OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Die matriekeksamen: die deur na die wreld buite die skoolmure

Adinda Vermaak


As graad 12-leerder kan jy dalk saamstem met die volgende uitspraak van Oscar Wilde oor eksamens, maar of dit jou in die volgende paar weke gaan help, weet ek nie. Die omstrede Ierse skrywer het ges: “In ’n eksamen kan die dwaas vrae vra wat die wyse nie sal kan beantwoord nie.”

Wat hier volg, is ’n paar laaste wenke, aanmanings, tips en waarskuwings, versamel uit ’n klompie boeke in EDULIS, die Onderwysbiblioteek van die WKOD, uit eie ervaring van meer jare as wat ek wil erken as departementele nasiener en eksaminator en ook van hoogs gewaardeerde en ervare kollegas wie se kandidate jaar na jaar van die toppresteerders in hulle onderskeie vakke is.


Nou is daar baie minder as Forty Days oor 

Jy kan nou nie langer uitstel nie; jy mt begin met jou hersiening. Jy het ’n hersieningsrooster, die dae waarop jy skryf, is op alle almanakke in die huis aangebring, jy het pakke ou vraestelle op jou lessenaar, jou ma het al die moontlike kitsgidse aangeskaf vir jou om deur te werk. en daar is blikke vol beskuit en koekies in die gangkas.

  • Dis belangrik om eers mooi na te dink oor die redes waarom jy dalk in vorige eksamens swakker gevaar het as wat jy wou:

    1. Het jy te min geleer?
    2. Het jy toe sekere leerstof vir die eerste keer in jou kop probeer kry?
    3. Het jy in die eksamenkamer te min tyd gehad en gesukkel om klaar te kry?
    4. Het jy van die vrae verkeerd gelees en dus beantwoord?

    Hou jou antwoorde op hierdie vrae in gedagte wanneer jy voorberei vir hierdie baie belangrike eksamen.

  • Eksamens, soos jou onderwysers beslis al beklemtoon het, toets deesdae nie meer net geheue nie, maar eerder insig, toepassings en vaardighede. As jy in die eksamenkamer kan staatmaak op kennis in jou langtermyngeheue, is dit maklik om te bewys jy het insig en kan kreatiewe toepassings maak. As jy eers die vorige dag die feite in jou kop probeer kry het, sal jy baie hiermee sukkel. Anders gestel: Begin lank voor die tyd leer.

  • Dit voel baie onregverdig om n ’n eksamen die uitslag te kry dat jy swak gedoen het of gedruip het. Maar eksamens is nie ’n dobbelspel nie; dit berus nie op geluk nie en deesdae kan jy nie meer vrae spot nie.

  • Onlangse navorsing deur opvoedkundige sielkundiges dui daarop dat sukses in ’n eksamen op twee faktore berus:

    1. Die eerste faktor is die voor die hand liggende: jy moet goed voorberei en genoeg hersien.
    2. Die tweede faktor is jou eie houding teenoor studie. En hiermee word
      nie bedoel jou “motivering” of jou begeerte om te presteer nie, maar wat jy dink studie of hersiening behoort te wees. Hoe jy dink, benvloed wt jy leer en h jy dit leer.

      Alle leerders — so s die opvoedkundiges — het in hulle kop die prentjie van die “ideale student” en die volmaakte eksamenvraestel. Hulle probeer hulleself modelleer op daardie ideaal en probeer die volmaake vraestel skryf. Aan die ander kant het die eksaminatore ook hulle idee van die goeie student en van die goeie antwoordstel. Om sukses te behaal moet die leerders sorg dat hulle idees en di van die eksaminatore dieselfde is.

      Swak studente dink nie juis na oor hulle houding teenoor leer nie. Hulle is te besig om die feite in hulle kop te probeer kry. En tog sal al die feite en vaardighede wat jy leer, jou nie help as jy die verkeerde oogmerke het nie — net soos ’n wonderlike, duur geweer ’n soldaat nie sal help as hy nie nadink presies waar die teiken is nie.

      Dus: Werk ou vraestelle deur, gaan sit voor daardie boeke en byt vas!

  • Moenie jou maats glo wat vol bravade vertel hoe min hulle nog geleer het nie. Hoekom word dit gewoonlik ges?

    1. Dit beskerm sulke persone teen mislukking, of in elk geval teen die vernedering van mislukking. As hulle swak doen, is dit nie omdat hulle dit nie kon doen nie, maar omdat hulle, na bewering, “nie ’n g in die boeke gehad het nie”.
    2. Net so belangrik: as hulle dalk goed doen, lyk dit asof hulle besonder intelligent is; hulle is van die soort wat nie hf te werk nie.
    3. Hierdie persone — so verveeld en blas — laat almal wat sukkel en strompel deur hulle werk sleg voel. So asof dit net idiote is wat hard leer vir ’n eksamen.


