Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Navolging van Christus

Pieter GR de Villiers

Deur: Thomas ŗ Kempis
Wellington: Lux Verbi.BM, 2004.
Prys: R119,95
Bladsye: 352 pp
ISBN 0 7963 0212 X
Hardeband

Bestellings: 0860 231 231 of marketing@luxverbi-bm.co.za


27/09/2004

Die eerste opmerking wat gewoonlik oor die boek gemaak word, is dat dit vandag, naas die Bybel, die mees gelese godsdienstige teks ooit is. Daar is glo reeds 6 000 weergawes in 50 tale, waarvan hierdie die tweede een in Afrikaans is.

Net so gereeld word verwys na die beroemdes wat deur hierdie boek beÔnvloed is. En indrukwekkend is dit wel dat hierdie teks van 'n ongerekende Rooms-Katolieke skrywer in Nederland uit 1441 groot invloed gehad het op sulke mense soos die jong Van Gogh, op Wesley, die vader van die Metodisme, op HammerskjŲld, die merkwaardige sekretaris-generaal van die Verenigde Volke in die vorige eeu ťn, les bes, ook op Andy Warhol, wie se film met dieselfde titel 'n fassinerende oefening in intertekstualiteit bied. En net vir die kersie: Agatha Christie het haar Mrs Marple elke aand 'n stukkie daaruit laat lees.

Die Navolging van Christus het 'n beskeie oorsprong gehad. Dit is (waarskynlik, debatteer die kenners!) van Thomas ŗ Kempis soos hy vernoem is na sy stad van herkoms naby DŁsseldorf. Terwyl Thomas duidelik wars was aan enige roem, het sy boek ironies genoeg gou ongekende gewildheid verwerf. Dit was die eerste topverkoper ooit toe daar, na die ontwikkeling van die boekdrukkuns, 99 weergawes net in die vyftiende eeu alleen verskyn het.

Op die oog af is dit 'n eenvoudige, psalmagtige boek oor die Christelike lewenskuns, gefokus op die twee basiese deugde humilitas (nederigheid) en simplicitas (eenvoud) wat as goue draad die boektekstuur bind. Verganklikheid, pretensieuse slimmighede, versmorende dwingelandye en onvervullende materialisme word boeiend besweer deur nadenke, introspeksie, afsondering en stilte. Nugter bring dit die leser tot nederigheid: "SÍ my, waar is al die grootmenere en geleerdes nou wat jy geken het toe hulle nog geleef het en in die bloeitydperk van hulle studie was? ... Tydens hulle lewe het mense gedink dat hulle besonders is, maar nou word daar alreeds niks meer oor hulle gesÍ nie." En direk volg daarna die eenvoud: "Iemand is eers waarlik groot as hy groot is in die liefde" (deel 1.3).

Die deugde word gedryf deur die vervullende, leweskeppende verhouding met God - wat seker min in geestelike literatuur so aangrypend weergegee word soos in boek 3.5 met sy ode oor God se liefde. En as 'n mens daarby boek 3.48 lees met sy intense worsteling, snydende selfbeoordeling en smagtende verlange om bevryding en vryheid, herken 'n mens godsdiens in sy mees outentieke vorm: die lewensreis met sy helder, lig-oomblikke, maar onteenseglik ook verknoei deur die ompaaie langs die donker afgronde van twyfel en vertwyfeling (vgl ook 3.7 se aangrypende opmerkings hieroor).

Die innerlike reis kring egter gedurig uit vanaf die helende verhouding met God na self-heling (die merkwaardig moderne raad teen venynige tonge in 3.28, die onbelangrikheid van mense se opinies, 3.36) en na helende menseverhoudings (1:14-17). Geloof bly iewers ook weer op 'n ander, indirekte manier gebind aan die wÍreld, sodat dit nie slagoffer word van mistieke ontvlugting en wÍreldvreemdheid nie.

