarop in hulle respektiewelike gevallestudies (sien Freud, Gesammelte Werke) hoe bepalend hierdie twee vroue se houding teenoor die veer vir hulle noodlot was. (Wat weer toon hoe belangrik die betekenaar is vir die menslike psige.) My belangstelling in hierdie twee gevalle was in geen geringe mate aanleiding tot die skryf van die roman nie. Wat my op die spoor hiervan gebring het, was dat Herr Feder ’n confidante van dr JS Jameson was! En dat Frau Feder haar oog in so ’n mate op Jameson gehad het dat hy sy goeie oordeel soms kwyt was. Die onafskeibaarheid van veer en voŽl, die spel van veer en vel, is dus sentraal aan hierdie roman, met meespeling van bogenoemde geskiedenis.

2. Is Niggie en die “vrou-met-die-verehoedjie” een en dieselfde persoon?

IW: My guess is: No.

3. Waarom heet jou laaste roman Niggie terwyl daar hoofsaaklik manlike karakters in voorkom?

IW: As ek hierdie en bostaande vraag beantwoord, begin ek reeds die boek interpreteer, en dit sien ek nie as my taak nie.

4. Dink jy dat Afrikaanse lesers (en dan veral kritici!) jou roman voldoende begryp, as jy aan die resepsie van Niggie moet oordeel?

IW: Ek het nog geen duidelike beeld van die resepsie van die boek nie.

5. Watter indruk het jy van die Afrikaanse literÍre wÍreld vandag? Is daar ruimte vir kreatiewe werk van verskillende moeilikheidsgrade? Watter soort romans met watter soort temas dink jy vaar die beste met verkope, pryse, byleeskringe vandag in SA?

IW: Offhand kan ek aan 23 mense dink vir wie geen boek (in enige taal) ooit te moeilik is/was nie. Miskien 24. En sewe van hulle lees nie meer Afrikaans nie.

Enige beryming, enige dag- of nagstukkies, enige boek waarmee jy ’n kruistog kan begin, enige boek wat uitlÍbaar, toeganklik, hartverwarmend, vertroostend en vervrolikend is, sal verkoop. Enige boek wat raad en antwoord gee, wat toeligting gee (veral stigtelik) sal verkoop. Enige boek wat binne die verwagtingshorison val, wat bestaande vermoedens en vooroordele en voorkeure bevestig, sal verkoop.

Trouens, enigiets sal verkoop, ook ’n moeilike boek, as die regte (verkoop)klimaat daarvoor geskep word — as dit maar luid genoeg vooraf aangekondig word en as daar genoeg hype daaromheen geskep word.

6. Jy skryf ook in Engels. Dink jy dat jy as kreatiewe skrywer ewe suksesvol sou kan wees in diť medium?

IW: Nee, as ek werklik ’n bydrae het om te maak, sal dit nie in Engels wees nie.

7. Jy het vanjaar die hoogste akkolade gekry wat ’n Afrikaanse romanskrywer kan ontvang in terme van prestige: die Hertzogprys vir Niggie. Daar was egter polemiek en gebrom in die pers van verskillende kritici en “toonaangewende skrywers” se kant oor die toekenning, en ’n verdagmakery van die Letterkundekommissie se oordeel. Watter effek het dit op jou as skrywer? En op jou toekomstige ondernemings?

IW: Ja, waar laat dit my? Ten minste nie meer as skrywer van die vrolike vroulike narratief nie. In Lacaniaanse terme het ek nou die fallus. (Dis nou nie die piel nie, verstaan. Dis iets veel begeerlikers.)

8. Dit word dikwels gesÍ dat skrywers van formaat slegs “een roman” het, en diť oor en oor bly herskryf (dikwels dieselfde temas, dieselfde styl, dieselfde tipe karakters — soos Karel Schoeman met sy buitestaander-karakter, die yl plot, en die belang van die ruimte en landskapbeskrywings). As jy enkele hooftemas of preokkupasies moes uitlig wat sentraal staan in jou oeuvre, waaroor jy obsessief bly skryf, wat sou dit wees?