    Hierdie artikel wil nie raad gee oor studiegewoontes, die noodsaaklikheid van ’n hersieningsrooster, die maak van aantekeninge, ensovoorts nie. Dit is in elk geval nou te laat daarvoor. Maar daar is ’n paar mense, soos Oscar Wilde hierbo, wie se gevleuelde woorde dalk net die vonk kan wees wat jou kan motiveer om die volgende paar weke deur jou werk te “vlieg”. Soos:

    1. “Eet jou rape eerste.” Dit het Piet Cilli, bekende redakteur van Die Burger, tydens ’n prysuitdeling van die Horskool Jan van Riebeeck in Kaapstad vir die kinders ges. Dit was die woorde van sy pa, ou dr Gawie Cilli, aan sy kinders as hulle die rape op hulle bord vir laaste gehou het omdat dit so sleg smaak. Overgeset synde: Pak heel eerste die vakke aan waarvan jy ni hou nie. Of, nog anders gestel: leer eers jou werk en beloon jou daarn met jou gunsteling-TV-program.

    2. “Die enigste plek in die wreld waar sukses voor werk kom, is in die woordeboek.” So het Vidal Sassoon, die beroemde Britse haarstilis, in ’n onderhoud ges.

      Lees maar aan die einde van die jaar in die koerante wat die toppresteerders van oor die hele land as redes aangee vir hulle puik prestasies: harde werk.

    3. “Onderwysers maak die deur oop, maar jy moet self deurstap.” Hierdie ou Chinese spreekwoord s eintlik net een ding: Jy is verantwoordelik vir jou eie sukses.


    As die senuwees knaag

    Dis normaal om gespanne, angstig en bekommerd te wees. Dis ook normaal om te sukkel om te slaap. Die liggaam pas aan by die gevolge van angstigheid voor die eksamen. Adrenalien laat die hart vinniger klop en laat meer bloed na die spiere vloei. Dit laat ’n mens vinniger asemhaal en jou verstand is gereed vir aksie.

    Probeer jouself sien as ’n geoefende atleet wat uitsien na die wedloop. Moet nooit, nit slaappille neem die aand voor ’n belangrike eksamen nie. Die laaste ding wat jy wil wees, is slaperig en vaak, in plaas van wakker en skerp.

    As jy dae lank onder geweldige spanning verkeer of as jy nagte na mekaar nie kan slaap nie, kry hulp, byvoorbeeld van ’n simpatieke onderwyser. Doen oefening. Luister na klipharde musiek. (S vir jou ma en pa jy het dit nodig.)

    Maar onthou: as jy ni ’n paar skoenlappers in jou maag het nie, is jy nie geestelik reg ingestel vir die eksamen nie.


    Die aand voor die eksamen

    1. Sorg dat alles wat jy die volgende dag nodig het, gereed is: minstens twee penne, ’n potlood, uitver, liniaal, meetkunde-instrumente, ensovoorts.
    2. Gaan slaap vroeg! (Jy kan later - na die eksamen - soveel televisie kyk as wat jy wil.)
    3. As jou ma nie daar is om jou wakker te maak nie, stel meer as een wekker! Jy weet hoe lui Murphy se wet: As iets verkeerd kan gaan, dan sl dit.

    Die dag van die eksamen

    1. Eet ’n gesonde ontbyt.
    2. Sorg dat jy vroegtydig by die eksamenlokaal aankom, maar moet liewer nie met jou maats oor die vraestel gesels nie. Dalk noem hulle ’n begrip of name waarvan jy in jou hle lewe nog nooit gehoor het nie 

    En hier sit jy nou in die eksamenlokaal

    Jy gaan in hierdie eksamen genoeg tyd kry om die vraestel vooraf vinnig deur te lees. Ook die instruksies boaan. (Daar is elke jaar kandidate wat skynbaar blind is vir opdragte soos: “Begin elke vraag bo-aan ’n nuwe bladsy.”)

