OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Uit Douspoor — handleiding

Izak de Vries en Coenraad Walters

Patrick W. Davids: Aapstreke

“Aapstreke” is een van die verhale wat regtig maklik lees in die bloemlesing. Daar is spanning en die leser word genooi om speurder te speel. Anders as in “Offerblomme”, wat elders bespreek word, lÍ die leidrade egter vlak en is hulle maklik om te volg.

Die opvoeder moet waak teen ’n bespreking van enige aard voordat hierdie teks gelees word. Die opvoeder kan self gaan naslaan oor dieretuine en feite versamel oor gorillas, maar die genot wat die leser uit hierdie verhaal put, lÍ in die ontdekking van die storie by die eerste lees. Anders as met ’n hele paar ander verhale in die bloemlesing, is hier nie sprake van ’n veel “dieper” betekenis nie. Die waarde van die verhaal lÍ bloot in die “speurelement”. Die eerste lees van die verhaal moet dus ook nie te stadig geskied nie, want die lekker van hierdie teks lÍ juis in die ontdekking van die leidrade. Dalk moet die leerders aangemoedig word om hierdie een op hulle eie te lees.

Oor die Aristoteles-verwysing

Hierdie Griekse filosoof was een van die eerste mense wat gewerk het aan die verdeling van die natuurlike wÍreld in wetenskaplike kategorieŽ — diere en mense sou dus apart gehou word. Verder het hy ook baie idees geopper oor die staatsbestel, maar dit het nie verneukende politici ingesluit nie! Aristoteles is egter die persoon wat gesÍ het: “Gee my ’n vastrapplek wat groot genoeg is en ’n hefboom wat lank genoeg is, en ek sal die aarde beweeg.”

Woorde wat moontlik minder bekend kan wees

kurator
eau-de-cologne (vind sommer uit waar die woord vandaan kom en wat die oorspronklike betekenis is)

Terugvoer na die eerste lees

Laat die leerders die storie beoordeel.

  1. Vul die ontbrekende woord in: “Aapstreke” is ’n ______________ verhaal.
    (Die moontlike woorde is: a. goeie, b. swak, c. oulike, d. spannende.)
  2. Hoekom het jy die woord in 1 gekies?

Die “moord”

  1. Dink julle die man is vermoor?
  2. Hoekom sÍ julle so?
  3. Hoe definieer julle moord?
  4. Wie is die persoon wat die plan uitgedink het om die minister te laat vermoor? Watter enkele leidraad verklap die antwoord?
  5. Dink julle hierdie persoon is skuldig?
  6. Dink julle die man het verdien om te sterf?

Nuwe tye vra nuwe verhale en nuwe perspektiewe op ou verhale: Hierdie geleentheid groet WKOD-Afrikaansonderwysers wat eerstetaalmatrieks in hulle sorg het in die nuwe skooljaar. Twee nuwe kortverhaalbundels is naamlik voorgeskryf vir 2001: Douspoor (Tafelberg) en Storiepalet (JL van Schaik). Vir albei kan onderwysers handleidings by die uitgewers kry.

Tafelberg-Uitgewers stel die volgende uittreksels uit Douspoor — ’n Handleiding (saamgestel deur Izak de Vries en Coenraad Walters) beskikbaar. Die uittreksels handel oor die ses verhale wat deur die WKOD vir 2001 voorgeskryf is. Vir volledige kopieŽ van die handleiding, skakel me. R. Doman by (021) 918-8603.


Antwoorde

  1. Die leerders kan bostaande vrae eers op hulle eie beantwoord.
  2. Daarna sou ’n stemming gehou kon word om die antwoorde op hierdie vrae te toets.
  3. Dit sou dan interessant wees as die leerders daarna ingedeel kon word in groepe wat diegene bevat wat nie noodwendig dieselfde gestem het nie. Sodoende kan hulle mekaar aanpak met hulle eie bewyse — en die ander probeer oortuig van die redes waarom hulle sekere antwoorde gekies het.

Motief vir die moord

Albei vroue het redes gehad waarom hulle van die politikus ontslae sou wou raak. Laat die leerders daardie redes lys. Dit kan in groepe gedoen word, waarna die groepe kan terugrapporteer.

Die tipe verhaal

Laat die leerders terugvoer gee oor die volgende vrae. Die klas sou dit in groepsverband kon doen. Laat die leerders hulle opinies daaroor vorm:

  1. Is “Aapstreke” ’n speurverhaal of nie?
  2. Hoekom sÍ julle so?

Hierdie bespreking kan nie ’n deeglike analise van die speurverhaal as genre maak nie. Daar is egter ’n spesifieke konsep wat redelik universeel is in die speurverhaal: die raaisel.
In hierdie geval weet die leser presies wat gebeur; al wat weggesteek word is: Wie is verantwoordelik vir daardie sakdoek? (Vergelyk Du Plessis in Cloete 1992: 90.)

