NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Dagboekfragmente van ’n bomgeskokte:
Dichters in het Elzenveld (Antwerpen) en die 32ste Poetry International-fees (Rotterdam)

Henning Pieterse

Saterdag

Van Schiphol neem ek die trein na Antwerpen waar Gerd Segers, redakteur van Revolver en organiseerder van Dichters in het Elzenveld, my ontvang. Diť organisasie bestaan al sedert 1993 en jaarliks word ’n aantal digters uitgenooi om in die Arenberg Schouwburg voor te lees. Gerd noem die okkasie “het belangrijkste podium voor de internationale poŽzie in Vlaanderen”. Ek ontmoet Matthew Sweeney van Ierland, die musikant Andy Roberts wat gereeld saam met Adrian Henri opgetree het, Dirk de Bastelaere (Vlaandere), Anna Enquist (Nederland), Adam Zagajewski (Pole) en Eddy van Vliet (Vlaandere).

Na ’n vieruurlange middagete besoek ons die skouburg en maak reg vir die aand. Meer as 500 mense pak die skouburg uit (teen 450 Belgiese frank per kop) om na ’n paar digters te kom luister. Roberts bring ’n musikale huldeblyk aan Henri, wat in Desember verlede jaar oorlede is. Die voorlesings verloop uitstekend en na die tyd is daar is ’n onthaal in die Elzenveld-sentrum.

Sondag

Ek ry saam met Leen Vermeiren, suster van die skilder Jan Vermeiren, en Jan Mysjkin, vertaler, na Rotterdam. Tien voor twaalf ry ons die stad binne, twaalfuur het ek ’n onderhoud op Radio Rijnmond in die reusagtige Boekhandel Donner. Die middag word die vyf en veertig deelnemende digters op ’n bootrit deur die hawe van Rotterdam getrakteer. Die stad is bykans heeltemal vernietig tydens die Tweede WÍreldoorlog; van die min oorblywende geboue is die Hotel New York, ’n plek wat hom onmiddellik tot ’n moontlike verhaal verleen. Die rit word langerig en die besef groter dat alle digters mal is, maar gelukkig is daar ’n groot kroeg aan boord. As deel van die Chinese Whispers-program vertaal ek Leo Vroman se “Hand en spiegel” in Engels. Deur die loop van die week word die vertaling weer vertaal in o.m. Serwies en Arabies en uiteindelik weer terug na Nederlands. (Die bronteks en vyfde vertaling was toe heel na aan mekaar!) Ek gesels heerlik met Bart Moeyaert, ’n Vlaamse skrywer wat lyk of hy Gert Vlok Nel se dubbelganger kan wees. Op die oewer vorm ’n vyftiental taxi’s versreŽls met woorde op hul dakke. Tydens aandete gesels ek met Sibila Petlevski van KroasiŽ, president van PEN. Sy vertel my hoe die werklikheid van die oorlog in die destydse Joego-SlawiŽ haar na maande eers in Zagreb getref het: sy moes ’n afspraak met ’n student by die universiteit kanselleer; later die dag hoor sy dat die gebou gebombardeer is en dat haar student een van die slagoffers was.

Ek ontmoet Tatjana Daan, direkteur van Poetry International, vir Erik Menkveld, digter en tweede in bevel, en al die ander mense wat maande reeds swoeg om hierdie twee en dertigste fees en, daarmee saam, die vyfde Poetry International Children’s Festival, te organiseer. Later ontmoet ek Tamim al-Barghouti van Palestina en Shimon Adaf van Israel. Die spanning tussen die twee is voelbaar.

Die aand lewer Mark Strand die “Defence of Poetry”-lesing in die Rotterdamse Schouwburg, waar die hele week se verrigtinge plaasvind. Sonder om te probeer om poŽsie te definieer of te kategoriseer, of om stelling vir of teen “betrokke” poŽsie in te neem, so vermy hy slim verskeie slaggate. Hy meen wel dat Amerikaanse poŽsie al hoe meer “metonimies” word, terwyl sy voorkeur vir “metaforiese” poŽsie is. Ek ontmoet Robert Dorsman wat van my verse vertaal het en tans besig is om Etienne van Heerden se Die swye van Mario Salviati te vertaal. Baie gawe ou.

