Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Bykans 40 Afrikaanse skrywers en denkers gaan van 12 Julie af aan LitNet se Afrikaanse skrywersberaad deelneem. Om die weg voor te berei, het Marguerite Black vir Pieter-Dirk Uys vir ete in La Perla, Seepunt, genooi.

Agent provocateur: Pieter-Dirk Uys — uncut

Marguerite Black

Evita
Koop nou!
Ek ontmoet Pieter-Dirk Uys in La Perla in Seepunt. Met debonaire sonbril en selfoon in die hand kan ’n mens met die intrapslag sien dié man het teenwoordigheid en in my onderhoud met hom blyk hy net so teatraal en charismaties te wees as op die verhoog.

Onmiddellik sê hy ek moet hom asseblief nie ‘u’ noem nie. Dit is alom bekend dat Pieter ’n renons het in pretensie. Ja-nee, hierdie aanspreekvorm is beslis te aanstellerig vir hom. Dus sit ek maar agteroor en laat my inhibisies eenkant.

“Ek is baie bewus van die dun lyn tussen rassisme en satire,” sê Pieter net voordat hy vis bestel omdat hy op ’n low-fat diet is. “In my shows weet ek soms nie waar ek is nie. Ek wil nie, ek wil nie, mense se vooroordele aanvuur nie, dit is die ding. One doesn’t actually want to encourage people’s racism by attacking it. So it’s a very thin balance.

Dekaffirnated gaan presies daaroor. In die show het ek rassisme gekonfronteer om te sien waar lê die hypocrisy daaragter. Mense moenie vir my sê hulle is nie rassiste nie, want hulle is. Kyk, ek is as ’n rassis grootgemaak en gekondisioneer. Wat jy as kind leer, bly by jou jou hele lewe deur. Wat ’n mens nou moet doen, is om, net soos ’n alkoholis elke dag sou sê ‘Ek is ’n alkoholis, daarom sal ek nie vandag drink nie’, ook te sê ‘Ek is ’n rassis, daarom sal ek nie vandag ’n rassis wees nie.’ One has to be very honest about that.”

Hy vra skielik vir my of ek sal omgee as hy soos ’n haas kraak terwyl hy aan sy blaarslaai knibbel.

“Ons het altyd in die verlede gespeel vir gemengde gehore, al die wette oortree en in die moeilikheid gekom. Maar nou is ek ook glad nie ’n spokesperson vir die ANC nie. Wit en swart mense lag oor dieselfde dinge, maar van verskillende kante: Life experience makes them laugh at the same thing, but for different reasons.”

Kultuur-identiteit

Pieter voel daar is iets soos kultuur-identiteit in Afrikaans, maar dat ons wegbeweeg van die idee van ’n ras-identiteit. Hy glo Afrikaners kan enige ras wees, of dit nou wit, geel of bruin is, en dat dit wonderlik is omdat dit die bevryding van die Afrikaner beteken — iets waarop min ander kultuurgroepe kan aanspraak maak.

“Voor die verkiesing was ons wit en NG Kerk. My pa was byvoorbeeld met ’n Jodin getroud en was in groot moeilikheid daaroor by die Broederbond en al sy neefs, jy weet. As ’n mens kyk na die Karoo fees, kan jy sien dat die Broederbond se onderrok nie meer so ver uithang soos in die begin nie en dat die hele gemeenskap van Oudtshoorn ook nou betrek word. Dis kleur en geur en taal en kosse. Dis wonderlik. Dit gaan nie meer oor ras nie. Wat is ras nou eintlik? Dis baie moeilik om jou vinger daarop te sit. Daar’s so baie mense wat vele fasette van rasse in hulle het, dat daar nie eintlik ’n purity of racial background is nie. And it’s a huge relief. Jy weet, daai ubermensch-ding is nie meer daar nie.”

Eie identiteit

Ek vra hom uit na sy eie identiteit, gestroop van enige karakters soos Evita of Bambi. Hy verduidelik sy posisie aan die hand van ’n vergelyking: “Mense sê dikwels vir my: ‘Jy doen drag.’ Dit is nie drag nie. Ek weet wat ek doen. Ek doen ’n karakter. Mense noem dit drag of cross dressing — I don’t mind what they call it. If they need words for it, that’s fine. I mean, I know what it is. Mense vra partykeer vir my of ek ’n wit Afrikaner is.