IW: Yl plot, die belang van ruimte en landskap Ö dit is ook op my van toepassing. Karakters wat hulleself probeer oriŽnteer ten opsigte van ’n bepaalde landskap - hetsy geografies, emosioneel, histories. Taal is belangrik. Die naas mekaar stel, by monde van verskillende karakters, van byvoorbeeld die taal van die mistiek, van die wetenskap, van die skone kunste. Taal wat weerstand bied. Maar dit is moeilik om kritiese afstand te hÍ van jou eie obsessies en - vir ander - voor die hand liggende preokkupasies.

Clinton V du Plessis, digter en skrywer

1. Toe Niggie uiteindelik in druk verskyn het, het jy dit weer gelees? En indien jy dit wel weer gelees het, is daar enigiets wat jy sou wou verander het?

IW: Sedert Niggie verskyn het, het ek dit nie weer van begin tot einde herlees nie. Ek is seker daarvan dat daar by ’n later herlees dinge sou wees wat ek sou wou verander. ’n Roman kan nooit lank genoeg lÍ nie.

2. Is daar enige saak waaroor jy sterk genoeg voel om byvoorbeeld op ’n straathoek te gaan staan en te protesteer?

IW: Nee.

3. Is dit nog sinvol om in Afrikaans te skryf, en watter raad sou jy aan ’n aspirantskrywer gee wat glo dat hy/sy met ’n goeie storie in die kop rondloop?

IW: Ek het reeds my keuse vir Afrikaans gemaak - sinvolheid is nie meer by my ’n oorweging nie. Ek sou die vraag nie namens ’n jong aspirantskrywer kon beantwoord nie, maar wat ook al die keuse van taal - kry die storie so gou moontlik op papier. Ek glo dat mens nie in jou kop skryf nie, maar op papier.

Carina Diedericks-Hugo, jeugboekskrywer en direkteur van jeugboeke by Human & Rousseau

1. Niggie is jou tweede boek met ’n Boereoorlog-tema. Hoekom is dit vir jou belangrik om daaroor te skryf?

IW: Die Boereoorlog lei die twintigste eeu in. Dit is ook die verste beginpunt van my geslag se geheue. Dit is so ver as wat my geslag se menseheugenis strek - ek is van die laaste geslag wat nog direk kontak gehad het met mense wat die oorlog eerstehands ervaar het. Vir volgende geslagte sal die oorlog dalk ’n ewe arbitrÍre beginpunt vir ’n besinning oor Afrikaner-identiteit wees as byvoorbeeld die Groot Trek of die Nasionale Party se bewindoorname in 1948.

2. Sien jy jouself in die eerste instansie as ’n skrywer of kunstenaar? Of is daar nie vir jou ’n verskil nie?

IW: Ek is sowel skrywer as kunstenaar. Albei maak ’n ewe sterk aanspraak op my verbeelding, maar op verskillende maniere.

3. Watter reeksboekkarakter is die coolste en hoekom: Kobie Malan (van Maasdorp-faam) of Saartjie?

IW: Kobie ongetwyfeld! Altyd Kobie! Kobie van die blonde krulle en bruin oŽ! (Was dit fluweelbruin? - ek kan nie meer onthou nie!) Hoewel ek deesdae vermoed dat Saartjie met haar donker neurose, haar obsessiewe kompulsiwiteit, dalk nader aan die ondergrond van my eie (en die nasionale) psige lÍ. Haar weerbarstige lok ten spyt.

Manie de Waal, skrywer wie se debuutroman, Trips verlede jaar verskyn het

1. Baie geluk, Ingrid! Beskou jy die Hertzogprys as die “Pullitzer” van Afrikaanse literatuur? Indien nie, wat is dan die mees gesogte prys?

IW: Ek het ’n vermoede gehad maar nooit besef hoe gesog die Hertzogprys is nie. Die RAU-prys is ’n belangrike prys, dis nog net minder gevestig.

2. Hoe oud is jy?

IW: Ek is 56.

3. Hoeveel van jou boeke is al gepubliseer?

IW: Al my boeke is al gepubliseer, de leste een.

