Archive
@root /the_illumination_cyber
LOLOLO

@THE_ILLUMINATION_CYBER

-:-YOU HAVE BEEN HACKED-:-

-:-CHECK YOUR SECURITY SYSTEM-:-

-:-Official Member-:-
-:- -:-


Daisy de Melcker praat oor die liefde

Ingrid Lehmensich


“Om op die bed te gaan l — styf teen mekaar — sodat ons hartkloppe kan sinchroniseer.”

Dit het my eers later, nadat ek die onderhoud al klaar gevoer het, bygeval dat ek ’n gifmoordenares gaan uitvra het oor die liefde.

Aktrise Susan Coetzer het darem net haar rol as Daisy de Melcker goed gespeel, sy’s nie van plan om haar man eersdaags af te maai nie. Susan en sanger/akteur Philip Moolman is duidelik na vier jaar van getroud wees, nog steeds verknog, verlief en besete oor mekaar.

“Moenie dink ons is idealisties nie, dis nie net altyd ’n holiday nie,” s Susan laggend. Maar dis nie die namiddagson wat haar donker o so laat blink nie.

“Mens kan jou maklik toe werk,” s sy sag. “`Busyness’ is een van die grootste vyande van die liefde.” Dis dan wanneer die twee dan net op die bed gaan l en stil word.

Susan en Philip het mekaar ontmoet toe hy en aktrise Annamart van der Merwe se huwelik op die rotse was. Min wetende, het Susan, wat ’n verskeidenheid vryskutwerk doen, die paartjie gekontak vir ’n program wat ’n produksieleier wou maak. Die egpaar het ingestem en begin werk, maar eendag het Philip by Susan se kantoor ingestap en bedremmeld aan haar gebieg dat hy en Annamart besig was om te skei. ’n Paar maande later het Philip ander blyplek gesoek. Susan het iemand gesoek om in die cottage agter haar huis in te trek en, bingo!

“Hy masseer my nr 7’s!” Sy lag saggies. “Ons is partykeer stout en duik sommer in die swembad in tienuur in die oggend wanneer ons moet werk. Hy’t nou die dag vir my ’n groot houtbak wat hy langs die pad gekoop het, volgeprop met neute en ’n botteltjie Appletiser in die middel gesit, omdat hy weet ek daarvan hou.

“Ek dink nie mens kan die persoon wat een honderd persent by jou pas, ontmoet voor jy nie gestabiliseer het in jou eie persoonlikheid nie. Party mense is gelukkig. Hulle hit bull’s-eye sommer die eerste keer al. Ek? I’ve walked the road,” en sy vee met lang vingers deur haar krullerige hare. Daar’s wit blommetjies in, merk ek op.

“Aan die begin was dit soos om op ’n snelboot te wees,” beskryf sy die eerste paar jaar van hulle verhouding. Susan was al voorheen getroud (akteur Frank Opperman) en sy’t ’n seun Frankie wat nou al amper ’n tiener is.

Aan die begin het Philip en sy maar elkeen groot klompe baggage gehad, erken Susan maklik. Al was hulle verslingerdheid met mekaar so groot, kon die spanning somtyds ook “soos volatile honde wees”, erken Susan. “Die pace is maar hard hier in Johannesburg. Daar was ook maar die kere wat ek goeters rondgegooi het. Ek het my misnoe baie gou, met groot drama en passie uitgespreek. Philip, aan die ander kant, stel weer dinge sagter, mooier — seker omdat hy in ’n predikantshuis grootgeword het. “Nou’s dit soos om op ’n roeier te sit.”

Alhoewel Susan s hulle is albei in baie opsigte dieselfde, is dit gevaarlik om te vergeet dat hulle tog ook anders is. “Hy’s nog steeds male en ek female. Hy’s ’n dromer, hy vloei meer. Ek’s ratser. Ek’s soos ’n merrie. Die jare van enkel-ouer wees het my harder gemaak. Ek was gou op my agterpote. ’n Gevegtery so af en toe is in elk geval goed vir die huwelik. Dit sit lekker vonk in!”

’n Jong kelnerin stap nader, haal ’n nat vadoek uit haar voorskoot en vee oor die tafel langs ons.

“Ons het al ons verskillende eienskappe in ’n emmer gegooi en dit geroer. Dit het die edges versag. Sy dink so bietjie na en s dan: “’n Huwelik is ’n amazing leerskool, weet jy. Dit leer jou om uit iemand anders se o te kyk. Philip is my basis. Hy’s my nommer een prioriteit. Ons is interwoven. Ons soek mekaar op uit vrye wil.”

’n Blonde seuntjie gaan sit op sy eie by die le tafel langs ons. Sy ma is seker badkamer toe. Hy sit vir ’n rukkie stil en begin dan pik aan ’n rofie op sy stowwerige voetjie.

“Ag nee wat, as dit moet gebeur, dan moet dit maar. Ons beplan niks nie. Ons is in elk geval te besig om Frankie deur te trek,” raai Susan sommer my volgende vraag.

Ek druk my notaboek in my sak. Soos ons uitstap in die warm Gauteng-dag, hoor ek haar uitroep: “Dit sl darem ’n interesting-looking kind wees. So met Philip se hare. Sy groot neus. Soos ’n arend,” beduie sy.

“Daisy” lag toe sy haar kar se deur oopsluit.

boontoe


NOT FOUND