NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Woorde in pentekening: die sagte oog van Joop Leibbrand

Zandra Bezuidenhout

Resensie: Vroeger of later deur JJ Leibbrand

Joop Leibbrand se tweede bundel het onlangs in Nederland verskyn — twee jaar na sy debuut onder die skuilnaam Frieda Snel. Hy is een van die aktiewe redaksielede van Meander, die Nederlandse Internettydskrif vir poŽsie en prosa. Leibbrand tree ook al vir ’n geruime tyd as resensent en as organiseerder van poŽsievoorlesings op en is stelselmatig besig om vir hom ’n kleim in die Nederlandse digterswÍreld af te pen.

Al hierdie bedrywighede het waarskynlik bygedra tot die gewese taalonderwyser se sukses as digter. Sy werk toon ’n rypheid, en danksy die omgang met die poŽsie van andere laat hy nie toe dat ’n ongepoleerde vers van homself deurglip nie.

Kenmerkend van Leibbrand se werk is die sekure segging en die soberheid daarvan, maar daarmee saam die sensitiwiteit en eerlikheid van elke gedig. Die toeganklikheid en soms bedrieglike eenvoud van die verse herinner soms aan die van Rugter Kopland en Herman de Coninck, met daardie mate van misterie wat die leser nie loslaat nie. Vir my is sy werk ’n voorbeeld van volwasse verse wat spreek van die gebalanseerde beleŽnheid van ’n ingeligte, belese en poŽties bewuste digterspersoonlikheid. Hy is in pas met die poŽsietendense van sy tyd, maar verkies ’n redelik vaste versstruktuur met ’n ritmiese vloei. Ook is sy werk nie effekbejag nie; trouens hy ken die kuns van onderbeklemtoning en die relativerende werking van ironie.

Waaroor skryf hierdie vakman, Leibbrand? Oor alles, maar veral oor die mens en sy woorde, sy oomblikke van ekstase of ontreddering, sy ervaring van die liefde, ’n wandeling, ’n eggo — en tegelyk oor meer, want dit gaan oor die misterie van die dinge waaruit ons lewens bestaan: iets so alledaags soos die verbouing van ’n huis, byvoorbeeld, of ’n situasie in die klaskamer. “Laaste lesuur” spreek van die apatie van die leerders, “Ouderavond” van ouers se wantroue in die oordeel van die onderwyser, terwyl etlike verse ’n filosofiese kyk is op ambivalente verhouding tussen leerders en onderwysers.

Wat Leibbrand fassineer, is dat elke soort oomblik vol van sy eie uniekheid en erns, maar ook sy spel is; waaruit hy as digter dan sekere tekens probeer agterhaal. Dit boei ook die leser wanneer ’n digter hierdie dinge versigtig wakker roep — deur benoeming soms, maar meermale deur suggestie, soos in “Vader” en “Moeder”, met die seker krag van ’n fyn netwerk van woorde, soos in “Vangnet”:

Zoals woorden hun weg moeten zoeken,
hun schaduw niet werpen, blind
moeten gaan over de lijn die je trekt,
zich nooit aan de stok
van de danser vertillen -

het is als met het zand
dat zich moet zetten
wil het hard zijn na de vloed,

het laat zich niet tellen maar voelen.

Uitvluchten zijn het, luchtfietserij,
altijd de schrik
vanuit donker naar licht,

beeld dat zonder vangnet zich vastzet
als het snedig spel dat het is.

Hierdie digter is nog nie een van die “groot name” in digtende Nederland nie, maar ek glo dat van die meer bekendes reeds ’n hele paar dinge by hom kan leer. Leibbrand verdien ’n wye bekendstelling en ’n groot gehoor, en Afrikaanse poŽsieliefhebbers behoort sy werk goed te snap. Die bundel is keurig uitgegee en die Kandinsky-ontwerp op die voorblad is smaakvol.

Wacht maar het in 2003 verskyn by die uitgewer Bellevue en die ISBN-nommer is 90 806204-5-9. Dit kan uit Nederland bestel word by die uitgewer info@scriptnoordwijk.nl, en is ook in goeie Nederlandse boekwinkels beskikbaar. Diegene wat ’n besoek aan die Lae Lande bring, kan dit daar aankoop teen 15 euro. Intussen beveel ek aan dat lesers gratis inteken op die tweeweeklikse literÍre webtydskrif Meander. ’n Hele aantal Afrikaanse digters het ook al by wyse van enkele verse met die Nederlandse stemme saamgepraat. Die webadres is: meander@italics.net. Liefhebbers van LitNet kan gerus ook gaan loer.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.