OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Uit Storiepalet

Prof W van Zyl

Storiepalet is saamgestel deur J.B. Vermaak

  • Struisbaai-blues: ANDRť LE ROUX
    ... SeŽn ons skool ... : ETIENNE VAN HEERDEN

  • Struisbaai-blues: ANDRť LE ROUX


    Andrť le Roux is die laaste jare bekend as rubriekskrywer in die tydskrif Sarie. Sy debuut maak hy egter in 1977 met die digbundel Struisbaai-blues wat groot opspraak verwek het. J.C.Kannemeyer vat soos volg saam oor die bundel: “(Dit) handel meesal oor ’n jeugdige liefde met sterk erotiese beelding, ’n dikwels bisarre waarneming van die wÍreld en ’n betragting van die ek en sy verhoudings” (Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987: 370). Die bundel bevat ook ’n gedig met hierdie titel wat assosieerbaar is met die kortverhaal. Die verhaal is in die verskyningsjaar van die bundel gepubliseer in die tydskrif Standpunte.

    Die woord blues verwys, volgens die Amerikaanse Webster’s Dictionary (dit is van Amerikaanse Country-herkoms) na: “A type of song of melancholy character and slow tempo written in characteristic key”. Om in Afrikaans opnuut saam te vat: ’n treurlied.

    Waaroor word hier ’n treurlied gesing? En wie sing die treurlied? In die antwoord op hierdie vrae sit die essensie van die verhaal opgesluit.

    Die verteller kyk terug op ’n vakansie van seksuele ontwaking, van ’n vasbeslotenheid by hom en sy maat Johan om ’n seksuele ervaring te beleef. In diť opsig val sy uiteindelike insig op:

      Nou weet ek: net die plek is waar, en die tyd en sommige gedagtes — die enigste werklikheid was die wind in die dooie sandhaaitjie een middag op die strand.

    By implikasie is die res dus onwerklik.

    Die twee seuns gaan deurgaans saans uit “soos honde (Ö) op jag na bene”. Die verteller se aandag is op die teenoorgestelde van Maria se ingesteldheid van “vroom en vreeslik kuis”, “oordrewe preutsheid” en “sedelike reinheid”. ’n Reeks tekens word aangestip: die vrou wat hulle deur die tentseil sien uittrek, die vraag oor die effek van rum op meisies, die twee wat “handjie-handjie” speel en die foksterriŽrs se “hondjie-hondjie”, Johan se sinspeling op ’n ander soort “vingerbord”, die “teasertjies”, diegene wat “twee-twee” buite toe stap op die dans.

    Op Maria se “laaste aand” meen die verteller:

      Al die feite van die lewe is gebÍre in borsies sonder bra en tť breŽ heupe.

    Hierteenoor staan die uitspraak van die ma’s:

      dis ’n lelike liefde wat ons kinders bedryf

    — ’n siening wat kennelik aansluit by Maria s’n.

    Die verteller gaan op hierdie laaste aand so ver moontlik met die “witkopslet”. Hy het dus duidelik geen respek vir die meisie nie. Uit sy stelling dat hy uiteindelik “wou stik van die gewillige kruiperigheid” kan die leser waarskynlik aflei dat hy wel daarin geslaag het om op die dansbaan met haar te doen wat hy hom voorgeneem het, om hom besig te hou met “’n lelike liefde”.

    Terwyl hy kennelik ’n soort eindpunt bereik het en eintlik nie verder belangstel nie, het ’n verandering by Maria gekom. Sy het die eerste keer wel rum gedrink nadat sy “stiller as gewoonlik” was. As sy met haar slaapklere aan kom sit, is sy “skielik gepas, reg, soos in die goedkoop tydskrifstories”. Die manier waarop hy aan haar vat, en haar reaksie, is eweneens in pas hiermee en die beskrywing sou net so goed in ’n hedendaagse “hygroman” kon gestaan het. Dat dit haar “laaste aand” was, kry daardeur ook ’n verdere betekenisassosiasie: haar laaste aand van “sedelike reinheid”.

    Wat verder tussen hulle gebeur, word nie beskryf nie en uit die slotwoorde van die verhaal kan die leser ’n ondersteuning van so’n interpretasie aflei:

      jou bliksem, jou lae gemene bliksem

    — dat hy dus iets “laags” met haar gedoen het.

    Hierteenoor is daar egter by die verteller ’n ommekeer wat aansluit by sy reaksie op die “gewillige kruiperigheid” van die witkopslet asook sy insig oor die “werklikheid”; dit word aangedui deur die woorde

      En skielik was dit nie meer snaaks nie.

