Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Profiel — Ian Roberts


Ingrid Lehmensich

Dis sy verskuiwings na malheid — wat uiteindelik tot draaiboeke lei, sÍ hy.

Ian Roberts is nie net bekend vir hoofrolle in televisiereekse soos Sloet Steenkamp in Arende en Jack Degenaar in Arsenaal nie, maar die “verskuiwings” het ook gelei tot heelparty draaiboeke, waarvan Honeytown 1 en die musiekblyspel Palang van Dwaal enkeles is.

Maar dis nie die rede hoekom ek vir Ian Roberts cappuccino’s en Camel Filters gevoer het — om te praat oor sy werk nie.

“So, wat het jy geleer uit jou gefaalde huwelik?” vra ek prontuit en gee vir hom die suiker aan, op die stoep van ’n klein restaurantjie in Melville. (Drie jaar gelede was die Sondagkoerante vol van Ian Roberts se egskeiding van die beeldskone en befaamde Isidingo-ster, Michelle Botes.)

Sonder om geaffronteer te voel roer die Cancerian rustig die dik bruin suiker deur die room en dink so bietjie na.

“Weet jy, op die dag van my troue het ’n Griek na my toe gekom en onderlangs vir my gesÍ: ‘Just remember. There are two types of females. There are mothers and there are women’, en toe’t hy weggestap. Tot my spyt het ek nooit oor daardie wyse woorde nagedink nie. As ’n vrou kinders het, dan verander sy. Ek moes fyner gekyk het. Ek moes die veranderinge in haar raakgesien en dit verstaan het. Daar’s ’n woord in Zoeloe, khepha, wat beteken “look sharp — look out!”

Vandag, sÍ Ian, is hulle groot vriende en hy’t selfs vir ’n paar weke by sy eks en hulle kinders (Cara, 13 en Daniel, 9) gaan bly terwyl hy kom werk het hier bo in Johannesburg.

En wat sal hy vir sy kinders sÍ, eendag as hulle groot is en hulle op hulle eie moet bene staan?

Hy druk sy sigaret dood, wink die kelnerin nader en bestel diť keer ’n vrugtesap.

“Ek sal vir die twee sÍ: ‘In the world of business, don’t listen to what a person says, but look at what he’s done. Kyk stilletjies — daar’s baie grootbekke daar buite.’”

Soos almal seker al weet, praat Ian nie net Afrikaans en Engels vlot nie, maar hy praat Xhosa asof dit sy huistaal is. Ian sÍ vandat hy maar kan onthou, kon hy die taal praat, daar waar hy in die Oos-Kaap grootgeword het. Hy kan ook homself in Frans en Spaans help, voeg hy by.

“Mens limit jouself as jy net een taal kan praat. As jy ander tale leer, gee dit jou die kans om ander kulture te leer ken en te verstaan.”

En die filmbedryf? Hoe gaan dit hier in Suid-Afrika?

“Kak,” sÍ hy. “Selfs Leon Schuster, wie se films so populÍr is, kan net oorsee geldmaak.”

Volgens Ian is daar geen befondsing hier nie.

“Daar’s verskriklik baie talent, maar dit lei tot niks nie — daar’s nie geld nie.”

Ian sÍ hy’s in elk geval bietjie “gatvol” vir Suid-Afrikaners se smaak.

“Die dinge wat my aandraai, is nie vir hierdie mense nie. My goed is te off the wall,” sÍ hy en wuif vir ’n kameraman wat op daardie oomblik by ’n ander tafel inskuif.

Ian voel nie net miserabel oor die ekonomiese stand van sake in ons land nie.

“Daar’s ’n geweldige bad karma hier, wat baie gou sal moet verander. Hier’s nog te veel haat en anger. Wat kon mens tog verwag?” sÍ hy en steek met ’n frons nog ’n sigaret vir homself aan. “Ek het grootgeword in die horror en disgust van apartheid. Ons het nie net die mense se kultuur gevat en die dinge wat na aan hulle harte was, vernietig nie, maar het hulle ook baie goed laat verstaan dat hulle second-rate citizens is. Nie goed genoeg nie.”

Ian se gesig versag oombliklik toe ek die onderwerp verander en hom oor meisies uitvra.

“Nee wat, ek verkies my eie geselskap vir tyd en wyl.”

En as hy kon kies? Vir watter tipe meisie sou hy gaan?

“’n Vrou wat gemaklik is met haarself. Wat onafhanklik is. Soos die Franse girls,” lag hy.

Ek vra vir die rekening, gee Ian ’n stywe handdruk en staan en wag sodat ek die rumoerige Sewendestraat kan kruis. Ek wonder of ek nie dalk maar tog daai Franse klasse moet neem nie.

’n Swart man seil laag in sy Mercedes Benz verby terwyl Veronica, een van die menigte wit en honger karwagte, hom haasbek probeer afwuif om tog asseblief my parking space te neem.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.