Die leser as speurder

En van die heel belangrikste bydraes wat die twintigste eeu tot die letterkunde gebring het, was die besef dat die leser self ook ’n deel van die teks skep deur sy / haar insette. Baie tekste het opsetlik gapings gelaat in die storielyn. Dit leser moes dan “ingryp” en die verhaal “klaar vertel”.

In “Aapstreke” word bittermin verswyg — feitlik alles word deeglik uitgespel. Daar word egter wel een klein deeltjie van die verhaal verswyg — maar ook net tot teen die einde. Maar die leser moet die verhaal fyn lees, en selfs herlees, voordat daardie enkele leidraad sal “praat”.

Ons het hier egter nie te doen met ’n tipiese “geslote” verhaal waar die leser baie diep moet krap om by die antwoorde uit te kom nie. (Die verhaal “Offerblomme” wat volgende bespreek word, is wel ’n geslote verhaal.) “Aapstreke” is ’n “oop” teks — dit verskaf alle leidrade en spel alles aan die leser uit. Al wat die leser moet doen, is om een leidraad raak te lees. Die leser dra dus nie by tot die verstaan van die verhaal nie, want alles word klaar verpak aan hom / haar gebring.

“Aapstreke” is wel ’n spanningsverhaal. Van die leidrade word tot heel teen die einde van die leser weerhou. Sodoende dwing dit die leser om aan te hou lees — iets wat die verhaal baie goed regkry.

Die verteller

Hiermee ’n paar vrae waarmee die klas die vertellersrol kan probeer uitpluis:

  1. Watter soort verteller het ons in hierdie verhaal?
  2. Is dit geslaagd?
  3. Sou dit anders daar uitgesien het as een van die vroue die verhaal vanuit ’n ek-perspektief vertel het? Hoekom sÍ julle so?
  4. Ons het hier te make met ’n alwetende derdepersoonverteller. Hy / sy ken selfs die gedagtes van die onderskeie mense. Tog kies die verteller om ons net te vertel dat “een van die vroue” die sakdoek aan die opsigter gee. Hoekom word die persoon se identiteit weggesteek?

Fokaliseerder

Die fokaliseerder en die verteller is nie dieselfde entiteit nie, al is daar soms ooreenkomste. Die fokaliseerder is daardie persoon deur wie se oŽ of gedagtes op ’n sekere stadium gekyk word na die gebeure.

Aan die begin word die verhaal vanuit Rosanne se oogpunt vertel. Die fokus verskuif egter ook soms na die politikus en die minister se vrou. (Vraag: Die manier waarop die verhaal vir baie lank oorheers word deur die fokus van Rosanne is nog ’n set van die verteller om die leser ’n bietjie aan ’n lyntjie te hou, nie waar nie? Of wat dink julle?)

Karakterisering

Kyk na die karakters in die verhaal. Let op hulle voorkoms, kleredrag en die manier waarop hulle optree teenoor ander mense. Gee dan ’n beskrywing, wat so volledig as moontlik is, oor die volgende karakters in hierdie verhaal:

  1. Rosanne Solomons
  2. Die minister
  3. Mevrou minister
  4. Die kurator
  5. Die opsigter.

Goed of sleg?

  1. Is bogenoemde mense onderskeidelik “goeie” of “slegte” mense? (Die letterkunde is nie ’n plek waar ’n mens normaalweg persone se “karakter” beoordeel nie, maar ’n storieverteller stuur partymaal lesers se reaksies op sekere maniere om simpatie te hÍ met sekere karakters, of minder so met ander (vgl. Smuts 1989:20)).
  2. Het die man verdien om te sterf? (Dink jy nou anders hieroor as toe jy die eerste keer hierdie vraag bespreek het?)
  3. Het die vrou reg opgetree?

“Ronde karakters” of tipes?

Laat die klas die volgende vrae bespreek:

  1. Kyk na die politikus — klink hy nie maar soos alle ander nie? Is hy ’n ronde karakter, of bly hy ’n tipe?
  2. En die vroue: Is hulle ronde karakters, of maar net tipes wat vasgevang is in ’n sekere situasie?
  3. Daar is sprake van ’n verrassende daad in die verhaal, maar is dit die karakters wat verras, of die situasie?
  4. Word sommige van die karakters dalk meer volledig geskets as ander? (Indien wel, watter val in watter kategorieŽ?)

Die titel: Ape en na-apers

In die letterkunde, soos in die musiek, bestaan daar ’n begrip Leitmotiv. In hierdie geval is die spel “aap versus mens” die ooglopende gegewe.

  1. Laat die leerders ’n lysie maak van alle ooreenkomste wat hulle kan uitwys tussen die ape en die mense — daar is baie. Die verteller gee sommer vir ons ’n paar weg, soos dat die man kwansuis “’n politikus (is) wat eintlik ’n gorilla is wat net leer regop loop het”.
  2. Is dit ’n positiewe spel in hierdie verhaal?
  3. Is dit nodig om dit so deeglik uit te spel?
  4. Sou ’n subtieler aanslag met minder verwysings nie beter gewees het nie? Motiveer.

