OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Leerprogram

Christopher Banda
Vakadviseur: WKOD

Fase-organiseerder: kultuur en gemeenskap

Programorganiseerder: straatkinders

Spesifieke Uitkoms: 7

    Leerders gebruik gepaste kommunikasiestrategieŽ vir spesifieke situasies en doeleindes
Assesseringskriteria:
  1. ’n Gepaste kommunikasiemedium word gekies

    Taakaanduider: Leerders kan die behoefte aan kommunikasie identifiseer en bevredig

  2. Bewyse van beplanning, ontwerp en kontrolering word gelewer.

  3. Bewyse van die volgende word gelewer
  4. strukturele organisasie
  5. helder uitdrukking
  6. oorspronklike idees
  7. gepaste taalgebruik (bv woordeskat, register, grammatika, spelling, sinsbou, leestekengebruik ens)
  8. Taakaanduider: Beplanning, ontwerp en kontrolering is sigbaar wanneer leerders ontwerp- en finale kopieŽ van die volgende geskrewe werk kan lewer:
  9. plakkate
  10. briewe aan die koerant
  11. gedigte

Spesifieke Uitkoms: 5

Leerders verstaan, ken en pas taalstrukture en taalkonvensies binne konteks toe.

Assesseringskriterium: 1

Kennis van taalstrukture en taalkonvensies word gebruik om teks te struktureer

    Taakaanduider: Kennis van taalstrukture en taalkonvensies is duidelik wanneer leerders die volgende tekste kan skep:
  • gedigte
  • briewe
  • plakkate

Integrering met Spesifieke uitkomstes van ander leerareas:

    Menslike en Sosiale Wetenskappe (MSW): 3

    (Leerders) Neem aktief deel aan die bevordering van ’n regverdige, demokratiese en “equitable ” / gelyke samelewing

    Assesseringskriterium: 4

    Ingeligte oordele oor sake word gemaak in verhouding tot die Grondwet deur
  • kwessies / vraagstukke te identifiseer
  • kwessies / vraagstukke te ontleed
  • kwessies / vraagstukke met die Grondwet in verband te bring en ’n oordeel daaroor te fel.
  • Taakaanduiders:
  • identifiseer kanale waardeur die kwessies
  • aangespreek kan word
  • ontgin verskeie strategieŽ waardeur kwessies aangespreek kan word

Bronne / tekste

Drie koerantberigte:

    ”Buyel’ ekhaya ”
    “Eendag wil ek ’n fotograaf wees ”
    “Straatkinders na Duitsland ”


Artikel 1

Buyel’ Ekhaya

KAAPSTAD. Goeie resultate word behaal met die Buyel’ Ekhaya Projek om straatkinders te identifiseer en weer met hul gesin en gemeenskap te versoen, het mnr Peter Marais, provinsiale Minister van Maatskaplike Dienste, gister gesÍ. Hy het in die bespreking van sy begrotingspos in die provinsiale parlement gesÍ die projek is middel Januarie begin met ’n begroting van R951 700. Op 25 Januarie is 18 straatwerkers en twee maatskaplike werkers aangewys om straatkinders te help identifiseer. In die eerste vier weke daarna is 194 straatkinders geÔdentifiseer, van wie 38 onder die ouderdom van 18 teruggeplaas is by hul gesin. Onder die 194 was 20 meisies onder 18, vier meisies bo 18, 154 seuns onder 18, en 16 jong mans bo 18. Altesame 98 van hulle verskyn op dieselfde tyd van die dag op straat, en 96 leef op straat met min of geen kontak met hul gesin nie. Marais het gesÍ sedert 15 Februarie word gemiddeld sewe tot tien straatkinders per dag “gedokumenteer”.


Artikel 2

“Eendag wil ek ’n fotograaf wees”

Straatkinders wys “die verstommendste werk as jy hulle kans gee”

’n Foto van ’n kreupel bedelaar wat op die sypaadjie tussen motorfietse deur kruip. Die foto, deel van die uitstalling van straatkinders se fotografie, is geneem deur Moh Agung, ’n sestienjarige straatkind in Djakarta, IndonesiŽ. ’n Foto van ’n jong seun wat besig is om gom te snuif. Dit is deel van die uitstalling van straatkinders se eie fotografie in Djakarta. Die foto is geneem deur Andrť, ’n sestienjarige straatkind.

’n Klompie straatkinders in Djakarta, IndonesiŽ, is elk ’n kamera gegee met die opdrag: neem jul lewe en die lewe van die mense om julle af. Die resultaat was verstommend en aangrypend. Slobodan Lekic van Associated Press vertel.