    Juis hieruit kan die “blues”, die treursang verklaar word. Nie slegs het die kers se vlam gewaarsku met “’n oranje hart” nie. Maria het — hoe dit ookal verloop het — hom iets anders as die “lelike liefde” laat ervaar. Terwyl sy hom daarna verwerp, is hy ten diepste geraak, treur hy nou oor haar.

    Die verhaal stel dus twee benaderings van die liefde en seks teenoor mekaar: die uitsluitlik fisieke waarby die foksterriŽrs ’n uiterste voorbeeld vorm, en ’n sensitiewe, subtieler liefde. Uiteindelik is laasgenoemde ingrypender, hef dit alle “snaaks”-heid op sowel as die werklikheid — buiten vir die dooie haai, wat nou gesien kan word as beeld van hoe vernietigend die verlies vir hom was.



    ... SeŽn ons skool ...: ETIENNE VAN HEERDEN

    Etienne van Heerden is tans een van die belangrikste romanskrywers in Afrikaans en het reeds internasionale bekendheid verwerf. ’n Kenmerk van sy werk is die spel met die “magiese realisme”, d.w.s. die aanbied van gegewens wat die leser kan verbind met die alledaags bekende werklikheid, maar wat op onverwagte oomblikke “magies” raak, buite hierdie werklikheid tree. In sy beroemde debuutroman, Toorberg, kry die spoke van die voorgeslagte byvoorbeeld ook ’n aandeel in die gebeure op die familieplaas waarna die titel verwys.

    Met “ Ö SeŽn ons skool  Ö” gryp Van Heerden terug op die milieu van sy skooljare by die Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch. Dat dit om veel meer as die agtergrond gaan, is egter onwaarskynlik. Deel van die agtergrond is die altyd geheimsinnige seksuele ontwaking van jongmense en die ewe vae wÍreld van volwassenes se seksuele lewe. Hier word bowendien homoseksualiteit betrek. Dit is sake wat vroeŽr taboe-onderwerpe was en dit deels ook nog in ons tyd is.

    Die streng situasie met lyfstraf in die klas is vandag min of meer antieke geskiedenis. Of daar indertyd ook sommer in die klas geslaan is, is onwaarskynlik, maar versterk die milieu van strengheid en geweld.

    Riaan, die verteller en hoofkarakter, spel sy situasie op skool uit. Sy vernaamste probleem het te make met Wiskunde wat hy ervaar as “’n irrelevante taal, ’n spel van leŽ tekens”. Die leser kan in die verband ook die vaknaam letterlik lees: weetkunde. Riaan probeer immers meer te wete kom oor die werklikheid, maar dan ’n werklikheid van vol tekens, tekens met betekenis. Die soeke van die puberteit staan dus voorop. Op sy rapport kom die kwessie ook ter sprake in die woorde wat die onderwysers daarop skryf: “rigting kry, is die slagspreuk”.

    Hierby is die godsdienstige byeenkomste waarin hy en van sy klasmaats opgaan, van groot belang. Hulle vergader soggens om sewe-uur by die dam en hou dan ’n biduur met sang. Die dam is self ’n waarnemer, ’n oog, “God se wye kleidam-iris”. Hier maak hulle intense religieuse ervarings mee, “gryp die Gees die kring”. Riaan dra ook van hierdie “tekens” op sy koffer, die “sticker” Jesus saves . By die dam ervaar hy hoe Jesus oor die water kom en hoe die “Goeie Wil” heers. Dit is wel ’n “mistige” omgewing, dus eweneens nie heeltemal helder nie. ’n Verrassende element is dat juis die deelnemers hieraan, diegene wat Jesus as “so werklik, so vars” ervaar, nie onder die skool se “goeie seuntjies” tel nie. Dit is juis Riaan en die eweneens begeesterde Uiltjie wat slae kry. Dit terwyl juis Uiltjie in die gees van die Goeie Wil God se seŽn op die skool afgebid het. Die onderwysers sien “kopskuddend” en “sinies” juis Riaan se deelname hieraan as die oorsaak van die “gaping” tussen sy werklike prestasie en die teken van sy verstandelike vermoŽns, sy IK. Nogeens kry die leser te make met “leŽ tekens”.

    Riaan vul die “diagramme in sy wiskundeboek” aan met selfgemaakte tekens:

      Jesus aan die kruis. Kringe op die kleidam se oppervlak. ’n Volkswagentjie wat teen ’n muur vasjaag.

