NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Daar ligt mijn blanke leider

Gawie Keyser

AMSTERDAM. — ’n Uiters bevreemdende Wes-Europese politieke verskynsel: ’n op die oog af bruisende, vooruitstrewende multi-kulturele samelewing stem homself tydens algemene verkiesings die regse afgrond in. Eers het die Italianers die driftige kapitalis en mediamagnaat Silvio Berlusconi aan die mag gehelp, toe verkies die Franse in die eerste ronde van hul presidentsverkiesings die verregse Jean Marie Le Pen bo die sosiaal-demokraat Lionel Jospin en seŽvier in Nederland die behoudende Christen-Demokrate saam met die regse party van wyle Pim Fortuyn, die dandy wat doodgeskiet is deur ’n waansinnige diereliefhebber. Vraag: is dŪt te beskoue as krake in die fondament van lande waarna die hele wÍreld opkyk as stralende voorbeelde van verligting en beskawing?

Die sluipmoord op Pim Fortuyn, die regse politikus wat met sy party LPF die gevestigde politiek in Den Haag op sy kop gesit het, het ’n gat in die siel van die Nederlander geslaan. Opeens lyk dit of die land wat internasionaal geroem word om sy toleransie, waaraan die humanistiese wysgeer Erasmus (1466 — 1536) sterk bygedra het, die toonbeeld van angs en onverdraagsaamheid geword het.

Die ironie is dat die geboortestad van Erasmus, Rotterdam, juis die spil van diť ontwikkelings is. In die ou stadswyke, wat volgens sommige ten onder gaan aan misdaad en wanbestuur, het die saad van Pim Fortuyn se fabelagtige politieke opkoms ontkiem. Die populis Fortuyn het ’n stem aan die volk gegee. Daarom was dit gepas dat die massahisterie wat op die sluipmoord gevolg het, in Rotterdam ’n hoogtepunt bereik het. Die sluipmoord was al uniek vir Nederlandse begrippe. Maar die taferele wat hulle tydens die begrafnis van Fortuyn en die tallose stille marse ter nagedagtenis van hom afgespeel het, sal die geskiedenis ingaan as bepalende momente in die ontwikkeling van die nasionale indentiteit.

Die kollektiewe smart was van Diana-formaat: kinders wat naas hul huilende ouers histeries word; massas blomme wat nie slegs in Rotterdam nie, maar in alle groot stede op straat neergelÍ word; spoggerige, wit lykwaens wat langsaam na die kerk ry met die burgery wat langs die pad blomme op die motorkap gooi; ’n begrafnisdiens met ’n oop wit kis waarin die oorledene te aanskoue is; ’n ter aardebestelling waarna duisende mense stroom; ’n begraafplaas wat intussen ’n bedevaartsoord geword het.

En kamera’s oral. By die begraafplaas registreer die nasionale nuusuitsending ’n Rotterdammer wat met sy arm om die skouers van sy verskrikte seuntjie staan en met trane in sy oŽ sÍ: “Daar ligt mijn blanke leider!” Pardon? “... my blanke leier ...” So word in die anatomie van die sluipmoord die onderbuik van die Nederlander blootgelÍ.

Om duidelik te wees: die meeste Nederlanders sal gru van sů ’n uitspraak. Openlike rassisme kom hier doodeenvoudig nie voor nie, nůg word dit geduld. Maar die Pim Fortuyn-effek hou wel in dat die volk spreek — miskien vir die eerste keer in ’n baie lang tyd. En die taal wat gebruik word, verskil radikaal van diť van die kulturele en politieke elite. Onnugtering is aan die orde van die dag. Tragies was die verskyning van die veteraan-cabaretier Freek de Jonge in die aktualiteitsprogram Nova. Volslae verward as gevolg van die gebeure pleit die vrydenker nie slegs daarvoor dat koningin Beatrix haar tot die volk rig om tot kalmte te maan nie, maar opper hy die moontlikheid dat “wij” nooit “het volk” ernstig opogeneem het nie.

“Ons het nooit na die Zangeres zonder Naam geluister nie,” sÍ Freek, byna huilend, asof hy enige oomblik in ’n vernietigende katarsis gaan uitbars.