    1. Vluglees die vraestel, met jou pen in die hand. Maak regmerkies langs die vrae wat jy maklik sal kan doen; onderstreep die werkwoorde en kernwoorde in die opdragte en omkring die puntetotaal van die vrae.
    2. Jy mag op die vraestel krap: dis joune!
    3. Kandidate het al ’n A-simbool verloor, nie op die provinsiale merietelys verskyn nie, of ’n vak gedruip omdat hulle nie die instruksies behoorlik gelees het nie. Watter simpel manier om punte te verloor.
    4. Moenie dat die ander kandidate jou van stryk bring nie. As hulle almal ywerig begin skryf, terwyl jy nog nadink oor hoe jy jou antwoord sal formuleer, maak of jy hulle nie sien nie. Die een wat die meeste skryf, is nie noodwendig die beste kandidaat nie. Onthou: dis nie ’n wedren nie.
    5. Oppas vir ’n “maklike” vraestel; dit laat ’n mens ontspan — en dan maak jy onnodige foute.
    6. Beplan jou tyd. In Wiskunde SG het jy gewoonlik ’n bietjie meer as ’n minuut vir elke punt, in Wiskunde HG ’n bietjie minder as ’n minuut. Skryf dus byvoorbeeld langs Vraag 1, wat 20 punte tel, neer hoe laat jy naastenby daarmee klaar moet wees. (Anders sukkel jy dalk langer as tien minute met ’n som wat net twee punte tel.)

    Die vraestel self

    Maak seker dat jy presies weet wat die volgende terme en/of instruksies beteken en wat dit van jou as kandidaat vereis.

  • Kernwoorde

    Benoem     Gewoonlik ’n lys name, eienskappe, ensovoorts.

    Beskryf     Verstrek baie besonderhede.

    Bespreek     Skryf oor belangrike aspekte van die onderwerp. Analiseer en kyk of daar twee sienings van die saak is. Skenk aandag aan die argumente vir en teen die saak. Jy moet dus nie ’n blote beskrywing gee nie.

    Definieer     Gee ’n duidelike, kernagtige betekenis. (Omskryf.)

    Evalueer     Beoordeel die belangrikheid of sukses van ’n saak.

    Illustreer     Verstrek voorbeelde wat lig op die saak werp, soms deur ’n skets of diagram.

    Kontrasteer     Beklemtoon die verskille tussen twee sake.

    Kritiseer     Spreek jou eie mening uit en voer bewyse aan om jou mening te staaf. Bespreek die beperkinge of swakhede en ook die goeie hoedanighede.

    Motiveer     Gee redes vir jou antwoord.

    Noem     Skryf die hoofpunte kortliks neer.

    Onderskei     Verduidelik die verskil tussen twee of meer begrippe.

    Opsomming / Samevatting     Vat die belangrike punte saam. Ignoreer dus detail en adjektiewe. Kyk of jy dit in volsinne moet doen en of telegramstyl toelaatbaar is.

    Vergelyk     Bespreek dit wat eenders is en wys ook op die verskille. Watter is die beste en waarom?

    Vertolk     Verduidelik die betekenis in jou eie woorde, byvoorbeeld as jy gevra word om ’n grafiek te vertolk


    Essaytipe-vrae of “langvrae”

    1. Dink die heeltyd aan die punt wat jy wil maak: wat is jou stelling of tese? Sorg dat jy nie afdwaal nie. Dit help om, terwyl jy skryf, telkens wr die vraag te lees. Is jy die heeltyd besig om te antwoord wat gevra word?
    2. So ’n vraag moet bestaan uit ’n inleidingsparagraaf, verskillende paragrawe wat mekaar logies opvolg en ’n slotparagraaf. Alles wat jy in Afrikaans en Engels oor die redeneringsopstel geleer het, moet jy hier ook doen.
    3. As jy min weet, skryf dit wat jy weet, liewer mooi duidelik aan die begin neer. Moenie dink jy gaan die nasiener om die bos lei deur ’n lang gegorrel met die paar feite hier rens aan die einde nie.
    4. En onthou van paragrawe! Net n hoofgedagte in ’n paragraaf. Liewer te veel paragrawe as een lang stuk wat die indruk skep jy moes dit aframmel voor jy vergeet wat jy wou s.

  • Veelkeusevrae

    1. Probeer eers die vraag in jou kop beantwoord vr jy na die verskillende moontlikhede kyk. Dit kan keer dat jy nie deurmekaar raak nie.
    2. Elimineer die een of twee moontlikhede wat ooglopend verkeerd of belaglik is.
    3. Soms is die eksaminator so oulik dat daar een moontlikheid is wat reg wil lyk, wat so amper-amper reg is. Oppas daarvoor. Dis die vangplek.
    4. Baie mense reken ’n mens moet by die veelkeusevrae jou eerste impuls vertrou.