    “Ou Safaripak” staan hierteenoor as diť verteenwoordiger van die onsimpatieke onderwysersbewind: “pligsgetrou”, “konvensioneel en vreeslik vaal in sy safaripak”. Hoewel hierdie eienskappe oŽnskynlik vir Riaan daarvan weerhou om hom te beskou as die bose, verneem die leser nogtans:

      Jy’s Satan, jy met jou onheilige formules. Jy met jou lang, geel rottang. Jou rooi, honger bolpunt. Jou bordkryt. Jou geel Volksie voor die skoolgebou. Jou sisteem. Jou vark. Jou blÍrrie boelie.

    Naas die godsdiens ervaar Riaan ook op ’n poŽtiese manier die natuur as deel van sy werklikheid in teenstelling met die “onvoltooide stellings” in sy huiswerkboek:

      O, hoe kan die Eersterivier nie rķik nie. So soet soos grond en water en palmiet.

    (Die leser kan ook ’n naam soos “Eersterivier” hier letterlik lees — as die suggestie van ’n begin.)

    Hierdie opgaan in die skoonheid van die natuur kry ook ’n seksuele konnotasie deur die toevoeging van ’n vergelyking: “Soos ’n meisie”. Hierop volg as verdere stap die mooi metafoor, “Die rivier is ’n vrou se silwer arm”. Dit is nie soseer hyself wat laasgenoemde “absurd” noem nie, maar die “huiswerkboek” wat daarteenoor staan en hierdie soort gedagtes streng opponeer.

    Die seksuele belangstelling word ook meer letterlik bevestig deur die aandag (nogeens poŽties gestel) aan die stroom Bloemhof-meisies, met hul wit dytjies wat wys as die skooljurke spring in die wind.

    Die werklikheid van “Ou Safaripak” is egter tůg nie so reglynig, so “pligsgetrou” en “konvensioneel” as wat Riaan dink nie. Hoewel hy dit nie self doen nie, sou die leser selfs kon invul dat hy wel “Satan” is. Hy wil immers vir Riaan verlei. In die proses kan sy “lang, geel rottang” en “honger bolpunt” as subtiele, d.w.s. vir Riaan nog onherkenbare, falliese simbole gelees word — weer eens tekens van wat nog ontdek moet word.

    In die loop van die verhaal is daar dus ’n ommeswaai wanneer die onderwyser geleidelik ’n “menslike” kant onthul. Ook hż is seksueel geÔnteresseerd. Sy woonstelletjie is gevul met tekens van ’n manlike wÍreld (“Frik du Preez-poster”, “Zane Grey-boeke”, “Physical Fitness for Men”) — met geen tekens van die poŽtiese nie. Sy min of meer gewelddadige strengheid, sy oorgawe aan rugby-afrigting raak verbind aan sy homoseksuele belangstelling. In die reguit seunstaal van Riaan: hy is ’n “Mofgat”.

    Die onderwyser se attensies verlos Riaan van die strengheid. Terwyl dit aanvanklik lyk asof dit is omdat die seun nou ’n houvas het op die man, werp die volwassene se finale poging ’n ander lig daarop. Veel eerder wil hy Riaan nou op ’n sagter manier benader.

    Die seun stel egter nou ’n strik vir “Ou Safari”, laat as’t ware sy Volksie soos in die tekening in ’n muur vasjaag. Hy lok hom na die godsdienstige byeenkoms, ’n byeenkoms waar onder meer gereeld gebid word om “die krag om nog uit te hou”, d.w.s. teen die versoeking van masturbasie. Ook hier is dus ’n seksuele element betrokke, maar dan gerig op seksuele selfbeheersing. Daarmee kan die titelwoorde regstreeks in verband gebring word, hoewel dit uiteraard nie tot seksualiteit beperk is nie.

    Wanneer “Ou Safari” hiermee gekonfronteer word, is hy “witgesig”, “verbaas” en gryp “sy stomp hande” “na mekaar”.

    Presies hoe die leser laasgenoemde optrede moet interpreteer, is nie heeltemal duidelik nie. Dit kan trouens ook as ’n sterk eienskap van die verhaal gesien word: in die “magiese realisme” word niks uitgespel nie. Die onderwyser se gebaar (vgl. ook sy “stomp hande”) kan byvoorbeeld beskou word as sou die gebed direk van toepassing wees op hom, dat hy hom presies daaraan skuldig maak waarteen die seuns stry. Andersins kan dit in die algemeen gaan om seksuele selfbeheersing. Nog ’n moontlike suggestie is dat hy inderdaad die “Satan” verteenwoordig wat hier gekonfronteer word met Jesus wat eweneens “in die mis aankom”, maar met ’n ander gesig, een wat “heilig en bly” is.

    Seksualiteit en godsdiens word dus hier op ’n verwikkelde wyse verknoop.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.