4. Ek haal aan uit die resensie op LitNet deur Petra MŁller:

Want hierdie geweldige gesprek word voortgesit in ’n geweldige en resonante teks, Niggie van Ingrid Winterbach, waarvan ek eerlik kan sÍ dat dit my laat duisel net soos Mannetjies Mentz. Maar op ’n ander manier. Hier het ons te doen met ’n doelbewuste rouklag, ’n visioenÍre lamentasie oor afstande, ’n psalmodiese afskil van bestaan-self waarin die oorlogsrumoer self op die agtergrond bly.

Ook  ...

Dit gaan oor die sienlike en die onsienlike. En hoe jy as mens die oorgange daartussen sal vind - oorgange van dood of van verwonding, van daglig of van nagster, van verlange en van verstommings, taligheid of ontaligheid, verdowing van kruie of ander ekstases, van profesie, en veral van die durende droom.

My vraag na aanleiding van bostaande en wat ek ook in die pers gelees het: Hoekom die Anglo-Boeroorlog as agtergrond as dit in werklikheid nie oor die oorlog gaan nie? Soos dit vir my klink, kon dieselfde temas verken word in hedendaagse Johannesburg?

IW: Petra MŁller sÍ dat die “oorlogsrumoer op die agtergrond” bly. Overgeset synde, daar is geen groot battle scenes in Niggie nie. Jou eie lees van die boek sal dalk vir jou meer helderheid oor hierdie kwessie bring.

5. Het jy die einde in jou kop gehad toe jy die eerste woord geskryf het?

IW: Nee. En die eerste woord wat ek geskryf het, was ook nie die begin van die roman nie. Die roman het deur baie gestaltes gegaan; ek het heelwat beginne en eindes oorweeg voor die boek uiteindelik haar finale vorm gevind het.

6. Stem jy saam dat om ’n boek te skryf wat oor sulke “diep” temas handel, moet mens half die hele idee in jou kop hÍ? (Byvoorbeeld, dis vir my moeilik om te glo Orwell het geen idee gehad hoe 1984 gaan eindig toe hy nog op bladsy 2 trek nie.) Met ander woorde, “literÍre” werke moet mens in sy geheel sien voor jy daarmee begin? (Nie dat daar nie ’n paar verrassings langs die pad voorlÍ nie!)

IW: Hoe sien ’n mens ’n literÍre werk in sy geheel?! Die sien van ’n boek is aanvanklik maar ten dele (soos ’n spieŽl in ’n raaisel); dis eers as die boek geskryf is dat die skrywer kan hoop om dit van aangesig tot aangesig te sien. En selfs dan is dit helaas nie altyd moontlik om die boek te sien met al sy heerlikhede en al sy verskriklike tekortkominge nie.

7. Dan moet so ’n boek werklik ’n verkenningstog wees? Dis soos om oor Apartheid te skryf, met geen oordeel daaroor op bladsy 1 nie, en dan aan die einde van die boek het jy ’n mening daaroor as skrywer

IW: Ek kan my voorstel dat daar na 300, of 400, of 700 bladsye, en na 2, of 5, of 10 jaar skryftyd verskuiwings by die skrywer plaasvind ten opsigte van die stof waarmee hy/sy werk. Ek hoop trouens van ganser harte dat dit so is.

8. Na aanleiding dan van 6 en 7, ek glo net skrywers met verbeelding kan so ’n verkenningstog volhou (King en Tolkien, byvoorbeeld). Bladsy na bladsy voortbring sonder enige angs waarheen die pad loop. Sou jy sÍ jy het ’n ryk verbeelding na aanleiding van bostaande?

IW: Watter kwaliteite ek ook al vir my verbeelding claim, sal jy as leser beter oor die aard daarvan kan oordeel.

9. En laastens, moet skrywers mense vermaak of laat dink?

IW: Die een se vermaak is die ander se pyniging. Maar ek sou my lesers tog diep plesier wou verskaf. Daarvoor swaai ek aan die kandelare, as dit moet.

LitNet: 15 Junie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.