Saam met Alexej Poerin van Rusland en Vťnus Khoury-Ghata van Libanon lees ek die aand voor. Ons lees in ons moedertale en die Nederlandse vertalings word op ’n skerm geprojekteer. Poerin praat slegs Russies en ’n paar woorde Duits. Hy het Nijhoff se “Awater” in Russies vertaal met behulp van ’n vriend wat Nederlands magtig is. “Awater” in Russies ... al verstaan ek nie ’n woord nie, klink dit pragtig. Khoury-Ghata lees aangrypende verse wat merendeels handel oor meer as vyftig jaar se konflik in Libanon en die invloed daarvan op vroue. Die voorsitter, Willem Jan Otten, stel ’n paar vrae aan elkeen van ons. Na die tyd is daar ’n party in die foyer. Die Rus omhels my en breek byna ’n paar ribbes.

Maandag

Vir die volgende vier dae neem ek deel aan ’n Leopold-vertalingsprojek saam met Bei Dao van China, Armando Uribe van Chili, István Kemény van Hongarye, Jit Narain van Suriname, Miodrag Pavlovíc van SerwiŽ en Xhevahir Spahiu van AlbaniŽ. Dick van Halsema en Renť Puthaar lei die werkswinkel. Leopold se geslypte bergkristal staan op die lessenaar; ek hou dit vas en sien ’n veelkleurige heelal in die middel daarvan. Gedink Afrikaans en Nederlands is naby aan mekaar? Probeer Leopold se verwikkelde sintaksis en rymskemas behou in vertaalde vorm en dink weer. Ek sweet vir ure om “Zij tilt zich overeind” te vertaal. Vir die eerste keer begin ek werklik bewondering kry vir vertalers. Bei Dao werk rustig, lees beskeie voor, plat op die aarde. Die AlbaniŽr, wat slegs Albanies en ’n bietjie Frans magtig is, staan letterlik op sy kop om terme aan Dick en Renť te verduidelik. Die Chileen praat met niemand nie, sit net soos ’n herrese Pablo Neruda en skryf en rook die een sigaret na die ander. Nadat ek “Emir Khosrau” vertaal en voorgelees het, val daar honderde wit roosblare oor my. Ek kyk boontoe, maar daar is niemand by die roosbome, twee verdiepings hoŽr, te sien nie. “Leopold het jou geseŽn,” sÍ Dick.

Die aand lees Mark Strand, Janis Elsbergs van Letland en Marcin Sendecki van Pole voor. Met Strand se voorlesing besef ek weer tot watter mate die meeste goeie Amerikaanse digters telkens terugval op Walt Whitman. Later deel ek ’n onderhoudsessie met Leo Vroman en Ursula Koziol van Pole. Marjoleine de Vos voer die onderhoude, wat fokus op een gedig van elke digter. Vroman keer elke vraag om, tot groot hilariteit onder die gehoor, maar stres vir die arme Marjoleine. Kosiol is aan die beurt. Haar vertaler, Gerard Rasch, sit ook gereed. Met Marjoleine se eerste vraag trek die Poolse tannie los en hou nie op praat vir twintig minute nie. Gerard wend ’n paar pogings aan om te vertaal, maar maak nie juis hond haaraf nie. Ek besluit om Marjoleine verdere lyding te spaar en beantwoord al haar vrae rustig op Afrikaans.

Dinsdag

Die Dinsdagaand word The secret of Wislawa Szymborska aangebied. ’n Aantal digters is genooi om elk te vertel wat vir hulle die geheim van diť Poolse Nobelpryswenner se poŽsie is. Sendecki, Elsbergs, Koziol, Adaf, Koenegracht, Porter en ek lees elk ’n vertaalde gedig voor. Voor die tyd het ek “Moze byc bez titylu” (“Geen titel benodig nie”) in Afrikaans vertaal, iets waaroor Gerard Rasch aangenaam verras is.

