Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Kalahari.net onderhoud

SP Benjamin
Vir my is om karakters te skep net soos om kinders groot te maak

Die reuk van steenkool
Koop by Kalahari.net

Die lewe is 'n halwe roman
Koop by Kalahari.net

Ben ... amen!

Antonia Steyn

SP Benjamin se kortverhaalbundel, Die lewe is ’n halwe roman het so pas verskyn. ANTONIA STEYN het met hom gaan gesels in die park langs die Bellville biblioteek om te hoor waar alles begin het en so raak hulle toe ook aan die gesels oor sy debuut Die reuk van steenkool.

Dis 14:00. Ek wag en bak op die voorstoep van die Bellville biblioteek. Vir SP Benjamin. ’n Kombi stop, Huis La Belle, en ’n ouerige oom begin berge vol boeke aflaai. Nog ’n Kombi stop. Die keer is dit vir die aflewering van Cleaning Chemicals.

’n Jong meisie stap verby my en toe ek opkyk, staan sy reg voor my: “Hi, I’m Rita. I’ve got a very special message for you today. God loves you and he thinks that you are very special”. Sy gee my ’n ligte drukkie op die skouer, glimlag, en stap verder. Soos op water, kom Benjamin na my aangestap. Amen. Ben ... amen!

Ons sit en gesels, rustig in die skadu van ’n groot boom in die park. Dis nogal bedrywig hier. Die meeste geskarrel is voor die biblioteek verby, van die stadsentrum na die stasie en vice versa.

Benjamin lees baie, en die meeste van sy leeswerk doen hy hr. Hy lees veral Afrikaans, alles wat verskyn, nie eintlik veel Engels nie. Hy doen ’n ding op s manier, en begin al vrae vra nog voor die masjinerie uit die sak en gereed is (hy haat ’n diktafoon).
SP: “Ek noem maar altyd Goosen, seker omdat sy so ’n lekker storieverteller is. Maar ek s altyd sy sal my eendag sommer klap as ek voor haar is. Dat sy mense so rk kan teken. Dan is daar ook natuurlik Eben Venter. Ek is mal oor Ek Stamel, Ek Sterwe.
   “Ek hou van mense, ek lees nou nie graag oor ruimtewesens nie.”

AS: Nie eers Star Wars nie?!
SP: “Even Bruce Willis is te veel vir my. Ek hou van ’n lekker storie, maar as hulle eers begin moer en skop en vuisslaan, dan kyk ek nie meer nie. Ek hou van mense wat lwe, maar nader aan die lewe, nader aan die werklikheid.
   “Dis in elk geval di soort mense wat my interesseer die swaarkry van mense, wat hulle doen om daaruit te kom, hoe hulle hulself ophelp en ook natuurlik hoe hulle nie daar uitkom nie.”

Politiek infiltreer die gesprek. Die jaar 1994 kondig die einde van ’n era aan en daarmee saam ’n nuwe begin, stel ek dit aan hom. “Vir wie?” pols hy, “eers was daar gat geskop en nou word daar gatte geskop!”

AS: Moet ’n skrywer noodwendig polities betrokke wees? Van die jonger skrywers skram juis weg daarvan, wil net stories skryf?
SP: “Ja, ek dink tog dit is nou ’n tyd om aan te beweeg, maar ’n mens kan seker nooit heeltemal vergeet waar jy vandaan kom en wat jy deurgemaak het nie. Al daai pyn moet ook somehow verwoord word. “Ek dink daar is nog goeie stories wat daar buite l wat vertel moet word ... ons word maar almal op ’n different way geraak deur al die goed wat om ons gebeur het. Ons almal is nie so gelukkig om net skotvry daarvan af te kom en net aan te kan stap nie.
   “In Die reuk van steenkool het ek di tyd gekies, voor Mandela vrygelaat is, maar die politiek was vir daai karakters nie so ’n groot issue nie. Hulle het maar gewoon aangesukkel. Ek dink nie die politiek speel so ’n groot rol in die roman nie,” s hy en skuif rustig terug op die bankie.

AS: En die talle verwysings na die politiek wat tot in hulle sitkamer indring en teen willens en wetens op hulle lewens begin teer?
SP: “Kasper was heeltemal ’n mal mens en ’n bietjie te slim vir sy eie gesondheid. Dit het sy vrou nie eintlik gepla wat buite aangaan nie, sy wou net kyk na haar kinders. Ek dink Kasper was ’n bietjie verbitterd gewees en hy’t geglo dinge gaan nie so maklik verander nie.
   “Die dogter, aan die ander kant, sy’t geglo as dt gebeur dan moet di gebeur, dt kom reg en di gaan verander. Maar ek dink nie die politiek het so groot rol in hulle lewens gespeel nie. Hulle het doodgewoon maar aangegaan. Okay, hulle kon nie daar weg kom nie, dit was daar, maar hulle het net gelewe.”

