NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Afrikaans in sy ruimer konteks

Dorothea van Zyl

Die Afrikaanse Woordfees 2002 verwelkom hierdie jaar, soos in die verlede, ook weer Nederlandse skrywers, kunstenaars en sprekers. Dit pas goed aan by die Woordfeesmissie:


Die jaarlikse Afrikaanse Woordfees van die Universiteit van Stellenbosch is ’n viering van die Afrikaanse woord binne sy konteks en in soveel vorme moontlik — soos poŽsie, prosa, en verskillende vorme van drama en sang. Die fokus val op Afrikaans, maar ander tale waarmee geografiese of ander verwantskappe bestaan (onder meer van Afrika en die Nederlande) is ook welkom. Die fees is gerig op studente, skoliere en die publiek en wil so inklusief moontlik wees.

In 2000 het die digter Gerrit Komrij en skrywer Henk van Woerden die baan luisterryk geopen by die eerste deurnagfees. In 2001 het die Nederlandse Taalunie skrywers soos Miriam van Hee, Lut de Block en Kader Abdolah gestuur. Veral Kader Abdolah het baie aandag getrek met sy dinamiese optrede.

Danksy die Nederlandse Taalunie, die Nederlandse Konsulaat-Generaal, die Nederlands Literair Productie en Vertalingenfonds en die Van Ewijck-Stigting kan ’n mooi Nederlands/Afrikaanse program ook in 2002 aangebied word. Dit sluit ’n Neerlandistiekdag in op Vrydag 1 Maart, waar Nederlandse skrywers en kunstenaars (gratis) aan studente en aan alle belangstellendes voorgestel word. (Tel 021 808 2166/ 808 2158 vir meer informasie.

Drie bekende skrywers uit Nederland en Vlaandere, naamlik Benno Barnard, Stefan Hertmans en Christine Otten, besoek die Woordfees as ’n onderdeel van hulle Suid-Afrikaanse rondreis by verskillende universiteite..

Op Vrydagaand 1 Maart, in die program “Soete Groete”, ontmoet die Nederlandse skrywers bekende Afrikaanse digters soos Lina Spies, Daniel Hugo, Barend Toerien en Zandra Bezuidenhout in vers en klank. Peter Snyders kom wys dat hy mooi kan sing ook. Jannie du Toit en Christa Steyn is die ander gaskunstenaars by hierdie ete, wat bygewoon word deur die Nederlandse Konsul-Generaal. Driegang-ete ingesluit. Bespreek by D’Ouwe Werf (021) 886 5671.

Die podiumdigters (performance poets) Dichters uit Epibreren kom spesiaal uit Groningen vir die Woordfees. Hierdie energieke groep, wat reeds sedert 1994 bestaan en baie dikwels optree, laat die poŽsie letterlik en figuurlik lewe!

Nederlands en Afrikaans ontvang ook aandag in die woord-uur “Afro en Euro”, waar proff Piet Paardekooper en Fritz Ponelis onderhoudend gaan kom gesels oor interessante taalsake en ’n taalbenadering vir vandag. Dit vind op Saterdag 2 Maart om 14:00 plaas by die Ou Hoofgebou (in Monomotapa). Besprekings by Computicket.

Nog ’n fassinerende woord-uur met ’n Nederlandse kleurtjie is “Die VOC en Afrikaans: Die Kompanjie se taal gedurende sy laaste 50 jaar aan die Kaap”, Saterdag, 2 Maart, 11:00; 110 min lank (Ou Hoofgebou, in Monomotapa). Kenners van die navorsingsprojek TANAP — prof Leon Hattingh (voorsitter), dr Dan Sleigh, dr Andrew Alberts, dr Helena Liebenberg en Illona Meyer — kom praat gesaghebbend en onderhoudend oor ’n verskeidenheid onderwerpe, soos seemanstaal, humor en geestigheid, die inhoud van skepe, plekname en oŽnskynlike anglisismes. Besprekings by Computicket

Nederlands is so toeganklik vir Afrikaanstaliges dat ’n mens twee hele letterkundes (van Nederland en Vlaandere) eintlik byna pasella kry. Deesdae, namate steeds meer Suid-Afrikaanse skrywers die Nederlande besoek, raak die wedersydse beÔnvloeding steeds groter. Moet hierdie geleentheid dus nie misloop nie!

Meer inligting oor die Nederlandse skrywers:

  • Benno Barnard is ’n Nederlandse skrywer wat reeds jare lank in Antwerpen woon. Hy het reeds etlike pryswenner-romans en -digbundels geskryf. Sy tweede bundel, Klein Rozendaal (1983), is byvoorbeeld bekroon met die Lucy B en CW van der Hoogtprijs, en Uitgesteld paradijs (1987) met die Geertjan Lubberhuizenprijs.

  • Barnard was eindredakteur bij Humo, redakteur by die Uitgeverij Manteau en ook redakteur van het Nieuw Wereldtijdschrift, en gereelde medewerker by Maatstaf. Hy was ook al as “writer in residence” verbonde aan de Universiteit van Texas in Austin.

  • Stefan Hertmans is ’n skrywer uit BelgiŽ wat bekendheid verwerf het met sy 22 tekste tot dusver. Dit sluit gedigte, kortverhale, romans, essays, toneel, reisverhale en kultuurhistoriese beskouinge in. Reeds sy eerste roman, die eksperimentele teks Ruimte (1981), is met twee debuutpryse bekroon. Die verhaalbundel Gestolde wolken (1987) het die Multatuliprys ontvang en Bezoekingen (1988) die Arkprijs van het Vrije Woord en die Interprovinciale Prijs voor Letterkunde (1989). Sy ironiese “autobiografische leugen”, Naar Merelbeke (1994), is genomineer vir die Libris- en ECI-prys. Die driejaarlijkse Prijs van de Vlaamse Gemeenschap is in 1995 aan hom toegeken vir die digbundel Muziek voor de overtocht. Dit is ook vir die VSB-poŽzieprijs benoem.

    Hy doseer sedert 1990 kunsagogiek en teksanalise aan die Koninklijke Academie voor Schone Kunsten in Gent. Hy word as ’n prominente hedendaagse Nederlandstalige skrywer beskou.

  • Christine Otten was aanvanklik ’n joernalis by onder andere De Groene Amsterdammer en Vrij Nederland. Christine Otten is gebore op 13 November 1961, in Deventer. In 1989 het sy betrokke geraak by die oprig van die koerant vir jongmense, Primeur, waarvan sy tot 1993 redakteur was. Sy skryf steeds artikels vir die NRC Handelsblad, Nieuw Wereldtijdschrift en De Groene Amsterdammer. Sy het in 1995 gedebuteer met die roman Blaauw Metaal, in 1998 gevolg deur die spannende, misterieuse Lente van glas. Musiek is dikwels die hooftema in haar verhale, artikels en essays in Engel en andere muziekverhalen (2000).



    Lees die program vir die Afrikaanse Woordfees 2002

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.