NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

’n Fees van Nederlandse skrywers in Durban: Time of the Writer, 11 - 16 Maart

Andries Visagie

Die vyfde internasionale Time of the Writer-fees vind binnekort in Durban plaas. Skrywers van sestien verskillende lande sal vanaf 11 tot 16 Maart deelneem aan voorlesings uit hulle eie werk, paneelbesprekings, boekbekendstellings, en uitgewersforums. Bekende internasionale skrywers soos Ama Ata Aidoo (Ghana), Nadine Gordimer (Suid-Afrika) en Nawal el Saadawi sal by die fees optree.

Time of the Writer het vanjaar ook ’n besonder sterk afvaardiging vanuit die Nederlandssprekende dele van die wêreld. Frank Martinus Arion van Curaçao, Benno Barnard, Christine Otten, Henk van Woerden en Michaël Zeeman van Nederland, Cynthia McLeod en Denise Jannah van Suriname en Stefan Hertmans van België sal almal hulle werk aan Durbanse boekliefhebbers bekendstel.

Die bekende boekpersoonlikheid en skrywer, Michaël Zeeman, wat in Nederland onder meer die aanbieder is van die televisieprogram Zeeman met boeken, sal een van die paneelbesprekings lei. Op Woensdagaand 13 Maart praat hy met onder meer Frank Martinus Arion, Henk van Woerden en Cynthia McLeod oor “Rewriting History”. Denise Jannah en Bheki Khosa sal die musiek vir die aand verskaf. ’n Onontbeerlike deel van die fees is immers die bruisende musiek van plaaslike en internasionale kunstenaars!

Ook op Woensdag 13 Maart sal Benno Barnard, Christine Otten en Stefan Hertmans deelneem aan ’n seminaar by die Program vir Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Natal (Durban). Die geleentheid sal plaasvind in die Memorial Tower Building, kamer A325, vanaf 12h20 tot 14h00. Christine Otten lees graag haar werk voor met musiekbegeleiding. Sy het ook ’n eie webtuiste waarin meer inligting oor haar werk verskyn (www.christineotten.nl/index2.html).

Saterdagoggend vanaf 9h00 tot 11h00 sal Henk van Woerden in dieselfde lokaal by die Program vir Afrikaans en Nederlands praat oor sy bekende biografie van Demitrios Tsafendas wat deur Antjie Krog in Afrikaans vertaal is as Domein van glas. Tydens hierdie optrede sal sy nuwe film oor die lewe van Ingrid Jonker ook vertoon word.

Die aandprogram van Time of the writer begin om 19h30 elke aand en kaartjies kos R15 vir volwassenes. Kaartjies vir studente en pensioentrekkers kos ’n skamele R5. Die res van die verrigtinge is gratis. Gaan loer gereeld by die webwerf van die fees vir meer inligting oor die skrywers en die verrigtinge: www.und.ac.za/und/carts/tow2002.html.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.