NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Nederlandstalige skrywers by Time of the Writer-fees in Durban

Andries Visagie

Vanaf 11 tot 16 Maart het die vyfde internasionale skrywersfees, Time of the Writer, weer in Durban plaasgevind. Die tema was “Migrating Words”. Skrywers van sowat sestien lande het die propvol feesprogram bygewoon en deelgeneem aan paneelbesprekings en voorlesings uit hulle eie werk.

Die indrukwekkende Ama Ata Aidoo was een van die bekendste skrywers wat aanwesig was. Sy het saam met Akachi Adimora-Ezeigbo van NigeriŽ aan ’n paneelbespreking deelgeneem oor vroueskrywers in Afrika.

Sy het haar voordrag onmiddellik op die tema van die bespreking toegespits:

Ek voel hartseer dat ek nŠ al die boeke wat ek geskryf het, nog steeds net uitgenooi word na ’n geleentheid soos diť as “’n vroulike stem uit Afrika”. Al wat ek vra, is om erken te word as ’n skrywer, net gewoon as ’n skrywer.

Ama Ata Aidoo se versugting dat vroueskrywers hopelik binnekort ’n plek sal verwerf in die hoofstroom sodat hulle nie meer beskou sal word as randfigure in die literatuur nie, het by die gehoor aanklank gevind.

Oor die stryd vir die gelyke beregtiging van vroue het Ama Ata Aidoo opgemerk:

Elke stryd is soos ’n lied - hoe meer stemme saamsing, hoe sterker word dit hoorbaar.

Sy het ook daarop klem gelÍ dat ’n skrywer moet skryf oor dŪt wat haar die naaste aan die hart lÍ:

Jy kan nog beheer uitoefen oor jou pen wanneer jy skryf, maar jou verbeelding sal nie swig voor enige poging tot beheer of afknouery nie. As jou skryfwerk nie opreg klink vir jouself nie, sal dit ook nie indruk op enigiemand anders maak nie.

Dit was nie net Ama Ata Aidoo wat die gehoor by Time of the Writer met haar goed geformuleerde opmerkings beÔndruk het nie. Die paneelbespreking oor die herskrywing van geskiedenis was ook ’n groot hoogtepunt tydens die fees. Die Nederlandse skrywersfees, Winternachten, het vanjaar naamlik ’n sterk bydrae gelewer tot Time of the Writer: die kritikus en televisiepersoonlikheid MichaŽl Zeeman, wat baie nou betrokke is by Winternachten, het ’n boeiende gesprek met skrywers uit die voormalige Nederlandse kolonies gevoer oor skrywers se fiksionele herbeskouing van die amptelike geskiedenis.

Cynthia McLeod van Suriname het in Nederlands voorgelees uit haar nuutste roman, De vrije negerin Elisabeth. Gevangene van kleur. Hierdie historiese roman gaan oor die lewe van die eerste Surinaamse vrou wat met ’n wit man getrou het. McLeod het haar historiese navorsing oor Elisabeth Samson onderneem omdat sy onder meer wou vasstel hoe Elisabeth daarin geslaag het om ryk te word in Suriname. Haar persoonlike rykdom was naamlik die belangrikste rede waarom die Nederlandse koloniale owerhede haar in 1767 verlof gegee het om met ’n wit man te trou. In die geskiedenisboeke word vermeld dat Elisabeth al haar geld by ’n wit man geŽrf het. McLeod se navorsing het egter aan die lig gebring dat Elisabeth, wat nooit in haar lewe ’n slaaf was nie, self verantwoordelik was vir haar fortuin. McLeod het die verswyging van hierdie historiese feit soos volg verduidelik:

Al die geskiedskrywers was mans en hulle wou nie die gedagte oorweeg dat ’n swart vrou self haar geld kon verdien nie; sy sou dit net van ’n blanke kon erf.