AS: Tog het hierdie boek, oor die noodtoestande in laat tagtigerjare, die guts om alreeds in 1997 politieke kritiek te lewer?
SP: “Ja, alles het nou al gebeur. Ons weet wat het gebeur, maar nou het ons ’n ou soos Kasper wat voorspel hoe dit vorentoe gaan lyk, en ek moet s hy was nogal raak met ’n klomp goed wat hy ges het. Maar hy was aan die einde te slim vir sy eie gesondheid.
   “As ek iemand soos Kasper geken het, here, my lewe sou soveel lekkerder gewees het. ’n Pa of ’n broer of ’n oom, iemand wat net daar sit en sy klomp stront praat, maar jy weet dis nie heeltemal stront nie. Ek wens ek het daai mense geken ... Mense vra altyd hoe kan jy skryf en mense so raak teken en dan s jy ken hulle nie, maar ek het nooit s iemand geken nie.”

AS: Hoe naby is die boek aan die self, ... outobiografies?
SP: “Ek dink dis meestal fiksie ... h outobiografies, dit weet ek nie. Daar’s ’n paar dinge waarmee ek en Lukas ooreenstem, soos skets, en ek hou van mense dophou hoe hulle reageer, hoe hulle optree, wat hulle pla, wat hulle raak.
   “Maar aan die anderkant moet ek my stories vertel en as ek dit wil doen moet ek mense dophou. Wie vloek ‘moer’ en wie vloek ‘bliksem’.”

AS: In ’n resensie in Die Volksblad, skryf Louise Viljoen: “Ons is nie almal so (soos julle dit geskryf het) nie, asof hy juis teenoor hierdie tekste [Goosen, Behr] sy eie identiteit as bruin skrywer wil bevestig” ... Hoe voel jy oor die label “bruin skrywer”?
SP: “Dis seker maar net nog ’n manier om ’n klip na jou te gooi, of wat ook al, ’n stok in jou pad te steek.
   “Ek weet nie hoekom sal mense in hierdie uur nog verwys na bruin, swart of wit skrywers nie. As mense na my verwys as ’n bruin skrywer dan vra ek altyd, wys my nou net hoe lyk ’n wit skrywer en dan kyk jy wat is die verskil. Gebruik hy ’n different manier om sy stories te vertel, vertel hy bloot net ’n different storie, of wat?
   “Met Die reuk van steenkool was dit nooit vir my belangrik dat die leser daai familie moet brandmerk as ’n bruin gesin nie, die dinge wat met hulle gebeur kan met j ook gebeur. Klomp van die dinge gebeur met almal wat lewe.
   “Ek sal nooit net so aan my dink, as ’n bruin skrywer, nie. Liewe here, nie n nog nie!” s Benjamin kopskuddend, terwyl sy o na die verbygangers dwaal.
   “As ek na ’n medeskrywer verwys sal ek nooit s dis ’n swart skrywer of ’n wit skrywer nie.”

AS: Lees jy die boeke van jou peers?
SP: “Op die oomblik gryp ek na alles wat uitkom. As ek nie daarvan hou nie, ’n storie wat my nie aangaan nie, of wat nie goed geskryf is nie, dan los ek dit net.
   “Spesifiek het ek gehou van Jaco Fouch se Paartie by Jakes. Van die ouer skrywers ek is nou besig om Schoeman te lees, al sy ou goed ook weer.”

AS: Dink jy daar bestaan die moontlikheid van ’n skrywersgenerasie?
SP: “Ek sal bly wees as ons by ’n punt kom waar ons net stories vertel, goeie stories wat by die wye publiek byval vind.”

AS: Voel jy dat julle, as jong skrywers, ’n plig het om die taal te dra en verder te vat?
SP: “Ek glo nie ek moet baklei met ’n taal, keer dat die taal nie vrek nie. Om nou weer ’n vlag dr op te steek en ’n oorlog droor te rel ... ek voel net nie dit is my werk nie. M job is net om ’n storie te vertel.”

AS: Hoekom is dit, dat l julle ouens se boeke ’n element van seksuele inisiasie in het, spesifiek ’n ouer vrou as verleidster?
SP: “Ek dink ’n mens word maar so groot en, soos jy opgroei, hou jy ander mense dop, mense wat ouer is as jy, veral as jy ’n jonger seun is.
   “Soos in Die reuk van steenkool; jy gryp eers rond, by jou ouers leer jy en later as jy sterker is, gaan jy uit en kry iemand van jou eie size. Maar dis lekker, verl vir jonger seuns ... ”

Die wind begin waai en die reuke van die park lig en meng. Mense wat moeggesweet hardloop om ’n trein te vang, en verliefdes wat rustig in die koelte rondl en kou.