Dit kan ook nie anders nie, soos blyk wanneer 'n mens die boek in sy middeleeuse konteks lees. Thomas ŗ Kempis was deel van die Nuwe Toewyding (Devotio Moderna), 'n dapper vernuwingsbeweging in die vyftiende eeu op die Noord-Hollandse platteland wat die gramskap van die kerklike owerhede opgeroep het met sy protes teen die magtige skolastieke teologie met sy haarklowende argumente en leŽ intellektualisme ("Wat baat dit mens om diepsinnighede oor die Drie-eenheid kwyt te raak as jy nie nederig ander dien nie en so God Drie-enig teleurstel?", 1.1 - maar veral 3.43 oor "leŽ kennis"). Dit protesteer ook teen bygeloof en sensasionalisering van die geestelike: die massas se gejaag om goue kissies vol relikwieŽ te soen het niks te doen met "vaste geloof, eerbiedige hoop en opregte liefde" nie (deel 4.1.4). Maar dit leef ook weg van bitter rusies en magstryd wanneer twee of selfs drie pouse gelyk probeer heers oor die kerk, asook die skandalige morele verval in die kloosters (vandaar bv deel 4.5).

Maar die boek is lank nie net 'n protesskrif nie. Die meditatiewe fokus op die stil lewe met die oop Bybel help mens om die gewone en die alledaagse na waarde te skat en die nadenkende, vervullende lewe te koester deur studie. Thomas se geestelike vader was Geert Groote en sy makkers wat die Broeders en Susters van die Gemeenskaplike Lewe begin het om onder andere arm kinders 'n opvoeding te gee. Christus-navolging beteken vir die groep en skrywer prakties om iewers die gewone mens, kinders ingesluit, tot lewegewende insig te lei. Daarom skryf Thomas deel 1.25 oor geesdrif om jou hele lewe te verbeter (gelowiges "verleng hulle gebede, lees baie ...") en in 1.5 word die leser gevra om "eenvoudige en opbouende boeke" te lees, net so graag "as die geleerde en diepsinnige geskrifte".

Die bedrieglik eenvoudige teks van Thomas is in werklikheid diep ingebed in 'n intellektualiteit met 'n duidelike etiese karakter. "Moet jou nie steur aan die aansien van die skrywer nie, en of hy min of baie geleerd was nie, maar laat die liefde vir die suiwer waarheid jou aanspoor om te lees" (5.2). "Vra vrae," skryf Thomas en herinner sy lesers (geÔntimideer deur die haarklowende teoloŽ) dat "God niemand voortrek nie". Elkeen het die reg op ondersoekende denke, maar die soektog můťt transformerend werk. Insig laat 'n mens afsien van 'n oppervlakkige vertroue op uiterlikhede en bring 'n mens voor God tot innerlike heling. God se naam is nie meer net op die lippe nie, maar in die hart (3.4.3). Daarmee word godsdiens verinnerlik, bevry van benoude dogmatisering en geestelike agterlikheid.

Dit is tog opwindend dat sulke klassieke godsdienstige tekste in Afrikaans vertaal word. Hierdie uiters belangrike praguitgawe van Die Navolging van Christus neem 'n trotse plek in langs die onlangse vertalings van Erasmus se klassieke Tot Lof van Dwaasheid (deur Jan L de Villiers) met sy vlymskerp kritiek op 'n verknegtende godsdiens en die spiritualiteitskrywer Henri Nouwen se boeiende Dagboek vir Wysheid en Geloof. Dit is ook in lyn met die merkwaardige blitsverkoper en spiritualiteitsteks, Die Groot Gebedeboek (Lux Verbi), knap saamgestel deur Estelle Steenkamp. Dit toon die volwassenheid van die taal, maar bevestig dat spiritualiteitsliteratuur van uitsonderlike kwaliteit in Afrikaans beskikbaar gestel word.


27/09/2004

Pieter GR de Villiers doseer Nuwe Testament aan die Teologiese Fakulteit op Stellenbosch.

Bestel of lees meer oor hierdie boek by Lux Verbi.BM


LitNet: 13 Oktober 2004

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

to the top / boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.