Wyslawa Szymborska: “Geen titel benodig nie” (“Moůe byc bez tytulu”)

Dit het gebeur: ek sit onder ’n boom
langs ’n rivier
op ’n sonnige oggend.
Dis ’n onbenullige gebeurtenis
wat nie opgeteken sal word in die geskiedenis nie.
Dis nie soos oorloŽ of verdrae
waarvan oorsake noukeurig ondersoek word,
of merkwaardige tirannemoorde nie.

En tog sit ek langs hierdie rivier, dis ’n feit.
En omdat ek hier is,
moet ek van Írens af gekom het,
en voor dit
moet ek in vele ander plekke verskyn het,
net soos die oorwinnaars van koninkryke
voordat hulle uitgevaar het.

Selfs ’n vlietende oomblik het sy vrugbare verlede,
sy Vrydag voor Saterdag,
sy Mei voor Junie.
Sy horisonne is net so werklik
as diť wat ’n maarskalk se verkyker mag bespied.

Hierdie boom is ’n populier met oeroue wortels.
Die rivier is die Raba; dit het nie gister ontspring nie.
Die pad deur die ruigte
is nie verlede week gebaan nie.
Die wind moes die wolke eers hierheen waai
voordat hy hulle kon wegwaai.

En alhoewel niks gewigtig hier naby gebeur nie,
is die wÍreld daardeur nie behoeftig aan besonderhede nie.
Dit is net so begrond, net so noukeurig
as toe nomade dit oorwin het.

Sameswerings is nie al wat in stilte gehul word nie.
Optogte van redes sleep nie slegs agter kronings aan nie.
Herdenkings van revolusies mag aanrol,
maar so ook spoelklippies wat die baai omsirkel.

Die tapisserie van omstandigheid is verwikkeld en dig.
Die mier se soom in die gras.
Die gras gestik in die grond.
Die patroon van ’n golf geborduur deur ’n stok.

So gebeur dit net dat ek is en ek kyk.
Bokant my fladder ’n wit skoenlapper deur die lug
met vlerke wat heeltemal syne is,
en die skaduwee wat deur my hande skeer
is slegs dit, niemand anders s’n nie, net syne.
Wanneer ek sulke dinge sien, is ek nie meer so seker
dat wat belangrik is
belangriker is as die onbelangrike nie.


Ongelukkig kon Szymborska nie die fees bywoon nie, maar daar word ’n uitstekende video oor haar vertoon. Soos elke aand, is daar na die tyd jong digters wat in die foyer voorlees, ’n lekker band, baie drank en ’n gedansery tot laat.

Woensdag

Na die Leopold-werkswinkel woon ek die oorhandiging van die C Buddingh-Prys by. Die genomineerde digters is Mark Boog, Mark Bruynseel, Peer Wittenbols en Alfred Schaffer, wat tans aan UK (UCT) studeer. Boog ontvang die prys. Dan is dit tyd vir die “Poetry Slam”, aangebied deur die Amerikaanse skeidsregter, Rik Maverik. Ek gesels lank met hom voor en na die tyd en vertel hom van ons plaaslike “Bekgevegte”. Rik besluit die aand dat daar nie tellings gegee gaan word nie; elk van die vyf performance poets — sir Jan Off van Duitsland, Hilary Peach van Kanada, Lesego Rampolokeng van Suid-Afrika, Tjitse Hofman van Nederland en JŁrg Halter van Switserland — dra drie gedigte oor drie “rondes” voor en die gehoor moet hul waardering dmv applous of kommentaar lewer. Sir Jan — die Duitse nasionale “slam”-kampioen — vertel dat hy drie liefdesgedigte gaan voordra. Hy trek los in ’n Rammstein-mode en freak die gehoor uit. Lesego se rap-poŽsie is, soos altyd, ’n wenner. Hilary Peach sing in ’n sjamaan-styl en Halter, wat soos ’n regte vaalseun lyk, neem die plek oor met ’n rap op Switserduits. Ek besluit dat Bekgevegte — en spesifiek Demos “die mal kafeegriek” Takoulas, ons skeidsregter — hoegenaamd nie hoef terug te staan vir hierdie “slammers” nie, en daag vir Maverik tot ’n internasionale slam uit: Suid-Afrika teen BelgiŽ/Nederland. Besonderhede hieroor volg dalk later.