AS: Die Appels versus die Steenkool, ... of nie?
SP: “Twee jaar vr Die reuk van steenkool, het ek ’n kortverhaal geskryf met die naam van “Die jaar toe ons almal mal was”. Nou, daardie verhaal het later Die reuk van steenkool geword.
   “Omdat die kortverhaal toe ’n eerste prys (Kagiso / De Jager-HAUM) gewen het, het ek gevoel ek moet ’n ander titel kry vir die langer storie. Dit was letterlik aan die einde, ndat ek hom klaar oorgeskryf het, wat ek besluit het op die titel Die reuk van steenkool. Maar ek weet ander mense glo nie so nie ...
   “Ek sou nogal bly gewees het om die ou naam te hou. As k die storie reg lees: in die nuwe jaar word almal mal ... Om nou te s dat ek die anderkant probeer wys van wat Behr gedoen het, is vir my nogal nie waar nie.
   “As Behr geskryf het oor wit mense, is dit vir my nie belangrik om nou in Die Reuk van Appels, ag ek bedoel Steenkool, te skryf oor bruinmense nie. Ek probeer nie die ander kant van die coin wys nie, ek wil net daai mense se storie vertel.”

AS: Hoe voel jy oor die taalkwessie? Jou taalgebruik word beskryf as ’n “Praatafrikaans”, en dan is daar mense soos Loit Sls wat campaign vir “Ghoema”. Glo jy daar is verskillende “tale” binne Afrikaans?
SP: “Loit voel sterk oor sy taal en hy’s ernstig ... Ek dink as jy ’n sekere storie skryf moet jy, net om dit realisties te maak, die storie vertel soos hulle dit praat. Dis waaroor dit vir my gaan.
   “As jy skryf oor ’n sekere groep mense, moet jy altyd vir woorde gaan soek, want daar is woorde wat jy gebruik wat nie heeltemal by hulle pas nie, en dan moet jy ’n bietjie skep en skaaf, net om die storie lekker te kry. Maar, vir hierdie ander oorlo wat aan die gang is, dis nie my saak nie.
   “As Thabo eers van sy Renaissance praat dan lag ek! Waarvan praat hy? Hoe kan jy van vr af begin as jy reeds s waar jy s?
   “Elke dag is vir my maar ’n nuwe begin. Ek weet waar ek gister was en ek weet waar mre is en my doel is om heel daar uit te kom.”

AS: Hoe hou jy jouself heel?
SP: “Ek hou myself heel deur maar my bek te hou!”

Vir Benjamin is skryf, op de oomblik, sy job.
SP: “Daar is min goed wat by my bly. Ek het vir ’n tyd lank geskets, maar dit l nou dr, eendag sal ek seker weer daarby uitkom. Toe het ek ’n bietjie borduur. Ek noem dit verf met garing. Dis vir my lekker om ’n stuk lap te kry en dan te begin werk sonder ’n patroon, dit hardloop net aan. Ek weet net min of meer hoe die ding aan die einde moet lyk.”

AS: En jou skryfwerk? Gebeur dit ook so?
SP: “Ja, die storie vat my, gebruik my. Vir my is om karakters te skep net soos om kinders groot te maak. Ek weet nou nie wat dit is om kinders groot te maak nie, maar vandat ek begin skryf het, het ek ’n goeie idee. Jy kan hulle ook net s groot maak, dan klap hulle jou. Dan s hlle vir ju, en dan groei hulle self verder ... ”

Wat van die nuwe boek? Die lewe is ’n halwe roman, Benjamin se nuwe bundel kortverhale, is nou op die winkelrakke. Ons moet darem iets daaroor sê. Hy verkies die genre van kortstories bo langer romans, vertel hy. “Dis lekker om ’n storie te begin ... Net om te gaan sit en ’n begin te maak.”

Benjamin kyk versigtig en noukeurig met sy korreltjie o. Sy mense is nie swart en wit steenkoolsketse nie, maar volledig en versigtige borduursels met kleure vol lewensdrade. Hy dra altyd ’n klein swart boekie saam, met ’n sak vol penne en ou notas. En dan sien hy ’n prentjie, maak ’n vinnige skets en so begin hy kweek aan nuwe kinders ...

Hy moet gaan. Benjamin loop in ’n systraatjie af. Hy sien ’n vrou wat sit. In die kombuis, op die drumpel. Sy sit en skuur en skraap, haar hakskene en agter haar enkels. Met ’n naelborseltjie, daai rooietjies. Waarmee is hierdie vrou besig? Hy haal sy swart boekie uit sy rugsak. VROU WAT VULLIS AFSKROP AGTER ENKELS. Hy stip die prentjie kortliks neer, die begin van ’n nuwe storie ...

’n Kind word vir hom gebore!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.