“Wel, ja ek is ’n wit Afrikaner, maar ook Joods. In ons familie was daar blykbaar in die agttiende eeu ’n Kleurling prostituut. Haar naam was Wilhelmina Opklim. So, ek het daai realiteit in my agtergrond. En van my ma se kant het ek Hongaarse, Oostenrykse, die hele Oos-Europese invloed. Dis ’n hele mix en match en vir my is dit fine. Dit is wat jy van jouself maak wat tel. En as jy in die verlede dinge vind wat miskien ’n bietjie ‘questionable’ is, then make the best of it.

“Toe my pa gehoor het van hierdie Wilhelmina Opklim, het hy hom byna doodgeskrik en vir my gesê: ‘O, bokkie, moet asseblief tog vir niemand vertel nie.’ Natuurlik het ek toe vir almal vertel. Al wat ek kon dink, is: ‘O Here, ons is normaal.’ “

Die cut and paste van demokrasie

Wanneer ek wonder of alle Afrikaners “bevry” is deur die aanvaarding van ’n eie unieke collage van ras en kultuur in hul onderskeie agtergronde, sê hy hy dink nie so nie, omdat min mense werklik die konsep van bevryding verstaan. “Die probleem met demokrasie is dat mense nie besef dat hulle elke dag daaraan moet werk nie. Jou ‘bevryding’ is eintlik meer werk as die tyd toe jy geen vryheid gehad het nie.

“Totalitarianism is easy, because you don’t do anything. They do it for you. You’ve gotta change the goalposts. Yesterday’s freedom doesn’t fit today’s freedom. Dis jou opinies en jou inligting wat verander, wat dan veroorsaak dat jou prejudice verander.”

Pieter sê dat dit alles vrees is wat dit dryf en dat die gehoor meestal vir hul vrese lag. Sy humor projekteer liewer hul vrese as om dit uit te spel, maar nie omdat dit hulle bang maak nie: Rassisme is immers absurd op die verhoog.

“Hopelik word daardie vrees minder vreeslik — not less lethal — but it’s not twenty feet high, maybe it’s twenty inches.”

Wat vir Pieter miskien die hoogtepunt van vrees is, word duidelik deur sy volgende storie geïllustreer: “Verbeel dit,” sê hy ernstig, “Churchaven naby Langebaan, 1948. ’n Man kom met ’n hoed op die kop en ’n envelope vir elkeen met hul rasseklassifikasie daarop aangedui: ma is wit, pa is swart, kind is bruin. Families were destroyed like that. Within one week six people committed suicide. To me that represents what we did to people in this country. Een poephol agter ’n lessenaar in Pretoria besluit.”

Hy sê almal is nog verward en deurmekaar en dis moeilik om die regte balans te vind. Almal het hulself al twintig jaar gelede onafhanklik verklaar van die regering, wette oortree en die struktuur en kultuur belaglik verklaar.

“We were illegal to live and suddenly it was legal to be illegal and so nothing changed, except that we wouldn’t get arrested. Dit is wat gebeur het in 1994 en daarom, life went on.

“En almal het gesê: ‘But how is it possible that everything went so smoothly?’ Dit is omdat ons nou al vir twintig jaar oefen. En natuurlik het dit baie gehelp om iemand te hê soos Nelson Mandela — hierdie aartsengel wat so maklik, net soos Mugabe, kon gesê het om die plase te neem en die boere dood te maak. He could have done it: The world would have looked the other way.”

Dieselfde aand gaan kyk ek na sy nuwe show, Concentration Camp, waarin hy die gebeure in Zimbabwe eggo in ’n ou liedjie:

“Bobbejaan vat die plaas, so haastig en so lastig, om die boere te vererg.”

Die vroue in sy lewe ...

