OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Riglyne by die gebruik van die afkappingsteken in Afrikaans

Henning Pieterse

1.    OriŽntering

Sedert die verskyning van die nuutste (1991-)AWS verkeer gebruikers van Afrikaans soms in die duister oor die skryfwyse/spelwyse van sekere woorde. Een van die baie reŽls wat geherformuleer is en nogal verwarring kan veroorsaak, is die afkappingstekenreŽl (apostroofreŽl).

Daar is aanvullende bronne tot die AWS wat gebaseer is op die nuutste AWS en steeds onjuiste inligting publiseer. Laasgenoemde bemoeilik natuurlik die begrip en toepassing van die afkappingstekenreŽl. Dit raak ook moontlik ander spelreŽls wat sedert 1991 gewysig is. Die veiligste bly om die AWS self, en nie die aanvullende bronne nie, as uitgangspunt te beskou.

Voordat meer oor die “nuwe” afkappingstekenreŽl gesÍ kan word, sal eers gekyk moet word na die reŽl soos dit was en hoe dit nou lyk. Om dŪt maklik te bewerkstellig, is dit gewens om die ou en nuwe reŽls te jukstaponeer.

2.    Naasmekaarstelling van die twee reŽls

Volgens die ou reŽl word die afkappingsteken in die volgende gevalle gebruik (ou AWS pp. 13-14) (vir doeleindes van die behandeling hier identifiseer ons hierdie afdeling met die ou reŽls as A en die met die nuwes as B):

    A

  1. By meervouds- en verkleiningsvorme van die name van die letters en van selfstandige naamwoorde (met inbegrip van eiename) op -i, -o, -u en beklemtoonde -a: a’s, a’tjie, Nigrini’s, balju’tjie, tablo’s.

    1. Ons skryf peetpa’s, stiefpa’s, skoonpa’s (en dergelike komposita met ma) soos ma’s, pa’s. Ouma en oupa word nie so geskryf nie.

  1. By die meervoudsvorme en verkleiningsvorme van persoonsname wat op ’n -e, -s of -z uitgaan wat in die enkelvoud nie uitgespreek word nie: Terblanche’e, Cilliers’ie, Du Preez’tjie.

  2. By enkele uitroepwoorde bv. b’r, h’m.

  3. By verswakte vorme, bv. Daar’s, g’n en s’n.

  4. In die verskuns waar (om ritmiese of ander redes) vorme met sg. elisie op skrif gestel word, soos berisp’lik, wiss’lende, i.p.v. berispelik en wisselende.

Volgens die 1991-AWS word die afkappingsteken soos volg gebruik (pp. 29-30):

    B

  1. Die afkappingsteken word gebruik by die -s-meervoudsvorme en die verkleiningsvorme van naamwoorde wat eindig op -i, -o, en -u.
    Opmerking: Die afkappingsteken word nie by meervouds- en verkleiningsvorme van naamwoorde gebruik:

    1. Wanneer die -i of -u deel is van die letterweergawe van ’n diftong nie: laaitjie, vleitjie, leeutjie;

    2. wanneer die -u voorafgegaan word deur ’n vokaalletter, maar nie deel is van ’n diftong nie: niveaus, milieus;

    3. wanneer die -o of -u of die -e verdubbel is nie: karootjie, Vosloos, kafees.

    4. wat eindig op ’n vokaalletter met ’n diakritiese teken nie: ietermagŰtjie, Fouchťs, Andrťs.

    5. wat eindig op -y nie: whiskys, essays/essaytjie, hierjys.

  1. Die afkappingsteken word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van naamwoorde wat eindig op ’n lang a-klank [a:] wat met een a gespel word: ja’s, ma’tjie.

  2. Die afkappingsteken word gebruik by die -e-meervoudsvorme en by die verkleiningsvorme van selfstandige naamwoorde wat eindig op ’n -e wat nie uitgespreek word nie: barrage’e, collage’e (maar collages).

  3. Die afkappingsteken word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van eiename wat eindig op -e of -(r)s wat nie uitgespreek word nie en waarvan die meervoud onderskeidelik met -e of -s gevorm word: Terblanche’e, Du Plessis’s, Cecile’tjie, Celliers’s.

  4. Die afkappingsteken word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van woorde wat volgens die skrifbeeld gevorm is, en wat eindig op ’n punt, ’n hoofletter of ’n letter wat volgens sy alfabetnaam uitgespreek word: H.O.D.’s, TV’s, B.Sc. Agric.’ie, b.v.p.’s .

  5. Die afkappingsteken word gebruik by die meervouds- en verkleiningsvorme van letters sonder ’n diakritiese teken: a’s, l’etjie, o’tjie.

  6. Die afkappingsteken word gebruik by meervouds- en verkleiningsvorme van syfers en getalle: 3’tjie, 10’e, 3’s.

  7. Die afkappingsteken word gebruik by die meervouds- of verkleiningsvorme van soortname wat deur syfers en getalle aangedui word: 30.3’s, .22’tjie, P-38’s.

  8. Die afkappingsteken word tradisioneel in sekere gevalle gebruik ter aanduiding daarvan dat een of meer klanke in ’n woord of woorde nie uitgespreek word nie. Sulke gevalle is: g’n, hy’t, as’t ware.

  9. Die afkappingsteken word gebruik by enkele tussenwerpsels: b’r, h’n, ’m.

  10. Die afkappingsteken word gebruik by die skryf van vreemde woorde in hulle vreemde spelvorm: Kidd’s Beach, St Michael’s, all’ unisono.

