OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Vrae uit Douspoor deur A van Wyk en E Erasmus

Die rooi vaas

  1. In watter omgewing speel die verhaal waarskynlik af? Motiveer jou antwoord deur enkele aanhalings uit die verhaal. (Bespreking: par. 2.)
  2. Die verhaal begin met die reaksie op die nuus dat tant Isa gesterf het. Watter aanduidings was daar dat sy nie sou herstel nie?
  3. “Ons het hier te make met ’n storie binne ’n storie.” Stem jy saam? Motiveer kortliks.
  4. Martha is duidelik gefassineer deur die vaas toe sy dit vir die eerste keer sien. Verduidelik kortliks.
  5. In die verhaal word “kleur” baie kundig aangewend om sekere emosies te versterk (bv die glansende vaas teen die halfdonker van die kamer).
  6. Haal nog sulke voorbeelde aan en sê waarom dit treffend is.
  7. Watter gebeurtenis sou jy sê is die motoriese moment van die verhaal?
  8. Waarom is dit vir die meisie moeilik om vir tant Isa te vra of sy die vaas na haar dood kan kry? Verskaf minstens twee redes.
  9. Waarom het die vaas soveel betekenis vir tant Isa gehad?
  10. Watter “bewyse” is daar dat die verhaal wat die meisie geskryf het, aangevul en “bygelas” is?
  11. Vertel hoe die meisie se obsessie met die vaas op ’n antiklimaks eindig toe sy dit aan skerwe sien lê. Hoe het dit volgens Martha se ma gebeur?
  12. Martha kom tot insig en besef dat “… die vaas aan die kamer behoort en aan die eensame figuurtjie op die bed …” (bl 143). Watter belangrike lewensles word deur die verhaal geïllustreer?

Responsvrae

  1. Soos tant Isa, het alle mense ’n paar geheime wat hulle binne hulself bewaar. Dink jy dat ’n mens soms die reg het om ’n ander se wêreld binne te dring?
  2. Die lewe het geen gebrek aan mense wat eensaam sterf of die foltering van onbeantwoorde liefde ervaar nie. Bespreek hierdie stelling en vertel verhale van mense wat jy ken.

    boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.