NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Literêre "happenings" in Pretoria: Neerlandistiekprogram


Neerlandistiekprogram

12 tot 15 Oktober 2005
Universiteit van Pretoria

WOENSDAG 12 OKTOBER 2005

9:30
Anne Provoost
"De prinses op de erwt - de gevoeligheid van de lezer, de onverstoorbaarheid van de schrijver"

Let wel: Unisa (bel Thomas van der Walt by 082 828 6305)

12:30
Anne Provoost
"Vallen komt voor opstaan" (Bespreking voor studente in Visuele Kommunikasie)
Universiteit van Pretoria

13:30 tot 14:20
Mustafa Stitou en Annelies Verbeke praat oor eie werk
Geesteswetenskappegebou 1-13, Universiteit van Pretoria
Toegang gratis

DONDERDAG 13 OKTOBER

9:00
Jeugboekseminaar en slypskool vir voornemende en beginnerskrywers van kinder- en jeugboeke

Anne Provoost: "De schrijver en zijn schrijfkramp, zijn keuseverlamming en zijn onverstoorbaarheid"

Let wel: Unisa (bel Thomas van der Walt by 082 828 6305)

VRYDAG 14 OKTOBER

9:30 tot 10:20
Joan Hambidge in gesprek met Tom Lanoye
Geesteswetenskappegebou 3-24, Universiteit van Pretoria
Toegang gratis

12:35 tot 13:20
Happening: podium-optrede deur Tom Lanoye
Musaion, Universiteit van Pretoria
Toegang gratis

14:00 tot 17:30
Neerlandistieksimposium
Teater 3, Nagraadse Sentrum, Hoofkampus, UP (Belangstellendes is welkom)

14:00
Prof Bernard Odendaal (Dept Afr & Ndl, UV): Mooi woordewisseling: Verslag van 'n Afrikaans-Nederlandse poësievertalerswerkswinkel (Bloemfontein, Julie 2004)

14:30
Mej Corlietha Swart (Dept Afr & Ndl, UV): Nederlandse lemmata in 'n Nederlands-Afrikaanse woordeboek - uitdagings vir 'n Afrikaanse leksikograaf

15:00
Dr Marthinus Beukes (Dept Afr, UJ) en mev Johanni la Vita (doktorale student, Dept Afr, UJ): Die tekstuur van Tom Gouws se Vermeerverdigting

15:30 Tee/koffie

16:00
Dr Andries Visagie (Dept Afr & Ndl, UKZN): Tom Lanoye en Antjie Krog se herkontekstualisering van die Medeamite in Mamma Medea

16:30
Prof Heilna du Plooy (Skool vir Tale, NWU): Ek en die ander in Sleuteloog van Hella Haasse

17:00-17:30
Mev Nina Marais (Magisterstudent, Dept Afr & Ndl, UV): Die geskiedskrywing as 'n verbeeldingsvlug: Hella Haasse se "Een gevaarlijke verhouding of Daal-en-Bergse brieven"

19:00 Ete en program in die Edoardo Villa-museum op die hoofkampus

  • Mustafa Stitou en Annelies Verbeke praat oor eie werk
  • Herman van den Berg sing liedere van Jacques Brel wat deur Bernard Odendaal en Naomi Morgan in Afrikaans vertaal is

(Persone wat daarin belangstel om hierdie geleentheid by te woon, kan Renée Marais skakel by 012-420 4592 of 083 3041 675)

SATERDAG 15 OKTOBER

8:30-13:00
Voortsetting van Neerlandistieksimposium (slegs vir dosente)
Teater 3, Nagraadse Sentrum, Hoofkampus, UP

AGENDA

8:30 Wat reeds gedoen word/is op die gebied van die Neerlandistiek

  • Huidige stand van onderrig in die Neerlandistiek (stuur kurrikula/ onderrigkomponente en aanvullende agendapunte teen Maandag 10 Oktober vir Jac)
  • Huidige stand van navorsing in die Neerlandistiek
  • Rapportering oor ander inisiatiewe, geleenthede, funksies ter bevordering van die Neerlandistiek in die onlangse verlede

9:30 Projekte in die Neerlandistiek

  • Dr Ronel Foster (Dept Afrikaans & Ndl, US): Poësienavorsingsprojek saam met Yves T'Sjoen (Gent) en Thomas Vaessens (Amsterdam)
  • Prof Piet Swanepoel (voorsitter NKN): Die finansiering van projekte in die Neerlandistiek

10:30 Koffie/tee

10:45 Projekte (vervolg)

  • Suggesties
    - (Her-) uitgawe van 'n Nederlandse literatuurgeskiedenis vir SA
    - 'n Poësie-/prosa-bloemlesing vir SA
  • Voorstelle in verband met interuniversitêre samewerking

    13:00 Afsluiting

    Let wel: Geen middagetereëling. Deelnemers kan gerus van die eetplekke op die kampus gebruik maak.

    18:00-22:00
    Skrywersdinee met Tom Lanoye en Joan Hambidge en wêreldpremière van Niel van der Watt se toonsettings van gedigte deur Tom Lanoye
    Konferensiesentrum, Universiteit van Pretoria
    Toegang: R100 per persoon, wat 'n driegangete insluit. Bespreek asseblief vooruit by een van die volgende persone:

    Oor die deelnemers:

    Die Nederlandse digter Mustafa Stitou is in 1974 in Tetouan, Marokko, gebore. Kort na sy geboorte verhuis sy gesin na Nederland, waar hulle aanvanklik in Lelystad woon. Toe hy 10 jaar oud is, trek hulle na Amsterdam, waar hy ook filosofie gestudeer het.

