NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Noord en Suid

Jac Kritzinger gesels oor die Vlaamse Zuiderzinnen en die Afrikaanse Woordfees, en die ooreenkomste en verskille wat die groter prentjie bied

[Oktober 2001]

Antwerpen is ’n stad van geheime en openbaringe.

Dit is ook die hoofstad van Vlaandere, die noordelike helftetjie van Belgi.

En dit is ook hier waar die jaarlikse Vlaamse Woordfees, beter bekend as die Zuiderzinnen, op Sondag die 9de September plaasgevind het.

En dit is ook dan hier waar ek as digter my eerste proesel van deelname aan ’n buitelandse festival van het woord gekry het. Sela.

Dus: vir vriend en vyand daar doer oor die water wat dalk gewonder het waarheen ek so skielik verdwyn het, nou weet julle ook. Johnny is ni dood nie. Hy sit bloot hier in die Koue Land met ’n kaalgeskeerde kop (wat hy een nag opgedoen het in ’n besonder feestelike inisiasie-indaba, maar dit daar gelaat), ’n tweede verkoue (Europese variant, veel makker, maar lastig) en etlike gedagtes. Wat hy vandag met diegene wat wil luister, wil deel.

Ja-nee, vandag wil ek ook kaalkop prt. Oor die kreatiewe woord, ja, die kreatiewe woord wat fyntjies soos ’n vrou met haar kale voete in die Afrikaanse en die Europese kontinente geplant staan. En: in welke mate sy aan hierdie onderskeie kante bemin, gekoester en verneuk word.

Wat my dan terugbring na daardie rare, ware en helaas internasionale verskynsel: die reeds genoemde konsep van die woordfees. Want myns insiens is dit een van di barometers waarmee die toewyding aan hierdie vrou van ons op ’n spesifieke tyd en ’n spesifieke plek gemeet kan word. Nie net aan die suidpunt van Afrika nie, maar regoor die wreld — soos ek dan onlangs besef het.

Ek het mos immers gekom, en gesien.

En ’n wenkbrou gelig 

Kyk, ek is geen wreldreisger nie. My paspoort het maar nog een tjap in, en di het my gebring tot in Antwerpen.

Feeste waar die kreatiewe woord op ’n kreatiewe wyse na die publiek gebring word, staan reeds soos ou gevestigde eike in sommige dele van die wreld; in andere dele spring hulle

soos paddastoele op.

Ek is dus geen kenner nie. Ek het bloot maar een van hierdie buitelandse (in di geval Europese) feeste eerstehands meegemaak. Die versoeking om die Zuiderzinnen egter onmiddellik met die grootste Suid-Afrikaanse woordopskop, die welbekende Afrikaanse Woordfees wat die afgelope twee jaar op Stellenbosch gehou is, te vergelyk (Vlaams en Afrikaans is nog boonop so ongeskik naby aan mekaar), kon hierdie witman nie weerstaan nie. Want ons bontmooie volkie is mos maar altyd nog gekwel oor hoe ons met die res van die wreld vergelyk. Ons agterstand is sielkundig en kollektief, dis altyd Ons en Hulle Hier en Daar. Afrika en Europa. Eerste en Derde Wreld. Alles is mos soveel beter aan die Anderkant.

Ek gaan nie nou nou aan hierdie knoop beginne torring nie; ek wil nog mreaand die trein vang Leuven toe. Naar maar waar. Punt van die saak is, hierdie boerklong het ook maar grootoog hier aangekom. En soos die tyd verby gegaan het, het die ou twee bloues net wyer gerek. Alles so groot en nuut en ryk en vinniger en anderster.

Die span Suid-Afrikaners by Aardvark, die Afrikaanse winkel hier in die hartjie van Antwerpen waar ek my vreemde brood en botter verdien (www.aardvark.be, slaan kontak, hulle het ’n versameling Afrikaanse letterkunde hier wat die meeste boekwinkels in die Republiek op hul neuse sal laat kyk), het my met ope arms verwelkom en bietjie touwys gemaak. En sedertdien het daar baie water in die see geloop.

Die vloed van indrukke verdun mettertyd tot ’n rustige stroompie. Mens leer om met ’n nugtere oog na jou nuwe wreld te kyk. En mettertyd, mettertyd besef mens dat dinge hier maar fundamenteel dieselfde is as by “die huis”. Die buitenste lagie vernis mag op sekere plekke dalk dikker wees, maar die grein van die hout bly dieselfde.

Dinge is eintlik maar oral ewe sleg. Of ewe goed. Of ewe uitstekend.

