NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Ingrid Jonker word kultusfiguur in Nederland

Gawie Keyser

Die ironie is dat dieselfde gragte van dieselfde stad waar sy tydens haar lewe so koud en eensaam gevoel het, nou die landskap vorm van ’n soort kultus om haar lewe en werk. Want postuum het Ingrid Jonker die gesig van die Afrikaanse letterkunde in Nederland geword. En hier in kultuurkringe in die hoofstad, waar sy so lank gelede tydens haar rampsalige Europese reis gewoon het, het boeke, CD’s van haar posie en ’n videoband van ’n bejubelde televisiebiografie felbegeerde objekte geword.

Korreltjie niks is my dood, lui die titel van Saskia van Schaik en Henk van Woerden se TV-film wat as deel van die TV-stasie VPRO se bekende Het uur van de wolf-reeks uitgesaai is. Die film volg op Uitgewery Podium se besonder fraai uitgawe van Ik herhaal je, ‘n bloemlesing van haar werk vertaal deur Gerrit Komrij en van ’n nawoord voorsien deur Henk van Woerden.

Hoewel, “nawoord” is onjuis. Dit beskryf onvoldoende die juweel van ’n stuk wat Van Woerden, outeur van die eweneens skitterende Suid-Afrika-drieluik Moenie kyk nie, Tikoes en Een mond vol glas, oor die lewe van Ingrid Jonker geskryf het. Die nuus dat hy werk aan ’n lywiger biografie bied watertandvooruitsigte.

Of tog nie? Nog steeds sidder die affre voort om dieselfde Van Woerden en Gerrit Komrij aan die een kant, en die erflating van Ingrid Jonker aan die ander kant. Komrij het naamlik briewe van Ingrid Jonker gekoop om dit aan Van Woerden te oorhandig vir die skryf van die biografie.

Hoewel die Nederlandse letterepous later die versekering gegee het dat di stukkie kulturele erfgoed weer na Suid-Afrika teruggebring sal word, lyk dit of die kwaad geskied het.

’n Veelgehoorde argument hier, naamlik dat die Afrikaanse letterkunde bly moet wees dat daar soveel belangstelling vir ‘n Afrikaanstalige outeur in Nederland bestaan, hou wel deeglik water. Kulturele uitwisseling is vir beide kante lewensnoodsaaklik.

Wat egter nie uit die oog verloor mag word nie, is die ongelyke verhouding tussen Suid-Afrika en Nederland. Suid-Afrika is ’n arm land waar geen geld vir kultuur is nie, terwyl Nederland ’n ryk land is waar juis te veel geld vir kultuur is. Jy hoef maar na die wisselkoers te kyk. Komrij het R50 000 vir die Jonker-geskrifte betaal. Dt is ongeveer 17 000 gulden, wat vir iemand soos Komrij bepaald nie ‘n jaarsalaris is nie.

Hierby kom nog die simboliese ongelykheid in die Suid-Afrika-Nederland-verhouding. Dt betref die verhouding tussen kolonis en gekoloniseerde. Hoewel wit Afrikaanssprekendes nie onder ’n Nederlandse koloniale bewind gely het nie, was Nederland wel deeglik ’n koloniale moondheid. Die land sukkel vandag nog hiermee, wat blyk uit ’n dikwels pynlike diskussie oor die Nederlandse rol in die transatlantiese slawehandel tydens die Goue Eeu.

Om te dink dat Nederland in die geval van Suid-Afrika opeens sy koloniale bril sal afhaal, is ’n bietjie naef. Suid-Afrika, en ook Afrikaans, is nou eenmaal iets opwindends eksoties in Nederlandse o. Meer as een keer was die taal al byvoorbeeld gedienstig aan die geglobaliseerde vakansiemark wanneer toerisme na Suid-Afrika weer bemark moet word.

Maar — en dit is van uiters groot belang — dt alles neem niks weg van die feit dat spontaneteit en eerlikheid nog steeds ‘n deurslaggewende rol in die verhouding tussen Suid-Afrika en Nederland speel nie. Hiervan getuig nie slegs die werk van Henk van Woerden, wie se romans skitterende insigte bied in ’n siek samelewing nie, maar ook die ontwikkeling waarby Ingrid Jonker onder baie gewone Nederlanders ’n kultus-aanhang geniet.

Toe die bloemlesing van haar werk verskyn het, het verstommend baie mense in my vriende- en kennissekring spontaan daaroor begin praat. Ek vermoed dt het die volgende rede: in Nederland is dit nogal gebruiklik om boeke as presente aan mense te gee. Nege uit die tien keer beland sulke ongevraagde titels op die ongelese boekplank. In die geval van Ingrid is dit bes moontlik dat mense hier en daar ’n gedig begin lees het ... totdat hulle by Van Woerden se biografiese skets uitgekom en vervolgens uitasem die romantiese, tragiese lewe van Ingrid Jonker verslind het.

In elk geval het baie joernaliste dt kennelik gedoen. In die week waarin Van Schaik en Van Woerden se VPRO-televisiefilm uitgesaai is, het tallose dag- en weekblaaie artikels oor Ingrid Jonker gepubliseer. In De Groene Amsterdammer het ’n profiel verskyn, met as titel “Vrouwe Zuid-Afrika”; die VPRO se gesaghebbende TV-gids het, naas ’n profiel, ’n onderhoud met Carl Niehaus, oudambassadeur in Den Haag, gepubliseer.

Dat regisseur Van Schaik ’n werklik skitterende film gemaak het, wakker die vuur van die Jonker-kultus aan. Korreltjie sand is ‘n gevoelvolle ontleding van ’n uiters komplekse kunstenaarslewe. Die wyse waarop Van Schaik teks, beeld en musiek gebruik om Jonker se posie op televisie uit te beeld, herinner baie aan dieselfde tegniek wat Peter Greenaway in sy manjifieke Shakespeare- verfilming Prospero’s Books gebruik het. Die effek in beide werke is dat die fisieke skoonheid en musikaliteit van taal op die skerm tot lewe kom.

Boeiend is veral hoe Brink in die film oor sy verhouding met Ingrid vertel. Jy merk iets onsekers in sy lyftaal, in sy stemtoon. Veral as hy verduidelik hoe Ingrid in Parys slegs in die beste restaurants wou eet en in goeie hotels wou slaap — iets wat vanwe Brink se karige inkomste nie moontlik was nie — begin jy twyfel aan sy handelswyse destyds. Stel jou immers voor: ’n vurige jong vrou in die opwindende stede van Wes-Europa tydens die sestigerjare — waarom sou sy haar nie soos ’n bohmien wou gedra het nie? Breyten Breytenbach s sy was “weerloos, koppig, bederf, uitdagend en kwesbaar soos Marilyn Monroe”.

Nog steeds is haar Amsterdamse verblyf gehul in newels. Het sy nou wel die Nederlandse digter Simon Vinkenoog ontmoet of nie? Di ontken die ontmoeting. Eintlik maak dit nie meer saak nie, want Ingrid Jonker lf nou aan dieselfde gragte waar sy so lank gelede eensaam gevoel het.

My resensieband van Korreltjie sand is nou ’n gesogte objek onder vriende en kollegas wat Saskia van Schaik se film oor TV gemis het.

En oor die Jonker-CD: die VPRO s hulle het dit eintlik slegs vir joernaliste gemaak. Die belangstelling van die publiek was egter so groot dat dit herdruk moes word; en in ’n ommesientjie is 600 eksemplare verkoop.

En gesien die beoogde biografie van Van Woerden is dt alles nog slegs die begin.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.