OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Uit Douspoor

Prof W van Zyl

Douspoor is saamgestel deur Rudi Daniels en Gordon Julies

Junkheap in Oktober: PETRA MŁLLER

Petra MŁller se verhaal is geplaas teen die agtergrond van die studente-opstande as deel van die anti-apartheidstryd wat in 1976 ontstaan het en uiteindelik dwarsdeur die jare tagtig sou voortduur. Wanneer dit gepubliseer word, is die uitslag van die stryd nog onbekend en verkeer die publiek in onsekerheid oor wat werklik aan die gang is. Verskeie skrywers het in diť tyd hul visie op die omstandighede deur middel van hul verhale en gedigte gegee.

Reeds die openingsin verplaas die leser na hierdie situasie. Daar is oproer en die skole is gesluit. Die verwysings na die lughawe, vleie en portjacksonbome dui ook reeds die geografiese omgewing aan: die huidige Kaapstadse Internasionale Lughawe.

Die kinders neem wel deel aan die vergaderings (“het ook baie om te bespreek”) en ook aan die protes (“gooi klippe”), lees koerante, maar wil ook speel. Hulle tree dus steeds op soos kinders. Die spel self is op die oog af nie doelgerig soos die politieke aktiwiteite nie, maar slegs spel om die spel.

Hul speelplek is uiters nederig: die munisipale vullishope. Dit is ’n omgewing wat vir die meeste lesers wel vreemd sal wees, maar vir hierdie karakters vertroud, die plek waar hulle “almal grootgeword” het. Hulle gaan nou verder met die spel as om slegs dinge te sien wat hulle nodig het. Hulle begin saam bou aan ’n “speelbare maaksel”, ’n metaalman. Dit ontwikkel nog verder as hulle hom ’n sitplek gee: “As ’n mens iets het om op te sit, het hy ook status”. ’n Goeie naam vind hulle nog nie vir hom nie.

In ’n verhaal sou ’n mens verwag dat so’n “standbeeld” simboliese waarde kry. Watter tekens het die skrywer in diť opsig ingebou?

Wanneer die idee ontstaan dat die man ook kan sit, onstaan daar wel “’n paar balddadige stoeigevegte” asook ’n spontane “kieriegeveg” tussen twee van die groteres. Dit bevat dus ’n suggestie van ’n spel met geweld, maar verder gaan dit nie. Die beeld reageer wel op die vliegtuie. Hy wys oŽnskynlik omhoog en as hulle verbykom, “rittel hy saggies”. Hulle verf ook die naam van hul bende op sy rug, ’n bende wat egter (nog) nie skrikwekkend is nie. Self wil hulle die beeld geheim hou:

Die verhaal bevat egter ook ander visies op die beeld. Die bestuurder van die stootskraper vind hulle eers “mal”. Daarna sorg hy egter dat hy dit nie beskadig nie. Wanneer dit gesteel word, toon hy duidelik simpatie met hulle en neem hy hķlle kant eerder as die van die “spul windgatte van die universiteit”. Iets van ’n klasseverdeling kom dus na vore.

Hierteenoor staan die visie van die koerant wat kennelik die “groep studente van die universiteit” tot handeling laat oorgaan. Terwyl die mense wat langs die pad stilhou, slegs met hul arms waai en lag, kry dit nou ideologiese en kunswaarde opgelÍ: “’n voorbeeld van spontane protes, en boonop kuns op staande voet”.

Die diefstal kan gesien word as ’n poging om juis dit verder uit te lig, om die protes na die sentrum van die samelewing, die middestad, te bring. Die studente poseer egter by die volgende foto en probeer by implikasie die eer vir hulself neem. Of die naam wat die blikman nou kry, afkomstig is van hulle of die koerant, is nie heeltemal duidelik nie.

So positief as die eerste koerantsiening is dit egter nie. “Lord of the flies” verwys immers na ’n roman met dieselfde titel. In hierdie roman deur William Golding beland ’n groep leerders op ’n eiland. ’n Diktatoriale, onverdraagsame politieke orde ontwikkel spontaan en dit loop onder meer daarop uit dat die hele eiland afgebrand word.

Die leser kan aflei dat hierdie interpretasie oordrewe is. Ook die kinders is “verbaas” oor die eerste siening en die tweede is so ver buite hul begripsveld dat hulle “dadelik belangstelling” verloor. Hulle vervang hom betreklik maklik met een wat buite gesig is, maar waarin nou ook vuurgemaak kan word, vuur wat ’n “bitter rook” afgee wat hulle met die inasem daarvan “bevredig, op ’n vreemde manier”. Dit neem ook meer die vorm aan van ’n “lord”, ’n soort afgod, want hulle “dans na hartelus om hom”. Die “rondekopseun” (leier met spesiale verstandelike vermoŽns) interpreteer ook kamtig wat die man “sÍ”. Dit is steeds spel, hy “grinnik” nog, maar die gehoorsaamheid en effektiwiteit waarmee die ander reageer, maak daarvan tog ’n stap in die rigting van die “lord of the flies”. Hulle gaan die vorige man haal en bou hom nie weer op nie, maar versteek hom onder die wateroppervlak.

Vir ’n verdere interpretasie kan eerder teruggekeer word na die situasie op die “junkheap” en omgewing, die omstandighede waarin hierdie kinders grootword. Belangrik is die verwysing na die vliegtuie met hul magtige motore: “dŪe aardskuddende geweld is deel van hul bloed”. Daarteenoor is dit ’n ewe belangrike aanwysing as die rondekopseun verderaan dink: “Die meeue is nes onsÖ”

Die vliegtuie kan immers as verteenwoordigers van die heersende bestel gesien word, magtig, in staat tot “aardskuddende geweld”. Daaronder gaan die natuur (vgl. o.m. “die watervoŽls ignoreer dit”) asook diegene aan die rand van die samelewing hul gang.

In die begin verneem die leser al dat die meeue “’n gevaarlike situasie” vir die stralers is. Die kinders het dit in die koerant gelees “en dit is een van die dinge wat hulle na die junkheap trek”. Mettertyd word verwys na “parmantige meeue” en “’n ongeŽrgde wit spiraal bo die rommel”. Mettertyd reageer die kinders en die meeue ongeveer eenders met die oorkom van die vliegtuie, die kinders egter “vervul van groot gedagtes en die heerlikheid van spel”. Die slotparagraaf trek hierdie gegewens saam. Die seun — die denker en leier — mymer daaroor “dat ’n meeu ’n vliegtuig kan laat val”. Die leser kan verder invul: die spelende kinders kan die bestaande heersende bestel op die lang duur laat val.

So gelees is “Junkheap in Oktober” dus ’n verhaal met ’n profetiese politieke onderbou. Die maand Oktober kan trouens assosieer word met die belangrike Oktober-revolusie in die destydse Russiese revolusie (1918). Dit is ook slegs ’n aanvangsmaand vir die komende somer waartydens die kinderspel nog veel verder sal gaan Ö

Die simboliek lÍ dus wyer versprei oor die teks as slegs die opvallende oŽnskynlike simbool, die “kunsvoorwerp” wat wel ’n simbool in wording is, net soos die revolusie.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.