Die Woordfees en die Zuiderzinnen is ’n sprekende voorbeeld van die laaste kategorie. Wat aanbieding, organisering en die fisiese produksie van hierdie twee feeste aanbetref, is hulle — skitterende — spielbeelde van mekaar. Soveel so dat mens half lus voel om te vra: wie het nou eintlik by wie afgekyk?

Ja, ons eie Woordfees hoef onder geen omstandighede vir die Zuiderzinnen, wat byna oornag haarself as een van di opkomende literre feeste in Europa gevestig het, terug te staan nie. Daar is uiteraard klein verskilletjies in die produksie en struktuur — let wel, liewe leser, dis waaroor ek dit op hierdie stadium het — maar die groter prentjie staan vas.

Voordat ek egter hierdie prentjie vir u gaan inkleur deur die twee opskoppe in detail met mekaar te vergelyk, moet ek bieg oor ’n ding.

Ek sou meer van my persoonlike ervaring van beide feeste tot dusver wou gemaak het. Onvoorsiene faktore het my grootliks tot in die posisie van buite-waarnemer gedwing. Hierdie posisie het my egter in staat gestel om met ’n wyer lens te mik-en-druk

Die Zuiderzinnen is hierdie jaar deur ’n koue front versier, ’n onweer wat ek nog nie in my Afrikaanse bestaan ervaar het nie. Instink het oorgeneem. Met die gevolg dat ek veel meer tyd in die beskutting van my eie venue deurgebring het as wat aanvanklik beplan is (ek keer later na die weerfaktor terug — dis ’n seer belangrike punt).

En ek het die Vrydagaand van hierdie jaar se Woordfees, waar uit die stof die see die skald se handevuurvoet tracks en die verstuite trein van wat verlange die eerste maal die lig gesien het, terde geniet. Soveel so dat ek dit later die nag goedgedink het om in Merrimanlaan voor ’n wit Toyota Corolla in te stap. Dit het my planne vir enige verdere deelname so effens in die wiele gery. Dankie, Soois, dat jy my tot by die groen oases van Stellenbosch se staatshospitaal gehelp het.

Raait. Noudat die bedankings uit die weg geruim is, kan ons in die pad val.

Om te vergelyk hoe die twee feeste hul reklameveldtogte aanpak, is ’n goeie aspek om mee te begin. Beide die Afrikaanse Woordfees en die Zuiderzinnen is nou eers in hul tweede bestaansjaar, skaars uit die doeke — promosie is dus uit die aard van die saak besonder belangrik. En daar is dan gevolglik ook geen onderskeid hier te tref nie. Die gedrukte pers, die elektroniese media en informasietegnologie is in Suid-Afrika net so effektief as hier aangewend om die publiek van die beoogde verrigtinge in te lig — en andersom. Altwee organisasies het tydig begin om voorbrand vir die feeste te maak. Plakkate, radio-uitsendings, onderhoude, dagblaaie en tydskrifte is hier, en tuis, effektief ingespan om vir Jan Publiek te laat weet hier kom ’n ding. Veral die twee mediaborge — Insig tuis en die dagblad Gazet van Antwerpen hier — se reikwydte is behoorlik ontgin. Ook beide instansies het van webwerwe gebruik gemaak, en di is in altwee gevalle besonder gebruikersvriendelik en informatief. Dinge is deeglik en professioneel gedoen. Die Jan Vlaming of Suid-Afrikaan wat agterna wil kom s hy het nie van die feeste geweet nie, leef in ’n kokon.

Laat ons aanbeweeg.

’n Besonder interessante aspek is dan natuurlik die ruimtes waar hierdie onderskeie feeste besluit het om hak in die grond te slaan. Beide feeste opereer vanuit ’n dorp-/stadstreek wat sterk konnektasies met die kreatiewe woord oproep. Nie net bring dit ’n relevansie en ’n vibe na hierdie feestelikhede nie, dit verseker ook ’n groter onmiddellike bywoning. Want waar die woordgees loop, daar lp hy.

So is dit byvoorbeeld glad nie toevallig dat die Zuiderzinnen (letterlik “sinne van die suide”) die suide van Antwerpen as basis vir haar vastrap gebruik nie. Elke inwoner van het Zuid wat sy sout werd werd is, sal jou onmiddellik vertel dat dit die wieg van die Vlaamse woordkunste is. En hy/sy sal gelyk h. Paul van Ostaijen en Willem Elsschot het in hulle tyd saans voor die Skone Kunstemuseum verbygewandel. Tom Lanoye, Benno Barnard, Hugo Claus, Antjie de Boeck en Hilde van Mieghem is almal bekende gesigte in di deel van die stad.

