Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Pollie, ons gaan Pole toe!

Willem de Vries

Jerzy Koch se boek Outsider onder de zijnen, Vormen van xenofanie in de Afrikaanse roman “kan sy plek inneem langs die belangrikste literatuurstudies in Afrikaans,” sÍ prof HP van Coller in ’n resensie. Koch is literatuurwetenskaplike, vertaler, dosent in Nederlandse moderne letterkunde, koloniale literatuur en Afrikaans. Maar nog is dit het einde stellig niet - die eerste deel van ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis in Pools is al klaar.

Willem de Vries het aan hom per e-pos vrae gestel oor diť literatuurgeskiedenis, Afrikaanse studies in Pole en sy outsider-studie oor werk van Hettie Smit, Karel Schoeman, Dolf van Niekerk en Etienne Leroux, en verneem daar is op talle gebiede nie groot verskille tussen Suid-Afrika en Pole nie.

WdV: Wat is die motivering om in die buiteland jou in die Afrikaanse taal en die letterkunde van Afrikaans te verdiep? Hoe het jou belangstelling in Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde ontstaan?

JK: Ek gaan nooit vergeet wat ’n Nederlandse professor in die letterkunde vir my gesÍ het nie - dat hy baie graag die literatuur lees uit lande wat ’n moeilike geskiedenis gehad het, maar tog liewer in Nederland bly woon. Ek dink hy wou hierdeur sÍ dat literÍre werke uit bepaalde lande die leser met eksistensiŽle probleme konfronteer. Daartoe kan ’n mens die gesprekke oor die betrokkenheid van die vars Nobelpryswenner JM Coetzee of byvoorbeeld Karel Schoeman terugvoer - hulle werke daag die leser uit, stel hom bloot aan ’n vervreemding, dwing hom om basiese dinge te oordink. Dit is ongeveer wat my in die Afrikaanse literatuur boei.

Toe ek aan die universiteit begin werk het, het ek my veral met die Nederlandse poŽsie besig gehou. Later met die koloniale literatuur. En toe was die logika van my ontwikkeling dat ek by ’n Suid-Afrikaanse Nederlandstalige en Afrikaanse literatuur moes uitkom. ’n Neerlandistiek-kongres in 1992 in Suid-Afrika en die ontmoeting met mense hier het aansteeklik gewerk Ö

As wetenskaplike ervaar ek die Suid-Afrikaanse werklikheid as baie kompleks en die literatuur in Afrikaans as ’n uitdaging. As dosent kan ek sÍ dat dit uit ’n didaktiese oogpunt baie geskikte tekste lewer om met my studente te bespreek. En as mens word ek deur die omgaan met Afrikaans aan ’n dinkproses gesit wat vir my persoonlik baie belangrik is.

Jy weet, toe ek vir ’n kennis in Johannesburg vertel het dat ek basies op grond van my boek oor die outsider in die Afrikaanse literatuur in Pole tot professor benoem is, en ek sÍ dat Afrikaans my in sekere sin bemagtig het, sÍ hy: “Maar ook jy bemagtig die Afrikaans in die wye wÍreld!”

WdV: Jy het die eerste gedeelte klaar van die eerste Afrikaanse literatuurgeskiedenis in Pools. Ek neem aan dis die eerste projek in die buiteland van hierdie aard. Gaan dit ook in ander tale vertaal word waar Afrikaans as vak gedoseer word? Vertel asseblief meer hiervan.

JK: Toe ek tien jaar gelede met my Afrikaanse klasse in Pole begin het, het ek vasgestel daar is baie min materiaal wat geskik is vir hierdie onderwys in die buiteland.