Op diť foto aas kinders op ’n berg afval na kos, hul velle donker gevlek van die vullis, hul gesigte met serpe toegedraai teen die stank. Met gereelde tussenposes stoot ’n aantal stootskrapers meer afval teen die helling af. Soms word van die kinders wat nie betyds kan padgee nie onder die stinkende massa begrawe. “Ons was aan die werk en die stootskrapers het gekom. Nie almal kon wegkom nie,” lui die opskrif by die foto wat deur die elfjarige Tariah geneem is as deel van ’n projek om die ellende van Djakarta se straatkinders deur hul eie oŽ te vertel. “Ek het aan hulle gesÍ hier is vir hulle ’n geleentheid om hul verhaal te vertel,” sÍ die Britse fotojoernalis, Jonathan Perugia, wat die kameras aan dertig straatkinders vir die projek uitgedeel het. “As jy hulle bemagtig, sien jy die verstommendste werk.” Van die beelde wat die kinders op film vasgelÍ het, soos dit uitgestal word in die nasionale galery in Djakarta, sluit in diť van ’n jong meisietjie wat by ’n verkeerskruising sing om geld van verbygaande motoriste te bedel; van ’n groep kinders wat op ’n sypaadjie sit en rook; en van ’n seuntjie wat in die oggendhitte lÍ en slaap. Die aantal straatkinders in Djakarta het erg toegeneem sedert die ekonomiese krisis in AsiŽ in 1997. Die Indonesiese regering raam dat 17 miljoen gesinne nie genoeg het om te eet nie en die Verenigde Nasies (VN) se kinderfonds sÍ 50% van alle Indonesiese kinders ly aan wanvoeding.

“Straatkinders dink nie aan hul toekoms nie. En hulle praat nie oor hul drome nie, Šs hulle enigsins drome het,” sÍ Assuntta Ayerdi, ’n VN-beampte wat met die kameraprojek gehelp het. Volgens Perugia is die doelwit met die projek om die kinders se gevoel van eiewaarde te verhoog en om hulle aan te moedig om aan die valstrik van armoede te probeer ontsnap. Die kinders het aanvanklik ’n bietjie leiding van professionele fotograwe gekry wat aan hulle eenvoudige opdragte gegee het. Soos: neem tien verskillende foto’s van dieselfde mens, neem dieselfde toneel uit verskillende hoeke af, neem kleure af waarvan jy hou en mense waarvan jy nie hou nie. Later het die kinders hul eie temas gekies en almal stomgeslaan met die resultate. “Hulle het vorendag gekom met werklik diepsinnige werk,” sÍ Perugia. “Oor die algemeen wys dit hoe moeilik hul lewe is, maar dit gaan ook om vreugde en vryheid en kameraadskap.”

Sommige van die tonele wat uitgestal word, is bekend aan enige inwoner van Djakarta: ma’s wat hul babas vashou terwyl hulle bedel; fronsende polisiebeamptes in pantserkarre; vuil, uitgeteerde, kaalvoet seuntjies; stampvol busse. Ander foto’s is ontstellend intiem en gee ’n blik op die lewe van die kinderfotograwe en die mense wat hul lewe deel. Op een foto was ’n kind haar in ’n erg besoedelde kanaal. Op ’n ander foto sorg ’n blinde vrou vir haar baba. Twee meisietjies in ’n toevlugsoord vir kinders deel ’n spieŽltjie om lipstiffie aan te smeer; ’n oumatjie bid.

Tarsana (14) het twee van haar vriende afgeneem terwyl hulle mekaar omhels. “Drukkies is nie net vir paartjies nie,” het sy geskryf. Die sestienjarige Moh Agung het ’n kreupel bedelaar afgeneem waar hy op die sypaadjie tussen motorfietse deur gekruip het. “Dit is ’n kreupel man met sy onvolmaakte liggaam wat geld bedel om net een teelepel rys te kan koop. Hy is weggegooi deur sy familie,” lui die opskrif. Agung, wat self deur sy ouers weggegooi is toe hy nege jaar oud was, sÍ hy het voorheen dwelms op straat verkoop. Nou sing hy en bespeel die kitaar by verkeerskruisings. Verskeie van sy foto’s is tydens onlangse betogings teen die regering geneem. Een wys hoe betogers oorweldig word deur ’n wolk traangas wat deur die polisie na hulle geskiet is. “Vegtend om menseregte. Geweld sal nooit probleme oplos nie,” lui die opskrif. ’n Foto deur Ucil (15) wys hoe ’n lorrie vol soldate skemeraand in die straat afjaag. “Ek is baie trots op die dapper ABRI,” skryf hy en gebruik ’n afkorting vir die weermag. “Dis net jammer dat die ABRI my voos geslaan het.” Nog ’n foto wys ’n transvestiet wat Ucil sy beste vriend noem: “Ons het baie gemeen. Ons sing albei vir geld op straat.” Op ’n reeks foto’s deur Andreacute (12) is sy vriende besig om gom te snuif. Die opskrif lui net: “Nog ’n bietjie oor.” Besoekers kan nie uitgepraat raak oor die emosionele trefkrag van die uitstalling nie. “Jy kan sien daar is geen afstand tussen die fotograaf en die onderwerp nie. Ek het nog nooit so iets gesien nie,” sÍ Eric Prasetya, ’n Indonesiese fotograaf. Toe hy gevra is hoe die projek hom geraak het, het Agung dadelik gesÍ: “Ek is trots daarop om ’n straatkind te wees. Maar eendag wil ek ’n fotograaf wees.”