Net so huisves Stellenbosch dan ook, gesien sy verbintenis met die Universiteit, die mees gevestigde literre tradsie in heel die land. Dis ook ’n plek waar hdige woordmense soos bye saamkoek. Riana Scheepers, Etienne van Heerden, Zandra Bezuidenhout, Louis Esterhuizen, Valiant Swart, Ronnie Belcher, Marlise Joubert — noem maar op — is almal

towenaars wat eike bo enige ander bome verkies (askies vir al die towenaars wat ek uitgelos het — ek wil die ding nie t veel rek nie).

In beide gevalle, dus, beklemtoon die tradisie die fees, en komplementeer die fees dan weer die tradisie. Volpunte.

En dan moet ’n mens natuurlik by die vleis rondom die gebeente uitkom — die essensie, die spil waarom alles draai, dit waarmee die feeste hul name en brood verdien: die juweel van die kreatiewe woord. En meer spesifiek, die ontginning en die uitstal daarvan. En die blinkvryf, ja.

Dus: wat presies word op hierdie feeste aangebied, en hoe? En hoe vergelyk dit met mekaar?

Om ’n gedetailleerde oorsig van elke vertoning wat op die Zuiderzinnen en die Woordfees tot dusver te siene was, hier deur te gee, is ’n onbegonne taak. Mens moet maar die bre vlerk inspan. En dit sal gepas wees, want die basiese aanbod wat beide hierdie feeste maak, is weliswaar dieselfde.

Kom kyk, kom luister, kom voel. Posie, prosa, teater, musiek. Woordkunstenaars in hul eie woorde. ’n Verskeidenheid vr oud en jonk met ’n liefde vir die wye woord, dr oud en jonk met ’n liefde vir die wye woord.

En ltwee maak uit, hoor.

Nie net bring beide die Suid-Afrikaanse en die Vlaamse feeste briljante woordkuns wat vlees geword het nie — daar is boonop ook lesings, gesprekke en debatte oor die geskryfde-gesproke-gesingde-woord. En talle ander gepaste lekkerhede. Kortom: dis ’n fees van die woord. Aan albei kante.

Tog kan nie elke asem wat al met die Woordmuse geworstel het, op die Zuiderzinnen f die Woordfees se seepkis kom staan nie. Mens moes darem met eer uit die stryd getree het ook.

En dis waarvoor die hekwagters daar is. Beide die feeste verwelkom aansoeke tot deelname, maar aan beide kante is die keuring streng en gesond.

Dit word vinnig duidelik as mens na die kwaliteit van die produksies op enige van die twee feeste gaan loer. Dis werklik uit die bolangste rakke. Moenie ’n fout maak nie, ek het goeie goed en minder goeie goed aan altwee kante beleef, en die faktor van persoonlike

smaak mag nooit buite rekening gelaat word nie. Tog is die stempel van basiese gehalte, in gelyke graad, deurgaans daar.

Dis ook verblydend om te sien dat beide instansies die jonger, minder “gevestigde” stemme — onder hierdie vaandel van ’n soliede standaard — die kans gee om bietjie te brul. Beide die feeste skyn duidelik daarvan bewus te wees dat die sterre van mre ook nou reeds ’n helder lig na die paartie kan bring.

En dit blyk te slaag, want hier, en tuis vroer die jaar, is die Jong Turke goed ondersteun (ek vermy liefs die noem van voorbeelde, want dan sal ek tussen Turk en nie-Turk moet onderskei, en ek is bang ek trap in die poefies), deur oud en jonk.

Om saam te vat, dus: smaak mag verskil, maar die goue draad van gehalte loop myns insiens we sterk in die weefwerk van hierdie twee feeste. Dis vir my mooi. Mag dit so bly.

En dis boonop goed om te sien dat beide die Zuiderzinnen en die Woordfees nie net krities nie, maar ook kreatief omgaan met hul seleksie van items. By beide die feeste is die inisiatief om die woord op ’n wyer, meer oorspronklike manier by hul feestelikhede in te sluit, duidelik sigbaar. Posie- en prosavoorlesings, teater en musiek is goed, maar daar is altyd ’n ou plekkie vir laterale denke ook.

Soos die Woordfees byvoorbeeld hierdie jaar bewys het met die aanbied van blommerangskikkings met gedgte as tema. Sulke goed is mos vir my oulik. En die “Skrywers teen die Muur”-idee ook. En die rel van etes saam met skrywers. Lekker, man.

En die Vlaminge is ook nie links nie. So was daar hierdie jaar ’n lokaal waar professionele massering en literatuur saamgegooi is. Alles baie fatsoenlik — “ontspanning voor heel de lichaam en de geest”. Oulik. En die span argitekte wat digbundels as die bouplanne vir ongelooflike skeppinge uit sand gebruik het, was ’n moerse sukses. Die puriste moet maar dink wat hulle wil, di klas van goed wrk.

