NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Nachtrust

Menno Wigman

Avond. Twee tuinen verder woedt het voorjaar
    en sluipen kapers door het donker.
Ergens vechten nagels om een vacht. Gekrijs
     om kruimels liefde. Stukgebeten oren.
De krolse oorlog van een voorjaarsnacht.

Bijna vergeten hoe ik met dezelfde woede
     door het donker joeg, hoe jij nog valser
dan een kat je nagels in drie harten sloeg.
     Wat is het lang geleden en wat blijf je mooi.

Ik heb de dagen één voor één geteld
     en met de beste woorden die ik heb:
ik hou van je. In jou vind ik een bed.

En het is lente en we delen hier
     dezelfde nacht met alles wat dat zegt.


De winnende vertaling is van Zandra Bezuidenhout (schuilnaam “Wiggel”). Van harte gefeliciteerd!!

Nagrus

Zandra Bezuidenhout

Aand. Twee tuine verder woed die lente
     en sluip kapers deur die donker.
Êrens veg naels om ’n pels. Gekrys
     om krummels liefde. Stukkendgebyte ore.
— Katoolse oorlog van ’n lentenag.

Byna vergete hoe ek met dieselfde woede
     deur die donker jaag, hoe jy nog valser
as ’n kat jou naels in drie aparte harte slaan.
     Hoe lank gelede en hoe mooi bly jy.

Ek het die dae een vir een getel
     en met die beste woorde wat ek het:
ek het jou lief. In jou vind ek ’n bed.

En dit is lente en ons deel nog hier
    dieselfde nag met alles wat dit sê.


Robert Dorsman

Wat mij opviel is de vertaling van “kapers”, doorgaans vertaald met “kapers”. Maar ik trof ook talloze varianten aan, terwijl “kaper” gewoon met die betekenis in de HAT staat! Ik heb gevonden: diewe (4x), rondlopers, vrybuiters, skadulywe, katte, kwaai katte, katers, rowers, stropers, skelms, “kapersluip en -jol dit in die donker”, buiters en nagrowers. Voorwaar een rijke oogst. Maar kaper is kaper, een belangrijk woord in dit gedicht.

Wiggel heeft vertaald wat er staat, en ik vergeef hem/haar graag “aparte” (ivm harte!), het is de enige vrijheid die hij/zij zich permitteert.

Voor mij is Wiggel echt de beste. Dat geldt ook voor zijn/haar slot. De bijna vanzelfsprekende keuzen van Wiggel leveren een mooie vertaling op die niet voor het origineel hoeft onder te doen!!! Knap hoor.

Henning J Pieterse

Op die oog af is hierdie nie so ’n moeilike gedig om te vertaal as die vorige een van Schouten nie. Van die vertalers het hulle egter misreken met die vertaling van “vacht”, met aspekte soos binnerym wat behou kan word in die vertaling, “bed” wat vertaal is met “rusplek” ten koste van eindrym, ens. Die gedig moet myns insiens metonimies soos ’n kat self word — die leser bekruip en bespring met ’n dierlike intensiteit en hom dan teen hom kan aanvly.

Verskeie vertalers het goeie weergawes van “De krolse oorlog van een voorjaarsnacht” verskaf: “Die loopse oorlog van ’n voorjaarsnag” (“Katoolse Kater”), “kattemaaise oorlog” (“Taco”), “Die hitsige kattemaai ...” (“Katjiepoet”), ens.

Wiggel: Mens kan praat oor die invoeg van “aparte”, maar die vertaling is baie na aan die oorspronklike.

Charl-Pierre Naudé

In al my keuses was die belangrikste vir my of die vertaler die volgende betekenis van Wigman se gedig mooi weergee, nl die ooreenkoms en die verskil tussen die twee minnaars se “huidige” lentenag, en die eerste lente toe hulle nog “in die jag” was, voor hulle mekaar finaal gevind het. In die eerste lente was die “oorlog” die spel van wedywering tussen die “rivals” (kapers), en die gepaardgaande paringspel van misleiding deur die een wat die oogmerk van die jag was, nl die meisie.

In hul huidige “lente” — seisoen van liefde — is daar ’n soortgelyke “bloeddorstige” passie, maar die hitsigheid is vir mekaar nou, want die keuse is klaar gedoen. Haar misleiding het nou verleiding geword, en die vete is nou in die konteks van hartstog, nie meer wedywering nie.

Wiggel het die beste slot van almal vertaal. (Ek dink die woord wat dit doen is “nog”.) Nadat ek my keuse ingestuur het, het Wiggel se vertaling my die langste bygebly. Soos in Robert se geval, lyk dit my dat Wiggel se vertaling wel ’n effek op die duur op ons gehad het, wat in die vertaler se guns moet uitval.


Op de tweede plaats is geëindigd, evenals in de eerste ronde, de vertaling van Daniël Hugo (schuilnaam “Kater”):

Nagrus

Daniël Hugo

Aand. Twee tuine verder woed die voorjaar
     en sluip daar kapers deur die donker.
Êrens veg naels oor ’n vag. ’n Gekrys
     oor krummels liefde. Verskeurde ore.
Die jagse oorlog van ’n lentenag.

Amper vergeet hoe ek met dieselfde woede
    in die donker op jag was, hoe jy nog kwaaier
as ’n kat jou naels in drie harte geslaan het.
     Hoe lank gelede was dit nie en hoe mooi is jy nog.

Ek het die dae een vir een getel
     met die beste woorde wat ek het:
ek het jou lief. In jou vind ek ’n bed.

En dit is lente en ons deel hier
     dieselfde nag met al’s wat dit wil sê.


Op de derde plaats is geëindigd de vertaling van Trienke en Dirk Laurie (schuilnaam “T D vd Berg”):

Nagrus

Trienke en Dirk Laurie

Dis aand. Twee tuine verder woed die voorjaar
     en sluip vrybuiters deur die donker.
Êrens veg daar naels om ’n vag. Gekrys
     om krummels liefde. Bytbebloede ore.
Katoolse oorlog van ’n voorjaarsnag.

Byna vergete hoe ek met dieselfde woede
     deur die donker jaag, hoe jy nog valser
as ’n kat jou naels in drie harte slaan.
     Hoe lank gelede was dit en hoe mooi bly jy.

Ek het die dae één vir één getel
     en met die beste woorde wat ek het:
Ek het jou lief. In jou vind ek ’n bed.

En dit is lente en hier deel ons nou
    dieselfde nag met alles wat dit sê.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.