NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Passaatwindefees — ’n tweerigting-spieŽl

Carine van Rooyen

Met die oortog van die passaat kolk die winde vir ’n wyle oor die Moederstad. En so met die wind saam kom vier buitelandse digters vir vier nagte in die oud-Nederlandse kolonie tot stilstand: om deur middel van literatuur idees met hul Suid-Afrikaanse tydgenote uit te ruil.

Passaatwinde, wat as deel van die Kaapse Fees van 19 tot 22 Maart in Kaapstad plaasvind, is ’n fees ter viering van die taal en die literatuur — op universele vlak. Suid-Afrikaanse skrywers word die kans gegun om aan informele paneelbesprekings met Nederlandse skrywers en die Suid-Afrikaanse publiek deel te neem om volgens breŽ historiese en kulturele temas idees uit te ruil.

Die Sentrum vir die Boek in Kaapstad tree as gasheer op van diť literÍre komponent van die Kaapse Fees. Die fees word aangebied in samewerking met die Nederlandse organisasie Winternachten, wat reeds ’n geruime tyd by soortgelyke literÍre gespreksgeleenthede in oudkolonies van Nederland betrokke is.

Volgens die Suid-Afrikaanse organiseerders, Annari van der Merwe en Leoni Hofmeyr, is die fees onder meer ’n poging om die kruisbestuiwing tussen Nederlands en Afrikaans te vergemaklik — iets wat byna nie meer op formele vlak binne die tersiÍre konteks plaasvind nie.

Hierbenewens is een van die Nederlandse organiseerders, Mories RŲmkens, van mening dat die fees oor “die ontmoeting van verskillende tale” gaan, oor hoe die verskillende kulture na hulself en na mekaar kyk en waar die raakvlakke lÍ.

Die fees-organiseerders beklemtoon die feit dat die onderskeie paneelbesprekings nie bloot ’n bespreking van die skrywers se werke is nie, maar eerder ’n uitruil van gedagtes. Die deelnemende vier buitelandse skrywers, wat op een of ander manier aan Nederland verbind is, kry die kans om, soos die plaaslike skrywers, uit hul werke voor te lees. Gesprekke rondom die werke se onderliggende temas word dan verder gevoer by wyse van ’n voorsitter wat aan die spesifieke forumgesprek toegedeel is.

“Die samestelling van die program word tot ’n groot mate bepaal deur die besoekers — watter boeke hulle skryf en wat hķlle temas is,” sÍ Van der Merwe. Plaaslike skrywers is gekies om by die buitelandse skrywers se onderwerpe aan te sluit.

Ophierdie trant tree die Suid-Afrikaanse Moslem-skrywer, Rayda Jacobs, Donderdagaand saam met Anil Ramdas, ’n Nederlandse skrywer wat in IndiŽ gevestig is, in gesprek oor konflikterende kulture en die kreatiwiteit wat daarin opgesluit lÍ.

’n Ander hoogtepunt is ’n paneelbespreking tussen die bekroonde Suid-Afrikaanse romanskrywer Etienne van Heerden en die IndonesiŽr Pitu Wijaya. Diť gesprek, wat vir Vrydagaand 20h00 geskeduleer is, handel oor die wisselwerking tussen die realiteit en “toorkrag”.

Hofmeyr meen die fees is die ideale geleentheid om gemeenskaplike universele onderwerpe in oŽnskou te neem: “Ook temas wat hiťr mense se verbeelding aangryp en mense laat praat. Ek dink (die fees) is ook ’n poging om ’n gemeenskap van skrywers met soortgelyke belangstellings op die been te kry en om Suid-Afrikaanse skrywers deel te maak van ’n internasionale gemeenskap van skrywers.”

“Die fees open eintlik vir plaaslike skrywers ’n venster op ’n groter wÍreld,” voeg Van der Merwe by. En “die beeld van Suid-Afrika (en omgekeer) is geldiger as wat jy in ’n gestruktureerde kursus het.” Die persoonlike kontak maak dit makliker vir die skrywers om van beide kante met mekaar te kommunikeer.

Kolonialisme is deurlopend ’n tema van die Winternachten-groep. “Die fees speel ’n belangrike rol in terme van die Nederlandse beeld van sy letterkunde in geheel, in terme van sy vorentoe beweeg as ’n taal,” sÍ Hofmeyr. “Amper soos ’n bevryding van Nederlands van sy koloniale verlede. Daar is ’n groot ooreenkoms met Afrikaans en wat mense oor die afgelope dekade met Afrikaans probeer doen het.” Al lees mense nie die Nederlandse boeke nie, glo Hofmeyr dis belangrik om te sien wat die agenda van die internasionale gemeenskap is, veral waar ’n koloniale geskiedenis van die een of ander aard ter sprake is.

Die organiseerders verduidelik dat die Passaatwinde-fees van die Stellenbosse Woordfees verskil in diť opsig dat dit baie meer inklusief is en eerder op Afrika-kulture in ’n breŽ sin fokus. Hierbenewens is die feesinhoud gemik op die gemiddelde man op straat en nie soseer die akademici nie.

RŲmkens glo dat die fees nog baie moet ontwikkel en “intensifiseer”. Hy noem dat die plaaslike media ’n baie belangrike rol in die bemarking van die fees moet speel en dat diť rol nog nie volkome gestalte gevind het nie.

Passaatwinde vind vanjaar reeds vir die tweede keer in Suid-Afrika plaas. En hoewel die formaat van die program effe van laas jaar s’n verskil, is die verloop van die onderskeie aande min of meer dieselfde: die voorlesings en besprekings eerste, die musiek en danse later. Die eerste besprekings begin elke aand om 19h00.

Kaartjies kan by Computicket bespreek word.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.