NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Ek onthou Antwerpen ...

Renťe Marais

Aankoms in Antwerpen

Toe die geel bus van De Lijn se stertligte rooi om die draai verdwyn, besef ek eers dat ek aan die verkeerde kant van die pad staan. ’n Slegter tyd vir so ’n vergissing kan daar beswaarlik wees: ek is op pad na die Holiday Inn om die lughawebus na Zaventem te haal, waar ek my kinders moet ontmoet wat alleen van Johannesburg af vlieg om vir die duur van my gasdosentskap aan die Universiteit Antwerpen-UIA by my aan te sluit. Daar is egter niks anders te doene nie as om te wag vir die volgende bus: ek het die vorige dag my intrek geneem in die Edegemsesteenweg, Wilrijk, en daar is nie ’n telefoon om ’n huurmotor te bel nie.

By die Holiday Inn aangekom, waar ek op die Sabena-bus moet oorklim, staan ’n klompie voornemende passasiers met bagasie en wag. ’n Ouerige vrou spreek my onverwags aan. “Hebt u gehoord dat Princess Diana gisternacht gestorven is?” Nee, ek het nie. Ek is net meer as ’n week gelede uit Suid-Afrika weg, het gister teruggekom van Leiden, waar die driejaarlikse kongres van die Internationale Vereniging voor Neerlandistiek gehou is, en op ’n Sondagoggend in Antwerpen klink diť nuus heeltemal onwerklik. So moes Alice seker gevoel het nadat sy by die konyngat ingetuimel het.

Sodra die bus uit die stad is, verwonder ek my aan die herfslandskap langs die snelweg. Die omgewing is ’n sagte groen, soos op die Engelse platteland. Ek verkyk my aan die bome en aan die landskapsbeeld wat so anders is as die van Afrika. Na wat soos ’n ewigheid voel, word die lang lamppale in die middel van die snelweg deur kort lamppale vervang. Dit is om voorsiening te maak vir vliegtuie wat laag oor die pad vlieg. Die lughawe is nou gelukkig nie meer ver nie.

Ek hardloop omtrent die lughawegebou binne, vas oortuig dat my kinders al soos twee verlate wesies op my sal staan en wag. Op die elektroniese aankomsborde moet ek kan sien waar en wanneer Teresa en Hendrik se vlug geland het. Niks. Ek lees hierdie keer stadiger, en lees weer. Die vlugnommer verskyn nie op die borde nie. Kon die vlug soveel vroeŽr geland het? Dan is die logiese plek om te gaan soek seker by die toonbank vir passasiers wat met bystand vlieg — ’n vaste reŽling vir kinders onder ’n sekere ouderdom wat nie saam met ’n volwassene vlieg nie.

Die bystandstoonbank is taamlik klein, en half weggesteek teen die agterste muur van die lughawegebou. Ek sien al van ver af dat my kinders nie daar is nie. Daar is ’n manspersoon aan diens. Hy is ’n Franssprekende Belg, en duidelik nukkerig omdat hy met my Nederlands moet praat. Ek vra na die vlug uit Suid-Afrika en verstrek die nommer. Hy soek op die rekenaarterminaal rond. Daar is nie so ’n vlug nie, sÍ hy bot en draai weg om my duidelik te laat verstaan dat die gesprek afgehandel is. Huisgenoot-foto’s van die aankomsborde van die rampspoedige Pan Am-vlug wat op pad na Parys by New York in die see geval het, doem summier voor my geestesoog op. “Flight cancelled”, het op die borde gestaan. My hart klop in my keel.

Uiteindelik spoor ek ’n skermpie so groot soos ’n gewone televisieskerm op waarop daar staan dat die vlug met vier uur vertraag is. My bene voel skoon lam van verligting. In die agterste linkerhoek van die gebou is ’n klein kiosk waar ’n mens koffie uit ’n outomaat kan koop. Nadat ek die plastiekkoppie leeg gedrink het, begin ek planne maak om die wagtyd om te kry. Ek het niks saamgebring om te lees nie, en gaan kyk dus wat die boekkiosks te biede het.