Wat ’n mens in Suid-Afrika kan koop, is veral studieboeke vir die eie mark byvoorbeeld om Afrikaans te leer vir die tweedetaalsprekers, dus vir die nie-Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners. Met ander woorde, ’n Poolse, Tsjeggiese of Duitse student word nie gehelp nie, want hulle is vreemdetaalsprekers en die didaktiese benadering moet anders wees. Dieselfde betref ook Afrikaanse literatuurklasse in Europa. Selfs die Engelstalige Die Beiteltjie: a History of Afrikaans Literature van JC Kannemeyer is geskryf met die oog op die Suid-Afrikaanse publiek. Ek was dus op die ou end gedwing om my eie materiaal te vervaardig. Die aantal aantekeninge en notisies het begin groei en ek het die afsonderlike werke, skrywers, tendense en periodes begin verwerk.

Dit was nie net vir my nie, maar ek het die teks ook vir die studente beskikbaar gestel. Twee jaar gelede, toe my boek oor die outsider in die Afrikaanse roman reeds by die drukker was en ek ’n leegte na die jarelange werk begin voel het, het ek die besluit geneem om ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis te publiseer. Alles was netjies afgewerk tot aan die begin van die 20ste eeu en omdat reeds 200 bladsye klaar geskryf is, het ek besluit om dŪt uit te gee wat reeds voorgelÍ is.

Wydawnictwo Akademickie “Dialog” (Akademiese Uitgewery “Dialoog”), wat in wetenskaplike publikasies oor Afrika en AsiŽ spesialiseer, het belanggestel.

Ons het by die Poolse Ministerie van Onderwys ’n aansoek om borge ingedien, die keurders was positief en ons verwag nou die definitiewe besluit van die Minister, wat geld beskikbaar behoort te stel vir die publikasie van die geskiedenis van die Afrikaanse literatuur in Pools.

Ek dink daar is moontlikhede om my boek in ander tale te vertaal. Ek kan selfs meer sÍ: Toe ek geskryf het, moes ek rekening hou met die kennis van Suid-Afrika - of beter, by gebrek daaraan - van die Poolse leser; op hierdie wyse kan die teks maklik in ’n ander Europese taal oorgesit word. En ek praat nie net van die kontekstualiserende perspektief van my boek nie, dws baie inligting en verduidelikings van byvoorbeeld ’n aardrykskundige of geskiedkundige aard nie, maar oor die ganse verwysingsraamwerk wat ek gehandhaaf het.

Laat my eers my eie standpunt as literatuurweteskaplike toelig. My werkwyse is inklusief. Met betrekking byvoorbeeld tot ou tye wil dit sÍ dat ek die baie groot rol van Nederlands in Suid-Afrika erken. Trouens, nie net toe Afrikaans aan die ontstaan was nie, maar ook later, in die 19de eeu, toe daar ’n gryse gebied was tussen Nederlands en Afrikaans, of moet ’n mens dalk sÍ om nader aan die waarheid te kom: tussen verskillende plaaslike vorme van “Kaaps-Hollandsch” wat ook daardie een ingesluit het wat geŽmansipeer en gestandaardiseer is en wat ons later “Afrikaans” begin noem het. Sonder hierdie beskermende sambreel van Nederlands in Suid-Afrika sou die lokale “Kaapse” taalvorme - later tot Afrikaans ontwikkel - nooit oorleef het nie.

’n Mens kan na die geskiedenis van Afrikaans kyk as na die wegswaai van die Nederlandse taal, maar jy is ook reg as jy dit beskou as geskiedenis van samespel en saamwerk. Veral as daar geen nasionale of ideologiese behoefte is om steeds weer te bewys Afrikaans is ’n ander taal as Nederlands nie. Kyk, dieselfde kan jy doen met die geskiedenis van Suider-Afrika: Was daar net konflikte en oorloŽ of is daar ook talle voorbeelde van samewerking? Op die gebied van literatuurgeskiedenis kan jy ook bepaalde verskynsels uitsluit of insluit. Ek is ten gunste van die laaste opsie. En daar is reeds interessante pogings, soos die boek Southern African Literatures van Michael Chapman, wat probeer het om een geskiedenis van verskillende literature in diverse tale van Suider-Afrika te skryf, maar wie se boek ongelukkig nog steeds uiteenval in aparte hoofstukke oor literature in aparte tale.