    Hy debuteer in 1994 as negentienjarige met die bekroonde digbundel Mijn vormen, waarvan 2 500 eksemplare verkoop is. In 1998 verskyn sy tweede bundel, Mijn gedichten. Twee jaar later is albei bundels en die herdrukke uitverkoop, en word die twee bundels in 'n gesamentlike uitgawe gepubliseer. In 2003 verskyn sy derde digbundel, Varkensroze ansichten, wat met die prestigieuse VSB-poëziepryijs én die Jan Campert-prijs bekroon is. Die genietlikheid van sy poësie word geprys: "Stitou … geniet volop in zijn poëzie: van de taal, van zijn formuleringen, van zichzelf, van de wereld om hem heen en van zijn eigen plezier" (Rob Schouten in Vrij Nederland; aangehaal op www.vasallucci/nl/vassa/flappen/3079vormen.htm).

    Stitou is poësieresensent vir Vrij Nederland en is bekend vir sy gereelde optredes as performer by literêre feeste in Nederland en daarbuite. Hy het ook deelgeneem aan verskillende interdissiplinêre projekte: hy het met die Scapino-balletgeselskap saamgewerk, en tekste vir stilfilmbeelde vir die Filmmuseum-biënnale geskryf.
    Vir meer inligting, kliek op: www.kb.nl/kb/dichters/stitou/stitou-01.html.

    Die Vlaamse skryfster Annelies Verbeke (geb 1976) is 'n draaiboek- en prosaskrywer en rubriekskrywer vir die maandblad Deng. Haar draaiboek Dogdreaming is in 2003 gekies vir die groot draaiboekwedstryd wat tydens die Berlynse Filmfees plaasvind. In dieselfde jaar verskyn haar debuutroman, Slaap, wat volgens die webwerf www.literairnederland.nl reeds tien drukke beleef en meer as 40 000 eksemplare in nege lande verkoop het. Die roman, oor 'n vrou wat aan slaaploosheid ly, is met vier verskillende pryse bekroon (die Vrouw & Kultuur Debuutprijs 2004; die Debuutprijs van het Vlaamse boekenvak 2004; het Gouden Ezelsoor; en die jaarlikse prys van die Grafische Cultuurstichting, 2005).

    In 2004 het die kortfilm Romance van Douglas Boswell, met 'n draaiboek van Verbeke, sy première beleef en in 2005 het Victoria haar eerste kort toneelstuk, Troosteloos, opgevoer. In dieselfde jaar was sy en Annette Meyer een van die kunstenaarspare tydens ABC2004. Hier en daar is 'n kortverhaal van haar gepubliseer. Haar tweede roman, Reus, verskyn in Januarie 2006.

    "'n Literêre popster" is hoe Tom Lanoye (geb. 1958) homself in 'n gesprek met Kirby van der Merwe (Insig, 2003) beskryf het. "Enfant terrible" is 'n etiket wat al deur ander om sy nek gehang is. Volgens Coen Peppelenbos (http://home.concepts-ict.nl/~coenp.lanoye.htm) is die vraag egter: Wie en wat is Tom Lanoye nié? Hy het die literêre toneel met groot fanfare betree, en is vandag ongetwyfeld een van die grootste en veelsydigste skrywers van sy generasie. Hy is digter, podiumdigter (performer), skrywer van outobiografiese prosa en fiksie (waaronder romansiklusse), dramaturg, kritikus, rubriekskrywer, kultuurfilosoof en die maker van 'n cd, The very best of the artist formerly known as a young man (1999).

    Van vroeg af reeds het hy hom met identiteit besig gehou. In Kartonnen dozen (1991; in 1996 in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo) skryf hy oor sy eie identiteit; in Gespleten en bescheten (1998) oor die Belgiese identiteit. Laasgenoemde tema is groots uitgebou in 'n trilogie bestaande uit die romans Het goddelijk monster, Zwarte tranen en Boze tongen. Sy gedigte en vertalings oor die Eerste Wêreldoorlog, 'n oorlog wat feitlik die hele Wes-Vlaandere verwoes het, sluit ook op ontroerende wyse by die Belgiese identiteit en geskiedenis aan. Toonsettings deur Niel van der Watt van enkele van hierdie gedigte sal op 15 Oktober 'n wêreldpremière beleef.

    Lanoye het intussen 'n wêreldburger met 'n welverdiende internasionale reputasie geword. Hy besit onder meer 'n huis in die Kaap, waar hy etlike maande van die jaar woon. Hier te lande is hy waarskynlik veral bekend vir sy toneelstuk Mamma Medea.

    Joan Hambidge (geb 1956) is bekend as akademikus (verbonde aan die Universiteit van Kaapstad), teoretikus, en bekende literêre kritikus. Haar teoretiese bydraes handel veral oor Roland Barthes, dekonstruksie, postmodernisme, psigoanalise en metafiksie. In 1985 debuteer sy as digter, en sedert 1996 publiseer sy ook prosa. Haar omvattende oeuvre is met talle literêre pryse bekroon, waaronder die Eugène Marais-, die Litera- en die Poetry Institute of Africa-pryse.

    Boekuitstallings word van 12 tot 15 Oktober in die Universiteit van Pretoria se Akademiese Inligtingsdiens en by Protea Boekwinkel in Burnettstraat, Hatfield aangebied, asook by die dinee op Saterdag 15 Oktober.

    Bostaande program is moontlik gemaak danksy finansiële steun deur die Nederlandse Taalunie (via die Noordelike Kennisnetwerk vir Neerlandistiek), die Fonds Neerlandistiek Stellenbosch, en Protea Boekhuis.



    LitNet: 10 Oktober 2005

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.