OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Uit Douspoor

Prof W van Zyl

Douspoor is saamgestel deur Rudi Daniels en Gordon Julies

Die muisvoŽls en die vyeboom: GEORGE WEIDEMAN

George Weideman is ’n bekende digter, kortverhaal- en romanskrywer. Hy plaas sy werk meesal in sy geboortekontrei, die Noord-Kaap. In die proses gebruik hy op die styl van die sogenaamde “kontreiverhaal” tipiese segswyses van hierdie gebied. Die kontreiverhaal voer ook meesal eksentrieke mense en buitengewone omstandighede ten tonele. Die skrywer haal hier bowendien ’n ou volksverhaalsoort vorendag wat in Afrikaans die naam “grootliegstorie” gekry het en teruggaan op legendariese vertellers soos Renir de Winnaar van die Vrystaat. Die spore lÍ egter verder terug tot by die Middeleeuse Tijl Uilenspiegel van Vlaandere en dele van Duitsland, asook die latere Baron von MŁnchhausen.

’n Vername bestanddeel van hierdie verhaal is die gebruik van gewestelike taal saam met die illusie van ’n mondelinge vertelling in die styl wat deur Jan Spies so beroemd gemaak is. Die verteller bly anoniem, maar deur taal en verwysingsveld identifiseer hy homself as iemand wat ’n figuur soos Rooi Jonnie en die gebied baie goed ken. Die leser kry sodoende oŽnskynlik toegang tot ’n gebied buite die gewone menslike leefwÍreld. Vgl. hierby ook ’n aanname van ingewydheid soos: “(J)y weet mos hoe lyk brakwatertande.” Die leser word na die rol van luisteraar veplaas.

Een van die meganismes waarmee die mondelinge illusie ingeskerp word, is die regstreekse manier waarop dit enkele kere aangestip word. Pas in die sewende paragraaf volg die sinne: “Brakputs. Nou onthou ek die grondjie se naam” — asof die verhaal regstreeks uit die geheue opgediep word. Later volg onder meer ’n sinsnede wat wys daar word uit die regstreekse oorspronklike vertelling van Jonnie self geput: “Jonnie sÍ die man sÍ niks.”

Gewestelike taalgebruik sien ’n mens al in die Nederlandse verledetydsvorm had in die openingsin in plaas van die hedendaagse Afrikaanse het gehad. Volksetimologie duik reeds op in die naam Jonnie (vir die Engels Johnny), blo vir belowe, kens vir kinds. Opvallend is die weglaat van die lidwoord in sinsnedes soos dat boom moet dra, En boom grůťi, ens. Ook uitdrukkings en terme soos ’n bak melksnysels ( Ö) wat růťp, Jonnie lÍ ouds ( Ö) en slaap, latenstyd, vleis gaan afhaak (uit die ouderwetse vleiskas waar dit aan hake opgehang is), atta en selfs vuilskemer versterk hierdie element. So ook die enkele kragwoord desmoers. ’n Tipiese uitdrukking in Oranjerivier-Afrikaans is die toevoeg van ’n tweede bewegingswoord naas die gewone. Dit word heel beskrywend ingespan met die eerste koms van die muisvoŽls wat kom sit vlieg!

Die skrywer sorg egter dat hierdie elemente nooit so sterk raak dat dit ’n gewone leser toegang tot die verhaal ontneem nie.

Tipies is die invoeging van streeks- of persoonlike wyshede wat nogtans algemene geldigheid het, al sit daar ’n komiese assosiasie aan; vgl. “Nou weet jy mos hoe dit is met lekkerte  Ö”

Die buitengewone ruimte word eweneens telkens onderstreep. Allereers is daar die onherbergsaamheid; vgl. beskrywings soos “die klipnes anderkant Gamoep” of “(A)l water in die stuk verwaarlosing”. Die naam Gamoep self is trouens ’n baken vir die verteller, maar sal dit beswaarlik vir die meeste lesers wees. Die vyeboom is die enigste skaduboom “(S)o vÍr as wat die oog kon sien” en as Jonnie uitkyk, kyk hy “oor die kalkbulte”. Dit is ’n omgewing wat die verskyning van ’n trop muisvoŽls nagenoeg bonatuurlik maak, want daar is niks anders vir hulle om te eet nie.

