OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Babette se feesmaal: Vrae en aantekeninge

Carin Lawrie

Die Onafhanklike Eksamineringsraad (O.E.R.) het vanjaar in die Matriek-letterkundeportefeuljes ’n nuwe kategorie ingevoer wat bekend staan as die paragraaf-afdeling. Hierin moet leerders paragrawe van ongeveer 100 woorde skryf oor ’n aspek van die voorgeskrewe werk wat hom tot korter antwoorde leen. Die volgende vrae oor Babette se feesmaal is moontlikhede vir dié afdeling.

  1. Kies een van die volgende Bybelse verwysings en skryf ’n paragraaf oor die betekenis daarvan in die konteks van die rolprent as geheel:

    1. Die groot druiwetros wat uit Kanaän gebring is en wat tydens die maaltyd deur een van die gemeentelede genoem word.
    2. Die opmerking dat die tong ’n spiertjie is wat baie skade kan veroorsaak.
    3. Die refrein wat herhaaldelik deur gemeentelede gesing-sê word (en ook die generaal se toespraak open en afsluit): “Barmhartigheid en vriendelikheid word een, geregtigheid en vrede sal mekaar omhels.”
    4. Die wonderwerk waar water in wyn verander word by die bruilof.

  2. Kies een van die volgende aanhalings uit die rolprent en verduidelik watter betekenis die woorde binne die verhaal as geheel het. Sê ook wie dit gesê het en in watter konteks die woorde gebruik is.

    1. “Ons word bang en bevange.”
    2. “Jy het my verlei.”
    3. “ ’n Kunstenaar sal nooit alleen en eensaam wees nie.”
    4. “ ... en daar sal jy vir altyd die engele bekoor.”
    5. “Jy was in my gedagtes, byna elke dag van my lewe.”
    6. “God seën jou ryklik.”
    7. “ … want in ons wonderlike wêreld is alles moontlik.”
    8. “Die storm is uiteindelik oor.”
    9. “Alles is maar verganklik.”
    10. “God se wil is onbekend…”
    11. “ … bloei dit soos ’n kersiebloeisel in die lente.”
    12. “Dit moes gebeur: die Here gee en die Here neem.”
    13. “Kan ek ’n guns vra?”
    14. “Haar hart is lankal terug in Frankryk.”
    15. “ … die bloedbevlekte hande van generaal Galifet …”
    16. “Genade ken geen perke nie.”

  3. Kies een van die hoofkarakters van die film en gee ’n kort lewensbeskrywing van die persoon. Wys hoe die karakter se drome moontlik verydel is en vertel wat hy/sy aan die einde van die film ervaar.

  4. Beskryf die omgewing en die soort gemeenskap waarin die verhaal hom afspeel.

  5. Verduidelik wat Babette se geskenk aan die gemeentelede behels het en wat sy daarmee bereik het.

  6. Vertel van die “verlore kanse” van een of albei van die predikant se dogters.

  7. Deur watter sameloop van omstandighede beland Babette in die afgeleë dorpie?

  8. Hoe kom ’n mens agter dat Babette ’n goeie kok is en wat wys vir die kyker dat Babette ’n tipiese kunstenaar — ’n kunstenaar uit eie reg — is?

  9. “Die musiek speel ’n belangrike rol in die rolprent.” Bespreek hierdie stelling.

  10. Kies een toneel uit die rolprent en bespreek die betekenis daarvan in die konteks van die rolprent as geheel. Neem die beligting, kamerawerk, musiek en agtergrond in ag.


Opgestel deur Carin Lawrie, onderwyseres in Afrikaans Tweede Taal by Bridge House, ’n privaatskool buite Franschhoek.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.