Helize van Vuuren het ’n ander pad gevolg en probeer om in haar reeks artikels Streek en teks ’n oorsig te gee van die literatuur oor en van ’n bepaalde gebied waar nie ’n konkrete taal of etnisiteit sentraal staan nie maar een terrein, naamlik die Oos-Kaap. Op die vraag of ’n inklusiewe benadering moontlik is, kan ek na die studie van FCL Bosman verwys wat dit reeds in die twintigerjare op die Suid-Afrikaanse toneel toegepas het.

Ek dink dat die inklusiewe behandeling van die vroeŽ stadium van net die Hollands-Afrikaanse literatuur in die 19de eeu ons ’n tegniek kan help ontwikkel wat dalk later toepaslik sou wees op minder beskeie, wat groter literatuurgeskiedkundige eenhede. Kyk, as daar die buitekanonieke literÍre werke uit die moderne Afrikaanse literatuur reeds opgeneem is in die hoofstroom van die letterkunde, hoekom hierdie praktyk nie toepas op die begin van die skryfkultuur in Suid-Afrika nie?

Dis die benadering wat in Europa steeds meer veld wen en wat my boek aantreklik maak vir belangstellendes uit ander taalgebiede in Europa waar Afrikaans gedoseer word (soos TsjeggiŽ, Duitsland of selfs Nederland).

WdV: Wanneer gaan die tweede gedeelte byvoorbeeld volg? Gaan jy al die navorsing in Pole doen?

JK: Dit spreek vanself dat ek aan die tweede deel werk. Maar hier is probleme groter. Vir die eerste gedeelte het ek oor jare materiaal versamel en ook tyd geneem om te skryf. Nou moet die deel oor die 20ste eeu taamlik binnekort verskyn, sodat die koms van beide dele op die mark dig bymekaar lÍ. Om my navorsing in Pole voort te sit, is onmoontlik: my eie biblioteek is nie sleg uitgerus nie, maar dis nie genoeg om ’n verwysingsraamwerk te hanteer wat nodig is vir die presentasie van byvoorbeeld die Dertigers en Sestigers en ander tendense van die Afrikaanse literatuur van die afgelope honderd jaar nie. Die periode wat die tweede deel moet beslaan, is korter as die vorige, maar daar is baie meer wat beskryf moet word.

Om die projek te voltooi het ek ’n langer verblyf in Suid-Afrika nodig. Daar is selfs bepaalde planne om dit die werklikheid te laat word.

Die Universiteit van Stellenbosch, met die vriendelike medewerking van die hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands, prof L Viljoen, en ook die dekaan van die Fakulteit Lettere, prof HJ Kotzť, wil vir my graag ’n soort wetenskaplike tuiste skep sodat ek gebruik kan maak van verskillende geriewe en fasiliteite wat die US aanbied. Dit spreek aan die ander kant vanself dat dit vir die universiteit nie moontlik is om alle koste van my navorsing te dek nie. Die reiskoste en ’n deel van die verblyfkoste kan ek probeer om uit my eie salaris in Pole te betaal, maar die ganse projek kort nog steeds ’n klomp geld.

Met ander woorde, ons soek na borge van die instellings wat die projek die moeite werd vind om te steun. Daar is, glo ek, genoeg mense wat dit baie belangrik vind vir die verdere ontwikkeling van Afrikaans en die vriendelike gesig van die taal na die buitewÍreld toe dat die buiteland oor ’n geskiedenis van die Afrikaanse literatuur beskik. Miskien lees hulle hierdie teks en wil my of prof L Viljoen kontak. Ek gee baie graag my e-pos: jerzykoch@poczta.fm.

WdV: Wat is die grootste verskil tussen die lewe in Pole en jou ervaring van die Suid-Afrikaanse (en Afrikaanse) leefwÍreld?