Wat ook onmiddellik opval, is beide die feeste se bereidwilligheid om hul deure vir ander tale en nasionaliteite oop te gooi. Broodnodig. Nie net maak dit die feestelikhede meer toeganklik vir alle tonge nie, dit speel ook ’n belangrike rol in die ontdekking van ander kulture en hul woordskatte. Regionaliteit sal hier ’n doodsonde wees, en nie een van die feeste maak hulle daaraan skuldig nie.

So het die Zuiderzinnen hierdie jaar Amerikaanse, Ierse (uitstekend) en Spaanse woordmense na hul podiums gebring. En Afrikaanses ook (ontspan, ek het geen daadwerklike skandes gemaak nie).

En weer eens het die Woordfees nie agtergebly nie. Allesbehalwe. Xhosa, Engels, Vlaams en Nederlands het hierdie jaar waardevolle diversiteit gebring, en sommer nog lekker op die oor geval ook.

Doet so voort.

Belangrik genoeg dan ook, word die klein mensies nie op een van hierdie feeste afgeskeep nie. Beide die Zuiderzinnen en die Woordfees het, veral di jaar, uit hul pad gegaan om genoeg items aan te bied wat kinders kan geniet. Nie net dra dit seer sekerlik by om ’n liefde vir die kreatiewe woord by die jong boompies te kweek nie, dit hou die tjokkertjies ook van hul ma’s se rokke af.

Dit is reeds by altwee betrokke feeste ’n gevestigde gebruik om skryfkompetisies vir die jonger geslag aan te bied. Uitstekend. En die Woordfees het hierdie jaar gewys hoe suksesvol kinder- en poppeteater by so ’n geleentheid kan wees. Vir oud n jonk.

Die Zuiderzinnen het dan ook vanjaar met ’n hele boel kinderboekskrywers (en illustreerders) gespog wat voorgelees het. Daar was ook ’n spesiale Shakespeare-speelkamer waar briljante aanpassings van Die Grote se werke vir die kinders voorgelees is. Dit was net plein pragtig. Ek het die hele halfuur oopbek deurgesit. Dis verblydend om te sien hoe beide hierdie feeste die mite dat teater en literatuur nie vir kinders is nie, met ewe veel krag die nek inslaan.

En dit dan wat die fisiese aanbod en inhoud van die twee feeste aanbetref. Uit al die bogenoemde is dit af te lei dat die Zuiderzinnen en die Woordfees mooitjies gelyk trek in die aard, gehalte, reikwydte en diversiteit van die woordaktiwiteite wat hulle aan die woordliefhebber bied. Mens sou ook kon byvoeg dat die Woordfees bykans vyftig woordkunstenaars sterker as die Zuiderzinnen in 2001 was, en dat die Suid-Afrikaanse fees byna drie dae beslaan, terwyl die Vlaamse fees ’n halwe Sondag van jou tyd opeis.

Al die bostaande inligting is egter nutteloos as mens nie die organisasievermo van die twee onderskeie feeste ook in die vergelyking betrek nie. Draai al die ratte mooi glad in mekaar? Of kraak en knars dit maar op plekke?

Sover ek kon aflei, het beide instansies die organisasie wat feeste van hierdie omvang vereis, besonder stewig by die nek gegryp. Beide die Zuiderzinnen en die Woordfees se deeglike en professionele benadering het tot dusver verseker dat dinge op die dag self heel mooi verloop.

Ja, daar was haakplekke in beide se kampe. Die geneuk met die kaartjies by hierdie jaar se Woordfees is die eerste ding wat by mens opkom. En Breyten Brytenbach se skitterende afwesigheid met ’n kortkop tweede.

Hierdie klas van krisisse is egter onvoorsienbaar en onvermydelik. Dit gaan dus nie oor hoe mens dit kan verhoed nie, maar hoe mens dit oplos as dit die slag voor jou deur kom staan.

Soos reeds genoem, was ’n magdom wolkbreuke die Zuiderzinnen se ongenooide gas vir die dag. En baie van hul items was vir buite-podiums geskeduleer.

Albei kampe het egter moue opgerol, kalm ingespring, en in een stuk aan hul onderskeie anderkante uitgekom.

En mens kry mos maar altyd op sulke dae die terloopse dronkie wat iewers sy stront saai. Soos die kordate krel hier wat tydens een van die kindervoorlesings ook, soos die talle peuters, ’n kans wou h om op die gawe tannie met die mooi stem se skoot te sit. Met alle mag. Die situasie is egter besonder snel en rustig ontlont. Beskf, hierdie mense.

