OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Bespreking van gedigte vir Afrikaans tweedetaalleerders (vreemdetaalleerders)

RiŽtte Hugo

  • Kamikaze — JAN SWANEPOEL
  • Met Phyllis ingekooi — BAREND J TOERIEN
  • troetelwoorde vir ogilvie douglas — MARLENE VAN NIEKERK

    Kamikaze — JAN SWANEPOEL


    Stap 1: Woordeskat
    Vanaf die vlerk kaats steeds die son / die heerlikheid van lig en ek en blou / is een,
    (from the wing {of the aeroplane} the sun reflects the beauty / glory of the light
    and I am one with the blue sky)
    / dan deur die fyn kapok van wolke dring ek
    (then I penetrate the snowlike clouds)
    / die kind uit tokio / as ’n laat lucifer maar o die see / is blou vandag sy blouste blou
    (the child from tokio / like a recent angel / devil lucifer but oh the sea is at its bluest
    blue today)
    / mens moet vergeet: (one has to forget:)
    / die dae / in jou vaderland vir wie jy nou vir laas ’n wye swaai / swenk deur die lug —
    (the days in your fatherland for whom you are finally making a wide swerve through the sky)
    en hoor ek / grofgeskut?
    (and do I hear heavy artillery firing?)
    / die klank is heerlik / in my as ek duik
    (the sound is glorious as I dive)
    / as vlampyl na die skip, diť oomblik / is die heerlikste,
    (like a flaming arrow to the ship, this moment is the most wonderful)
    / hier kom ek: kamikaze!
    (here I come: kamikaze!)

    Stap 2: ’n Bespreking van die gedig.
    Algemeen: Die titel Kamikaze verwys beide na die vlieŽniers en die vliegtuie wat deur die Japannese leŽr gebruik is om selfmoordvlugte uit te voer. Die kamikazes is opgelei om met hul vliegtuie, gelaai met bomme, af te duik op ’n teiken — gewoonlik ’n Amerikaanse oorlogskip. Vir die Japannese owerhede was die kamikazes ’n finale poging om die Geallieerde magte te stuit. Die vlieŽniers het dit as ’n eer beskou om vir hulle keiser te sterf en het vrywillig aangebied om dit te doen. Meer as 1000 van diť menslike bomme het in 1945 met die verdediging van Okinawa gesterf. Dertig vaartuie is gesink en 350 is beskadig, maar hulle het nie groot vliegdekskepe gekelder nie. Dit was dus ’n baie duur tekortkoming van die hele metode van oorlogvoering. Hulle het meer bekendheid verwerf vir die soort teenstand wat hulle gebied het as vir die skade wat hulle aangerig het.

    Die woord KAMIKAZE beteken “heilige wind”. Dit is aanvanklik gebruik vir ’n tornado wat in 1281 die vloot van Koeblai Khan vernietig het toe dit op pad was om Japan aan te val.

    Hierdie gedig beskryf die laaste paar oomblikke van ’n Japannese selfmoordvlieŽnier net voordat hy met sy vliegtuig en al sy teiken tref.

    Behalwe vir die hoofletter in die titel is daar geen verdere hoofletters nie: selfs die pleknaam Tokio word nie met ’n hoofletter gespel nie. Dit suggereer dat alles verdwerg in die grootsheid van die offer wat die vlieŽnier bring: sy lewe vir die eer van sy land en sy keiser.

    Die naam “lucifer” het ook nie ’n hoofletter nie. Lucifer is die naam wat ons met die duiwel verbind, maar dit was oorspronklik ’n Latynse woord wat “ligbringer” beteken het. In Jesaja 14 vers 12 is die Hebreeus as volg vertaal: “Hoe het jy nie uit die hemel geval nie, o blinkende een, seun van die oggend.” In hierdie hoofstuk verwys dit na ’n Babiloniese koning, maar mettertyd is daar aanvaar dat die aartsengel, Lucifer, uit die hemel verban is as gevolg van sy opstand teen God. Lucifer was dus eers ’n engel en later die duiwel.

    Uit bogenoemde beskrywing is dit dus duidelik waarom die Kamikaze-vlieŽnier as ’n engel en as ’n duiwel beskou kan word. Boonop val hy uit die hemel op sy teiken (target).

    Die vlieŽnier merk in die laaste oomblikke van sy lewe vier dinge op: die son wat op die vlerk van die vliegtuig weerkaats (reflect), die helderblou lug, die sagte spierwit wolke waardeur hy beweeg en laastens die blou see waarheen hy afduik. Ons weet nie veel van hom as mens nie. Ons hoor slegs dat hy ’n “kind van tokio” is en dat hy nie moet dink aan sy “dae in (sy) vaderland” nie. Wanneer hy aan sy vaderland dink, is dit slegs om te sÍ dat dit wat hy nou doen vir sy vaderland is: hy vernietig homself en sy vliegtuig.