In sy vlaag van verstandsverbystering het die kulturele paljas, troetelkind van die intelligentsia van die Amsterdamse “grachtengordel”, ’n punt beet. Die Zangeres zonder Naam was die pseudoniem van ’n bekende vertolker van sogenaamde “levensliederen”, ’n styl van musiek wat uiters gewild is onder gewone mense, maar waarna intellektuele soos Freek de Jonge nooit sal luister nie.

De Jonge se uitspraak het een ding duidelik gemaak: die moord op Fortuyn en die daaropvolgende massahisterie onder die volk kan die begin van ’n kulturele oorlog soos min in Nederland wees.

In byna geen ander westerse land is die tweestryd tussen kuns en populÍre kultuur, tussen hoŽ kultuur en lae kultuur kwaaier as in Nederland nie. In diť opsig kan Nederland as taamlik agterlik beskryf word. Die fenomeen kommersiŽle televisie is byvoorbeeld skaars tien jaar oud; enige poging om betaaltelevisie van die grond af te kry, strand byna altyd op of die berugte Hollandse suinigheid of ’n oerwoud van burokratiese reŽls.

Dit is asof Nederland eindelik blootgestel word aan dieselfde kragte wat in lande soos Amerika en Suid-Afrika daarvoor sorg dat multi-kulturaliteit mede-verantwoordelik vir die afskaffing van grense tussen hoŽ en lae kultuur is. Net soos die plaaslike “levensliederen” word rap- en hiphopmusiek, populÍre televisiereekse of groot Amerikaanse films nie ernstig opgeneem nie. ’n Weeklikse terugkerende klug is byvoorbeeld dat die groot dagblaaie meters aan die Bulgaarse kinematografie (by wyse van spreke) bestee terwyl die ganse volk springmielies eet in die multiplex waar die nuutste skop-skiet-en-donnerfliek draai.

Die mense het die mag gegryp. ’n Revolusie, soort van. Maar is die gesig van “die volk” wat nou ontbloot word, diť van ’n vreemdelinge-hater, van ’n rassis wat in Pim Fortuyn ’n politikus gesien het wat eindelik alle immigrante die land uit kan jaag, sodat “egte” Nederlanders die gesondheidsorg, verkeersvoorsieninge en werksgeleenthede kan kry wat hulle toekom? Is Nederland in navolging van ItaliŽ, Frankryk, Oostenryk en BelgiŽ die soveelste Wes-Europese land wat swig onder kennelik diepgewortelde gevoelens van haat jeens andersdenkende mede-burgers met ’n donker velkleur? Wat is aan die gang?

’n Analise van die mediabehandeling van die sluipmoord lÍ ’n gapende kloof bloot tussen die wyse waarop die buiteland na Nederland kyk en die wyse waarop die samelewing hier homself bejeŽn.

Belangrike Wes-Europese koerante het gepraat van ’n “Hollandse Le Pen”. In sommige Suid-Afrikaanse koerante is dŪt klakkeloos oorgeneem; Fortuyn is as ’n “verregse” bestempel. As “bewys” hiervoor het medewerkers in Europa los aanhalings van hom opgeskryf, soos dat Nederland “vol” is en dat die Islam ’n “agterlike kultuur” is. Fortuyn het al hierdie dinge inderdaad gesÍ, maar dat hy ’n doldriftige rassis en ’n Neo-Nazi was soos Jorg Haider in Oostenryk en Le Pen in Frankryk, is niks minder nie as klinkklare nonsens.

Die ironie is dat geen van hierdie koerante die in feite baie gevaarliker konneksie gemaak het nie, naamlik dat Fortuyn die Hollandse Silvio Berlusconi was. Fortuyn was ’n ekstreme “liberaal”, en wel in die Europese sin van die woord: ’n aartskonserwatiewe wat die evangelie van die vrye mark met ’n vir Nederlandse begrippe ongekende passie bely het. Vir Fortuyn kon dit nie skeel of jou velkleur swart, wit of pers was nie, of jy uit ’n Amsterdamse volksbuurt of ’n duur Den Haagse villawyk of ’n oorloggeteisterde Derde WÍreldland gestam het nie — as jy maar bereid was om jou mond te hou, hard te werk en belasting te betaal, was jy wat Pim Fortuyn betref ’n modelburger van die moderne, aan globalisering onderworpe kapitalistiese samelewing.