  • Kortvrae

    1. Moenie met ’n haelgeweer skiet nie: beantwoord net dit wat gevra word. Dis al waarvoor jy punte gaan kry.


    En nou begin jy skryf 

    1. Dink aan jouself as deel van ’n groep, as ’n spanlid van jou skool. Daarom het jy
      ’n verantwoordelikheid teenoor jou onderwysers, jou skool en jou klasmaats. Julle moet almal saamwerk om ’n goeie indruk van julle sentrum op die nasiener te maak (al sal hy of sy nooit weet van watter skool hierdie pak boeke met hierdie nommer kom nie).

    2. Dink aan die moe nasiener wat jou eksamenboek van die stapel optel en oopvou.
      Hoe gaan jou skrif en die uitleg van jou bladsy vir hom of haar lyk? Net soos ’n netjies getikte bladsy of die gedrukte brief van ’n sakeonderneming, of daardie vraestel wat langs jou oopl, ’n duidelike, oop, skoon uitleg het, net so moet jou eksamenskrif lyk. Net soos die nommers op elke bladsy en die puntetotaal op die vraestel onder mekaar gespasieer is en dus duidelik uitstaan, so moet jy ook besef jy mg nie in enige van die kantlyne skryf nie. Sorg dat daar genoeg plek op elke bladsy is vir al die baie punte wat die nasiener vir jou daar wil neerskryf.

    3. Maak dit dus vir die nasiener maklik om jou skrif na te sien en jou feite raak te
      lees.

    4. Skryf leesbaar. Hervorm jou skrif vir hierdie paar ure. Jy kan later maar weer
      soos ’n dokter op ’n voorskrif skryf, maar die nasiener wil nie raai wat jy geskryf het nie. Die d moenie soos ’n a lyk nie, die h moet anders lyk as die n, ensovoorts.
    5. Hoe lank, dink jy, bestee ’n nasiener aan jou spesifieke antwoordboek voor hy of sy die volgende boek van die stapel optel? Glad nie baie lank nie — dalk vyftien minute. Miskien selfs minder. Kry dus dadelik die nasiener se aandag beet; laat hom of haar regop sit en dink: “A, dit lyk of di kandidaat iets hier beet het!” Sorg dat elke sin, elke feit ’n punt werd is: moenie gorrel nie!

    6. Begin met die maklikste vrae; dis goed vir jou selfvertroue.

    7. Kyk oopkop na die vrae. In die stelwerkvraestel het die nasieners deur die jare geweet dat van die briljantste, mees kreatiewe skryfwerk dikwels geskryf is oor die verveligste onderwerpe, soos — bid jou aan — “Betta se bruilof”! Van die skryfwerk daaroor was inderdaad skitterende kortverhale.

    8. Nommer reg en nommer ook presies net soos op die vraestel: nie a, b, en c as die vraestel 1.1, 1.2 en 1.3 gebruik nie.

    9. As jy ’n korrekte antwoord by ’n verkeerde vraag skryf, kry jy gn punte nie.

    10. Net soos ’n goeie tennisspeler weet hy moenie tydens die wedstryd dink hoe
      wonderlik hy gaan voel as hy die trofee in die lug hou nie, maar moet konsentreer op die hou wat hy op daardie oomblik moet speel, net so moet jy nie lugkastele bou oor hoe almal jou gaan gelukwens met jou vier A-simbole nie. Konsentreer op die vraag wat jy nou moet beantwoord. Bly gefokus dwarsdeur die eksamen.

    11. Laat liewer meer as een rel tussen antwoorde oop. Veral by Wiskunde is dit belangrik: anders lyk 2.1.1 se antwoord dalk soos die bewerkings van 2.1.2. As jy elke keer ’n rel ooplaat in langer vrae, is dit ook makliker as jy na die tyd jou werk oorkyk en hier en daar ’n woord wil invoeg. (Alle skrywers weet dat manuskripte wat aan uitgewers gestuur word, in dubbelspasiring moet wees, juis sodat daar spasie is vir redigering.) Onthou: ook die eksamenboek is joune! Maak gebruik daarvan.

    12. Weer by Wiskunde en ander syfervakke: Moenie jou berekeninge, selfs van ’n maklike sommetjie, op jou vraestel of agterin die boek of op ’n stukkie papier doen en dan net die (korrekte) anwoord in jou eksamenboek neerskryf nie. As die antwoord verkeerd is, kan jy nie punte kry vir jou berekenings nie.

    13. En moenie in Wiskunde doodtrek nie — selfs al dink jy hierdie poging is net ’n gemors! Dalk het jy reg begin, en as dit doodgetrek is, kan jy geen punte vir daardie begin kry nie. (En as dit nou wel heeltemal verkeerd is? “Ag wat,”s my kollega, “gun die nasieners maar hulle ou plesiertjie! As hulle vir jou lag, is jy tog nie by om dit te sien nie. En, wie weet, dalk s daar iets wat ’n paar punte verdien.”)

