OnderwysNet - ruimte vir opvoeders van AfrikaansArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
LW
Hiemstra
Trust

Planne vir ’n laevlakdag

Woordspeletjie

Hierdie “speletjie” is eintlik ’n deeglike “oefening” in morfologie. U kan self besluit in hoeveel besonderhede u dié saak wil bespreek, hoe eenvoudig u dit wil hou, hoe jonk die klas kan wees waarvoor u dit aanwend. Moontlik is senior eerstetaalleerders in elk geval hierbo verhewe …

Gee die volgende lys van 51 woorde aan die klas. Hul opdrag is om die woorde te verdeel in groepies van drie woorde elk — niks meer nie en niks minder nie. Die woorde in elke groep moet dieselfde of soortgelyke vorm hê. (Dit sal in sommige tweedetaalklasse nodig wees om die verskil te verduidelik tussen groepies van drie en drie groepe.)

Die woorde

verlamming
nutteloos
eetbaar
benader
afstoot
geraamte
verder
onwenslik
eendbekdier
ooms
verwerping
hoorbaar
wegjaag
  aantrek
dikste
vinniger
inspekteer
bewerk
jagluiperd
herkou
verskoonbaar
beddens
verspeel
kortste
langste
herken
  knopie
hersien
gebergte
spelerig
Kaapstad
verdraai
melkbok
modelleer
groter
gedoente
mediteer
woordeloos
  verstoot
onmoontlik
verstomming
hase
liedjie
hopeloos
Putsonderwater
stouterig
onvriendelik
bespreek
vatterig
duimpie
Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein

Die oplossing (aanvanklik natuurlik net vir u oë!)

  1. Meervoude: hase, ooms, beddens
  2. Verkleinwoordjies: duimpie, liedjie, knopie
  3. Vergrotende trap (b.nw.): verder, vinniger, groter
  4. Oortreffende trap (b.nw.): langste; kortste; dikste
  5. Plekname (s.nwe.; samestellings): Kaapstad, Putsonderwater, Tweebuffelsmeteenskootmorsdoodgeskietfontein
  6. Diername (s.nwe.; samestellings): eendbekdier, jagluiperd, melkbok
  7. Alkantvoegsels (s.nwe.): gebergte, gedoente, geraamte
  8. Wwe (her- met die betekenis van weer): herken, herkou, hersien
  9. Wwe (ver- met die betekenis van verkeerd): verdraai, verspeel, verstoot
  10. Wwe (be-): benader, bespreek, bewerk
  11. Deeltjiewwe. (voorheen bekend as skeibaar saamgestelde werkwoorde): aantrek, afstoot, wegjaag
  12. Wwe (-eer): inspekteer, mediteer, modelleer
  13. Abstrakte s.nwe. afgelei van wwe.: verlamming, verstomming, verwerping
  14. B.nwe. (-loos met die betekenis van sonder): hopeloos, nutteloos, woordeloos
  15. B.nwe. (on- met die betekenis van nie): onmoontlik, onvriendelik, onwenslik
  16. B.nwe. vanaf wwe. (-baar met die betekenis van moontlik): eetbaar, hoorbaar, verskoonbaar
  17. B.nwe. vanaf wwe./b.nwe. (aanduiding van geaardheid): spelerig, stouterig, vatterig.

Hierdie speletjie kan ook help met woordeskatuitbreiding, ’n groot verskeidenheid taalaspekte (wat bloot terloops genoem kan word), prettige plekname (daardie LANG een is die Suid-Afrikaanse rekord!) en sommer met woordpret. Hoe u dit opvolg, is ook u saak. Leerders kan byvoorbeeld nog een of twee woorde soek wat in elkeen van die groepies pas.

Geniet die uitsorteer van woorde!

Stuur asseblief u eie idees, speletjies en aktiwiteite in dié verband aan: coenraadwalters@hotmail.com

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.