NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Aansoekvorms vir NTU/SAVN-beurse vir 2002

[Oktober 2001]

Die Nederlandse Taalunie stel jaarliks, in samewerking met die SAVN, beurse beskikbaar vir die bestudering van Nederlands in Suid-Afrika en in Nederland en/of Vlaandere. Hierdie beurse is bedoel vir derdejaar- en nagraadse studie tot op doktorale vlak.

Belangstellende studente moet aansoek doen via die Departement Afrikaans en/of Nederlands of toepaslike vakgroep van die Suid-Afrikaanse universiteit waar hulle in 2002 gaan inskryf. Volledige besonderhede is by die onderskeie departemente of vakgroepe verkrygbaar.

Studente kan in die volgende kategorieë aansoek doen om ’n beurs:

  1. ’n Beurs ter waarde van R5,000 vir derdejaarstudie in 2002, mits die leergang ’n redelike komponent Nederlands insluit;

  2. ’n Beurs ter waarde van R5,000 vir honneursstudie in 2002, mits die leergang ’n redelike komponent Nederlands insluit;

  3. ’n Beurs ter waarde van R8,000 vir voltydse navorsingsmagisterstudie in Suider-Afrika in 2002, mits die onderwerp minstens 50 % Nederlands insluit;

  4. ’n Beurs ter waarde van R5,000 vir deeltydse magisterstudie en/of gedoseerde magisterstudie in Suider-Afrika in 2002, mits die onderwerp minstens 50 % Nederlands insluit;

  5. ’n Beurs van R8,000 elk vir voltydse doktorale studie in Suider-Afrika in 2002, mits die onderwerp minstens 50 % Nederlands insluit;

  6. Hoogstens 4 beurse van hoogstens f10,000 (ongeveer R30,000) elk vir buitelandse studie in 2002 met die oog op die verwerwing van ’n magister- of ’n doktorsgraad. (Hierdie beursgeld word eers by aankoms in die buiteland deur die Nederlandse Taalunie aan die student uitbetaal.)

In die geval van 3, 4, 5 en 6 moet die onderwerp van die tesis of proefskrif of studie op die Nederlandse taal- en/of letterkunde betrekking hê. ’n Komparatistiese fokus (Afrikaans en Nederlands) is wel aanvaarbaar. Minstens 50% van die studie moet aan Nederlands gewy word.

Beursaansoeke moet die SAVN-sekretaresse, Renée Marais, nie later nie as op Vrydag 26 Oktober 2001 bereik per adres: NTU/SAVN-beursaansoeke, Kreatiewe Taaldienste, EOT, Universiteit van Pretoria, 0002 PRETORIA. Die aansoeke kan ook gefaks word na (012) 420-3682 of elektronies aangestuur word (na rmarais@postino.up.ac.za) indien nodig, maar die SAVN moet die volledige stel dokumente (insluitend ’n kopie van die aansoeker se identiteitsdokument en ’n referentverslag van die betrokke departement of vakgroep) teen die sluitingsdatum ontvang.

Aansoekvorm vir beurse vir studie in SA in 2001

Aansoekvorm vir beurse vir studie in Nederland of België in 2002

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.