OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Kurrikulum 2005 - die pad vorentoe

Richard Stanley

Tans heers daar taamlik verwarring oor die toekoms van Kurrikulum 2005 na aanleiding van die verslag en aanbevelings van die Hersieningskomitee wat mnr. Kadar Asmal aangestel het. In hierdie rubriek wil ons van die onsekerhede probeer opklaar.

Die Hersieningskomitee, onder voorsitterskap van prof. Chisholm, het in Mei 2000 sy verslag en aanbevelings aan die nasionale minister, mnr. Kadar Asmal, oorhandig. In die media is van die aanbevelings van die Hersieningskomitee bespreek. Dit het aanleiding gegee tot vele onsekerhede rondom die toekoms van Kurrikukulum 2005. Dit het by die nasionale kabinet berus om te bepaal watter aanbevelings aanvaar of verwerp sal word. Die nasionale kabinet het eers op 26 Julie 2000 byeengekom om die Hersieningskomitee se aanbevelings te bespreek.

Die volgende is ’n opsomming van die belangrikste aanbevelings wat die nasionale kabinet aanvaar het / nie aanvaar het nie:

  • Die kabinet het besluit dat die amptelike naam Kurrikulum 2005 behou sal word. Die voorgestelde naamsverandering na Kurrikulum 21 is dus nie aanvaar nie.

  • Kurrikulum 2005 sal in 2001 in grade 4 en 8 geÔmplementeer word.

  • Die Hersieningskomitee se aanbeveling dat die leerareas Tegnologie en Ekonomiese Bestuurswetenskappe in ander leerareas opgeneem word, is nie deur die kabinet aanvaar nie. Daar sal dus nog steeds die volgende agt leerareas in die Senior Fase (Grade 7 tot 9) wees:
    1. Tale (voorheen Taal, Geletterdheid en Kommunikasie)
    2. Wiskunde (voorheen Wiskundige Geletterdheid, Wiskunde en Wiskundige Wetenskappe)
    3. Menslike en Sosiale Wetenskappe
    4. Natuurwetenskappe
    5. Kuns en Kultuur
    6. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
    7. Tegnologie
    8. LewensoriŽntering.

  • Die volgende Kritieke Uitkomste sal nog steeds die kern van Kurrikulum 2005 vorm:

    Die leerder sal:

    1. Probleme identifiseer en oplos en besluite deur kritiese en kreatiewe denke neem.
    2. Effektief met ander as lede van ’n span, groep, organisasie en gemeenskap saamwerk.
    3. Hulself en hul aktiwiteite op ’n verantwoordelike en effektiewe wyse organiseer.
    4. Informasie insamel, analiseer, organiseer en krities evalueer.
    5. Effektief kommunikeer deur visuele, simboliese en/of taalvaardighede op verskillende maniere te gebruik.
    6. Wetenskap en tegnologie effektief en krities gebruik terwyl hulle bewys lewer van verantwoordelikheid teenoor die natuur en die gesondheid van ander.
    7. ’n Begrip toon van die wÍreld as ’n stel verwante sisteme deur die ontdekking dat probleemoplossingskontekste nie in isolasie bestaan nie.


    Die grondslag van enige leerprogram moet bydra tot die volle persoonlike ontwikkeling van elke leerder, asook tot sosiale en ekonomiese ontwikkeling in die breŽ om sodoende die individu bewus te maak van die belangrikheid van

    1. Reflektering oor en verkenning van ’n verskeidenheid strategieŽ om meer effektief te leer
    2. Deelname as verantwoordelike burgers aan die lewe van plaaslike, nasionale en globale gemeenskappe.
    3. Kulturele en estetiese sensitiwiteit t.o.v. ’n reeks sosiale kontekste.
    4. Verkenning van opvoedkundige en beroepsgeleenthede.
    5. Die ontwikkeling van entrepreneursgeleenthede.

  • Die volgende sal geskrap word (sien vorige uitgawes van Onderwysnet - Kurrikulum 2005 vir ’n bespreking van die konsepte):

      - Faseorganiseerders
      - Programorganiseerders
      - Omvangstellings
      - Assesseringskriteria
      - Taakaanduiders.

  • Uitkomsgebaseerde onderwys en opleiding sal nog steeds die kern van Kurrikulum 2005 vorm. Uitkomsgebaseerde onderwys en opleiding is ’n leerdergesentreerde benadering tot onderwys en opleiding wat op die volgende oortuigings berus:

  • Leerders kan suksesvol leer en sekere resultate behaal indien hulle voldoende tyd daarvoor gegee word en blootgestel word aan addisionele leerervarings en ’n ondersteunende (stimulerende) omgewing.

