OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust
KURRIKULUM 2005
Ontwikkeling van leerprogram

In die eerste aflewering van Kurrikulum 2005 is daar probeer om ’n aanduiding te gee van die veranderinge wat gaan plaasvind ten opsigte van die onderrig van Afrikaans op skoolvlak.  Diegene wat die eertse keer kennis gemaak het met die Senior Fase (Grade 7-9): Beleidsdokument kon geïntimideer gevoel het deur die nuwe terminologie. Dit is egter die “nuwe taal” waaraan ons gewoond sal moet raak. En glo my, u sal gewoond raak aan die “nuwe taal”. Hierdie webtuiste wil aan opvoeders ondersteuning verleen met die implementering van Kurrikulum 2005. Ons gaan in die volgende aantal aflewerings probeer om van die terme prakties toe te lig.

Laat die visie vir Suid-Afrika, soos uitgespel in die Senior Fase (Grade 7-9): Beleidsdokument, ons positief motiveer om ’n sukses van Kurrikulum 2005 te maak:

“’n Gelukkige, werklik verenigde, demokratiese en internasionaal mededingende land met geletterde, kreatiewe en kritiese burgers wat ’n produktiewe, selfvervulde lewe lei in ’n land wat vry is van geweld, diskriminasie en vooroordele.”

ONTWIKKELING / ONTWERP VAN LEERPROGRAMME

Een van die groot veranderings by die onderrig van Afrikaans in die grondslagfase (grade 1-3), intermediêre fase (grade 4-6) en senior fase (grade 7-9) is die wegbeweeg van die tradisionele sillabusse na leerprogramme.

Elke skool gaan sy eie leerprogram ontwikkel. ’n Leerprogram bestaan onder andere uit die volgende:

  • Faseorganiseerder
  • Programorganiseerder
  • Spesifieke uitkomstes van leerarea
  • Spesifieke uitkomstes van ander leerareas
  • Assesseringskriteria
  • Taakaanduiders
  • Assesseringstrategieë
  • Inhoud
  • Aktiwiteite
RIGLYNE BY DIE ONTWERP VAN ’N LEERPROGRAM: TAAL, GELETTERDHEID, KOMMUNIKASIE (TGK)
  1. Kies ’n faseorganiseerder Een van vyf:
    1. Kommunikasie
    2. Kultuur en samelewing
    3. Omgewing
    4. Ekonomie en ontwikkeling
    5. Persoonlike ontwikkeling en bemagtiging
  2. Kies ’n programorganiseerder wat verband hou met die faseorganiseerder
  3. Kies die spesifieke uitkomstes, assesseringskriteria en taakaanduiders van die Leerarea TGK
  4. Kies die spesifieke uitkomstes, assesseringskriteria en taakaanduiders uit ander leeraeas.
  5. Bepaal die assesseringstrategieë en instrumente wat gebruik gaan word
  6. Bepaal die inhoud, aktiwiteite en onderrigstrategieë

PRAKTIESE TOELIGTING: LEERPROGRAM: TGK

  1. FASEORGANISEERDER: KOMMUNIKASIE

  2. PROGRAMORGANISEERDER: MEDIA: VERGELYKING TUSSEN KOERANTE, RADIO EN TELEVISIE

  3. DIE VOLGENDE SPESIFIEKE UITKOMSTES, ASSESSERINGSKRITERIA EN TAAKAANDUIDERS VAN DIE LEERAREA WORD GEKIES:

    Spesifieke uitkoms 1:
    Leerders skep en onderhandel betekenis en begrip.

    Assesseringskriteria 1:
    Oorspronklike betekenis word deur persoonlike tekste geskep.

    Taakaanduider:
    Dit word duidelik as leerders oorspronklike betekenis kan skep deur persoonlike tekste.

    Assesseringskriterium 4:
    Betekenis word gekonstrueer deur interaksie met ander taalgebruikers.

    Taakaanduider:
    Dit is duidelik wanneer leerders met ander taalgebruikers kan kommunikeer.

    Spesifieke uitkoms 4:
    Leerders bekom, verwerk en gebruik inligting uit ’n verskeidenheid bronne en situasies.

    Assesseringskriterium 2:
    Die doel van die informasie-soektog is gedefinieer.

    Taakaanduider:
    Dit sal blyk wanneer leerders die doel van die soektog kan definieer.

    Assesseringskriterium 3:
    Inligting word gevind en geselekteer.

    Taakaanduider:
    Dit sal blyk wanneer leerders in staat is om inligting te vind en te selekteer.

  4. SPESIFIEKE UITKOMSTES, ASSESSERINGSKRITERIA VAN ANDER LEERAREAS:

    Spesifieke uitkoms 6 van WGWWW:
    Gebruik data uit verskillende situasies omdeurdagte besluite te neem

    Assesseringskriterium 2:
    Versamel data

    Taakaanduider:
    Data-insameling beplan ten einde die vergelyking van twee groepe tov dieselfde veranderlikes moontlik te maak

    Assesseringskriterium 3:
    Organisering van data

    Taakaanduider:

    • Data sorteer, orden, klassifiseer
    • Veranderlikes identifiseer wat help om vrae te beantwoord
    • Breuke / persentasies gebruik om data te vergelyk

  5. AKTIWITEITE OP GROND VAN SPESIFIEKE UITKOMS 1

    1. Verdeel die klas in groepe (vier lede per groep).
    2. Elke groep moet die volgende opdragte uitvoer:
    3. Elke groep moet ’n lys maak van die verskille en ooreenkomste tussen die televisie, radio en koerant.
    4. Elke groep moet ’n lys maak van die voordele en nadele van die televisie, radio en koerant.
    5. Die leerders moet mondelings en skriftelik verslag lewer.