Ja-nee, daar sal maar altyd dingetjies wees, en ook ’n manier om hierdie dingetjies te hanteer.

Dit sal veilig wees om te s dat altwee hierdie feeste, as gevolg van beide die instansies se gesonde organisasievermo, tot dusver besonder glad afgeloop het.

Hoofsaak is, beide die kunstenaars en die publiek was na afloop van altwee feeste goed gelukkig. En dit mt iets s.

En ek self het ook dit wat ek van albei die feeste meegemaak het, geniet. Ewe veel. Die vertonings sowel as die atmosfeer, en alles wat daarmee saamgaan. Dat ’n groot gedeelte van die Zuiderzinnen se aksie uitsluitlik in caf’s rondom die Suidstad afspeel, gee

inderdaad daaraan ’n ander atmosfeer, ’n eiesoortige gesseligheid. Stellenbosch se statige Dramadepartement, die gallerye, die intieme buiteverhoog en die gekristalliseerde skoonheid van die omgewing self, gee ’n ou nou weer ’n ander gevoel in die niere.

Dis appels en lemoene. Altwee is lekker, en altwee is gesond.

En al is die toegangsgelde vir die Zuiderzinnen veel minder en eenmalig, kry mens by beide van die feeste waarde vir jou geld. Ek s minder, en nie goedkoper nie, siende dit gevaarlik en effe onnosel is om geldeenhede op ’n letterlike manier so ver oor die waters te vergelyk.

Die Woordfees se toegangsgelde is, om die minste te s, besonder billik. En voeg hierby dat mens in hierdie geval veel meer kunstenaars as by die Vlaamse fees te siene kry, is dit met ’n geruste hart dat mens jou Suid-Afrikaanse beursie uit die sak behoort te trek.

Nou ja. Uit al die bostaande inligting is dit dan heel duidelik presies hoe die Woordfees met ’n besonder belowende Europese fees vergelyk. Wat aanbod, struktuur, organisasie, verskeidenheid, en algeheel uitmuntende gehalte aanbetref, hoef die Woordfees nie ’n aks vir sy Vlaamse eweknie terug te staan nie. Inteendeel.

Maar ek gaan nie hier ’n uitsondering maak nie. Altwee die instansies verdien ’n ewe sterke pluimpie.

Dus, nou kan ons onsself maar op die skouer klop en wyd verkondig dat ons met van die beteres in Europa kan saamgesels. Die Kaap is heeltemal Hollands.

Of hoe?

Die antwoord is nee. Daar is tg ’n kokkerot in die kerrie.

Laat my toe om ’n stukkie statistiek deur te gee, soos dit deur die onderskeie feeskomitees aan my verskaf is. Let wel dat ek in beide gevalle slegs na 2001 se saamtrekke verwys. In my boeke, you’re only as good as your last performance, as ek gou uit die ander spens mag leen.

Die Afrikaanse Woordfees 2001. Vanaf 19h00 Vrydag 31 Maart tot 20h00 Sondag 1 April. Ongeveer 130 kunstenaars.

Offisile bywoningsyfer: 4 500.

Zuiderzinnen 2001. Vanaf 12h00 Sondag 9 September tot 21h00 Sondag 9 September. Ongeveer 70 kunstenaars.

Offisile bywoningsyfer: 5000.

Nou ja.Wat kan ’n mens s?

Die syfers spreek vir hulleself, en hulle praat hard.

Afgesien van hul enerse staal, het die Zuiderzinnen in nege ure rofweg dieselfde aantal besoekers ontvang — eintlik ’n halfduisend meer — as dit waarmee die Woordfees oor ’n tydperk van byna drie dae tevrede moes wees.

Alea jacta est.

Wys die vinger dan hier na die Suid-Afrikaanse, en dalk meer gepas die Wes-Kaapse, publiek se passiwiteit teenoor ons letterkunde en die kreatiewe woord?

Hokaai, hoor ek die protes nou uit die vele patriotiese kele opklink, daar moet tog andere faktore wees wat ter versagtende omstandighede vir die Woordfees se yler bywoning aangebied kan word.

En ja, daar is.

Mens sou kon s dat dit onregverdig is om die twee feeste se bywoningsyfers voor die voet te vergelyk. Want Antwerpen is ’n digbevolkte metropool, ’n wreldstad in ’n land waar stede soos sardientjies teen mekaar gepak l, ’n virtuele miernes waarteen Stellenbosch maar bra plattelands vertoon. Suid-Afrika is mos anders, dis ’n wye land waar ruimtes nog soos oseane kan strek, en die Eikestad maar een van die groter hawens is.