    Indirek word “as ’n laat lucifer” vergelyk met “as vlampyl”. Hy duik af na iets in die see en dit is opmerklik dat dit nie genoem word nie. Dit suggereer dat die vlieŽnier glad nie aan sy teiken as mense dink nie. In sy gedagtes is dit slegs die “heerlikheid” van wat hy doen wat vir hom belangrik is. Inderdaad word die woord “heerlik” op drie plekke in die gedig gebruik: eerstens om die lig te beskryf, daarna die klank van die grofgeskut wat “heerlik” is, en die heerlikste van alles is die oomblik waarop hy teen ’n hoŽ snelheid afpyl op die teiken.

    Twee voorbeelde van ironie in die gedig is te vind in: “die kind uit tokio” en “hier kom ek: kamikaze!”

    Eerstens was die Japannese amper kinderlik in hul verering van hulle land en keiser. Hy is egter nie ’n kind wat speel nie, maar ’n kind wat doodmaak. Tweedens is hy eintlik besig om te gaan — dood te gaan en nie te “kom” nie. Maar dit het ook iets te doen met ’n soort kinderspel waar klein seuntjies mekaar waarsku om op hulle hoede te wees want hulle gaan aangeval word: “Pasop! Hier kom ek!”

    Vrae

    1. Waarna verwys die woord “vlerk” in die eerste versreŽl? (2)
    2. Hoe voel die spreker teenoor die blou hemel waarin hy vlieg? (2)
    3. Watter ander kleur behalwe blou word deur die gedig gesuggereer? (1)
    4. Waarvandaan kom die spreker? (1)
    5. Wat is die spreker besig om te doen? (2)
    6. Waarmee vergelyk hy homself? Noem twee dinge. (2)
    7. Waaraan moet hy liewer nie dink nie? (2)
    8. Waarom pleeg hy hierdie daad? (2)
    9. Wat is vir die spreker die hoogtepunt van sy daad? (2)
    10. Verduidelik wat hy bedoel met die woorde “ ’n laat lucifer” (2)
    11. Die woorde “hier kom ek” is ironies. Wat word eintlik daarmee bedoel? (2)

    Voorgestelde antwoorde

    1. Die vlerk van die vliegtuig.
    2. Dis vir hom wonderlik. Hy beskryf dit as heerlik.
    3. Wit: die wolke waardeur hy vlieg op pad see toe.
    4. Tokio, Japan.
    5. Hy gaan met sy vliegtuig op ’n teiken afduik.
    6. ’n Laat Lucifer en ’n vlampyl.
    7. Sy vaderland.
    8. Hy doen dit ter ere van sy land.
    9. Die “heerlikste” is wanneer hy begin afpyl op die teiken.
    10. Hy is ’n moderne Lucifer. Net soos die engel uit die hemel afgeduik het, is die vlieŽnier besig om op die teiken af te duik.
    11. Eintlik moes hy gesÍ het “Hier gaan ek” want hy gaan nou sterf omdat hy met sy vliegtuig en al gaan afduik op die teiken. Hy sal dus ook sterf.


    Met Phyllis ingekooi — BAREND J TOERIEN

    Stap 1: Woordeskat
    Phyllis op die vensterbank / tel sneeuvlokkies, daglank, aandlank,
    (Phyllis on the windowsill counts snowflakes, all day, all night)
    “Triljoen-en-twee-” Ek sÍ: veel dank.
    (A trillion and two; I say: Thank you)
    Kom Phyllis, maak my voete warm.
    (Come, Phyllis, warm my feet.)

    Phyllis lek haar hare glad / soos George Raft s’n, blink en nat
    (Phyllis licks her fur {hair} just like {the actor} George Raft, shiny and wet)
    / want Phyllis is my outydse kat.
    (Phyllis is my old fashioned cat)
    Repeat last line of previous stanza.

    Ek tel haar op — sy kyk ontstel
    (I pick her up — she looks upset)
    / want wie gaan nou die sneeuval tel?
    (who is going to count the falling snowflakes?)
    / en sit haar op my kooi op bevel van Phyllis-maak-my-voete-warm.
    (I put her om my bed with the instruction to keep my feet warm.)