Feitefoute

Vergelyk die einde van die verhaal “Die vyeboom”. Dit is gewoon nie waar dat ’n klomp voŽls kan wegvlieg met ’n vyeboom nie. Tog aanvaar ons die verhaal, want dit is ’n vertelling waar die waarheid nie die belangrikste rol speel nie.
In “Aapstreke” is daar ook ’n paar feitefoute. ’n Baie eenvoudige soektog onder die woord gorilla in ’n huisensiklopedie het byvoorbeeld die volgende opgelewer:

    The largest and, paradoxically, the most gentle of the anthropoids are the gorillas (...) Despite their usually inoffensive behavior, both in the wild and in captivity, gorillas have been portrayed as vicious and aggressive villains in innumerable fictional tales, a completely unrealistic representation of their character (Compton’s Interactive Encyclopedia. Copyright 1994, 1995).

Hier is ’n paar vrae wat bespreek kan word

  1. Sou die gorillas werklik oor daardie heining kon spring? Dieretuine ontwerp tog die hokke goed.
  2. Hoekom kon Suzy die eerste keer nie oorspring nie, maar die tweede keer wel?
  3. Hoekom sou die mannetjie agter Suzy aan spring?
  4. Hoe is dit moontlik dat ’n dier wat meer as 200 kg weeg en meters ver deur die lug trek, “byna geluidloos” op die podium kan land?
  5. Oor die wegneem van klein diertjies: Dit gebeur wel soms in dieretuine, maar gebeur dit ook as die ma’s wel die kleintjies kan en wil grootmaak?
  6. Oor die reuk van die naskeermiddel: Is dit so dat diere op dieselfde wye as mense ruik? Tel diere nie veel dieper reuke op nie? Neem byvoorbeeld ’n polisiehond. As ’n voortvlugtige skielik ’n ander naskeermiddel sou aansit, beteken dit dat die hond hom nie meer kan ruik nie?
  7. Is dit waar dat gorillas bloeddorstige diere is?
  8. Daar is dus probleme met die feite in hierdie verhaal. Aanvaar ons dit, soos ons dit wel aanvaar het in “Die muisvoŽls en die vyeboom”? Het ons (nie) hier te doen met ’n ander tipe verhaal (nie)?

’n Herbesoek aan die terugvoer na die eerste lees

Die leerders het reeds die volgende vrae beantwoord, maar laat hulle weer die storie beoordeel, noudat die verhaal bespreek is.

  1. Vul die ontbrekende woord in: “Aapstreke” is ’n ______________ verhaal.
    (Die moontlike woorde is: a. goeie, b. swak, c. oulike, d. spannende.)
  2. Hoekom het jy die woord in 1 gekies?
  3. Vergelyk julle antwoorde met diť wat julle die eerste keer gegee het. Is dit dieselfde? Hoekom (nie)?

Projekte

Die volgende projekte kan die leerders se navorsingsvaardighede ’n bietjie slyp en sal hopelik vir hulle interessant wees. Indien moontlik sou die klas kon opbreek in groepe en dan gesamentlik navorsing doen. Daarna kan die navorsing aangebied word in die vorm van seminare — met visuele materiaal vir demonstrasies:

  1. Waar kom dieretuine vandaan? Vors die geskiedenis van dieretuine na.
  2. Hoe word moderne dieretuine ontwerp?
  3. Hoe word dieretuine gebruik in die beskerming van bedreigde spesies?
  4. Vind meer uit oor gorillas en die bedreiging van hulle natuurlike habitat.
  5. Doen navorsing oor die aapfamilie en die noue verbintenis van hierdie diere met die mens.

’n Debat

’n Baie lekker klasdebat kan oor die volgende onderwerp handel: Is dieretuine nog eties verdedigbaar in die 21ste eeu?

Ander tekste

  • Die klas kan gerus die film Gorillas in the mist kyk. Dit vertel die verhaal van Diane Fossey en haar pogings om die gorillas te red. Dit kan as teenvoeter dien vir die talle King Kong-flieks wat gorillas as dom wreedaards uitbeeld.
  • Daar is ’n hele aantal films oor politici wat duistere dade aanvang met mooi meisies. Wag the dog, Striptease, Blaze en Primary colors is baie kykbare voorbeelde.
  • Vir leerders met ’n deeglike leesvernuf sou ek Andrť P. Brink se Die ambassadeur baie sterk aanbeveel. Hier het ons ’n teks — dit bevat niks wat nie ook in Douspoor voorkom nie — wat uitstekend geskryf is, en volledige mense van die onderskeie karakters maak. Al word die meisie volgens sommige kritici redelik stereotiep aangebied, is sy steeds veel meer mens as enige van “Aapstreke” se karakters. (Maar goed, Brink het ’n roman geskryf, en het dus tyd gehad om die karakters te ontwikkel.)

Ander tekste in Douspoor

  • Meyer se “Die krokodilletjie” is ’n polisiestorie met ’n heel lekker angel in die stert.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.