JK: As ’n mens goed nadink, is daar op baie gebiede nie grote verskille nie. Pole is ook ’n land in ’n oorgangsfase. Sedert die begin jare negentig het ons ’n diepgaande politieke en ekonomiese transformasie deurgemaak. Daar was en is nog steeds angs van die gewone mense dat verandering net gevare bring en verslegting beteken. Maar baie mense het ook positiewe ervarings. Aan die een kant is daar grote hoop en entoesiasme wat vrygekom het, aan die ander kant sien ’n mens ook wanhoop en mismoedigheid by diť mense wat geen verbetering in hul lewe sien nie. Daar is meer as 20% werkloosheid in Pole, wat vir ’n Europese land baie is; dit is in die meeste gevalle gekonsentreer in sekere gebiede.

Baie van die mense verwag dat die staat hulp sal aanbied, maar die staat kan dit nie bekostig nie. As dosent beskou ek dit my taak om jong mense tot denkende wesens op te lei en hulle gereed te maak om hul eie inisiatief te toon. Die studie van Nederlands en Afrikaans, of ander tale, dwing jong mense om ander mense se mentaliteit en denkwyse te leer ken. Dis oa die meerwaarde van die studie van vreemde tale.

Wat my in Suid-Afrika opval, is die wantroue teenoor die ander mens terwyl Afrika se mense oor die algemeen baie vriendelik en oop is. Daar moet aan die kriminaliteit iets gedoen word en nie net omdat dit vir die land se ekonomie skadelik is nie, maar omdat die kriminaliteit op die psige van die mense begin inwerk en vertroue in ander mense se optrede ondergraaf.

Vir die res wil ek nie die Europeane se “wow” oor die skoonheid van die land herhaal nie.

Ek dink ek het na my sesde besoek (oor die afgelope twaalf jaar) aan die land gewoond geraak en ek soek nou na plekke wat die land van binne uit toon. Gelukkig het ek hier vriende wat my hierdie vurige wens help realiseer het en my na verskillende plekke saamgevat het. Baie van die videobandjies wat daar opgeneem is, gebruik ek later as didaktiese voorbeeldmateriaal in my klasse.

WdV: Jou studie Outsider onder de zijnen, Vormen van xenofanie in de Afrikaanse roman wat in Nederlands geskryf is, het verlede jaar verskyn en is by die Protea Boekhuis te koop. Wat word bedoel met “xenofanie” en “outsider onder de zijnen”?

JK: “Outsider onder de zijnen” wil sÍ ’n enkeling wat onder sy eie mense leef en hierdie omgewing verder as sy tuiste beskou, maar wat tog ’n outsider word. Dis nie ’n eksistensiŽle outsider wat hom wÍreldvreemd gedra nie en ook nie iemand wat outsider word as gevolg van sy etnisiteit, ras of gender nie. Ek vat die outsider in morele terme op. Ek bedoel iemand wat insien dat hy/sy ’n verantwoordelikheid dra vir alles wat hy/sy doen en laat; ’n mens kan dit byna ’n kosmiese verantwoordelikheid noem. Daar is geen moontlikheid om dit te skuif op die staat, kerk, eie opvoeding of afstamming, ander mense se invloed en wat ook al nie. Nee, daar bestaan uiteindelik geen kans om ander mense of strukture wat deur die mens gemaak is, met hierdie verantwoordelikheid te belas nie: ek is vir alles verantwoordelik. Dit is die kortste verduideliking van wat ek met my outsider bedoel.

Die term xenofanie is die tweede belangrike term waarvan ek my in my boek bedien. Baie mense dink eers aan xenofobie, maar dis nie korrek nie. Die Griekse woord ksťnos beteken “vreemde”, “gas”, “reisiger”; phainein daarenteen “toon”, “verskyn”. Xenofanie beteken dus alles wat die vreemdheid, vreemd-wees en vreemd-word verwoord, aan die lig bring en manifesteer.

In my studie het ek probeer om - kom ons sÍ - die morfologie van die xenofanie in konkrete literÍre tekste te analiseer. Ek wou nagaan in watter mate die toepassing van verskillende literÍre situasies (diverse elemente wat die werk as talig en literÍr struktureer) nie net die outsiderskap van ’n personasie laat ontstaan nie, maar die gehele belewing van die xenofanie in die teks definieer.

