Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

KlankKas: Valiant Swart

’n Valiant met ’n wicked, wicked backbeat

Kytie Koekblik

Deel een: Die legende van die Mystic Boer

    Op ’n vaal vlakte het ons hom die eerste keer gewaar
    hy’t snaaks gedans en weggeraak
    in ’n waas van walms en wind
    die Mystic Boer

Die man agter die mystic boer
As ’n mens gehoop het die web-onderhoud gaan lig op die legende werp, moet jy maar in die lirieke gaan soek vir die deeply profound. Volgens sy biografie het die man ’n BA met Afrikaans-Nederlands en Engels as hoofvakke aan die Universiteit van Stellenbosch.

Hier is ene Pierre Nolte se antwoorde.

    Pierre: Is daar iets wat ek vir jou kan kry, Valiant, iets wat jy nodig het?
    Valiant: Ja, Pierre, ek wil graag nog ’n Telecaster hÍ.
    Pierre: Watter kleur, Valiant?
    Valiant: ’n Swarte, Pierre.

Is jy tevrede met wat jy bereik het, en hoe sien jy die toekoms?

    “Ja, so far so good. Ek kort nog net ’n speedboat, ’n forelplaas en ’n stint in rehab, dan’s ek daar.”

Wat dink jy van die gevalle-volksheld-debakel, die Hansiegate-skandaal? Is dit die media wat Hansie tot die Perfekte Seun verhef het, en daarom is die land se moreel nou so laag omdat die held toe ook voete van klei het?

    “Ja, wat ’n tragedie. Maar dit laat my wonder; sÍ nou maar ouens bied my $100 000 aan om ’n kak show te gooi by Oppikoppi op die main stage, sal ek dit doen? Ha ha ha.”

Hou jy van jou eie beeld in die pers, diť van “rock star”, “icon” of “folk hero”? Wat is die rol van die media in beeldbou?

    “Ja ek like dit kwaai! Maar ek verstaan gelukkig ook die make-believe aspek; die fiksie-faktor.”

Hoe voel jy oor die toekenning van geld aan die kuns-en-kultuur-industrie versus sport?

    “Ek is maar lugtig oor regeringsgeld. Laat hulle liewer huise bou. Ek het in ’n stadium oorweeg om ’n musical oor Mossgas te skryf, getiteld Parafina 2, maar kan jy imagine met watter sleazy politicians ’n mens dan weer deurmekaar sou moes raak?”

Jou opinie oor ’n sekere sangeressie genaamd Britney Spears?

    “Wat ’n pragtige meisiekind!”

Deel 2: Die ontstaan van die legende


Dit kon my ma gewees het wat eendag opgemerk het: die Valiant lyk soos ’n goeie seun, so ’n skoon, oop gesig. Stout, bygesÍ.

Valiant Swart dra al immers ’n hele klompie jare die vaandel vir die underground Afrikaanse musiek.

Volgens die legende het Pierre Nolte op die brose ouderdom van twaalf begin kitaar speel. Sy eerste hoŽrskoolband het boeremusiek vir die ouer garde gespeel en terselftertyd laat waai met rock ’n roll. Dis juis die boeremusiek-akkoorde wat aan die Boland Punk sy oorsprong gegee het. Boereblues of hardegat-boererock het in die vroeŽ negentigs op verskeie SA kampusse posgevat, en meer as tien jaar later leef die nostalgie nog steeds in die harte van Suid-Afrikaners. Valiant en sy makkers is steeds groot gunstelinge op musiekfeeste, en oud en jonk luister deesdae saam na die misterieuse boereklong.

“My audience het baie gevarieerd geraak. Party laat my soos ’n laaitie voel, ander soos ’n scaly ouballie. Maar hulle like die music en die vibe, van die ouer dudes, die forty-fiftysomethings, hulle herontdek iets uit hul jeug, dalk by ’n gig in ’n teaterkafee iewers. Mans en vroue. En dan is daar die ewige, transient studente wat kom en gaan, en min of meer dieselfde bly.”

Ook die skoolkinders hang deesdae vir Valiant Swart aan. “Laat ek julle maar meedeel, liewe ouers, julle kinders rock!”

In die nineties het die Valiant Swart band deel gevorm van die sogenaamde alternatiewe Afrikaanse beweging wat berug was vir hul anti-establishment-tunes. Veral studente was aanhangers. Valiant meen hy is nou beter daaraan toe as destyds.

