OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Rolprentstudie (O.E.R.)

Coenraad Walters

Wat word verwag van die leerders wanneer hulle ’n rolprent bestudeer?

Die Onafhanklike Eksamineringsraad (Independent Examinations Board — I.E.B.) het toestemming verleen om die volgende riglyne by die bestudering van ’n rolprent te publiseer. Dit word hier geplaas sonder verdere bespreking om te dien as basis waarvan opvoeders kan werk; in komende maande sal besprekings en aantekeninge geplaas word om hierdie riglyne toe te lig en uit te brei.

Onafhanklike Eksamineringsraad (O.E.R.)

Riglyne: Rolprentstudie
  1. Wanneer leerlinge oor rolprente praat en skryf, moet hulle toon dat hulle hierdie medium se tegnieke verstaan en ook insig toon in die wyse waarop die regisseur in ’n rolprentteks betekenis skep. Hulle moet rolprenttaal en -terminologie sinvol kan gebruik en begrip toon van:
    • hoe en met watter effek die kamera gebruik is;
    • hoe en hoekom ’n spesifieke klankbaan en klankeffekte voorkom;
    • hoe rolverdeling plaasgevind het;
    • hoe rolprenttegnieke (bv. kamerahoeke of redigering) aangewend is om temas voorop te stel, of atmosfeer te skep, of spesifieke magsverhoudinge daar te stel, ens.

        Dit is belangrik om te besef dat die kandidaat nie maar slegs ’n karakter en sy/haar rol in die rolprent moet kan beskryf nie, maar ook moet kan toon hoe die regisseur ’n karakter of tema filmies gekonstrueer het.

  2. Daar word nie van kandidate verwag om in irrelevante, esoteriese rolprentterminologie verstrengel te raak nie. Hulle moet egter bewys dat hulle visueel-geletterd is. Daarom moet hulle:
    • die onderskeie kameraskote en -hoeke kan identifiseer en die funksie daarvan in ’n raam verstaan;
    • toon hoe redigering in ’n teks funksioneer;
    • die basiese bewegings van die kamera en die manier waarop dit in ’n reeks funksioneer, kan beskryf;
    • kan kommentaar lewer op die wyse waarop lig en kleur aangewend is;
    • insig toon in die wyse waarop tegnieke soos rolverdeling, kostumering, grimering en gesigsuitdrukkings gebruik word;
    • kan kommentaar lewer op die gebruik en effek van die klankbaan en dié se verhouding met die visuele aspekte van die rolprent;
    • kan differensieer tussen die verskillende soorte klankbane (leitmotif, sinchroniese of niesinchroniese klankbane, agtergrondmusiek) en die verskille in funksie en gebruik daarvan;
    • kan kommentaar lewer op die konstruksie van verskillende rame; d.i. hulle moet aandag gee aan die mis-en-scene binne ’n raam; vooropstelling; agtergrondmateriaal; opposisies; wat doelbewus geïgnoreer is, ens. (Dit sal dalk van nut wees om hier aandag te gee aan ruimtelike patrone);
    • die terme indeks en ikoon gebruik eerder as letterlik en figuurlik.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.