In Suriname het ’n kultus rondom Elisabeth Samson gegroei sedert die publikasie van McLeod se werk. McLeod beskou dit as haar taak as historiese romanskrywer om die gapings in die geskiedenis op te vul en die verhaal van Elisabeth is een voorbeeld daarvan. Oor die slawegeskiedenis van die Surinamers het sy verder opgemerk:

Dit was ’n bitter tyd, maar nie alles daaromtrent was droewig nie. Die geskiedenis is gewoon daar vir ons en sommige mense soos Elisabeth kon ook sukses behaal in daardie tyd.

Tydens die sessie oor die herskrywing van geskiedenis het Frank Martinus Arion van CuraÁao in die Karibiese See hom aan die gehoor voorgestel as die ewige hekelaar van die Nederlandse samelewing. Hy beskou sy verhouding met die Nederlanders as soortgelyk aan diť van ’n jagter wat sy prooi agtervolg en in die proses aangetrokke raak tot sy prooi. Hy het onder meer beswaar teen die Nederlanders se neiging om die feite van hulle koloniale geskiedenis te verdoesel. Arion het onder meer verwys na die verswyging van die feit dat baie Nederlandse koloniale amptenare swart minnaresse in die kolonies gehad het. In sy werk hekel hy dus die voormalige koloniale heersers in CuraÁao oor hulle versweŽ geskiedenis. Arion het ten slotte sy gedig “Oorlog aan edelstenen” voorgelees oor die dood van twaalf mynwerkers in Carletonville in die jare sewentig.

Die Indonesiese skrywer en joernalis Seno Gumira Ajidarma het almal verstom met die voorlesing van sy treffende verhaal “Ooggetuie”. Hierdie verhaal gaan oor die getuienis van ’n man wie se oŽ met ’n lepel verwyder is. Hy is dus ’n ooggetuie sonder oŽ en die partydige regter voor wie hy moet getuig, doen sy bes om die geloofwaardigheid van die getuie, wie se oogkaste in die hof steeds bloei, onder verdenking te plaas. Intussen loop die bloed wat uit sy wonde vloei deur die hele stad ...

Ajidarma het verklaar dat dit moontlik voortydig is om oor die herskrywing van geskiedenis te praat aangesien daar nog soveel geskiedenis is wat nog wag om opgeskryf te word. Oor sy eie skryfwerk sÍ hy:

Sodra die sensors my verbied om my joernalistieke verslaggewing te doen, begin ek om stories te skryf.

Volgens hom glip sy verhale deur die Indonesiese sensors se net bloot omdat hulle self nooit literatuur lees nie.

Henk van Woerden, wie se biografie oor Demitrios Tsafendas in Afrikaans vertaal is as Domein van glas, was die laaste spreker tydens die paneel oor die herskrywing van geskiedenis. In sy voorlesing het hy verras deur Tsafendas se stem en Griekse intonasie haarfyn na te boots. Tydens sy optrede was daar baie vrae aan Van Woerden oor sy navorsing oor Tsafendas. Hy het onder andere uitgebrei oor die redes wat Tsafendas aangegee het vir sy aanslag op Hendrik Verwoerd. Tsafendas het Verwoerd klaarblyklik beskou as ’n buitelander en daarom gemeen dat hy, ondanks sy Mosambiekse burgerskap, meer reg gehad het om in Suid-Afrika te woon en te werk as Verwoerd.

Die paneelbespreking is afgesluit met die optrede van die Surinaamse sangeres Denise Jannah. Sy het haar aantreklike toonsettings van digters uit die voormalige Nederlandse kolonies gesing, onder andere “Die kind” van Ingrid Jonker en “Wys my die plek” van C Louis Leipoldt. Die poŽsie sal in April groter aandag in Durban geniet wanneer die Poetry Africa Festival op die kampus van die Universiteit van Natal plaasvind. Die voortreflike gehalte van die bydraes tot Time of the Writer skep die verwagting dat die Sentrum vir Skeppende Kunste van die Universiteit van Natal weer ’n hoŽ standaard sal handhaaf met Poetry Africa.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.