    Dan in my lang wol-onderklere
    (then in my long woollen underwear) /
    (sy draai haar kop weg vir die gebeure)
    (she turns her head away when I undress)
    / krimpvarkie-kruip ek in die vere.
    (like a hedgehog I crawl in under the feather blankets / duvets)
    Herhaal laaste sin van eerste strofe.

    Lank opgewen slaan sy haar enjin / nou aan met por, voet-vroetel, spin.
    (For a long time she has been wound up like a clock and now her engine starts up while she prods, wriggles, purrs.)
    / straal katte-Watte die komberse in
    (cat heat in Watts permeates the blankets.)
    So maak Phyllis my voete warm.
    (In this way Phyllis warms my feet.)

    Stap 2: ’n Bespreking van die gedig.
    In hierdie lughartige gediggie probeer die spreker sy kat, Phyllis, oortuig om op sy voete te kom lÍ sodat sy voete kan warm word. Phyllis het egter ’n baie belangrike taak en dit is om op die vensterbank te sit en die sneeuvlokkies te tel. Die kat het al vreeslik baie getel want sy sit die hele dag en die hele aand en tel. “Triljoen-en-twee” verwys na die derduisende sneeuvlokkies wat al geval het. Ons weet dus dat dit koud moet wees en dat die spreker se voete seker verwarming nodig het! Aangesien hierdie reŽl dikwels herhaal word, kry ons ook die indruk van koue.

    In die eerste vier strofes vra die spreker vir Phyllis om sy voete te kom warm maak, maar in die laaste strofe is Phyllis besig om die werkie te doen. Ons weet dit omdat die woord “so” daarna verwys. Dit is asof die kat ’n enjin het en die enjin verwek hitte of “Watte”. Hierdie woord moet nie verwar word met “watte” (cotton wool) nie want dit verwys na die eenhede waarin elektrisiteit gemeet word.

    In die tweede strofe word daar van ’n outydse akteur gepraat. In die dertigerjare het George Raft dikwels die rol van ’n Amerikaanse skurk gespeel. Een van sy kenmerkende eienskappe was sy haarstyl: dit het nat en blink gelyk en plat teen sy kop gelÍ. Phyllis lyk ook so omdat sy haar pels nat, en plat, lek as sy haarself “was”.

    Phyllis “doen” nie veel nie: sy tel sneeuvlokkies, lek haarself skoon en maak die spreker se voete warm. Wanneer sy opgetel word, lyk sy ontsteld omdat sy een van haar “pligte” versuim, maar dan skakel sy haar enjin, wat al lank opgewen is, aan en sy voer haar belangrikste taak uit: sy broei die spreker se voete warm.

    In die vierde strofe is daar weer twee verwysings na die koue: die spreker dra “lang wol-onderklere” soos “long johns” en hy rol hom soos ’n krimpvarkie op as hy in die bed (kooi) inkruip. Die tweede reŽl van hierdie strofe is humoristies. As die spreker ’n man is, en die kat ’n meisie, dan is dit gepas dat die kat nie na haar “baas” kyk as hy in sy onderklere verskyn nie. Phyllis is dus ’n ordentlike kat wat haar kop wegdraai.

    Vrae

    1. Verduidelik die titel van hiedie gedig. (2)
    2. Waarmee hou Phyllis haar bedags besig? (2)
    3. Gee ’n voorbeeld van ’n hiperbool. (opsetlike vergroting) (2)
    4. Wat moet Phyllis eerder doen as sneeuvlokkies tel? (2)
    5. Ons weet nie veel van Phyllis se voorkoms nie. Wat hoor ons tog van hierdie kat? (2)
    6. Gee drie bewyse dat dit koud is. (3)
    7. Waaroor raak die kat ontsteld? (2)
    8. Het ’n kat werklik ’n enjin? Wat bedoel die spreker as hy sÍ: “Lank opgewen slaan haar enjin nou aan”? (3)
    9. Verrig Phyllis uiteindelik haar werk? Haal ’n bewys uit die gedig aan. (2)

    Voorgestelde antwoorde

    1. Hy is saam met Phyllis in die bed.
    2. Sy tel sneeuvlokkies.
    3. “Triljoen-en-twee”
    4. Sy moet die spreker se voete warm maak.
    5. As sy haarself natgelek het, lyk sy soos George Raft.
    6. Sy voete is baie koud. Dit sneeu buite. Hy trek lang wol-onderklere aan en lÍ in ’n bondeltjie opgerol.
    7. Sy weet nie wie die sneeuvlokkies gaan tel as sy dit nie doen nie.
    8. Nee. Sy begin spin.
    9. Ja. “So maak Phyllis my voete warm.”

