OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust
Kurrikulum 2005
Uitbreiding van leerprogram

In die eerste twee aflewerings van Kurrikulum 2005 is daar ’n oorsig gegee van die veranderinge ten opsigte van die onderrig van Afrikaans op skoolvlak (grade 7-9). Veranderinge rakende beplanning, lesaanbieding en assessering staan sentraal. Tradisioneel het beplanning geskied volgens die vaardighede: luister, praat, lees en skryf. Hierdie vaardighede is nog steeds belangrik, maar die SPESIFIEKE UITKOMSTES en FASEORGANISEERDERS staan nou in die sentrum van u beplanning en onderrig. Dit is belangrik dat u die volgende kernbegrippe goed onder die knie kry: leerareas, leerprogram, faseorganiseerders, programorganiseerders, spesifieke uitkomstes, assesseringskriteria en taakaanduiders. Sien die tweede uitgawe van OnderwysNet (Kurrikulum 2005) vir ’n verduideliking van hierdie begrippe.

In die tweede uitgawe van OnderwysNet (Kurrikulum 2005) is daar aandag gegee aan die ontwikkeling / ontwerp van ’n leerprogram. Onthou, die leerprogram vervang die tradisionele sillabusse. Daar word van elke skool verwag om uiteindelik sy eie leerprogramme te ontwerp.

Die ken en verstaan van vermelde begrippe is belangrik vir die ontwikkeling / ontwerp van leerprogramme.

In die volgende aantal aflewerings gaan ons veral aandag gee aan die ontwerp / ontwikkeling van leerprogramme. U word uitgenooi om aktief deel te neem aan die ontwerp / ontwikkeling van leerprogramme. Op hierdie wyse hou ons OnderwysNet springlewendig — ’n webtuiste vir opvoeders deur opvoeders! Stuur gerus vir ons u leerprogramme sodat ons dit met mekaar kan deel.

In die vorige uitgawe van OnderwysNet het ons begin om ’n leerprogram te ontwerp vir die leerarea Taal, Geletterdheid en Kommunikasie. Die faseorganiseerder was Kommunikasie.

Hier volg verdere voorstelle vir die uitbreiding van die vorige leerprogram.

Spesifieke uitkoms van taal, geletterdheid en kommunikasie:

Spesifieke uitkoms 4:
Leerders bekom, verwerk en gebruik inligting uit ’n verskeidenheid bronne en situasies.

Assesseringskriterium 3:
Inligting word gevind en geselekteer.

Taakaanduider:
Dit sal blyk wanneer leerders in staat is om inligting te vind en te selekteer.

Aktiwiteite op grond van uitkoms 4:
Aktiwiteit 1: Koerante
  • Die leerders moet 20 vrae (vooraf deur die opvoeder opgestel) beantwoord deur die nodige inligting in ’n koerant te soek.
  • Deel aan elke leerder of groep ’n koerant uit.

Voorbeeldvrae:
(Maak seker die antwoorde kom in die onderskeie koerante voor!)

  1. Wat is die prys van die koerant?
  2. Wat is die naam van die koerant?
  3. Skryf die naam van ’n bekende politieke figuur neer.
  4. Skryf die naam van ’n bekende sportpersoonlikheid neer.
  5. Skryf die naam van ’n kunstenaar neer.
  6. Skryf die naam van iemand neer wat ’n bril dra.
  7. Wat is die hoogste temperatuur in Kaapstad?
  8. Wat is die minimum temperatuur in Port Elizabeth?
  9. Skryf ’n televisieprogram neer wat op TV 2 tussen 18:00 en 19:00 uitgesaai word.
  10. Skryf ’n televisieprogram neer wat op TV 3 tussen 16:00 en 17:00 uitgesaai word.
  11. Skryf ’n televisieprogram neer wat op TV 1 tussen 20:00 en 21:00 uitgesaai word.
  12. Skryf ’n radioprogram neer wat op Radio Sonder Grense tussen 22:00 en 23:00 uitgesaai word.
  13. Skryf ’n radioprogram neer wat op Radio Sonder Grense tussen 12:00 en 13:00 uitgesaai word.
  14. Skryf ’n radioprogram neer wat op Safm tussen 11:30 en 12:30 en uitgesaai word.
  15. In watter gebied kan jy ’n huis koop wat tussen R 200 000 en R 250 000 kos?
  16. Skryf die naam van die agentskap neer wat die huis in (o) bemark.
  17. In watter gebied kan jy ’n woonstel koop wat tussen R 120 000 en R 150 000 kos?
  18. Skryf die naam neer van iemand wat ’n brief aan die koerant geskryf het.
  19. Skryf die opskrif neer van die hoofartikel?
  20. Skryf ’n opskrif neer wat verband hou met misdaad.

