NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Kaaps-Hollands: dubbeld die aksie!

Die derde Afrikaanse Woordfees van die Universiteit van Stellenbosch is die afgelope jaar weer aan die begin van Maart aangebied. Die uitgebreide program van meer as 70 produksies het voorwaar vanjaar se slagspreuk “Dubbeld die aksie, dubbeld die pret” bewaarheid. Dit was — soos altyd by die Woordfees — interessant om te sien hoe plaaslike en Nederlandse kunstenaars saam met woorde speel en toor.

Die Nederlandse komponent was ’n fees op sigself. Dit is bygewoon deur ’n groot aantal studente, van Windhoek, die Oos-Kaapse universiteite, die US en UWK. Die studente van ver het somaar ook die geleentheid aangegryp om die Woordfees by te woon.

Op Vrydag, 1 Maart is die Neerlandistiekdag aangebied, in samewerking met die Kaapse Forum vir Neerlandistiek (KFN). By hierdie geleentheid het verskeie sprekers oor aspekte van die Nederlande gepraat, onder wie dr Pieta van Beek, proff Pierre Overduin en Piet Paardekooper. Die bekende skrywers Stefan Hertmans, Benno Barnard en Christine Otten het oor hul werk gesels, terwyl die Dichters uit Epibreren en Andy Fierens kreatiewe podiumpoësie gelewer het. Die Nederlandse konsul-generaal, mev. Ellen Behrends, het die geleentheid geopen.

Met die gepaste naam Soete Groete, is op die Vrydag ’n voorleesaand in die restaurant D’ Ouwe Werf aangebied. Die entoesiastiese gehoor het die restaurant uit sy nate laat bars! Daniel Hugo, Lina Spies, Peter Snyders en Zandra Bezuidenhout het hulle Nederlandse skryfgenote (Hertmans, Barnard en Otten) in vers ontmoet. Jannie du Toit het gesorg vir die musikale hoogtepunt van dié uiters geslaagde program.

Nog ’n Nederlandse aanbieding op die Saterdagoggend was die woorduur Afro: Euro. Die taalkenners Fritz Ponelis en Piet Paardekooper het in gesprek getree oor die verband tussen Afrikaans en Nederlands en die huidige status van Afrikaans. Prof Paardekooper het ook ’n week later ’n praatjie gelewer voor ’n uiters belangstellende gehoor in die Huis der Nederlanden.

Die Saterdagmiddag is die Neelsie-studentesentrum aan die brand gekuier met WoordRock wat deur Shoprite- Checkers moontlik gemaak is. Hier het die Dichters uit Epibreren met hulle aweregse podiumpoësie, Christine Otten en Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Laurinda Hofmeyr en Buckfever Underground die gehoor geboei.

Tydens die gala-geleentheid op die Saterdagaand het byna twintig bekende skrywers soos Antjie Krog, Chris Barnard, Jeanne Goosen en George Weideman opgetree saam met die Nederlandse skrywers Stefan Hertmans en Benno Barnard.

Die Nederlandse skrywers het saam gekuier by die Skrywers- en skenkersmakietie op Donderdag, 28 Februarie, ’n groot geselligheid waarby die Wes-Kaapse premier, die minister van kultuur en die nuwe rektor van die Universiteit van Stellenbosch ook opgetree het. Twee ekskursies, op Sondag, 3 Maart en Maandagoggend, 4 Maart, is deur die KFN vir hulle gereël. Op Maandagaand, 4 Maart het die skrywers voorgelees uit eie werk by die die Huis der Nederlanden in Pinelands, Kaapstad.

Dit alles het daartoe bygedra dat die Kaapse onderdeel van die Nederlandse en Vlaamse skrywersrondreis beskou kan word as ’n groot sukses. Uitstekende terugvoer is ontvang uit die Oos-Kaap en Namibië oor die enorme belewenis wat die onderskeie aanbiedinge vir die studente en die publiek was.

Die Nederlandse en Vlaamse Skrywers-rondreis het dus vanjaar deel gevorm van ’n sterker Nederlands/Vlaamse teenwoordigheid op die Woordfees. Dit is uiters gunstig ontvang en speel ’n belangrike rol om die kultuur van die Lae Lande aan sowel dosente as studente bekend te stel.

’n Treffender manier om die dinamiese aard van die Laelandse kultuur en literêre rykdom van die Nederlande onder studente, dosente en die breë publiek se aandag te bring, sou kwalik bedink kan word.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.