    troetelwoorde vir ogilvie douglas — MARLENE VAN NIEKERK

    Stap 1: Woordeskat
    (’n bosbouer van ’n nedersetting by Grabouw het op ’n reŽndag met sy mongoolkind op sy skoot gesit)
    (a forester from a settlement at Grabouw sat with his Down Syndrome child on his lap while it was raining)

    ‘kyk oggeliefie druppeldou / jakkals trou met wolf se vrou
    (look, dear ogilvie dewdrop / the jackal is getting married to the wolf’s wife)
    (said when the sun is shining while it rains)
    ag die stomme wÍreld wou / dat jy my kind wees
    (the poor / wretched world wanted you to be my child)
    my kind hier in ons eie dorp / agter die bosrug van grabouw
    (my child here in our own town behind the wooded hill of Grabouw
    my droomoogkind / met jou oophangmond /wat kwyl / soos heuningdruppelsdou
    (my dreamy eyed child with your open mouth that drools honey drops of dew)
    kyk daar’s druppels op jou mou / kyk daar’s druppels teen die ruit
    ( look, there are droplets on your sleeve / there are drops against the window pane)

    o oggeliefie douglas / elke druppel is ’n sonnetrou
    (oh dear ogilvie — term of endearment — douglas, each drop is like the sun’s wedding)
    dit reŽn / jou pa kan nie vandag / sy boom gaan kap
    (it’s raining, your father can’t go and chop a tree today)
    o nooit volprese God / wat ook oor wurms / wag moet hou
    ( oh God who can never be praised enough, who even protects worms)
    seŽn die oggeliefiekind van my / en my sy pa / en daar sy maltrapma
    (bless this darling child of mine / and me as his father / and there his madcap mother)
    o oggeliefie druppeldou / o jakkals trou met wolf se vrou
    (repeat first two lines of first verse)

    Stap 2: ’n Bespreking van die gedig
    Die titel het geen hoofletters nie alhoewel dit die naam van iemand bevat. Troetelwoorde is woorde waarmee jy iemand troos, paai of liefdeswoorde. (Terms of endearment) Die persoon wat getroos word, is Ogilvie Douglas, maar soos die onderskrif na die titel reeds gemeld het, ly hierdie kind aan Mongolisme of Down se sindroom. Nadat die naam in die titel gebruik is, verskyn dit nie weer nie. Wat wel verskyn, is ’n vervorming van die kind se naam. In Afrikaans klink die veranderde naam nie so formeel soos die Engelse naam nie. Dit is omdat die term “liefie” toegeneentheid wys. “Druppeldou” bevat ’n element van die kind se regte van, Douglas, maar as ’n mens dit in Afrikaans uitspreek, dan beteken dit ook iets spesifieks (dou (dew) en glas)

    Die pa praat met die kind terwyl hy voor die venster sit. Hy gebruik die uitdrukking wat ons in Afrikaans gebruik as dit reŽn terwyl die son skyn. In Engels praat hulle van ’n “monkey’s wedding”, maar dit is relevant dat ons hier te doen het met twee diere, jakkals en wolf, wat nie juis by mekaar pas nie. Omdat hulle bymekaar is, vind daar ’n natuurfrats plaas (son+reŽn), en omdat die bosbouer en die “maltrapma” met mekaar getrou het, het hulle ’n kind wat vertraag is in die wÍreld gebring.

    Down se sindroom het te doen met die afwyking in die chromosoongetal van die menslike liggaam. Elke mens het 23 pare chromosone en as een van hierdie pare ’n afwyking toon, sal die kind Mongolisme hÍ. Daar is bevind dat moeders wat eers laat in hulle lewens hul eerste kind het, eerder kans het om so ’n kind te hÍ.

    Die pa is lief vir sy kind, en het ook vir hom ’n troetelnaam: oggeliefie druppeldou. In die eerste strofe hoor ons dat hy sy lot aanvaar dat hy so ’n kind moet hÍ want hy sÍ: “ag die stomme wÍreld WOU dat jy my kind moet wees”. Die pa se liefde vir sy kind word verder bewys deur die feit dat hy besitlike voornaamwoorde gebruik teenoor die kind. Hy praat van “my” kind en “jou” pa en “my sy pa”.

    In hierdie strofe hoor ons ook van die tipiese kenmerke van so ’n kind: hy’t droomoŽ, sy mond hang oop en hy kwyl. Ten spyte hiervan wys die pa vir sy kind hoe die reŽn teen die ruit afloop en vergelyk die kind se spoegdruppels met die reŽndruppels.

