OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

WENKE / RIGLYNE VIR MATRIKULANTE WAT
DIE WES-KAAP ONDERWYSDEPARTEMENT
SE EKSAMEN SKRYF

VAN: VAKADVIESDIENS AFRIKAANS

AFRIKAANS EERSTE TAAL HOËR GRAAD
VRAESTEL EEN: LEES
NOVEMBER 2001

AFDELING A:

NIELITERÊRE TEKSTE (BEGRIPSTOETS, OPSOMMING, ADVERTENSIES)

VRAAG 1

Een nieliterêre teks waarop begripsvrae en opsommings/samevattings gebaseer is.

VRAAG 2

Een nieliterêre teks waarop begripsvrae en opsommings/samevattings gebaseer is.

VRAAG 3

Een advertensie waarop begripsvrae en opsommings/samevattings gebaseer is.


* * *


TOELIGTING BY VRAE

A. BEGRIPSTOETS

  • Kandidate moet die instruksies noukeurig lees en volg.
  • Kandidate struikel gewoonlik by ’n vraag wat ’n ENKELE VOLSIN vereis.
  • ’n ENKELE VOLSIN bestaan uit EEN SIN en bevat ten minste ’n HOOFWERKWOORD.
  • Kandidate moet liewer NIE ’n antwoord met ’n VOEGWOORD ( bv. want, omdat, sodat, ens.) of INFINITIEF ( om te ...) begin NIE. [ LET WEL: Dit is nie verkeerd om ’n sin met ’n voegwoord of infinitief te begin nie. Kandidate laat egter soms na om die hoofsin van die antwoord neer te skryf indien hy/sy met ’n voegwoord of infinitief begin.]


    TOEPASSINGSVOORBEELDE

    (1) Beantwoord die volgende vraag in ’n enkele volsin:

      Gee twee voordele wat optimistiese mense bo pessimistiese mense geniet. ( 3 punte)

    [Raadpleeg Afrikaans Eerste Taal Hg (Vraestel Een: Lees) van November 1997.]

  • Antwoord vir drie (3) punte:

      Optimistiese mense geniet ’n beter gesondheid en ’n beter selfbeeld.

      1 punt = beter gesondheid
      1 punt = beter selfbeeld
      1 punt = volsin

  • Die volgende antwoord sal slegs twee (2) punte verdien:

      Beter gesondheid, beter selfbeeld.

    Die antwoord bestaan wel uit die volle waarheid (is volledig), maar verdien slegs 2 punte omdat dit nie ’n hoofwerkwoord bevat nie en dus ook nie ’n volsin is nie.

  • Die volgende antwoord sal slegs 1 punt verdien:

      Optimistiese mense geniet beter gesondheid.
      Hulle het ’n beter selfbeeld.

    Slegs die eerste sin word nagesien. Die tweede sin word geïgnoreer. Die antwoord is nie volledig nie en verdien slegs 1 punt ten spyte daarvan dat die eerste sin ’n hoofsin is.


    (2) Beantwoord die volgende vraag in ’n enkele volsin:

      Op watter twee wyses kan ’n kind se persoonlikheidseienskappe vasgestel word? (3 punte)

    [Raadpleeg Afrikaans Eerste Taal Hg (Vraestel Een: Lees) van Maart 1999.]

  • Antwoord vir drie (3) punte:

      Dit kan deur middel van verskillende toetse en onderhoudvoering bepaal word. ( 3 punte)

  • Die volgende antwoord sal twee (2) punte verdien. Waarom?

      Deur middel van verskillende toetse en onderhoudvoering.

  • Die volgende antwoord sal slegs een (1) punt verdien. Waarom?

      Verskillende toetse.
      Onderhoudvoering.


    B. ADVERTENSIES

    Konsentreer veral op

  • nuutskeppinge.
  • afkortings.
  • woorde wat verband hou met die tegnologie.
  • woordverklarings / idiomatiese uitdrukkings.
  • letterlike en figuurlike taalgebruik.
  • wat geadverteer word ( ’n diens / ’n produk / ’n bepaalde geleentheid, ens.).
  • wie die adverteerders is.
  • wie die teikenmark is.
  • waarom die produk/diens volgens die adverteerders so besonders is.