Aktiwiteite 2 en 3 op grond van uitkoms 4: die radio en televisie

  • Neem die nuus van ’n bepaalde dag van die radio en televisie op.
  • Stel 20 vrae oor elkeen op.
  • Laat leerders na die nuus luister en die vrae beantwoord.

Aantal korrek Moontlike afleidings Assessering
19 - 20 Luistervaardighede: uitstekend Demonstreer luistervermoë
15 - 18 Luistervaardighede: bo-gemiddeld Demonstreer luistervermoë
11 - 14 Luistervaardighede: gemiddeld Luistervermoë: meer oefeninge nodig
6 - 10 Luistervaardighede: onder-gemiddeld Luistervermoë: nie goed ontwikkel nie
0 - 5 Luistervaardighede: baie swak Beskik glad nie oor die nodige luistervaardighede nie

Spesifieke uitkoms 2:
Leerders toon ’n kritiese bewustheid van taalgebruik

Assesseringskriterium 4:
Bewustheid van hoe taal met die tyd en op verskillende plekke verander word gedemonstreer.

Taakaanduider:
Kritiese bewustheid sal duidelik blyk wanneer leerders ’n bewustheid van die veranderde aard van taal kan demonstreer.

Aktiwiteit op grond van uitkoms 2:

  • Leerders bespreek in groepe watter invloed die TV op ons hedendaagse taalgebruik het.
  • Leerders moet ’n aantal nuwe woorde / begrippe neerskryf wat saam met die gebruik van die televisie tot stand gekom het.

Integrering met spesifieke uitkomstes van ander leerareas:

Spesifieke uitkoms 9 van natuurwetenskappe:
Demonstreer ’n begrip van die interaksie tussen die natuurwetenskappe en sosio-ekonomiese ontwikkeling.

Assesseringskriteria:
Die leerders demonstreer die volgende:

  1. Bewys van hoe wetenskap en tegnologie gebruik word.
  2. Die wyse waarop wetenskaplike ontwikkeling die lewens van mense verander het, word geanaliseer.
  3. Die impak van tegnologiese vernuwings op wetenskaplike werk word verken.
  4. Die skakel tussen wetenskaplike idees en tegnologiese toestelle word verken.
  5. Rol en gevolge van wetenskap in die samelewing word gekommunikeer.

Taakaanduiders:
Dit sal bewys word as die leerders:

  • Voorbeelde voorsien van hoe wetenskaplike beginsels gebruik is in die ontwikkeling van spesifieke tegnologiese toestelle of prosesse.
  • ’n Basiese begrip demonstreer van hoe wetenskap en tegnologie mekaar beïnvloed deurdat leerders die noodsaaklikheid insien van sowel tegnologiese uitvindsels as ontwikkelings van wetenskaplike konsepte en idees.
  • Verslae opstel wat van ’n helder begrip getuig van die gebruik en invloed van wetenskap en tegnologie op die samelewing.

Aktiwiteit:
Leerders sal ’n studie uitvoer waarin hulle die wetenskaplike beginsels verken wat gebruik word in die ontwikkeling van die radio en televisie en analiseer hoe dit ontwikkeling, werksgeleenthede en die samelewing beïnvloed.


U word uitgenooi om hierdie leerprogram verder uit te brei. Stuur gerus u voorstelle aan ons.

Probeer ook om die volgende leerprogram te ontwikkel en stuur dit aan ons:

Faseorganiseerder:  Kultuur en Samelewing

Programorganiseerder: Gesinne / Families

Watter spesifieke uitkomstes, assesseringskriteria, taakaanduiders, assesseringsinstrumente, aktiwiteite en spesifieke uitkomstes van ander leerareas sal u insluit?


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.