In die proses het Fortuyn sy eie spesifieke weergawe van gay konserwatisme gehad, soos wat Richard Goldstein, uitgewer van The Village Voice en outeur van die nuut te verskyne “The Attack of the Queers: Liberal Society and the Gay Right”, skryf. Goldstein betoog, boeienderwys, dat gay manne diep van binne in persoonlike vryheid glo. En veral in die Amerikaanse konteks lei dit onvermydelik na die volgende stap: die soort ekstreme liberalisme wat ook Pim Fortuyn gepredik het.

So was Fortuyn ’n boeiende mengeling van links en regs, van vooruitstrewendheid en konserwatisme.

Vir alle duidelikheid: Nederlanders het nie oornag in aartsrassiste verander nie, net so min as wat Pim Fortuyn ’n “verregse” in die Suid-Afrikaanse sin van die woord was. Maar: die man wat kraai “Daar ligt mijn blanke leider” is ’n waarskuwing dat rassisme miskien iets is wat in alle mense skuil, ook in die Nederlanders. Amsterdam is nog steeds een van die mees verdraagsame plekke op aarde, ’n bruisende multi-kulturele metropool waarin vreedsame naasbestaan eerder die reŽl as die uitsondering is.

Ewe belangrik as interkulturele verhoudings is die aktuele sosio-ekonomiese werklikheid. Omdat Nederland alle groot sosiale, ekonomiese en politieke probleme in hoofsaak opgelos het, soos die gesaghebbende weekblad The Economist onlangs verklaar, het die vloek van die groot verveling die land getref. Politiek was doodsaai. In diť lugleegte het Fortuyn getree, en die massa’s vermaak op ’n nar-agtige, karnavaleske manier.

Die subversiwiteit van Pim Fortuyn — onbedoeld rassisties al dan nie — het daarin gelÍ dat hy met sy slegte smaak op die tone van die gevestigde orde getrap het. Soos in klassieke karnaval, in die styl van die Franse Middeleeuse skrywer Francois Rabelais, werk Fortuyn as nar subversief. As hy gekraai het “Vergis u niet, meneer, ik word minister- president van dit land!” het hy soos in die werk van Rabelais slegte smaak tentoongestel, het hy simbolies die kroon op sy kop gesit, gebokspring en met die egte koning (die gevestigde politiek) die gek geskeer.

Sedert Pim Fortuyn op die politieke toneel verskyn het, het ek in verskeie artikels hom ten eerste as ’n “gladjanus” afgemaak, iemand wat nie besonder ernstig opgeneem behoort te word nie. Ten tweede het ek sy beleid op die gebied van vreemdelinge skerp bekritiseer en betoog dat Pim Fortuyn geensins bevorderlik vir ’n gesonde multi-kulturele samelewing sal wees nie. Ten derde het ek voorspel dat Fortuyn in die algemene verkiesings in die stof sal byt.

Ek sluk my woorde, wat betref die eerste en derde opmerkings. En ek gee toe: ek mis Pim Fortuyn met ’n seer hart. Ek mis sy kaalkop, sy sigare, sy snyerspakke van satyn, sy Jaguar, sy trippelende hondjies, sy alewige ge-meneer. Hy het die grys daaglikse werklikheid in Nederland kleur gegee in ’n tyd waarin die egte narre, soos ’n Freek de Jonge, die kuns van ware subversiwiteit verleer het.

En nou gaan ons weer oor na die orde van die dag: ’n kabinet word gevorm, en met die Christen-Demokrate wat die mag gegryp het, dreig ’n nog konserwatiewer owerheid as diť wat Fortuyn voor oŽ gehad het. Wie moet ons vermaak? ’n Swaarmoedige somer lÍ voor — Nederland neem nie eens deel aan die sokker-wÍreldkampioenskappe nie...

Maar miskien is dit nie alles hel en verdoemenis nie. Waarskynlik word ’n Christen-Demokraat met die wonderlike naam Jan Peter Balkenende die nuwe Nederlandse premier. En verduiwels: hy lyk soos die towenaarsleerling Harry Potter!

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.