Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Dis tyd vir ’n nuwe musiekbeweging!”

Estee Booyens



Foto: David Wessels
Riku Lštti is ’n eksperimentele musikant wat nie gepootjie word deur genres nie, maar skeidsmure afbreek en oor die hele musikale spektrum heen sy musiek komponeer.

Toe Riku so duskant sonsopkoms op die plaas stilhou, bekruip sy lang, lenige lyf my opstal in gister se klere en hy kyk met bloedbelope oŽ verskonend oor die onderdeur.

Skielik wonder ek wat de hel my besiel het om ’n afspraak sů vroeg op ’n Saterdagoggend te maak en ek onthou die fotograaf se aandrang op goeie lig en allerhande ander tegniese geneukery. Ons groet mekaar versigtig, verskonend, voordat ons skaamteloos begin spog oor wie’t die vorige aand die langste geparty, na watter band gaan kyk en die minste geslaap.



Foto: David Wessels

Toe ek die derde koppie swarttroos wegslaan en besef gisteraand se singles wat later doubles geword het, gaan ons tot lank nŠ die son gesak het steeds teister, gryp ek my sonbril en durf die vroeŽ oggendson aan.

“Kom ons gaan eet ontbyt,” beveel ek die half dooie musikant wat verlep oorkant my op die rusbank sit-lÍ.

“Ek’t nog nie geslaap nie ... maar ek’s fine,” maak hy broos verskoning en loer onderlangs vir my met skrefiesoŽ en daai stoutseunglimlag.

NŠ vier koppies koffie, twee glase lemoensap en ’n hengse plaasontbyt begin Riku lewe kry en tussen my rookwalms deur filosofeer.

Ek skuif my pakkie sigarette in sy rigting in die hoop dat hy eerder sal wil rook as om my met vraagstukke en kwessies te bombardeer, maar hy skud sy kop.

“Nee dankie,” wys hy my aanbod hoflik van die hand. “Ek’t gisteraand te veel gerook,” en hy vat ’n groot sluk van sy lemoensap, in ’n poging om sy voosheid te verjaag.

Alhoewel ’n Pleister Vir My Nerwe niť Riku se eerste album was nie, is dit die eerste Lštti-album wat werklik aandag getrek het. ’n Pleister Vir My Nerwe, met 14 pop-rock-snitte, is saam met ’n tweede cd, WOKNAKWYF, uitgegee, omdat Riku verkeerdelik gedink het, “niemand sal betaal om daarna te luister nie.”

Hy was natuurlik totaal en al verkeerd, gemeet aan die Geraas-toekenning vir Beste Alternatiewe Album, wat hy verlede jaar huis toe gedra het.

“Ek het ’n klomp goeters vůůr Pleister Vir My Nerwe opgeneem, soos Mr Sane Live At Home en Meeting The Mugu, gegrond op Etienne Leroux se boek, Die Mugu. My eerste cd’s was sommer bootleg cd’s. Ek het hulle geprint en verkoop, maar hulle was nie sulke goeie recordings nie,” sÍ hy eerlik en gee my een van daai ondeunde kyke en natuurlik een van sy kenmerkende glimlagte voor hy verder met die strooitjie in sy lemoensap rondkarring.



Foto: David Wessels

’n Pleister Vir My Nerwe, Riku se eerste Afrikaanse album, handel oor die vigs-pandemie en die politiek ťn polemiek daarom. “Pleister Vir My Nerwe is ’n outcry teen die aids policy. Ons het hierdie verskriklike groot disease wat ons land teister en ons sit met hierdie kak aids policy wat nie rÍrig cope met wat gebeur nie. Dis hierdie helse groot disease en al wat ons gee is ’n pleistertjie. Die feit bly staan dat sex has got to continue, vandaar die song, ‘Jy met jou rooi rok’ ... En ons maak nie ’n plan nie en ons kan nie cope nie en die regering sidestep die hele issue. Dan is daar ander songs wat eintlik net stoepverhaaltjies is.” Daarmee besluit hy dit is tyd vir ’n sigaret en steek eers aan, vat ’n diep, behaaglike trek aan die rookding voor hy verder praat.