    Ons hoor ook in die eerste strofe dat hulle “agter die bosrug van grabouw” woon. Ons kry nog verdere inligting in die tweede strofe. Die pa kan nie gaan bome kap nie omdat dit reŽn en nou gesels hy met die kind al kan die kind nie juis verstaan of reageer nie. Ons kom ook iets van die ma agter. Sy word as ’n “maltrapma” beskryf. Dit suggereer dat die ma effens mallerig is en snaakse goed aanvang. Die term “maltrap” kan ook gebruik word vir ’n vrolike, verspotte persoon. Deesdae hoor ’n mens die term “loskop” wat ook na ’n maltrappersoon kan verwys.

    Daar is ’n deurlopende gevoel van vrede en aanvaarding in hierdie gedig. Die gebruik van kinderlike beelde om natuurverskynsels te verklaar is gepas omdat die kind miskien sodoende iets kan begryp. Alhoewel “kwyl” ’n negatiewe, morsige beeld by die leser wek, word dit versag met die woord “heuningdruppelsdou” wat ’n aangename beeld aan die leser gee.

    Die ironie wat opgesluit lÍ in “o nooit volprese God” is duidelik: ten spyte daarvan dat die kind Mongolisme het, is die pa nog steeds gelowig en dankbaar oor sy lot in die lewe. Selfs die kleinste en minste in die natuur kry God se aandag, naamlik die “wurms”, dus is ’n kind, al is dit een met Down se sindroom, ook van waarde.

    Ons kry ook hierdie positiewe gevoel in die afwisseling van sonskyn en reŽn op hierdie spesifieke dag. Uit swaarkry word daar tog iets goeds gebore. Omdat die vader nie kan gaan werk nie, kan hy met sy kind gesels.

    Vrae

    1. Wat kan jy aflei van die titel van die gedig? (2)
    2. Op watter ander manier word die naam Ogilvie Douglas in hierdie gedig gebruik? (2)
    3. Waarom dink jy gebruik die spreker hierdie verdraaiing van die kind se naam? (2)
    4. Wanneer gebruik ’n mens die uitdrukking “jakkals trou met wolf se vrou”? (2)
    5. Waarvandaan kom hierdie uitdrukking? (2)
    6. Wat is die normale betekenis van stom? (1)
    7. Wat beteken stomme in die uitdrukking “die stomme wÍreld”? (2)
    8. Verduidelik waarom die digter die woord “heuningdruppelsdou” gebruik? (2)
    9. Waarvan is reŽndruppels ’n simbool? (1)
    10. Hoe, deur na die kind te kyk, kom jy agter dat hierdie kind anders is as gewone kinders? (2)
    11. Wat is so ironies aan die pa-seun-verhouding in hierdie gedig? (2)
    12. Verduidelik wat bedoel word met “maltrapma”? (2)
    13. Wat bedoel die spreker met die woorde “o nooit volprese God” (1)
    14. Waarna verwys die wurm in hierdie gedig? (2)
    15. Hoekom beroep die spreker hom op God? (2)
    16. Wat vra die spreker van God? (2)

    Voorgestelde antwoorde

    1. Trooswoorde vir iemand met ’n welluidende naam.
    2. Dit word verander/ verdraai tot ’n liefdesnaam. Die van word as gevolg van die Afrikaanse konnotasie met “dou” en “glas” gebruik om van die reŽndruppels teen die ruit te praat.
    3. Net soos die naam “anders” is, is die kind ook anders. Die kind met Downsindroom “pas” nie by die formele naam nie. Hy pas eerder by die troetelnaam.
    4. As dit reŽn terwyl die son skyn.
    5. Gebaseer op ’n bygeloof. Wolf- en Jakkalsstories.
    6. As iemand nie kan praat nie.
    7. Arme
    8. Heuning is soet. Die kind kwyl en die reŽn val. Dis deel van die kind se van.
    9. SeŽninge van bo.
    10. Sy oŽ lyk dromerig; sy mond hang oop; hy kwyl;
    11. Die pa sit met die kind op sy skoot. Hy aanvaar die kind heeltemal. Hy sien dit as die wil van God.
    12. Iemand wat ’n bietjie laf is. Miskien iemand wat vreemde dinge sÍ en doen.
    13. God kan nooit genoeg geprys word nie. Al verstaan ons nie presies waarom Hy dinge laat gebeur nie.
    14. Die geringste dingetjie.
    15. Hy is gelowig. Hy aanvaar God heeltemal. Hy het geestelike krag nodig om hierdie las te dra.
    16. Om vir hulle as gesin te seŽn. (Vir die pa, ma en kind)

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.