Aan die reuse-aanbod van internasionale koerante is dit duidelik dat ek my op ’n Europese lughawe bevind. Daar is Nederlandse, Franse, Duitse en Engelse koerante te kies en te keur. Ek is geskok oor die voorblaaie van die Britse poniekoerante. Op bykans elkeen pryk daar Írens ’n kleurfoto van die Prinses van Wallis. Maar die nuus wat hulle dra, het niks te make met die noodlottige ongeluk waarin sy minder as tien uur gelede tragies en onverwags gesterf het nie — nee, dit bevat “eksklusiewe” skindernuus. Diana dit, Diana dat, Diana en Dodi Ö Talle van hierdie koerante het natuurlik reeds gesak voordat die nuus van die ongeluk in Brittanje bekend geword het. En hierdie voorblaaie illustreer op skreiende wyse die geweldige omvang van die sensasionele skinderbedryf wat om die lewe van hierdie pragtige jong vrou sentreer. Haar vermeende daaglikse lewe word vanoggend weer eens aan die leserspubliek opgedring. Die enigste verskil is dat haar dood alles intussen op byna surrealistiese wyse onherroeplik verander het.

Namate die verwagte landingstyd van die vliegtuig waarop my kinders reis, nader kom, raak ek al hoe rusteloser. Ek stap later met die lang gang af na die hek waar die vliegtuig sal parkeer. Daar stap ek ongeduldig op en neer, lankal nie meer in staat om my aandag te bepaal by die boek wat ek gekoop het nie. Uiteindelik word die lang verbindingstonnel in gereedheid gebring. Kort voor die vliegtuig in die parkeersone sou intrek, sÍ ’n lughawewerker vriendelik: “Mevrouw, u mag hier eigenlijk niet zijn. Wilt uw misschien even verderop wachten?”

Ek wag aan die einde van die tonnel. MoeŽ passasiers kom met hulle kajuitbagasie by my verby. En uiteindelik sien ek die kinders. Hulle kom byna laaste uitgestap. Die vlugpersoneel stap kort agter hulle. Daar hang ’n blou en wit dokumentesakkie van Sabena om Hendrik se nek. Die volgende oomblik storm hy met soveel vaart op my af dat hy my amper omstamp. Met dieselfde beweging slaan hy sy arms om my. Teresa kom met die waardigheid wat ’n veertienjarige betaam, agter hom aan. Ek wissel ’n paar woorde van dank met die vlugpersoneel.

Nadat ons die bagasie bymekaargemaak en op ’n waentjie gelaai het, sÍ Teresa dat sy baie dors is. Ek kry vir ons plek by ’n tafeltjie en stuur haar om koeldrank te gaan koop. Hoe gouer hulle met die Nederlands leer regkom, hoe beter. MŰre wag die eerste skooldag immers reeds op hulle! Toe sy met drie blikkies drinkgoed terugkom, lyk sy ietwat dronkgeslaan. “Die kelner het hom eers nie aan my gesteur toe ek Coke gevra het nie.” Inderdaad. In BelgiŽ vra ’n mens Cola — handel in “coke” kan jou immers in groot moeilikheid laat beland! Dit was die eerste van ’n paar “valse vriende” wat ons met verloop van tyd ten opsigte van Afrikaans en Nederlands sou leer.

Die kinders is doodmoeg. In plaas daarvan dat die vliegtuig Saterdagnag omstreeks 22:30 van Johannesburg Internasionaal opgestyg het, is die vlug tot na 03:00 Sondagoggend vertraag. Teenstrydige verklarings is daarvoor aangevoer, en ’n mens sal seker nooit regtig weet wat die ware rede was nie. Die passasiers moes tot ongeveer ’n uur voordat die vliegtuig kon opstyg, in die vertreksaal wag, en is toe eers toegelaat om aan boord te gaan. My man en my ouers, wat die kinders kom afsien het, wou vanselfsprekend nie terugry huis toe voordat die vliegtuig veilig in die lug was nie. By ons terugkeer sou my pa my vertel dat toe hulle Pretoria daardie oggend van 31 Augustus 1997 binnegery het, die son net bokant die horison opgekom het.

Maar daardie Sondagmiddag het ek, Teresa en Hendrik Antwerpen en die nuwe, groot avontuur wat op ons gewag het, in die blou en wit Sabena-bus tegemoetgery.

Antwerpen, Sinjore-stad

Die stad Antwerpen se lang en veelbewoŽ geskiedenis strek oor meer as ’n duisend jaar. Dit is gekenmerk deur tydperke van voorspoed en welvaart, afgewissel met periodes van politieke en godsdienstige onstuimigheid, gepaardgaande met ekonomiese rampspoed.