Die buitengewone ruimte word verder versterk deur die ouderwetse gebruike en gebruiksartikels wat na aanleiding van Jonnie en sy besoeker se bedrywighede genoem word. Dit sluit die putgrawery in, die “rol” kabeltou oor die put, die kruisbeentafeltjie en die “beenhefmessie”, asook ’n skoensool waaroor laasgenoemde geslyp kan word.

Rooi Jonnie word aangebied as ’n figuur met eksentrieke trekke. Waaraan hy sy bynaam te danke het, bly onbekend. Reeds die openingsin van die tweede paragraaf, dui hom aan as die eintlike bron van die storie: “Jy kon hom glo siťn groei.” Die leser kry dus te doen met ’n vertelling van ’n vertelling, iets waardeur die anonieme verteller homself handig beveilig.

Enersyds verneem ons die verteller se kommentaar op Jonnie, onder meer dat hy “mos van suinigheid so alleen gebly” het. Die verwysing na hom as “die ou” onderstreep die distansie. Andersyds kry ons toegang tot sy denke.

Jonnie is ’n onafhanklike figuur (hy “wil hom eers vervies vir die swerwer”), maar tog vatbaar vir raad. Hy bestee selfs agt maande aan die grawe van die nuwe puts. Hy is ook vatbaar vir ’n versoeking. Die vars water in die puts en die reaksie van die boom daarop is immers bewys genoeg dat die swerwer ernstig opgeneem moet word. Hy oortree sy eie belofte en word uitgelewer aan die muisvoŽlplaag. Die leser sou dit ook kon verbind met sy inhaligheid. Dit lei op sy beurt tot fanatieke optrede. Nie slegs maak hy plan op plan nie, hy vergeet mettertyd selfs “skoon van die eet”. Uiteindelik doen die plaag wat hyself al in die begin wou doen.

’n Nog interessanter figuur is die swerwer wat eers die rol speel van buitengewoon (byna bonatuurlik) begaafde helper en daarna van omkeer tot bestraffer oor wie se handelinge die leser alleen maar kan raai. Reeds in die begin is hy geheimsinnig. Die term soortvanmens wen mettertyd aan waarde. Hy is anders as ander swerwelinge met oŽ wat by voorbaat “bestrawwend” kyk. Hy bewys Jonnie se gedagte reg dat hy dalk “die mag” het “om te sien”. Later verwys die verteller ook na sy “wonder-oŽ”. Dat daar met sy uiteindelike terugkeer “’n stoffie in die verte uitslaan”, in die werklikheid totaal onwaarskynlik, vergroot hom verder uit. Sy vertrek is daarteenoor eerder ’n verdwyning: “Weg. Pff.” ’n Mens kan moeilik die muisvoŽls anders sien as dat dit ’n verlengstuk van hom en sy bestraffende oŽ word en dat Jonnie se stryd dus ’n stryd is met hom.

Die Groot Slag om die “lekkerte” word dus opgevolg deur ’n oorlog om die bron tot die genot, ’n oorlog wat Jonnie in oortreffende trap verloor.

Op eerste gesig gaan dit dus om ’n grootliegverhaal. Slegs in die verhale van De Winnaar en Von MŁnchhausen is diť soort stap na buite die grense van die normale werklikheid immers moontlik. Anders as by hulle, is hier egter sprake van ’n morele verbintenis.

Die verhaal bevat inderdaad ook subtiele verwysings in diť verband. Jonnie wil in die begin al die boom uitkap “gedagtig aan wat die Woord oor geil bome sÍ”. Die man loop “kruis en dwars” oor die werf voor hy die water aanwys. Voordat hy oortree, sien hy in die plek van die verwagte man slegs die stoffies van “windduiwels” (dwarrelwinde). Jonnie raak “sielsongelukkig” wanneer die voŽls die eerste keer toeslaan. Uiteindelik skrik hy hom “skoon uit sy geloof uit”.

Hierdie formulerings vorm nie ’n geheel sodat ’n mens die verhaal heeltemal simbolies kan noem nie. Tog voeg dit ’n suggestie toe.

Uiteindenlik skuil daar agter die oŽnskynlike oordrywing en komiese vertelling tog wel ’n spel met die menslike swakheid en ’n konfrontasie met groter magte.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.