    C. OPSOMMINGS / SAMEVATTINGS

    Onthou die volgende:

  • Lees en volg die instruksies noukeurig.
  • Bepaal of die hele teks opgesom moet word of slegs gedeeltes van ’n bepaalde teks.
  • Gewoonlik sal daar van die kandidaat verwag word om bepaalde gedeeltes van ’n teks op te som, byvoorbeeld wenke, voordele, nadele, menings van mense, vereistes, ens. of ’n samevatting te gee van bepaalde definisies.
  • Kandidate moet nie die vereiste lengte oorskry nie.
  • Indien ’n kandidaat die vereiste lengte met meer as 15 persent oorskry, kry hy/sy nul.
    (Indien die vereiste lengte 100 woorde is en ’n kandidaat se antwoord 116 woorde bevat, kry hy/sy dus nul vir sy/haar antwoord.
  • Die aantal woorde wat gebruik word, moet onderaan die antwoord geskryf word.
  • Rofwerk moet liefs agter in die antwoordboek gedoen en netjies deurgehaal word.


    AFDELING B:

    DIGKUNS

  • Lees die gedig(te) eers rustig deur — meer as een keer.
  • Prewel die woorde saggies terwyl jy lees sodat jy ook die klanke in die gedig hoor.
  • Probeer vasstel watter uitwerking die gedig op jou het: maak dit jou hartseer, blymoedig/gelukkig, herinner dit jou aan iets wat jy beleef het, ens.?
  • Probeer om die titel van die gedig te verklaar. Moet die titel van die gedig letterlik of figuurlik vertolk word? Is daar ’n verband tussen die titel en die inhoud van die gedig? “Paddas” van D J Opperman moet byvoorbeeld op ’n simboliese/figuurlike vlak gelees word.
  • Probeer ook vasstel wat die tema/universele boodskap van die gedig is.

  • Kandidate moet minstens die volgende verstegniese aspekte/terme KEN en kan TOEPAS:

      koeplet, kwatryn, sekstet, tersine, Engelse sonnet, Italiaanse sonnet, tipes rym, alliterasie, enjambement, kontras, vrye vers, digterlike vryheid, herhaling, beeldspraak, vergelyking, personifikasie, metafoor.


    AFDELING C:

    KORTVERHALE: DOUSPOOR OF STORIEPALET

  • Uit hierdie afdeling moet slegs EEN VRAAG beantwoord word.
  • Al die kortverhale is belangrik vir eksamendoeleindes.
  • Twee of meer as een kortverhaal kan binne een vraag gekombineer word.
  • Puntetoekenning wissel tussen 1 punt en 5 punte.
  • Kandidate moet minstens die volgende literêre begrippe / aspekte KEN en kan TOEPAS:

      titel, ruimte, tyd, verteller, fokalisator, karakters, tema/sentrale problematiek van verhaal, ironie, simboliek, spanning, kontraste, taalgebruik, geloofwaardigheid van gebeure in kortverhaal, verskil tussen die begin en slot van die verhaal.

    VOORBEELDVRAE:

    1. Inhoudsvrae: Wat het met wie gebeur, wanneer, hoe en waarom?
    2. Wie is die verteller in die verhaal?
    3. Wie is die fokalisator in die verhaal?
    4. Watter tipe verteller tree in die verhaal op?
    5. Wat is die voordeel van die eertespersoonsverteller in die verhaal?
    6. Wat is die tema/sentrale problematiek van die verhaal?
    7. Watter kontras is daar tussen die inleiding en slot van die verhaal?
    8. Lewer kommentaar op die taalgebruik van die verhaal. Is dit gepas?
    9. Lewer kommentaar op die geloofwaardigheid van die gebeure in die verhaal.
    10. Waarom is bepaalde gebeure in die kortverhaal ironies?
    11. Verklaar die titel van die verhaal.
    12. Wat is so besonders van ’n bepaalde karakter?
    13. Watter simboliek kom in die verhaal voor?
    14. Bespreek die karaktertrekke van ’n bepaalde karakter.
    15. Hoe hou die slot van die verhaal verband met die tema?

      boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.