Soos met soveel van die teenswoordig groot stede in Europa en Engeland die geval was, het ’n nedersetting ontstaan waar Antwerpen vandag is, danksy die aanwesigheid en die natuurlike eienskappe van ’n groot rivier: in hierdie geval die bog van die Schelde. Argeologiese opgrawings toon dat daar ongetwyfeld reeds in die Galloromeinse tyd, in die tweede of derde eeu van ons jaartelling, mense aan die Schelde gewoon het. ’n Versterking of vesting is tydens die sewende eeu op die “aanwerp” aan die bog van die Schelde opgerig, maar is in die negende eeu deur die Noormanne verwoes.

Reste van die heropbou van diť verwoeste “castellum” gedurende die tiende eeu is vandag nog aan die huidige vesting/kasteel, bekend as Het Steen, vlak naas die Schelde te sien. Die grootste deel van hierdie klipbouwerk met sy indrukwekkende torings en kantele dateer uit 1200, wat dit die oudste gebou in Antwerpen maak. Dit is teen omstreeks 1520 deur die beroemde keiser Karel V laat renoveer, en sy wapen en spreuk (“Plus Oultre”) pryk nog bo die hoofingang. ’n Kruisbeeld aan die oorkant van die ingang getuig van die tyd toe Het Steen as gevangenis gebruik is, en terdoodveroordeeldes se vonnisse ook daar voltrek is. Ongelukkig het ’n deel van hierdie vesting, wat vandag die Nasionale Skeepvaartmuseum huisves, gedurende die negentiende eeu in die slag gebly toe noodsaaklike belynings- en baggerwerk aan die Schelde gedoen is ter vergroting van die hawe, wat teenswoordig die tweede grootste hawe ter wÍreld is (Rotterdam in Nederland, net ’n hanetreetjie verder noord, is die grootste).

Die kerstening van hierdie gebied het omstreeks die sewende, agtste eeu begin. Aan die einde van die tiende eeu was Antwerpen ’n mark- of grensgraafskap van die Heilige Romeinse Ryk, met die Schelde as grens. Aan die oorkant van diť rivier was die graafskap Vlaandere. Gedurende die twaalfde eeu het die Heilige Norbertus die Sint-Michielsabdij op Caloes, 500 meter suid van die Schelde, opgerig. Daarna het die kanunnike van die kerkie wat eers daar gestaan het, na die noordelike kern verhuis, ’n nuwe gemeente gestig, en die eerste kapelletjie opgerig op die plek waar die manjifieke Gotiese Onze Lieve Vrouwe-katedraal later sou verrys.

In die twaalfde eeu was Antwerpen deel van die hertogdom Brabant, en het hy steeds konsentries uitgebrei op ’n wyse wat vandag nog in die straatuitleg van die oudste deel van die stad sigbaar is. Namate die stadjie gegroei het, is die ringmure wat as beskerming gedien het, ook telkens verder verskuif. So is dit vandag byna ondenkbaar dat die nuwe Hospitaal St Elisabeth (geopen in 1986) in die Lange Gasthuisstraat, wat oorspronklik in 1238 as hospitaal met ’n groot kruietuin opgerig is en as Het Elzenveld bekend gestaan het, eens op ’n tyd aan die buitewyke van die stad geleŽ was.

In die eerste helfte van die veertiende eeu het Antwerpen sy eerste bloeiperiode as belangrikste handels- en finansiŽle sentrum van Wes-Europa beleef, veral danksy die seevaart en die wolhandel. In 1356 is die stad by die graafskap Vlaandere ingelyf en moes hy heelwat privilegies aan Brugge afstaan. Vyftig jaar later sou die aanloop tot Antwerpen se Goue Eeu, wat sy hoogtepunt in die sestiende eeu bereik het, egter begin. Gedurende hierdie tyd was Antwerpen die belangrikste handelsentrum van die hele Wes-Europa: ’n pragtige, florerende stad aan die Schelderivier en die tuiste van ’n aansienlike getal handels- en ambagtelike gildes, waarvan die skitterende goue gildewapens en beelde op die stadhuis (opgerig in 1561-1565) steeds getuig.

In hierdie tyd was Antwerpen ook by uitnemendheid ’n stad van geleerdheid, kennis en kultuur, die tuiste van die beroemde drukkery (vanaf 1555) van Christoffel Plantijn, die skilders Quinten Metsys en Bruegel, en die Humaniste en wetenskaplikes Lipsius, Mercator, Dodoens en Ortelius.