“Ek is nie ’n storieverteller nie. My stories het nie plots nie. Ek skets situasies, want dit is vir my ’n realistiese manier van hoe mens rÍrig lewe. Ek dink nie mens lewe in ’n plot nie, mens lewe met hierdie bisarre goed wat elke oomblik van die dag met jou gebeur. Die lewe is los random events en al wat dit aanmekaar hou, is verloop van tyd. Die lewe is nie ’n verhaal nie! Dit is ’n klomp gebeurtenisse in een leeftyd, “ probeer hy verduidelik.

Riku vertel dat sy oupa die rede was vir die militÍre jakkie wat hy vir ’n Pleister Vir My Nerwe aangetrek het. Sy oupa was ’n Estlander wat uit die Sowjetunie na Suid-Afrika gevlug het.

“Hy was ’n pianis wat al hierdie Russiese tunes gespeel het en een van my heel eerste songs wat ek opgeneem het, was een van sy melodieŽ, ‘Pepsi 69’, vernoem na die groot Pepsi-advertensieveldtog op radio in 1969,” lag Riku verleŽ.

Oupa Lštti, ’n kluisenaar, het hom, met sy enorme vleuelklavier, in die Langkloof kom vestig.

“Die storie is dat daai klavier sy hele huisie vol gestaan het. Ongelukkig het die dak vreeslik gelek en met tyd het die klavier kromgetrek. Later kon hy glad nie meer op die klavier speel nie en toe gooi hy die klavier in die stroom om as ’n tipe brug te gebruik.”

Riku is ’n gebore Johannesburger wat in Florida skoolgegaan het en in standerd nege besluit het hy wil leer ghitaar speel. “Die enigste chord-boek wat ek gehad het, was ’n Beatles songbook. Ek is ’n groot Beatles fan en toe het ek die chords in die liedjies geleer en na ’n rukkie het ek agter die kap van die byl gekom en besef hoe die ghitaarspeelding inmekaar steek.”



Foto: David Wessels
Riku het later ’n draai op Wits Universiteit gaan maak, waar sy ma vir 20 jaar Afrikaans doseer het, filosofie geswot en nadat hy sy honneursgraad voltooi het, het hy besef sy passie lÍ eintlik by musiek.

“My filosofiese agtergrond het baie te doen met my musiek en ek hou daarvan om musiek as ’n tool te gebruik om te redeneer en te filosofeer.”

Sy jongste album, Nou, is Riku en Jean Marais van Duusman-faam, se debuutalbum as die groep 12Hz. Nou is ’n Afrikaanse popkultuurprojek wat hulle saam aangepak het.

“Jean is ook die producer en hy het ’n baie distinctive styl van doen. Nou is baie slick en baie afgeronder as ’n Pleister Vir My Nerwe. Nou is mainstream.”

Riku keer vinnig toe ek vra of hy nou uitsluitlik popmusiek gaan maak.

“Pop culture is maar een aspek van wat ek wil doen. Ek eksperimenteer met musiek. Ek wil in alle genres musiek maak.”

Riku dink juis dis tyd vir ’n nuwe musiekbeweging met al ons ware musikante bymekaar, wat die land vol toer en mense bewus maak van wat nou op musiekgebied aan die kook is.

Dit moet net nie ’n opvolg op die VoŽlvrytoer wees nie. “Dit moet ’n beweging heeltemal op sy eie wees. ’n Vars nuwe beweging,” en skielik kry Riku lewe, so asof hy gisteraand vir agt uur aanmekaar geslaap het, en in sy opgewondenheid begin hy hakkel in sy soeke na die regte woorde.

“Dit sal befok wees! Ek dink Afrikaanse musiek het in die laaste tyd verskriklik ryk geword. Ongelukkig was daar ’n groot gap in tyd gewees van die laaste beweging van Afrikaanse musiek tot nou toe. Ek dink destyds was daar nie genoeg jong musikante nie en deesdae is daar ook baie beter kommunikasie tussen die musikante. Ons is almal kop in een mus,” en hy krap sy kop en kyk oor die grasvlaktes uit voordat hy verder, rustiger praat.

“Daar is so bietjie van ’n rift tussen die ouens van toe en nou en een van die min ouens wat dit oorbrug, is Anton Goosen. Hy was nog altyd net daar en hy bevorder jong musikante en hy speel saam met almal wat rÍrig musiek maak. “As daar net nie so groot gap tussen ons en hulle was nie, sou ons vandag nog sterker gewees het.”

Gaan loer op Riku se webtuiste by www.riku.co.za vir nog ’n paar interessanthede.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.