Mens sou dus kon s dat die Zuiderzinnen potensiel ’n veel groter onmiddelike gehoor het om van te trek. Met die Woordfees, in vergelyking, mos ietwat van ’n ander geval.

Feitelik sal so ’n argument juis wees, maar helaas, spyt dit my, dra dit geen water nie.

Want op die dag van die Zuiderzinnen het die koue hemele oopgemaak en die waters geval.

Soos reeds genoem, ek het in my dag des lewens nog nie so iets meegemaak het nie. Dit was eendeweer, en die eendjies was van ys.

Mense, ek wil nie beginne praat asof dit hier oor ’n rugbytoets gaan nie. Maar die ren s in hierdie geval ’n gelykmaker. En maak dit die tipografiese argument heeltemal tot niet.

Want as die Vlaminge dit kan waag om in sulke koue weer hul koppe by die deur uit te steek, wat nog te van s die sogenaamde korter afstande na die fees toe af te l, kan die Suid-Afrikaners in hul karre klim en ry. Punt.

Dit is boonop meer as veilig om te s dat as die woeste waters nie so ontydig oor die Zuiderzinnen kom neerdaal het nie, die bywoningsyfer maklik kon verdriedubbel het.

En dan het die vergelyking met die Woordfees se bywoning rs anders gelyk.

Nee wat, verskoning soek is min. Vir die Woordfees se interne struktuur en gehalte is daar nie verskonings te soek nie, en dit word ook nie gevra nie. Die fisiese vergelyking van vroer het dit getoon, en laat ek dit nou maar hier noem, ek dink die Zuiderzinnen word in sekere aspekte gemaklik deur die Suid-Afrikaanse fees oortref.

Dit maak my op ’n diep plek seer om dit te s, maar ons kan gerus by hierdie mense kom leer hoe om ons eie woordkuns, ons eie mooi en kosbaarste vrou, in die arms te neem.

Voor ek verder gaan, wil ek een ding duidelik maak. Nie die Zuiderzinnen of die Woordfees het veel van ’n verlede nie, en spekulasies oor die toekoms is hier maar van min waarde. Dit moet tog gaan oor die hier en nou. Die stelling dat die vergelyking van slegs 2001 se onderskeie bywonings van hierdie feeste nie as bepalend beskou kan word nie, maak nie juis hond haaraf nie.

En die stelling dat die bywoning van hierdie tipe feeste nie as die maatstaf vir die onderskeie taalgroepe se toewyding tot die woordkuns gesien behoort te word nie, siende dit sekerlik nie in elke woordliefhebber se smaak val nie, nog minder so.

Want as mens na die Woordfees se bywoningsyfers gaan loer, word dit duidelik dat bra min Afrikaanse asems die feestelikhede al aan hul eie lyf kom beproef het om te sien of dit hulle koppie tee is al dan nie. En in beginsel dui dit, om die minste te s, op ’n lou ongergdheid teenoor die kreatiewe woord.

Dus. Dit sal maklik wees om te s dat, in vergelyking met Suid-Afrika, die Vlaminge, om dit sagkens te stel, ’n ander instelling tot die woordkuns in al sy fasette toon.

Om die redes hiervoor aan te voer, gaan egter nie so maklik wees nie. En om te sluk aan die feit die Vlaminge as nasie dikwels as die kulturele stiefkind van Europa beskou word, nog minder.

Voordat ons egter polse oor teerpaaie begin skuur, laat ons aanstap

Dit is inderdaad so dat hier nie ’n geheim daarvan gemaak word dat die kunste, woordgemoeid en andersins, ’n belangrike en basiese komponent van die alledaagse lewe is nie.

Soos die seven eleven’s in Suid-Afrika staan, staan die boekwinkels hier. Plakkate wat teater- en musiekvertonings adverteer, is op elke moontlike en onmoontlike plek gegom en gespyker. Twee van Antwerpen se grootste teaterinstansies het hul eie radiosenders. Die Filharmoniese Orkes se reklameborde pryk op die sykante van trems, mooitjies langs die van Hollywood se nuutste flieks. Die plek is van die uitgewershuise vervuil. As ek soggens by die deur uitstap, kyk ek in ’n klavierwinkel vas; oorkant die straat is ’n winkel wat klassieke snaarinstrumente herstel en verkoop. Digters, skrywers en dramaturge is kultusfigure hier, nie kuriositeite nie.

Dis ’n gesonde, kompeterende bedryf.

Dis ’n leefstyl.

