OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Uit Douspoor

Prof W van Zyl

Douspoor is saamgestel deur Rudi Daniels en Gordon Julies

Die prediker: E K M Dido

Van die skrywer het daar drie romans verskyn: Die storie van Monica Peters (1997), Rugdraai en stilbly (1998) en ’n Stringetjie blou krale (2000). Soos die verteller in die verhaal het sy ’n verpleegloopbaan gevolg, iets wat sy intussen opgegee het.

In wese word hier ’n anekdote aangebied, dit wat die verteller op ’n histories aanwysbare datum meegemaak het, naamlik op die dag na die bomontploffing in die Kaapstadse restaurant Planet Hollywood op die aand van 25 Augustus 1998. Die voorval het inderdaad groot nuusdekking ontvang en vrees by die publiek gewek. Dit was immers ’n wyd bekende restaurant. Die daders is tot vandag toe nooit gevang nie en die restaurant is uiteindelik permanent gesluit. Etlike gaste is dood of vermink.

In die verhaal gaan dit dus onder meer om redelose geweld. In die werklikheid het daar nooit ’n rede bekend geword vir wat gebeur het nie en die uitspraak “Niemand het meer respect for life nie” is dus uiters relevant, al is dit oordrewe. Die verteller vind dit ook sielkundig noodsaaklik om eerder in ’n derdeklaskompartement vol mense te ry as in die leŽr eerste klas waar sy in haar verslaenheid met haar “eie gedagtes” sou moes sit.

Dit val op hoe die godsdienstige verwysings reeds indirek in van die treinryers se uitsprake geplaas word, byvoorbeeld op die eerste bladsy al: “Jirre, my broe”; “Jirre jy kan my doodslaan as ek lieg”; “in my glory in”.

In genoemde uitdrukkings gaan dit om min of meer “verslete” godsdienstige verwysings wat wel nog ter versterking deur die sprekers gebruik word, maar eintlik al hul betekenis in die spreektaal verloor het. Die vroulike prediker wat in “gebroke Engels” preek, is in pas hiermee. Sy probeer wel die Christelike evangelie oordra, maar taalgebruik ontkrag dit so dat die verteller bly is wanneer sy ophou want dit “pynig” slegs die ore.

Die prediker wat daarna opstaan, wil dit oŽnskynlik beter aanpak. Hy loop eers op en af en kyk sy gehoor “goed deur”. Hy versterk sy aanloop deur vooraf te sug, iets waarin hy ondersteuning kry (“’n paar van ons sug saam”). En wanneer hy begin, het hy ’n “klipharde stem”. Sy preek koppel hy onmiddellik met die aktualiteit van die bomontploffing.

Sy poging word egter ondermyn deur wat onmiddellik hierna begin gebeur. Die trein gaan staan. As hy weer begin, vestig een van die passasiers almal se aandag op die polisie langs die spoorlyn. Die gerug van ’n bom trek die aandag nog meer van hom af. Hy slaag egter wel daarin om almal se aandag terug te wen met sy volgende mededeling. Dit is egter nie sy evangelie wat almal “verskrik na hom laat kyk” nie, maar sy onvermoŽ met die Engels wat hy gebruik. Kennelik probeer hy met “foreskin” verwys na die mens se voorhoof, onbewus daarvan dat die woord na ’n deel van die manlike geslagsdeel verwys. Die effek is dus glad nie wat hy wou hÍ nie. Daar is inderdaad mans wat hom ernstig opneem en skrik, maar die verteller begryp sy fout en raak tereg aan die lag. Wat hy ernstig bedoel het, raak ’n grap.

Die grap het egter wel ’n belangrike funksie wat uiteindelik deur iedereen erken word. Hul ondraaglike spanning word verbreek en daar kom komiese “verligting”. Terwyl hy uit skok aanvanklik na hulle as “Satanskinders” verwys het, staan sy gehoor uiteindelik tou om sy hand te skud wanneer die reis ten einde loop.

Die verteller ondersoek die saak nog verder en vind dat hierdie verdagte teksvers — ook nog Engelse en dus daarom al onmoontlik — glad nie in die Bybel staan waaruit hy lees nie. Wat daar wel staan, is trouens veel meer toepaslik: “My God, op U vertrou ek Ö” Dit blyk egter dat die man analfabeet is. Sy vat egter sy funksie in die situasie saam: hy het die passasiers “onwetend gehelp” om “die onveilige wÍreld met moed in te gaan”.

Die verhaal bevat dus ’n hele ontwikkeling in gebeure van spanning tot ontspanning en die verkryging van moed vir die wÍreld, eintlik vir die lewe self.

Die polisie op die spoorlyn, en die daaropvolgende gerug van ’n bom, bevestig vir die passasiers wat hulle reeds gevrees het: dat almal slagoffers kan word. Dit val saam met ’n besondere aangewesenheid op mekaar. Die verteller se plan om deur middel van die aanwesigheid van andere, hoe negatief dit ook al kan wees (“vloek”, “sweetreuke”) aan die neerdrukkendheid te ontsnap, is dus suksesvol.

Die medemenslikheid, selfs van persone wat “mekaar nie ken nie of mekaar miskien nooit weer sal sien nie”, is dus die vernaamste verweer teen diegene sonder “respect for life”.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.