“Sjoe, jirre, ek’s bly ek woon nie meer in daai sif plaashuis van tien jaar terug nie! Die negentigs voel vir my asof ’n hele dekade in een, lang crazy jaar gebeur het. Ek sal jou dit sÍ, ek is al baie wyser as met Houtstok 1990, of Swakopmund ‘94.”

Die Valiant Swart band se eerste toer was saam met Koos Kombuis op die “Swart Kombuis toer” in 1990. Na afloop van die “Droomrivier toer” in 1992 word die Mystic Boer kasset uitgegee. Eers veel later, in 1996, kon ’n mens jou voos gespeelde kassette laat aftree toe die debuut-CD Die Mystic Boer uitgegee word. (Dorpstraat Revisited is aanvanklik net in ’n limited edition uitgegee.)

Nou het Valiant reeds vyf albums agter die rug en die mees onlangse Deur die donker vallei (1999) is ’n absolute knock-out.

Valiant is bekend vir sy volkspoŽsie; hy het maniere om dinge te sÍ soos min mense kan. Dalk is sy vermoŽ om met die taal te speel sy grootse bydrae tot Afrikaanse musiek:

    Jou drome van silwer Desember
    het gedans oor jou windscreen
    vryheid in die branders van die Weskus
    soos ’n drifter in die son.

Destyds het sy lirieke hom al onderskei van ander Afrikaanse kunstenaars; sy songs was nie soos Kombuis en kie op die politiek van die dag gemik nie. Die boerepunk het oor goed soos die bittersoet liefde en die naglewe geskryf. Die mees onlangse album se snitte wissel van melankoliese “duisend myl blues / die donker kom jou haal” tot die tong-in-die-kies, homegrown Valiant humor in “Pienk pajamas / Bobbejaan”. Hy skryf in wat ’n mens — met huiwering — Loslitafrikaans kan noem — ’n mengsel van Afrikaans en Engels, uit die hip en alternatiewe volksmond.

“My persoonlike lewe wissel van die mega-chaotiese tot die ultra-mellow.”

“Nes my songs” is Valiant se beskeie bydrae oor sy musiek, wat hy sien as so “ietsie van alles is, van die hardcore tot die slow dance”. As gesoute musikant het Valiant oor die afgelope dekade interessante ontwikkelinge in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie beleef. Dit was die tydperk van die sogenaamde Suid-Afrikaanse musiekontploffing, gekenmerk deur ’n opbloei van musiekfeeste en nuwe musiekgroepe wat met verskillende style eksperimenteer. Tog is daar effense sinisme, soos Valiant sÍ “Wel, die bands gons, maar dis scary om te sien hoe die onafhanklike platemaatskappye afkak en die grotes nog steeds te stupid is om enigiets te doen met wat reg voor hulle oŽ aan die gebeur is.”

Maar in Valiant se Skelmbos waar die “Stellenganja” die kreatiewe prosesse blykbaar bevorder, is die musikante nog lank nie uitgekuier nie. “Die beste tye, soos altyd,” meen Valiant. “Hier’s bands, venues, jam sessions, recordings, muso’s, bars ...”

En ook oor die Afrikaans musiek-scenes is Valiant optimisties. Ek het hom sover probeer kry om gal te braak oor ons erfenis van ligte musiek, en hom ook probeer pols oor die interessante nuwe kunstenaars wat oor die afgelope paar jaar hul verskyning gemaak het, soos Laurinda Hofmeyr, Lize Beekman, ens.

Valiant se opinie laat ’n mens sommer warm in die hart voel. Hy deel heel duidelik nie vrese oor die verdwyn van die Afrikaanse taal en kultuur nie. Inteendeel.

“Dis lekker om te sien hoe, in die sleurstroom van die hupstootjie wat Afrikaanse kultuur gekry het na 94 se verkiesing, musiek die kunsvorm is wat werklik grense begin oorsteek het. Afrikaanse musiek in al sy vorme, van die onweerstaanbare tot die afstootlike, is springlewendig daar buite.”

Ook sy eie musiek is springlewendig. Hy is op die oomblik aan die skryf aan ’n nuwe album. Gee hom net sy “onafgebroke urelange doodse stilte, kitaar, pen, papier, dop, sigarette, vuurhoutjies en lig.”

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.