oopbekArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Valda

Ek neem kennis van jou berig/artikel op LitNet. Ek sou graag wou gesien het dat dit ’n meningsartikel wees, want ek sou jou mening oor die debat wou hoor.

Eerstens maak jy ’n baie verkeerde (of is dit ’n oningeligte?) aanname deur te beweer dat die “bruin debat” maar net ’n “gonswoord” is en dat dit nie “spontaan gebeur nie”. Jy spring ook onmiddellik na wat op die Woordfees gesê is. Die debat oor die aanstelling van bruin mense in histories “Afrikaanse instellings” is ’n klein komponent van die bruin debat. Dan moet ons ook debatteer hoekom Ampie Coetzee en Wium van Zyl by UWK doseer, want dit is ’n histories bruin instelling. En ook hoekom jy by Die Burger werk. En ook hoekom Maria Ramos direkteur-generaal van Finansies is. En so kan ons aangaan totdat Piet horings kry.

Dit is eenvoudig onnodig. En boonop blatant rassisties. Mense kan mos werk waar hulle wil.

Maar wat moet gedebatteer word, is hoe minderhede vir hul ’n rol binne die nuwe Suid-Afrika sien, en gaan uitkap. En belangrik: binne hoorafstand van die meerderheid sonder rassistiese ondertone. Jy vind dit regoor die wêreld en met dit is daar niks verkeerd nie.

Dit bring my weer by die woord “spontaan”. Jy gee my sommer onmiddellik die indruk dat jy buite hoorafstand van die gewone bruin man leef, want ek kan vir jou sê dit gons op grondvlak. Daardie argument herinner my aan Hein Willemse, selfaangestelde aktivis vir wat reg is vir bruin mense, wat nou so rondval in sy rubrieke vir Die Burger en Beeld dat sy geloofwaardigheid op die spel is. Een dag vat hy die ANC aan; die ander dag loop hy hulle omdat hulle vir bruin mense nog amacoloured noem; en nou die ander dag gedurende Die Burger-lesingreeks by die KKNK oor die stand van die boek — veral die Afrikaanse boek, toe cover hy (as voorsitter) vir die Afrikaner vir al wat hy werd is.

Na die lesingreeks wou ’n bekende bruin skrywer toe weet wat die agenda van Willemse is. “Ek weet nie,” het iemand opgemerk. “Die Afikaner voer vir hom, Gerwel en Sonn hoeka mos dik.”

Hoe kan jy beweer dat die bruin debat nie spontaan is nie? As jou kollegas jou ingelig het, dan sal jy weet wat Clinton V du Plessis op Oudtshoorn aan my in ’n eksklusiewe onderhoud gesê het (’n gedeelte daarvan het in Krit verskyn en ’n volledige onderhoud gaan binnekort op LitNet verskyn). Jy weet natuurlik dat Du Plessis altyd afwesig was in die openbare debat. Maar wat laat hierdie man nou toetree? Ek sal sê as plattelander (Cradocker) weet die man wat die gevoelens op grondvlak is.

Dit gaan nie so goed as wat dit met Jakes Gerwel, Christa van Louw, Franklin Sonn en Willemse gaan nie. Daardie ouens is geleerd en vlieg hoog. Hulle is vriende met Nelson Mandela, Thabo Mbeki, Ton Vosloo, Willie Estherhuyse en andere. Maar wat van die gewone bruin man, wat nog steeds deur sy swart broer en suster gyselaar gehou word omdat bruin mense (volgens hulle) beter daaraan toe was onder Apartheid. Daardie mense verstaan nie wat aangaan nie, want hulle is so vasgevang in hulle armoedige omstandighede. Hulle soek ’n verduideliking. So, hoekom gaan verduidelik die Gerwels en die Willemses nie? Nee, hulle is te grênt.

Vandaar reeds my vroeëre pleidooi vir ’n nuwe geslag bruin leiers.

Du Plessis se pleidooi vir ’n informele gespreksforum oor bruin kwessies moet nie ligtelik opgeneem word nie. Daar moet aandag aan geskenk word, want dit het niks met rassisme te doen nie. En dit het ook niks met die vleispotte van die verlede te doen nie. Want hoekom sou bruin mense so stupid wees om terug te verlang na vleispotte waaraan hulle nooit geëet het nie?

Nee wat, as ’n jong Suid-Afrikaner sien ek die bruin debat as baie nodig. Dit kan net die demokrasie versterk en so bruin mense deel maak van die openbare gesprek. Dit moet opbouend wees en nie die concerns van bruin mense onderdruk nie. As joernalis is dit jou plig om dialoog te help stimuleer.

Wees deel van die oop gesprek binne hoorafstand van al die mense van Suid-Afrika.

14 April 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.