    1. ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR GROEPWERK
      1. Deelname van groeplede Al die groeplede neem aktief deel aan groep-besprekings    Slegs enkeles neem deel aan groep-bespreking    Een / twee persone oorheers groep   
      2. Samewerking van groeplede Goeie samewerking van al die groeplede    Slegs enkele groeplede werk goed saam    Weinig sprake van samewerking   
      3. Luister na ander leerders in die groep Almal respekteer en luister met aandag na mekaar se bydraes    Nie al die lede luister met aandag na ander se bydraes nie    Geen respek vir mekaar se sienings / standpunte nie   
      4. Inhoud van aanbieding Prikkelend / relevant / interessant    Slegs enkele gedagtes is prikkelend / relevant / interessant    Inhoud is saai / irrelevant   
      5. Wyse van aanbieding Prikkelend / lewendig / oortuigend    Gemiddelde aanbieding    Vervelige / saai aanbieding   

    2. ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR LEERDERS IN GROEPVERBAND

      Altyd Soms Nooit
      Leerder se bydrae was sinvol


      Leerder het spontaan deelgeneem


      Leerder se inhoud was prikkelend


      Leerder se inhoud was relevant


      Leerder het met aandag na sy maats geluister


  6. AKTIWITEITE OP GROND VAN SPESIFIEKE UITKOMS 4 VAN TGK EN WGWWW 6:

    1. Leerders moet navorsing gaan doen om te bepaal:
      • hoeveel van diegene wat hulle ondervra koerante lees / na die radio luister,
      • watter koerante gelees word / na watter radiostasies geluister word, ens.

    2. Verdeel die leerders in 4 groepe
      • GROEP 1 moet navorsing gaan doen onder volwasse vrouens
      • GROEP 2 moet navorsing gaan doen onder volwasse mans
      • GROEP 3 moet navorsing gaan doen onder tienerdogters
      • GROEP 4 moet navorsing gaan doen onder tienerseuns

    3. Elke groep moet 20 respondente ondervra.

    4. Die volgende vraelyste moet gebruik word:
      VRAELYS: KOERANTE
      NAAM / NOMMER VAN RESPONDENT:
      1. Hoe dikwels lees u ’n koerant? NOOIT SOMS ALTYD
      2. Indien respondent nooit ’n koerant lees nie – waarom?
      3. Noem die name van die koerant(e) wat u lees (Afikaanse en Engelse koerante)
      4. Watter gedeelte van die koerant lees u gewoonlik? Hele koerant Voorblad Politiek Sport

      VRAELYS: RADIO
      NAAM / NOMMER VAN RESPONDENT:
      >1. Hoe dikwels luister u na die radio? NOOIT SOMS ALTYD
      2. Indien respondent nooit na die radio luister nie – waarom?
      3. Na watter stasie(s) luister respondent gewoonlik? (Afrikaans en Engels)
      4. Na watter programme luister respondent gewoonlik? Musiek Nuus Vervolg-verhale Sport

      Na afloop van die onderhoude en invul van die vraelyste moet die leerders ’n verslag saamstel na aanleiding van die volgende vrae:

      1. Hoeveel volwasse mans lees:
        1. altyd die koerant?
        2. soms die koerant?
        3. nooit die koerant nie?

      2. Hoeveel volwasse vrouens lees:
        1. altyd die koerant?
        2. soms die koerant?
        3. nooit die koerant nie?

      3. Hoeveel tienerseuns lees:
        1. altyd die koerant?
        2. soms die koerant?
        3. nooit die koerant nie?

      4. Hoeveel tienerdogters lees:
        1. altyd die koerant?
        2. soms die koerant?
        3. nooit die koerant nie?

      5. Bepaal van elke groep die persentasie wat altyd, soms en nooit die koerant lees nie.

      6. Watter rede(s) voer die onderskeie groepe aan waarom hulle nooit die koerant lees nie?

      7. Noem al die koerante wat die onderskeie groepe lees.

      8. Watter koerant word deur die meeste respondente gelees?

      9. Hoeveel van elke groep luister:
        1. altyd
        2. soms
        3. nooit na die radio nie?

      10. Na watter stasies luister die meeste van die respondente?

      11. Na watter programme luister:
        1. die meeste volwasse mans?
        2. die meeste volwasse vrouens?
        3. die meeste tienerseuns?
        4. die meeste tienerdogters?

      12. Hoeveel persent van elke groep luister:
        1. altyd
        2. soms
        3. nooit na die radio nie?

      ASSESSERINGSINSTRUMENT VIR GROEPWERK


      Altyd Soms Nooit
      Samewerking van groeplede tov insameling van data


      Samewerking van groeplede tov berekeninge


      Samewerking van groeplede tov verslaglewering


      Samewerking tussen groepe


      OPDRAG — ONTWIKKEL HIERDIE LEERPROGRAM VERDER:

      • Probeer om ander spesifieke uitkomstes van TGK en ander leerareas, assesseringskriteria, taakaanduiders, aktiwiteite, assesseringsinstrumente te betrek.
      • Laat hoor van julle!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.