Pieter se nuwe karakter is op die brein, omdat hy vir ’n week in die Kaap is om haar, Bambi Kellerman, Evita se jonger sussie, die Eurosentriese “slymgirl / tert / stripper”, aan mense bekend te stel. Sy het ’n wynkelder in die Paarl omskep in ’n hoerhuis “and she is everything that Evita pretends does not exist”. So, dis ’n lekker balans van die twee.

Albei is baie familiêre karakters. Evita is bekend omdat sy ’n sameflansing van verskeie personas is: “Daar is baie inspirasies soos Sophia Loren se eye make-up en body language; Mimi Coertse en iets van tannie Elize Botha.

“Evita het ’n helse repertoire van opinies. Sy kan twee ure aaneen babbel sonder om op te hou. She is bossy, arrogant, has no sense of humor or irony and is incredibly stupid. Sy kan nie vir haarself lag nie en is ongelooflik pretensieus.” Dit lyk asof hy die karakter van Bambi geskep het vir ’n bietjie comic relief.

Die twee susters is vreeslik jaloers op mekaar en Bambi noem byvoorbeeld vir Evita “’n ou tert”. Hy klink soos die pa in die Italiaanse fliek Life Is Beautiful wanneer hy almal probeer oortuig van die bestaan van die twee lelike susters, maar vir my in die geheim die waarheid sê: “albei is in die klerekas in my kamer. Dis ’n wonderlike ding, because it breaks all those barriers of logic.” In Amerika het Evita die Living Legacy toekenning gekry wat al deur Moeder Theresa en Hillary Clinton ontvang is.

“Ek bel hulle toe en sê: ‘But you know, she does not exist.’ Toe sê hulle: ‘But Mother Theresa does not exist either. A legend does not exist, a legend is.’ En toe dink ek: ‘Well, that’s very American and very deep — okay, I’ll buy it. Nou verstaan ek.’ “

Pieter voel dit is ook belangrik om karakters te ontwikkel wat sekere aspekte van mense se gevoelens kan verteenwoordig. Een van sy karakters is byvoorbeeld ’n bergie wat sê: “I was here fffirst. I was here before Van Riebeeck. Ek het hom gesien kom en toe dog ek, ‘O God, hier kom kak!’ “

“Ek wil nie op die verhoog staan en vir jou my opinies gee nie. You know, who gives a damn! That’s quite offensive. Vir Pieter is karakters ’n manier om indirekte kritiek te lewer. Liewer as om prekerig en voorskriftelik te klink, is hierdie metode meer subtiel en kan mense hulself in sekere karakters erken.

Wat duidelik uit Pieter se humorsin blyk, is ’n weersin in verdrukking, tirannie en ’n gevoel van eiebelang. Hy sê dat hierdie trademark aangespoor is deur die wete dat wat hy doen sy familie geïrriteer het, veral die Afrikaner-deel van sy familie: “My pa se neef was dr DF Malan. So, die Afrikaanse deel van my familie is very much in charge of the kak. So, ek wou die dominee, onderwyser en polisieman kwaad maak.” Sy ma het gesorg vir die teenpool, want sy was Joods en het in 1938 na Suid-Afrika gekom.

“Ek het in die begin baie poep- en drolstories gebruik in die teater, maar “the anchor in anger” word vir my al hoe belangriker: Vir my help dit nie om ’n ding te doen wat mense nie gaan ontstel of kwaad maak nie. Vir my gaan dit nie oor grappe nie — ek meen, ek kan nie grappe vertel nie, want ek kan nie die punchline onthou nie. So, ek vertel die waarheid. Waarheid is altyd snaakser. Maar nie omdat dit snaaks is nie: omdat dit so grillerig is en ’n realiteit is.”

Hy sê dat sy drama-studies, indertyd, hom baie gehelp het om sy filosofie te ontwikkel en dat humor eintlik ’n wapen was waaroor hy per ongeluk geval het. In die teater het swart en wit saam opgetree, maar na die tyd mag hulle nie eens saam tee gedrink het nie. “Ek het net skielik besef dat hierdie drolle nie ’n sin vir humor het nie. As ek nou grappe maak en hulle word ontsteld, sal hulle miskien strokes kry en vrek!”

