oopbekArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

‘n Anderste soort Idol

Jason Lloyd

Die afwagting was groot. Die verwagting groot. Dit was ‘n geval van sy móét wen. ‘n Geval van “‘Ons’ oomblik het aangebreek.” Hierdie keer sal “ons” wel die knoop deurhaak, want agteros kom ook in die kraal. Sy sal ‘n anderste soort Idol wees. Sy sal immers “onse” eie, anderste soort Idol wees.

Kyk, Brendon October moes eintlik “ons” eerste Idol gewees het, maar dié keer gaan die dice vir “ons” reg val. Want “ons” is immers ‘n “singende” gemeenskap. ‘n Gemeenskap wat lief is vir lag (ook huil, as dit moet), “gat maak”, hardwerkend is, en wat op die Christelike geloof ‘n baie hoë prys stel. En al het “ons” ook te veel van die “wingerd” gedrink sal – soos “ons” sal sê – “die dronk ou wat daar in die straat lê”, sal altyd die naam van die Here uitroep. So sal “die dronk ou” die psalmdigter in psalm 136:1 na-aap en sê: “Die Here is goed en aan Sy liefde is daar geen einde nie.” En die Here sal goed wees vir “die dronk ou” en hom veilig by sy munisipale of Hop-huisie aanbring.

En so het dit gekom dat die genade van God uiteindelik in November verlede jaar oor “onse” Karin Kortjé geval het. ‘n Genade waarop die kinders van Gam te lank gewag het. ‘n Genade wat “ons” miskien toekom omdat “ons” altyd die “vredemakers” tussen wit en swart was. ‘n Genade wat “ons” verdien omdat ‘n groot gedeelte van “ons” selfs die vorige bewindhebbers vergewe het deur vir hulle te stem. En al sou sommige “slimbekke” dit afmaak dat “onse” mense “dom” is, sou die onderliggende motivering vir “ons” mense se aksies Bybels wees: dat ons moet leer om mekaar te vergewe, net soos God ons vergewe.

En net so wil ‘n mens glo die gebede van “onse” mense op Grabouw en elders in die land het vir Karin opgegaan. Of dit nou in die “smokkelhuis” met ‘n Black Label in die hand, of langs die “wasgoeddraad” met ‘n beker swart (bitter) koffie in die hand, of op die stoep met ‘n skewe kopdoek op die kop gewees het. Feit is: die kinders van Gam was bankvas agter “onse” Karin.

Maar die nuus uit Grabouw dat Karin haar goed gepak het, haar seun, Cameron, saamgeneem het en Boksburg toe getrek het, was te verwagte. Die stofstrate van Grabouw moes verruil word vir haar glansryke loopbaan in Gauteng. En dat die aunties en ooms bly is vir haar onthalwe, is gewis. Kyk, die gemeenskap het ook gehelp skaaf aan Grabouw se anderste soort Idol. En daarom is dit noodsaaklik dat Karin altyd sal terugkeer na haar gemeenskap om ook vir hulle ‘n song te sing. Kom ons noem dit die belangrikheid van jou wortels natmaak, soos die digter en filosoof Adam Small geskryf het. Want enige mens wat hoogtes in die lewe bereik het, is niks as jou eie gemeenskap nie aan jou erkenning gee nie. Maar in ruil daarvoor moet jy ook aan jou gemeenskap erkenning gee. En nie omdat jy roem verwerf het, sekere mense met wie jy saam in die stofstrate gespeel het, wil vergeet nie.

Dit is presies wat Karin met boyfriend Stanley Witbooi gedoen het deur hul verhouding stop te sit. Maar as ‘n mens mooi kyk na die saak, is sy geregtig om uit te gaan met wie sy wil. Wat wel pla, is die wyse waarop sy haar besluit probeer regverdig. “Nou het hy (Stanley) ‘n kans om homself te vind, want ek glo as hy weet wie hy is en wat hy uit die lewe wil hê, sal hy ‘n beter pa vir Cameron wees,” het Karin gesê.

Wat ‘n patetiese verduideliking om te sê Stanley se status is te laag om haar boyfriend te wees. Nou is Karin in werklikheid ‘n baie anderste soort “vreemde” Idol.




LitNet: 21 Februarie 2006

 

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.