Antwerpen se bloeityd sou egter spoedig ten einde loop as gevolg van die Reformasie en die daaropvolgende politieke en godsdienstige stryd tussen die Protestantse Noorde en die Katolieke Suide, spesifiek Spanje, wat op daardie stadium oor Antwerpen regeer het. Die godsdiensstryd het laagtepunte bereik met die Beeldebestorming (“Beeldenstorm”) van 1566, waartydens Protestante die beelde en interieurs van talle Katolieke kerke verwoes het, die Spaanse Furie, oftewel die oproer van Spaanse soldate in Antwerpen in November 1576, en uiteindelik die Val van Antwerpen in 1588, waartydens die Spanjaarde finaal die aanslag van die Protestantse Noorde afgeweer en Filips II beheer oor Antwerpen behou het.

Groot getalle Protestante (soos die ouers van Vondel) het uit Antwerpen weggetrek, net soos die belangrikste intellektuele en sakelui — eersgenoemde uit vrees vir godsdienstige vervolging en laasgenoemde omdat die Protestante die Schelderivier uit weerwraak afgesluit en die handel- en hawestad Antwerpen sodoende stadig “doodgewurg” het. In die bestek van twintig jaar het die stad 60 000 van sy 100 000 inwoners verloor. Tot in die helfte van die sewentiende eeu is kulturele prestasies egter nog gelewer deur skilders soos Rubens, Van Dyck, Jordaens en Teniers, beeldhouers soos die Quellin- en Verbrugghen-families, die drukker Moretus, wat in sy skoonvader Plantijn se voetspore gevolg het, en die familie Ruckers, wat beroemde klavesimbelbouers was.

Die Schelde het tot in die negentiende eeu gesluit gebly. Die rivier is weliswaar in 1795 tydens die Franse besetting oopgestel, maar onmiddellik deur Brittanje geblokkeer uit vrees vir ’n militÍre aanval deur Napoleon. Ofskoon daar tydens die Franse periode (1972-1815) ’n begin gemaak is met die bou van ’n moderne hawe, is Antwerpen se kunsskatte op ongekende skaal geroof en verniel.

Na die val van Napoleon by Waterloo in 1815 het ’n kortstondige hereniging met die Noordelike Nederlande, gepaardgaande met ’n kort bloeiperiode, gevolg. Vyftien jaar later, na die Belgiese revolusie van 1830, is die Schelde egter weer eens gesluit. Vrye deurvaart is eers finaal in 1863 verseker, en Antwerpen het sy derde bloeiperiode binnegegaan. Ondanks die twee wÍreldoorloŽ gedurende die twintigste eeu het Antwerpen gestadig bly groei. Sy benoeming tot kulturele hoofstad van Europa in 1993 het erkenning gegee aan die rykdom aan kultuurskatte wat hierdie wÍreldstad met sy duisend jaar lange geskiedenis steeds ťn opnuut aan inwoners en toeriste bied.

Die naam Antwerpen het ’n interessante geskiedenis wat vermelding verdien. Dit is waarskynlik ontleen aan die “aanwerp” van die rivier, waar die stad ontstaan het. Tot in die sewentiende eeu is die stad se naam egter dikwels “Hantwerpen” gespel. Hoewel waarskynlik apokrief, is die legende van diť naam baie meer sjarmant as die waarskynlike ontlening aan die rivier se “aanwerp”. Daar word vertel dat die reus Druoon Antigoon sedert die vroegste tye die Schelde bewaak en skippers gedwing het om uiters hoŽ tolgeld te betaal. As ’n skipper nie wou of kon betaal nie, het Antigoon sy hand afgekap. Hierdie wanpraktyk is egter beŽindig deur die dapper Romeinse soldaat Silvius Brabo, wat die reus aangedurf , sż hand afgekap en dit weggegooi het: vandaar “hand-werpen”. Hierdie legende word visueel vergestalt in die groot brons fontein op die Grote Markt (in 1887 deur Jef Lambeaux gemaak), die standbeeld voor Het Steen en die beeld van die reusehand aan die groot winkelstraat, die Meir.

En waarom is Antwerpen die “Sinjore-stad”? Net soos die benaming “Geuzen” vir die Protestante, was die benaming “Sinjoren” aanvanklik ’n skeldnaam tydens die sestiende eeu. Dit is afgelei van die Spaanse woord seŮor, en het oorspronklik op die welvarende, hoofse lewenstyl van die ryk en belangrike inwoners van Antwerpen (soortgelyk aan die van hulle Spaanse regeerders) gedui. Vandag noem die Antwerpenaars hulself egter met trots Sinjoren, en dui die naam op die hartlikheid en wellewendheid wat geassosieer word met hierdie stad en sy inwoners, wat die fyn kuns van egte lewensgenieting bemeester het, soos ons keer op keer tydens ons verblyf in die Sinjore-stad sou ervaar.


terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.