Donderdag

’n Worstelsessie met Leopold se “Albumblad”. Sy verse is ongelooflik dig, soos Eliot se “Waste Land” ...

Vrydag

Ons lees die uitkomste van die vertaalprojek voor. Verlede jaar is verse van Charl-Pierre Naudť vertaal en die projekleiers spreek weer hul waardering daaroor uit. Uribe verklaar dat hy nie van die Britte hou nie en nie Engels aanvaar as wÍreldwye lingua franca nie. Hy praat en lees verder in Spaans.

Die aand lees Bei Dao en Lesego Rampolokeng voor. Dao se verse is gestroop, pragtig; geen wonder hy word genoem as ’n toekomstige Nobelpryswenner nie. Die aand word afgesluit met “De vormen revue”, gelei deur Hugo Brandt Corstius. Twaalf van ons moes ’n vers in ’n spesifieke vorm voorlÍ en dan motiveer waarom diť vorm gekies is. Daar is merendeels sonnette. Corstius vra IstvŠn Kemťny uit waarom hy terugval op ’n ou Hongaarse vorm; Kemťny ontken dit ten sterkste, gaan sit en Corstius gee moed op. Ek lees “R~ga” voor en verduidelik hoe die musikale vorm my gelei het tot die versvorm.

Zolani Mkiva, Suid-Afrika se nasionale imbongi, sluit die verrigtinge af. Die hele week het digters uit SerwiŽ, AlbaniŽ, BosniŽ en ander voormalige Oosblok-lande podiums gedeel sonder politiekery. Zolani besluit om twee seepsteenbeeldjies aan twee besondere digters te oorhandig. Hy roep TsjÍbbe Hettinga, ’n blinde digter uit Friesland, na vore en betuig sy respek aan hom. Dan roep hy Tamim al-Barghouti van Palestina na vore en trek los met oorgeykte struggle-retoriek. Ek sien hoe Shimon Adaf langs my doodsbleek word. al-Barghouti lewer sy repliek: broers in die struggle, ens., ens. Seker maar ’n geval van “wiens brood men eet ...”, Zolani? Na die tyd is van die Nederlanders woedend oor die politieke skuif. Waarom het Mkiva nie eerder Palestyn en Jood sŠŠm op die verhoog genooi nie ...?

Ons kuier tot dagbreek toe.

Na ’n paar dae in Londen spandeer ek die laaste twee dae in Amsterdam vir ’n goeie afsluitings-joll. Na ’n praatjie oor “Musikale vorm en poŽsie” by die Suid-Afrikaanse Instituut op die Keizersgracht is daar ’n heerlike kuier saam met o.m. Hans Ester, Peter de Graaf en Eep Franken. Die weer is puik en wanneer ek vieruur die oggend terugsukkel na my hotel op die Rembrandt-plein, kook die stad nog. Ek dink aan Lina Spies se woorde oor die stad: “Amsterdam, geliefde, ek kom vandag na jou toe / met ’n paar pienk kouse aan”. Pienk kouse het ek nie; dus drink ek maar nog ’n dop op die stad. Al wat leef en beef is uit op die strate.

Wanneer ek weer, bomgeskok en met ’n groot behoefte aan ’n detox-sessie, op Schiphol sit, dink ek aan Leopold, sy kristal, die roosblare. Aan al die vreemde digters uit Hongarye, Irak, Finland, AlbaniŽ ... “All poets are mad.” Hmmm, nou ja. Poetry International — ’n poŽtiese Olimpiese Spele sonder mededinging. ’n Rustige naweek nou in die Hotel New York sou nie sleg wees nie ...

Ek dink aan die waardering wat talle feesgangers uitgespreek het oor Breytenbach, Krog, StockenstrŲm, Naudť. En dan aan wat ’n ouerige man my laat een nag vertel: “Wanneer julle Afrikaans prŠŠt, klink dit vreemd, aardig. Wanneer julle dit in poŽtiese vorm voordra, word dit die mooiste musiek wat ek ken.”

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.