En dis lonend. Die woord is hier brood, en dit kan ook brood op die op die tafel sit. Die Zuiderzinnen het hierdie jaar hul deelnemerscredo beskryf as: “ schrijvers, zangers, dichters, acteurs  enfin, alle lui die van de kunst van het woord hun beroep hebben gemaakt.”

Hulle het heel duidelik vergeet dat hier ook ’n Afrikaanse digter was. Maar dit daar gelaat.

Die presiese redes vir die Europers se toewyding tot die geskrewe en gesproke woord, en die kunste in die algemeen, is moeilik om vas te pen.

Ek dink dit het veel te make met die feit dat mens hier met digbevolkte streke te doen het, relatiewe klein lande wat na aan mekaar l, bewoon deur uniforme beskawings wat oor die algemeen meer dan ’n duisend jaar oud is. Die woord- en andere kunste het bloot deur die eeue die kans gehad om spontaan binne die spesifieke raamwerk van elke nasie te ontwikkel, met ’n groot en waarderende gehoor as natuurlike resultaat. Waar so baie asems op een kontinentjie saamgegooi is, is kreatiwiteit ’n logiese uitvloeisel. En voeg

hierby Vader Tyd se gul hand, kry mens die geval dat kuns tot ’n tradisie groei wat van geslag tot geslag oorgedra word. Die aanwesigheid van die skeppende hand in die daaglikse bestaan word so vanselfsprekend dat dit in die kollektiewe bewussyn ’n vashouplek kry. Die mense leef al so lank met die skeppende tradisie saam dat dit vir hulle onmisbaar geword het.

Daarteenoor is Afrikaans maar etlike eeue oud, ontstaan in ’n reusagtige en harde land wat nog altyd moelike vrae aan sy inwoners gestel het. Oorlewing in die landskap self het meeste van die kragte opgeis, soveel so dat daar min vir enigiets anders oorgebly het. En die vestiging van ’n daadwerklike kunskultuur is vir nasionalistiese redes afgeforseer, daar is gepoog om dit ryp te druk, met die gevolg dat die natuurlike evolusie tussen skepper en gehoor ontspoor het.

Maar die kreatiewe drang laat hom nie voors nie, en sit ons steeds met van die beste woord- en ander kunstenaars ter wreld 

Die nare weer hier in die Noorde speel dan natuurlik ook ’n belangrike rol in die die Europer se affiniteit vir die kunste, maar veral vir die woord. Die mense moes deur die eeue maniere vind om hulself besig te hou in die ellelange winters waar dit letterlik lewensgevaarlik was om dit vir te lank buite te waag. Die orale woordkuns het hier, in die vorm van storievertellings en dies meer, sterk as ’n middel tot rekreasie na vore getree, en soos tegnologiese vooruitgang dit wou h, het die gedrukte woord mettertyd die plek daarvan ingeneem. En so, met die letterkunde as sinoniem vir koestering en beskerming in ’n ongenaakbare klimaat, is weereens ’n onwrikbare tradisie, ’n volksgebruik oor baie eeue heen gesmee. ’n Tradisie wat in vandag se moderne Europa, met sy jaarlange rekreasionele diversiteit, nog steeds rotsvas staan.

Want die mense het hulself lankal reeds leer lees.

Met ons mooie suidpunt van Afrika staan sake natuurlik anders. Die son is heeljaar ons beste tjom, wat maar nou en dan met ons wegkruipertjie speel as die renwolke naderkom. Ons is buitemense. Dis ons reg, nie ons voorreg nie. En wie kan ons blameer? Dis ou nuus dat ons oor een van die lekkerste klimate in heel die wreld beskik.

Oor die jare word ons kinders mos boonop geleer om nie te veel in die huis te sit nie, dis ongesond. Hulle moet vars lug kry, of as hulle regtig te veel onder die voete kom, “buite

gaan speel.” En waag jy dit as laaitie om op ’n warme somersdag in ’n kamer iewers te l en boek lees, dan raak die oumense half kriewelrig, want dan is die kind siek, of erger nog, ’n moffie.

Daar is maar min salf aan te smeer. Dinge werk al vir baie jare so, en dis te betwyfel of dit mre sal verander.

Kyk, ek het geen beswaar teen die aanmoediging tot buitemuurse aktiwiteite wat so saamloop met ons suidelike klimaat nie. Dit is sekerlik di grootste rede dat Suid-Afrika ondanks al sy nonsies konstant van die beste sportmanne op wreldvlak oplewer. En dit het ’n onteenseglike waarde van sy eie.

Waarteen ek dit wel het, is sport vandag in Suid-Afrika die absolute afgod geword het, terwyl die letterkunde en die kunste hortend aan die agterspene moet suig.

Maar ook dit, helaas, is ou nuus.

