NeerlandiNet - Neerlandistiek in Suid-AfrikaArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nederlandse Taalunie

Zonder gebruiksaanwijzing

Rob Schouten

De avond dat we in elkaar werden gezet
zonder te weten hoe het moest, voorzichtig
wat onderdelen uitgepakt en wat niet paste
weggelegd voor straks,

dat het zo telkens ging, iets dat steeds
weer langzaam bij elkaar gehouden raakte.
Zo zo. Maar er zaten grijpgrage ledematen
bij, die het op eigen houtje konden.

Het nóg volmaakter prutsen. En wij keken
bij gebrek aan een gebruiksaanwijzing toe.
Voor we het wisten zaten we in elkaar:
bange vermoedens dat het blijven moest.


De winnende vertaling is van Johan Buitendag.
Gefeliciteerd!

Sonder gebruiksaanwysing

Johan Buitendag

So is ons een aand inmekaargepas
sonder begrip van hoe dit moes gebeur. Versigtig
het ons onderdele uitgepak, en die onvanpastes
weggebêre vir later,
dat dit telkens só gebeur, iets wat
steeds weer langsaam na mekaar toe kom.
So-so. Maar ons gryplustige ledemate
het self die loop geneem.
Dit nog volmaakter geknoei. En ons kyk
by gebrek aan ’n gebruiksaanwysing toe.
Voor ons dit wis, was ons imekaargepas:
bang vermoedend dat dit so moes bly.


Charl-Pierre Naudé
Die belangrikste — vir my — is of die vertaler die gedig na behore begryp het. Min van die kandidate het besef die eerste deel van die gedig gaan oor ’n meer platoniese verkenning (met die sterk seksuele ondertoon), en die laaste deel oor die seksuele verkenning. Dws, in die eerste deel besluit die protagoniste om eerder in die rigting van die platoniese te fouteer, en in die tweede deel fouteer hulle — “volmaakter” — in die rigting van die seksuele. Die waarde van Schouten se gedig lê vir my in hoe dit iets van die tweesnydende swaard (miskien iets van ’n “catch 22” selfs) van hierdie keuse waarvoor mense te staan kom, belig.
[…]
Van Eck [de schuilnaam van Johan Buitendag, AS] se vertaling was vir my die “beste” in begrip ten spyte van daardie “literal” (“onvanpastes”). Ek het die vertaler die voordeel van die twyfel gegee oor die woorde “inmekaar gepas” wat twee keer voorkom: dat hy/sy dit wel meer figuurlik bedoel die eerste keer, en letterlik (seksueel) die tweede keer.

Robert Dorsman
Ondanks het “inmekaar gelas”, past dit gedicht het best bij Schoutens origineel.

Henning J Pieterse
Vertaling is uiteraard subjektief. Wat myself betref, hou ek van vertalings wat grammatikaal en idiomaties so na as moontlik aan die bronteks staan, sonder om noodwendig ’n woord-vir-woord-vertaling te wees.



Op de tweede plaats is geëindigd de vertaling van Daniël Hugo:

Sonder gebruiksaanwysings

Daniël Hugo

Die aand toe ons inmekaar gesit is
sonder om te weet hoe dit werk -
versigtig ’n paar onderdele uitgepak
en wat nie pas nie, weggesit vir later.

Keer op keer het dit so gebeur, iets wat
steeds weer stadig by mekaar uitkom.
So, so. Maar daar is oorhaastige ledemate
wat dit op eie houtjie aandurf.

Om nóg volmaakter te konkel. En ons kyk
by gebrek aan gebruiksaanwysings toe.
Voor ons dit besef, sit ons inmekaar:
bang dat dit dalk so sal moet bly.



Op de derde plaats is geëindigd de vertaling van Christo De Klerk:

Sonder gebruiksaanwysings

Christo De Klerk

Die aand toe ons inmekaargesit is
sonder om te weet hoe, versigtig
van die onderdele uitgehaal en wat nie pas nie
eenkant gesit vir later,
dat dit telkens so gebeur, iets wat
mettertyd steeds weer saamgevoeg word.
Net so. Maar daar was grypgierige ledemate
daar wat dit op eie houtjie kon doen.
Dit nog volmaakter sou prakseer. En by gebrek
aan gebruiksaanwysings kyk ons toe.
Voor ons dit besef het, was ons saamgesnoer:
vreesvermoedens dat dit so sou moes bly.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.