OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust
’n Meestersgraad gerig op Opvoeders

In reaksie op die versoek van talle Afrikaans-opvoeders, bied die Vakgroep Afrikaans & Nederlands van die Universiteit van Kaapstad vanaf begin 1999 ’n gestruktureerde Meestersgraad in Afrikaanse letterkunde aan wat by die behoeftes van opvoeders aansluit. Dit is ’n kursus wat oor twee jaar strek: in die eerste jaar word vier weke intensiewe opleiding aangebied (Jan / Feb en Junie); in die tweede jaar word ’n skripsie gedoen onder leiding van ’n gekose studieleier.

In die eerste jaar kies die student vyf van die nege beskikbare modules met temas soos:
  • Kurrikulum 2005 en uitkoms-gebaseerde onderrig;
  • Kurrikulum-studies;
  • Pragmatiek en Letterkunde;
  • Die skrywer as historiograaf;
  • Gender-konstruksies in die Afrikaanse poësie en drama.

Let daarop dat die eersgenoemde twee modules spesifiek met die oog op opvoeders ontwerp is. Dit sluit in aspekte soos: beginsels en vertrekpunte van Kurrikulum 2005, integrasie met ander leerarias, spesifieke uitkomste, evaluasiekriteria, ens.

Dr Nicol Faasen, vroeër hoof van Afrikaans-onderrig by die Wes-kaapse Onderwysdepartement, het ingewillig om by hierdie modules betrokke te wees op voorwaarde dat daar minstens 10 studente is wat die kursus wil volg.

Inskrywingsgeld vir die eerste jaar van die kursus is R7 000 en vir die tweede jaar (skripsiejaar) R2 000. Daar is ’n aantal beurse van die Nasionale Navorsingsraad beskikbaar — R9 000 p.j. vir voltydse studente, en R5 000 vir deeltydse studente. Inligting kan vanaf Oktober aangevra word; aansoekvorms moet in Desember ingelewer wees. Vir inligting oor die nagraadse beurse van die Universiteit, skryf aan:
Mev Paula Foley
“Postgraduate Scholarships”
Universiteit van Kaapstad
Cottage 4
7701 Rondebosch

Daar is ook ’n beperkte aantal Departementele beurse beskikbaar, wat in November toegeken word. Vir nadere inligting, skryf aan:
Prof Chris van der Merwe
Vakgroep Afrikaans en Neerlandistiek
Universiteit van Kaapstad
7701 Rondebosch

E-pos: cnvdm@beattie.uct.ac.za
Tel: (021) 6502315/2 (werk)

Daar word versoek dat alle belangstellendes aan prof Van der Merwe skryf, om ’n aanduiding te gee hoe groot die belangstelling vir die kursus is.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.