NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Zoektocht

Hester Knibbe

Vannacht gedoold door een stad
zo kapot als een lijf met gebroken
ribben en blootgelegd hart. Jou

daar gezocht met koeken op zak, gezocht
naar een zucht, een beweging in ontmantelde
straten en stegen. Vannacht

even niet van je stek op de hoogte
naar je gezocht met hoop in de botten.
Maar hoe ik je ook trok met m’n stem
en m’n ogen, steeds groeiden er

brokstukken muur om je heen, leken er
kelders rond je gekropen, bleef ik alleen
met die koeken op zak
en maar roepen en lopen.


In totaal werden 15 vertalingen ingezonden. Het was een nek aan nek race, maar uiteindelijk heeft de jury besloten om de vertaling van Zandra Bezuidenhout (“Dwaalgees”) uit te roepen tot de beste vertaling. Het is de derde keer dat zij als winnares uit de bus komt, een knappe prestatie. Van harte gefeliciteerd!!


Soektog

Zandra Bezuidenhout

Vannag gedwaal deur ‘n stad
stukkend soos ‘n lyf met ‘n vergruisde
ribbekas en oopgevlekte hart. Jou

daar gesoek met koekies in my sak, gesoek
vir net een sug, net een beweging in leeggeloopte
strate en in stege. Vannag

skaars van jou skuilplek op die hoogte
na jou gesoek met hoop in my gebeente.
Maar hoe ek jou ook nadertrek met stem
en oë, steeds groei daar

brokke muur om jou, lyk dit
of kelders om jou aankruip, net ek
met hierdie koekies in my sak
hou aan met roep en loop.


Henning J Pieterse:

Weer ‘n oënskynlik eenvoudige gedig wat die vertalers laat kleitrap het. [...]

“Dwaalgees” se vertaling is vir my redelik na aan die kol. “Olyf” se tweede poging is ook redelik aanvaarbaar. “Toktokkie” se poging bied “sterk” woorde, soos Charl-Pierre tereg noem, maar die vertaling is vir my te “liberal”. Ditto Hudson se poging. Die ander pogings val telkens deur die mat.


Charl-Pierre Naudé:

In die vertalings van Hester Knibbe se gedig het ek gesoek na die volgende kenmerke: ‘n vertaling wat die wanhoop en versugting van die ma uitbeeld, ‘n soortgelyke ritme wat die dool-aspek kan oordra. Hierdie aspek het meeste van die gedigte so min of meer in geslaag.


Op de tweede plaats is geëindigd Amerie van Straaten (“Toktokkie”):


Soektog

Amerie van Straaten

Laasnag gedwaal deur ‘n stad
so in puin soos ‘n lyf met gebreekte
ribbes en verwonde hart. Jou

daar gesoek met koekies vir jou, gesoek
na ‘n sug, ‘n beweging in verbrokkelde
strate en stegies. Vannag

ook geen teken van jou op jou ou plek
na jou gesoek met verskrompelde hoop.
Want hoe ek jou ook wil terugtrek
met my stem en oë, groei daar steeds

brokstukke muur rondom jou op, blyk dit
jy’s vasgevang in kelders, is dit net ek
met die koekies by my
wat loop en aanhoudend roep.


Charl-Pierre Naudé:

Die vertaler het sterk woorde goed gebruik: “in puin”; “gebreekte” (en nie “gebroke” nie). “Verbrokkelde strate en stegies” verbeeld mooi die wedersydse weerspieëling van die gebroke ek-persoon en die omringende stad. “Ontmantelde” (“uitmekaargehaalde”) lyk my na ‘n moeilike woord om in Afrikaans sterk te verwoord.


Op de derde plaats is geëindigd de vertaling van Mieke Henning (“Floors”):


Soektog

Mieke Henning

Vannag gedool deur ‘n stad
so stukkend soos ‘n lyf met gebreekte
ribbes en blootgelegde hart. Jou

daar gesoek met koekies op sak, gesoek
na ‘n sug, ‘n beweging in ontmantelde
strate en stege. Vannag

effe nie van jou blyplek op hoogte
na jou gesoek met hoop in die botte.
Maar hoe ek jou ook trek met my stem
en my oë, steeds groei daar

brokstukke muur om jou heen, lyk dit
of kelders rondom jou kruip, bly ek alleen
met die koekies op sak
en maar roep en loop.


Wederom hartelijk dank aan alle andere deelnemers, en succes bij de volgende en laatste poging!

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.