    Die strategie om dit te bereik, impliseer dat:

    • dit wat leerders moet bereik, vooraf duidelik omskryf moet word
    • leerders tyd gegun en gelei moet word om hul volle potensiaal te bereik
    • leerders hul eie teikens stel en teen hulself kompeteer
    • leerders se behoeftes deur ’n verskeidenheid onderrig-, leer-, en   evalueringstrategieŽ geakkommodeer word
    • die klem op ’n balans tussen kennis en vaardighede sal wees.

  • Sukses gee aanleiding tot meer sukses.

  • Dit is die skool se verantwoordelikheid om te verseker dat leerders sukses behaal.

    Binne ’n uitkomsgebaseerde benadering word daar gefokus op die resultate (uitkomste) wat die leerders aan die einde moet bereik. Daar word nie slegs gekonsentreer op WAT jy leer nie, maar ook op HOE jy leer. Uitkomste is die kennis, vaardighede, waardes en gesindhede wat ’n persoon binne ’n leersituasie behoort te demonstreer. Die klem val op die verwesenliking van uitkomste en nie op die afhandeling van leerstof nie.

  • Die voorgestelde nuwe Nasionale Kurrikulumstelling wat die kurrikulumvereistes op verskillende vlakke en fases in eenvoudige en duidelike taal beskryf, is aanvaar. Hierdie Nasionale Kurrikulumstelling sal moontlik eers in Junie/Julie 2001 gereed wees. Die Nasionale Kurrikulumstelling behoort die inhoud van elke leerarea aan te dui, wanneer en in watter volgorde die inhoud onderrig en geleer moet word, en ook die vlakke van vaardighede. Die leeruitkomste (inhoud, konsepte en vaardighede) en assesseringstandaarde moet saam met die leerprogram en graad aangebied word.

    IMPLIKASIES VIR DIE AFRIKAANS-OPVOEDER

    Dit wil voorkom asof die taalopvoeder makliker sal kan aanpas by die gewysigde Kurrikulum 2005. Indien opvoeders die afgelope paar jaar die kommunikatiewe, interaktiewe benadering by taalonderrig gevolg het, sal hulle goed voorbereid wees vir Kurrikulum 2005. By taalonderrig is die afgelope aantal jare die volgende beklemtoon:

      - ’n leerdergesentreerde benadering
      - die gebruik van ’n verskeidenheid outentieke tekste
      - ’n geÔntegreerde benadering
      - individuele en groepwerk
      - die onderrig van taalstrukture en taalreŽls binne konteks
      - ’n verskeidenheid onderrig- en leerstrategieŽ.

    Die uitkomste vir die leerarea Tale (Taal, Geletterdheid en Kommunikasie) sal nog steeds relevant wees by die onderrig van Afrikaans:

    Leerders sal nog altyd:

      - betekenis en begrip moet skep en daaroor onderhandel
      - ’n kritiese bewustheid van taalgebruik moet toon
      - die estetiese, affektiewe, kulturele en sosiale waardes in tekste moet ervaar en waardeer
      - taal moet gebruik om inligting vanuit ’n verskeidenheid bronne en situasies te bekom en te   prosesseer
      - taalstrukture en -konvensies moet verstaan en ken en dit in konteks moet kan toepas
      - taal gebruik om te leer.
      - gepaste kommunikasiestrategieŽ vir spesifieke doeleindes en verskillende situasies moet   gebruik.

    Die materiaal wat tot dusver op OnderwysNet verskyn het, is nog steeds relevant en kan met vrug gebruik word. Terme soos faseorganiseerders, programorganiseerders, assesseringkriteria en taakaanduiders kan weggelaat word.

    ’n Vraag wat dikwels gevra word, is die volgende:

    Word voorgeskrewe (literatuur-) studie nog steeds in die Senior Fase (grade 7-9) aangebied?

    Die antwoord hierop is beslis JA! Trouens, daar is groter ruimte vir die aanbied van literatuurstudie in die Senior Fase.

    Van die taaluitkomste is onder andere die volgende:

      - Leerders reageer op die estetiese, affektiewe, kulturele en sosiale waardes in tekste.
      - Leerders skep en onderhandel betekenis en begrip.

    Daar moet klem gelÍ word op ’n geÔntegreerde benadering van aanbieding by literatuurstudie.
    Een moontlikheid is om die volgende stappe te volg:

    1. Kies ’n breŽ tema soos byvoorbeeld Persoonlike Ontwikkeling en Bemagtiging.
    2. Kies ’n onderwerp wat verband hou met die breŽ tema, bv. Liefde.
    3. Selekteer gedigte en kortverhale wat verband hou met die onderwerp.
    4. Bepaal die uitkomste, byvoorbeeld:
      • Leerders sal die volgende literÍre begrippe kan uitken en toepas
      • Leerders sal hul selfstandige siening/mening van die gedig/kortverhaal kan gee.

    1. Bepaal die inhoud, aktiwiteite.
    2. Betrek ander tekste (koerante, tydskrifte, strokiesprente, ens.).

    In die volgende uitgawes sal materiaal verskyn wat in die klaskamer gebruik kan word.

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.