WdV: In die inleidende opmerkings van die studie verwys jy na vreemdheid en die moderne probleem van identiteit. Vertel meer, ook hoe dit op die Afrikaner betrekking het.

JK: Ek dink dat dit ’n baie moeilike vraag is. Ek het my in my boek nie met die Afrikaner se identiteit besig gehou nie. Maar ek sou sÍ dat die Afrikaner se probleem in die afgelope eeu - of dalk in die gehele geskiedenis - die worsteling met die identiteite is. Identiteit word natuurlik altyd gevorm in teenstelling tot ander identiteite. ’n Mens kan dink aan die identiteitsvorming in teenstelling teenoor die Engelse (maar dieselfde meganiek sien ’n mens in die swarte identiteite wat ook mede gevorm is deur die kontakte met blankes). Aan die ander kant is daar opgelegde en selfopgelegde identiteite. Die apartheid was een van daardie konstrukte wat ’n sekere soort identiteit gekweek het of wou kweek.

Maar as ’n mens na die literatuur kyk, dan sien jy dat daar genoeg voorbeelde in die verlede was van die artistieke en intellektuele teendraadse denke. Vir my is dit verbasingwekkend dat daar partykeer ’n roep hoorbaar is om leiers en dat die Afrikaners sonder leiers is. Dit is goed as daar politici is wat die verlangens en angste van sekere groepe verwoord. Maar dra ons self nie die verantwoordelikheid nie? Soos my outsider onder sy eie mense? Is daar ’n moontlikheid dat daar iemand kom en my bevry van die morele verantwoordelikheid en denke?

In my hoedanigheid as dosent is ek veral besig om dit aan my studente duidelik te maak dat hulle daardie verantwoordelikheid self moet dra en waak dat daar nie goŽlaars kom wat vir hulle gaan dink en met mooi woordjies ompraat nie.

Persoonlik is ek in die romantiese tradisie opgevoed van die Poolse strewe na die nasionale vryheid, ’n vurige verlange wat gegroei het in die 19de eeu toe die land deur drie buurlande en moondhede beset was. Maar ek beskou die volk en nasie nie as die definitiewe gegewe waarin ’n mens tuishoort nie. My familie en vriende, ook in die buiteland, of miskien veral in die buiteland, beteken vir my seker nie minder nie as “eie mense”. En ek dink soms hulle beteken vir my baie meer, omdat hulle die eintlike eie mense van my is. Ek kan my gemakliker identifiseer met die konkrete lewende man of vrou wat ek ken, met sy probleme en verlangens, as met die terme en konsepte waarmee politici en ideoloŽ goŽl.

WdV: Die skryf van die outsider-studie en hierdie een het seker iets gedoen aan jou eie ervaringswÍreld, miskien dinge vir jou oopgemaak, die Afrikaanse ervaring verbreed. Wat is jou ervaring?

JK: Dis presies soos dit vroeŽr ook was met Duitsland of Nederland en Vlaandere: daardie deel van die wÍreld word op ’n snaakse manier jou eie. Ek is in sekere mate in ’n stadium verduits toe ek my baie intensief met die Duitse literatuur en taal besig gehou het, later vernederlands of vervlaams; dws ek het ’n sekere affiniteit met daardie kontreie, mense en taal ontwikkel. Die kortste antwoord sou dus wees: Ek is ook in Suid-Afrika verafrikaans. En in twee betekenisse van Afrikaans - beÔnvloed deur daardie taal en kultuur en beÔnvloed deur Afrika. Onthou: ek het my ook met die Vlaamse Kongo-literatuur in my didaktiese opdragte besig gehou.

Anders as in Wes-Europa worstel mense hier (soos trouens by ons in Midde- en Oos-Europa) met basiese ekonomiese probleme; die demokratiese bedeling is ook taamlik nuut en die uitdagings baie groot. Deur Suid-Afrika te betrek by my eie leefervaring het ek ’n ander dimensie van die eksistensiŽle probleme bygeleer.

Willem de Vries
E-pos: dieseeduikbol@hotmail.com

15 Januarie 2004

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.