Verlede jaar het Dekaffirnated mense aan die praat gehad. Selfs die titel is genoeg om mense strokes te laat kry, maar Pieter kom weg met enigiets. Dit lyk asof sy motto in die lewe is om taboes te onttroon. Ek vra vir hom of hierdie waaghalsigheid aan hom ’n tipe magsposisie gee waarmee hy persepsies van identiteit en die politieke status quo kan manipuleer. Hy reageer hewig en sê dat dit beslis nie ’n magsposisie is nie, maar ’n reputasie waaraan hy elke dag moet werk om te behou.

Mense is duidelik nie so plooibaar dat hulle hulself sal laat “bedonner” nie. “Vier jaar gelede kon ek self nie eens daai titel sê nie. Twee jaar gelede kon ek, wat net vir jou wys hoe ons nasie ontwikkel het. Die interessante ding met Dekaffirnated is dat die mense wat gekla het, white liberals was, nie swart mense nie.”

Prins van parodie

Dit is duidelik dat Pieter meedoënloos is in sy stryd om heilige beeste in die politieke arena af te slag. Maar is daar enige kwessies wat te sensitief is om aan te raak? twyfel ek tog vir ’n oomblik. “Jy weet, die gevaarlikste ding vir my is selfsensuur. Ek het besluit dat niks buite satire is nie, maar daar is maniere om dit te doen. Kyk, Aids is nie iets waaroor ’n mens jokes kan maak nie. Ook nie ’n concentration camp nie — there is nothing funny about it. Maar daar is mense wat dit geskep het en ook na Mozart en Beethoven luister. So, there are degrees of bad taste: Good bad taste, medium bad taste and bad bad taste.”

Pieter gee wel toe dat die een gevoelige area van satire geloof is: “I must be honest with you. I am, luckily, not that passionately angered by religion to spend too much time on it. Ek het my eie katarsis ondergaan met die NG Kerk en hulle God, wat vir my net so ’n vyand was soos Verwoerd. Hulle het daai God gemaak asof hy vir my wil sê: ‘Nee, apartheid is ’n goeie ding.’ Ja, ’n mens kan instinktief voel waar om die streep te trek.” En daardie streep word getrek voor mense se geloofsoortuiging.

Vlieg in die salf

’n Onderwerp wat hierby aansluit, is dié van politieke korrektheid en hy slaan oor na Engels om sy gevoelens te beklemtoon: “Political correctness is a major take-up. It is stupid and dangerous and destroys opinion. If people don’t have opinion, there is no democracy. And democracy is opinion. It’s rubbish, I destroy it all the time. Because frankly, in die ou Suid-Afrika was alles politically correct. Dis so maklik: let’s rather be correct and not have an issue here. Let’s not confront it.”

Pieter voel dat ’n goeie definisie van satire die volgende is: “Tragedy plus time equals satire.” In Suid-Afrika is daar net nie genoeg tyd nie.

“The tragedy of the killing in Thokosa this morning has to be on stage tonight. We don’t have the luxury of time. Daarom is die TRC die belangrikste ding wat die land getref het na Verwoerd se triomf as ’n vark. Die ma wie se kind doodgeslaan is, wil weet wie dit gedoen het sodat sy daardie persoon kan vergewe. Ek meen, dit het gebeur voordat die bloed behoorlik droog geword het. This is profound. Die Duitsers se voete is vasgevang in die moeras van die verlede omdat hulle nie so iets gehad het nie.”

Die tendens dat jong mense baie apaties staan teenoor die politiek, pla nie regtig vir Pieter nie: “It’s a generational thing. Ons wat oor vyftig is, het ’n helse lot om voor jammer te sê, maar dis nie die sestienjarige se bagasie nie. Skuld kan op ’n baie positiewe manier gebruik word. If you don’t remember what happened in the past, it will happen again. Ek skryf oor ’n toekoms wat die verlede herskep het.

“That’s what Evita always says: ‘We don’t need a crystal ball to see where South Africa is going in the future. The future is clear — it’s the past that is unpredictable.”

En met die aura van ’n fortuinverteller, ’n glans in die oog en sy persona wat praat van ’n hele kas vol karakters, probeer ek meer as net die wit Afrikaanse man wat voor my is, vasvang in ’n paar foto’s.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.