    14. As jy byvoorbeeld met ’n som vasdraai en nie verder kan nie, laat dan die hele bladsy verder oop. Begin op ’n skoon bladsy met die volgende vraag. Maar moenie deurmekaar antwoord nie. Onthou: die nasieners tel vraag vir vraag se punte op.

    15. As jy voor die tyd klaar kry, moet jy nie jou werk net oorlees nie, want dit
      beteken gewoonlik jy lees r die foute. Die regte werkwoord is: proeflees. Onthou dus: proeflees jou werk.

    16. Wat jy wel moet oorlees, is die vraestel. Het jy die vrae reg verstaan? Het jy al die vrae gedoen wat jy moes doen? Het jy ook die vraag op die agterkant van die bladsy raakgesien? (Dink ’n bietjie terug: Hoeveel keer het jy nie al ’n onderwyser hoor s : “Maar het jy dan nie die vrae gelees nie?”)

    17. ’n Goeie wenk, nie net vir die vervaardes en agtelosiges nie, is om aan die einde op die vraestel af te merk: “Vraag 1.1  Ja, ek het dit gedoen; 1.2  Ja, hier het ek dit gedoen ” tot by die laaste vraag.

    18. Nog ’n wenk: Neem ’n potlood om, baie liggies, jou eie antwoordstel “na te sien”. “Vir watter drie eienskappe sal ek hier punte gee? Hierdie een, en di een  O gits, ek het net twee genoem!”

    19. Al die nasieners is ervare onderwysers of opvoedkundiges. Hulle wil h jy moet goed doen. Hulle is eintlik trots as hulle A-simbole in ’n pak eksamenboeke kry. Hulle sk vir punte.

      MAAR

      Hulle is ook ervare en regverdig genoeg om dadelik te kan sien as ’n kandidaat of ’n paar kandidate oneerlik was. Moenie eers daaraan dink nie!


    As jy ’n “blank slaan”

    1. Maak jou o toe, haal ’n paar maal diep asem, en sug  Dink aan iemand wat dink jy is okay, probeer hr hoe die persoon iets aanmoedigends vir jou s.

    2. As jy paniekbevange raak oor ’n sekere vraag, los dit eers, laat die res van die bladsy oop en begin met ’n volgende vraag.

    3. Onthou net: as jy vrees die skuld vir jou swak prestasie gee, sal mense jou
      miskien glo, maar hulle sal jou nie bewonder nie: jy ht jou kans gehad om
      matriek te skryf.

    4. En ’n naskrif: Gaan kleedkamer toe voor die eksamen begin!


    Die rooipenmonsters

    Die eksaminatore en nasieners soek nie na maniere om jou te laat druip nie. Inteendeel: hulle soek tekens dat jy weet wat jy doen. ’n Geringe flater bewys nie dat jy niks weet nie. As jou berekening in ’n wiskundesom nie uitwerk nie, maar die stappe is korrek, sal jy daarvoor krediet kry.

    Maar dit is wel waar dat, om jou doelwit te bereik, jy aan die eksaminator se verwagtinge moet voldoen. Dis die groot geheim. Niks minder nie en niks meer nie. Moet dus nie alles uitblaker wat jy nog ooit in jou lewe in die sekere vak geleer het nie. Moenie beantwoord wat nie gevra word nie.

    En die ander rooipenmense: jou eie onderwysers. Hulle word nie betaal om vir jou vrae te vra nie, hulle word betaal om vrae te beantwoord. Moenie dink jy is dom as jy iets nie verstaan nie; jy is dom as iets nie verstaan nie n jy vra nie die onderwyser nie.

    En die superslimmes onder julle — ek het in my loopbaan nog net een of twee onderwysers geken wat ongemaklik of seker ’n bietjie jaloers was op leerders wat slimmer as hulle was. Die meeste onderwysers wil bittergraag h hulle leerders moet goed vaar. Het jy al gehoor hoe baie hou onderwysers daarvan om te s: “Ek het vir hom of haar skoolgehou”? Dalk is jy een van di oor wie hulle eendag kan spog.
    En hier is ons terug by die onderwysers en by nog ’n uitspraak, hierdie keer deur my. As iemand dit voorheen ges het, wys dit meer mense besef dis waar:

    As ’n kind swak doen in die eksamen, dan s die ouers dit was ’n hopelose onderwyser. As die kind goed doen in die eksamen, dink die ouers die kind was slim.

    Anders gestel: Onthou om vir die onderwysers te gaan dankie s!


    Adinda Vermaak

    EDULIS
    Kruskallaan 15
    BELLVILLE

    7530

    boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.