Artikel 3

Straatkinders na Duitsland

KAAPSTAD. Vier gewese straatkinders wat met behulp van die organisasie, Streets Community, met hul gesinne herenig is, het gister na Stuttgart, Duitsland, vertrek waar hulle met ander straatkinders oor hul lewe op straat sal praat. Jacqueline Links (13) van Philippi, Irefaan Williams (18) van Mitchell’s Plain, Carol Dass (25) van Manenberg en Xolani Macuphe (18) van Langa sal tot Dinsdag gaste wees by die 40ste herdenking van Bread for the World, ’n Duitse organisasie wat Streets Community die afgelope 18 maande ondersteun. Volgens mnr David Davis, projekdirekteur van Streets Community, is diť vier gekies uit meer as sestig mense wat vanjaar met hul gesinne herenig en by ’n opvoedingsprogram ingesluit is.

“Ek het skoenlappers in my maag van opgewondenheid,” het Dass, wat as veertienjarige op die straat beland het, gister op die Kaapstad Internasionale Lughawe gesÍ. Sy volg tans ’n kursus in sosiologie. ’n Skamerige Williams, wat vier maande op straat gebly het voordat hy met sy gesin herenig is, is tans ’n graad 9-leerling aan die HoŽrskool Princeton in Mitchell’s Plain. Volgens hom is dit “nie lekker om ’n straatkind te wees nie”. Macuphe, ’n graad 8-leerling van die HoŽrskool Nyanga, is “bly dat ek my ondervindings met ander kinders kan deel, sodat hulle nie dieselfde foute maak nie”. Dit is nie die moeite werd om op straat te bly nie, en sy is bly dat Streets Community haar ’n kans op ’n beter lewe gegee het, het Links, ’n graad 6-leerling aan die Laerskool Aloe Weg, beaam. Sy wil straatkinders in Duitsland probeer oortuig dat dit “ ’n mors van tyd is”. Die kinders se trotse ouers en familielede het by die lughawe van hulle afskeid geneem. Volgens Links se ma, mev Kathleen Davids, sal sy haar dogter geweldig mis, aangesien sy sedert hul hereniging soveel tyd as moontlik met haar probeer deurbring. Die groep het gister na Johannesburg gevlieg. Hulle sal daar ’n vlug na die Heathrow Lughawe in Londen haal en dan na Stuttgart vlieg.


AKTIWITEITE

  1. Leerders lees die eerste twee berigte “Buyel’ Ekhaya” en “Eendag wil ek ’n fotograaf wees ”.
  2. Hou dan ’n klasbespreking oor
  3. die redes waarom kinders op straat is
  4. die gevare van die straatlewe
  5. Hulpprogramme
  6. die voorkoms van straatkinders in die onmiddellike omgewing (dorp / stad).
  7. Leerders bespreek in gonsgroepe maniere waarop hulle self die kwessie van straatkinders in hul omgewing / dorp / stad kan aanspreek en gee terugvoer aan die klas.
  8. Die klas besluit op ’n aksieplan.
    ’n Moontlike aksieplan kan die volgende insluit:
  9. ’n brief aan die plaaslike owerheid / plaaslike polisie / maatskaplike dienste om kommer uit te spreek oor die voorkoms van straatkinders in die plaaslike omgewing en stappe aan die hand gedoen word om die probleem van straatkinders aan te spreek;
  10. ’n plakkaatoptog / -uitstalling om die probleem van straatkinders te belig;
  11. ’n brief aan die plaaslike koerant waarin ’n pleidooi gelewer word dat grootmense moet toesien dat kinders nie van hul huise wegloop nie deur veilige omstandighede tuis te skep.
  12. Leerders lees die derde berig, “Straatkinders na Duitsland ” en skryf na aanleiding daarvan ’n gedig oor die straatkind se ervarings oorsee.

Assesseringsmetodes en -instrumente vir die aktiwiteite in hierdie leerprogram sal in die volgende aflewering behandel word.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.