3    Slotsom

  • Dit is hoofsaaklik selfstandige naamwoorde wat afkappingstekens in die meervoudsvorm of verkleiningsvorm kry. Verder kry die meervouds- en verkleiningsvorme van syfers, getalle, en simbole ’n afkappingsteken by die aanduiding van meervoudsvorme en verkleiningsvorme. Uitroepe, verswakte vorme en gevalle van klankweglating word ook met ’n afkappingsteken geskryf.

  • Die nuutste reŽlformulering is omslagtiger, maar meer genuanseerd en omvat daarom meer moontlikhede. Vir die skryf van diensprosa soos verslae, resensies en briewe, asook die onderrig of aanleer van Afrikaans, is daar weinig nuwighede met die gebruik van die afkappingsteken.

  • Die beste globale toets vir die gebruik van die afkappingsteken word m.i. deur Spies en Combrink (1994:9) gegee: “Die toets vir die gebruik van die afkappingsteken is of ’n woord daarsonder verkeerd gelees kan word: pa’s kan daarsonder pas word (’n ander woord), maar oupas bly daarsonder oupas. So ook nees (in die Parlement), maar ja’s.”

  • Daar is geen wesenlike verskil tussen woorde wat eindig op ’n beklemtoonde -a en woorde wat eindig op ’n lang -a wat met een letterteken voorgestel word nie. In die meeste woorde wat op ’n beklemtoonde -a eindig, is -a ’n lang klank wat deur ’n enkele letterteken voorgestel word. Ter wille van suiwer formulering is dit tog jammer dat Van der Merwe en Ponelis (1991), wat daarop aanspraak maak dat hulle inligting gebaseer is op die 1991-AWS, nog verkeerdelik verwys na die beklemtoonde a (p. 7).

  • Eiename wat op -e en -(r)s eindig en wat nie uitgespreek word nie, kry in die meervoud en in die verkleiningsvorm ’n afkappingsteken. Die -z-eiename kry nou nie meer ’n afkappingsteken nie. Ook in gevalle waar die eienaam eindig op -t en -x word nie ’n afkappingsteken gebruik nie (vgl. Biv).

    Die kontradiktoriese inligting wat Spies en Combrink (1994) hieromtrent gee, is verwarrend. Hulle weerspreking, glo ek, berus op ’n redigeerfout. Op p. 9 staan die volgende: “Dieselfde gebeur met vanne wat ’n onuitgespreekte -s of -z aan die einde het: Cilliers’s, Du Plessis’s. (Soos eggo’s word Hugo’s met ’n afkappings-s geskryf, om leesprobleme te voorkom).” Die woorde “Dieselfde gebeur” dui hier op die gebruik van ’n afkappingsteken na ’n -e, -z of -s wat nie uitgespreek word nie (veral by eiename). Dit is opvallend dat die voorbeelde wat hier gegee word, slegs van toepassing is op ’n onuitgespreekte -s en nie ’n -z nie, asof die samestellers daarvan bewus was dat -z in hierdie geval nie eers ter sprake is nie. Ook op p. 9 maak Spies en Combrink dit duidelik dat Rouxs, Du Toits, Du Preezs sonder ’n afkappingsteken geskryf word omdat die teken in diť gevalle geen verskil sou maak nie.

  • B 7. en 8. is welkome toevoegings tot die ou afkappingstekenreŽl.

  • Dit is goed dat B 1.d. en B 1.e. as opmerking in die afkappingstekenreŽl opgeneem is.
  • B 1.d. en B 6 sou beslis met mekaar in verband gebring kon word, terwyl B 3. kon ressorteer onder B 11.
  • Vir taalgebruikers met ’n goeie grammatikale kompetensie sou B 1.a., B 1.b. en B 1.c. vanselfsprekend wees.
  • Hoewel dit nÍrens eksplisiet gestel word nie, bly die spelling van komposita soos skoonpa’s en stiefma’tjie onveranderd in die nuwe AWS (vgl. A 1.a.).
  • 4    Herkoustof

    Gee die meervoudsvorm asook die verkleiningsvorm van die volgende woorde:

    Oche, Nigrini, okapi, balju, eggo, Hugo, Van der Merwe, Terblanche, Marť, Le Roux, Du Preez, Prinsloo, Karoo, drie, ses, skoonpa, ouma, oupa, stiefpa, oupagrootjie, hierjy, essay, Henry, De la Rey, Coy, ND, AK, ů, Š.

    Gee redes waarom die volgende woorde met ’n afkappingsteken geskryf word:

    Onberisp’lik, b’r, h’m.

    Bronnelys:

    Afrikaanse Woordelys en SpelreŽls. 1988 (sewende, verbeterde uitgawe, sestiende druk). Kaapstad: Tafelberg. Afrikaanse Woordelys en SpelreŽls. 1991 (agtste, verbeterde uitgawe, eerste druk). Kaapstad: Tafelberg.

    Spies, J. en J. Combrink. 1994. Sakboek van regte Afrikaans. Kaapstad: Tafelberg.

    Van der Merwe, H.J.J.M. en F.A. Ponelis. 1991. Die korrekte woord (nuwe uitgawe). Pretoria: Van Schaik.

    Departement Afrikaans, HoŽrskool Overkruin, Pretoria

    boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.