Laat ek maar begin om af te sluit. Met ’n laaste staaltjie.

Stap ek mos die dag van die Zuiderzinnen af dokke toe, ’n area waarom veel van die fees se aksie gedraai het. Al bewend en bibberend, met ’n skedonk van ’n sambreel paraat bo die kop. Reg vir enigiets.

Om die hoek van Karel Rogierstraat steek ek vas. Voor my, waar die pad net die vorige dag nog was, l daar ’n jong oseaan. Dis seker maar ’n geut of ’n ding wat gebars het, ek weet nie, maar die water l die hele straat vol, ten minste enkeldiep, en mens moet daar deur, daar’s nie ompad nie.

En die ren val net harder, en ek begin te vloek. En toe sien ek haar. Mooie meisietjie, soos hulle maar hier rond is, staan sy daar aan die anderkant van die wye waters. Sy wil wees waar ek is, en ek wil wees waar sy is. Ek kan sien sy is hier vir die fees, die program is in haar hand. Ons loer vir mekaar so onder deur die sambrele, sy glimlag vir my en ek kan nie terug glimlag nie, my gesig is te styf van die koue.

En daar waad sy haarself wragtag in die waters in, net toe ek besluit het om om te draai. Sy kom moedig aangeslof, ek staan en kyk vir haar, sy kom net hier duskant my uit, papnat.

En sy glimlag weer, en daar is sy vort, dapper en koud met haar een oog stip op die feesprogram en die ander oog al langs die strate langs.

En ewe skielik verlang ek ontsettend na die huis. Ek kyk haar fyn lyfie agterna en ek dink by myself hl, wat sou sy, en al hierdie ander dapper, nat Antwerpse hoenders nie vandag, die dag van hlle fees, gegee het om een van ons befaamde sonskyndae te h nie?

En onmiddelik het ek hierdie Groot Visioen. Reusagtige podiums in die son, woordfeeste in die buitelug, dae lank, bruingebrande velle wat sit en luister na hul eie skrywers en sangers en digters onder hul eie, blou hemele.

Die Idee dat ons ons goeie weersomstandighede moet gebrk vir geleenthede soos die, want daar is mense wat dit nooit sal h nie.

Maar nou, waar ek hier in my klam kamertjie sit, is die lig besig om te vervaag. Want nou dat alles hier ges en gedaan is, moet ’n mens wonder oor die Suid-Afrikaners se bereidwilligheid om so iets grootskaals te sou bywoon, om die woordkunste vir ’n slag met hart en siel te ondersteun.

Is ironie nie gewoon van die mooiste dinge onder die son nie?

Nou ja, liewe leser, ek laat u dan hier.

Sonder om te preek dat ons Afrikaanses die vlam wat daar vir ons woordkunste is, hor sal moet aandraai nie. Sonder om te preek dat daar ook in ons kunstenaars self ’n ho vlam brand, maar dat dit kan en sal uitdoof indien die publiek nie hul volkome ondersteuning begin bied nie.

Weet net dat die publiek in sekere dele van die wreld die juweel van hul digters, skrywers, akteurs en musikante veel stywer in die hand hou as hier, en dat ons eie juweel ewe blink en kosbaar is, sonder om te dink dat ek vir u wil voors.

Vanaand wil ek net hoop.

Ek wil hoop dat die Woordfees die ho standaarde sal volhou, soos ek glo sy sal doen.

Ek wil hoop dat ons Afrikaanse publiek vir dit wat aan ons aan eeu-oue en gevestigde literre geskiedenis ontbreek, sal opmaak deur dl te word van die literre toekoms.

Ek wil hoop dat ieder Afrikaanse die siel vir die plaaslike letterkunde, teater en musiek sal oopmaak, en dat dit wat ons uit die proses sal leer, vir ons kinders saam met die tiet ingegee word.

Ek wil hoop dat die plaaslike uitgewers en die produksiehuise wat versigtig is om nuwe talent ’n kans te gee, n die oogklappe laat afval, want die dag as die huidige voorsangers nie meer daar is nie, gaan die stilte oorverdowend wees.

En ek wil hoop dat ons die hart van daardie meisietjie op die hoek van Karel Rogierstraat en die hart van ons eie heerlike vrou, die ewig Afrikaanse woord, eendag saam in een, eie bors sal kan bre.

En o ja, vir diegene wat dalk sou belangstel: my eie vertoning hier op die dag was ’n groot suskses, en raai, daar is selfs ’n digbundel verkoop.

Sonder dat pienk varke die volgende dag oor die bome gevlieg het.

Ai, my mense, ek mis julle so.

Liefdegroete.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.